Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is dit my verbeelding?
Is dit my verbeelding? [boodskap #12124] Do, 15 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
........of bespeur ek hier 'n soort neerslagtigheid wat ek nog nie
vantevore in hierdie nuusgroep raakgeloop het nie? Vurig was dit
vantevore; venynig soms, of gesellig - maar nog nooit die verslaentheid
wat ek vandag hier aanvoel nie.

Of is dit dalk Gloudina se bleek en dooie yslandskap wat hier
gereflekteer word?
Re: Is dit my verbeelding? [boodskap #12139 is 'n antwoord op boodskap #12124] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes: > ........of bespeur ek hier 'n soort neerslagtigheid wat ek nog nie
> vantevore in hierdie nuusgroep raakgeloop het nie? Vurig was dit
> vantevore; venynig soms, of gesellig - maar nog nooit die verslaentheid
> wat ek vandag hier aanvoel nie.
>
> Of is dit dalk Gloudina se bleek en dooie yslandskap wat hier
> gereflekteer word?
>
>
>
>

Nee tog, die nuusgroep kan klaarkom sonder my bydraes!
Of Leendert dit kan oorleef sonder om my te treiter, is 'n
ander storie.
Die noodtoestand hier is nou stadig besig om beter te word,
alhoewel daar nog baie kleiner gemeenskappe in Oostelike
Ontario en suid van Montreal is wat weke sal moet wag voor-
dat alles weer normaal word. In sekere plekke moet die hele
sisteem herbou word. Ideaalweg, behoort alle elektrisiteitsdrade
ondergronds te wees. Dis egter baie duur, en word alleen gedoen
wanneer hulle nuwe woonbuurtes oopmaak. Miskien sal hierdie
toestand nou vir mense tweekeer laat dink. Dit het laat blyk hoe
fragiel 'n kultuur is wat gebou is op die aanname dat daar altyd
elektrisiteit beskikbaar sal wees, op plase om koeie te melk
en duisende hoenders warm te hou, om water te voorsien, om
geboue warm te hou.
Dit was in alle geval duidelik dat mense net nie voorbereid
was vir so 'n enorme noodtoestand nie. Dit word beskou as
die grootste natuurramp wat Kanada nog getref het. Die koste
(wat daagliks klim) is meer as tweekeer die van die Manitoba-
vloede verlede jaar. Dis ook die grootste militêre onderneming
in Kanada in vredestyd. Ongelukkig het hulle eers hier teen die
vierde vyfde dag die enormiteit van die toestand besef. Toe
het hulp begin instroom van ander dele van Kanada en van
die VSA, (waar die noordoostelike dele ook later geteister is.)
Gister het hulle begin toelaat dat die binnestad van Montreal
vir besigheid oopmaak. Uiteindelik het een van ons kinders ook
hulle elektrisiteit teruggekry in 'n woonbuurt waar daar baie ou
bome was wat almal oopgeskeur het onder die gewig van die
ys aan die takke (gewoonlik reg in die middel.) Miskien is dit
die Natuur se manier om bome te snoei. Dis die dom mense wat
die elektrisiteitsdrade oral span.

Gloudina Bouwer
Re: Is dit my verbeelding? [boodskap #12140 is 'n antwoord op boodskap #12124] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl
Re: Is dit my verbeelding? [boodskap #12160 is 'n antwoord op boodskap #12124] Sa, 17 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Spy[1]  is tans af-lyn  Spy[1]
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
NEE

GLOUDINA IS ELK GEVAL "N AFKOP
Vorige onderwerp: "Navrae" deur ELISABETH EYBERS
Volgende onderwerp: Re: GLOUDINA get a LIFE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:42:31 MGT 2024