Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agapant (Bruidslelie)
Agapant [boodskap #120913] Sa, 10 November 2018 18:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Agapant.
'n Agapant.
Agapant is die naam vir Agapanthus, 'n inheemse geslag van die leliefamilie (Liliaceae), wydversprei in Suid-Afrika. Dit is 'n sterk plant met 'n opvallende blomkelk van blou blomme bokant 'n massa dik swaardvormige blare wat dwarsdeur die jaar groen is.

Die klein variëteite groei teen heuwels en die groter soorte onder skaduryke bome of in rotsagtige rivierbanke in Natal en die binnelandse distrikte van Suidwes-Kaapland. Blom in somer. Een soort, A. africanus (voorheen A. umbellatus) is reeds lank ’n gewilde tuinplant, met groot kandelare van blou of wit lelieagtige blomme aan die top van ’n regop, kaal stingel. Ook kandelaar genoem.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Afrikanerbond
Volgende onderwerp: Agatha
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:15:28 MGT 2024