Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stow, George William
Stow, George William [boodskap #124017] So, 13 Januarie 2019 06:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George William Stow was 'n Suid-Afrikaanse geoloog en volkekundige. Op 2 Februarie 1822 in Nuneaton, Warwickshire, Engeland gebore. Hy studeer ingenieurswese en daarna medisyne, waarin hy nie kwalifiseer nie. In 1843 emigreer hy na Oos-Kaapland en raak geïnteresseerd in geologie, veral fossiele en in Boesmantekeninge, waarvan baie min destyds bekend was. Hoewel hy hoofsaaklik selfonderrig was, was hy onder die eerste geoloë om ’n studie te maak van die Diamantveld en in 1878 het hy verslag gedoen oor die steenkool in die Oranje-Vrystaat en naby Vereeniging. Hy is op 17 Maart 1882 oorlede. Hy het belangrike geologiese en volkekundige stof nagelaat, waarvan baie nie gepubliseer is nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stormvogel
Volgende onderwerp: Strakosch, Sir Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 03:17:28 MGT 2024