Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Afrikanerbees
Afrikanerbees [boodskap #120911] Sa, 10 November 2018 18:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Afrikanerbees.
'n Afrikanerbees.
Die Afrikanerbees is 'n baie ou en geharde beesras wat in Afrika ontwikkel het vanuit beeste wat duisende jare gelede uit Asië gekom het. Reeds bekend aan die vroeë setlaars en word gemeld in geskrifte in 1850. Bekend vir hulle lang horings en weerstand teen klimaatstoestande.

Die Afrikanerbees het omstreeks 500 v.C. die suidpunt van Afrika saam met die Khoikhoi (Hottentotte) bereik. Sy oorsprong is suiwer Bos indicus (Zeboe) en Europese rasse het geen rol by sy ontwikkeling gespeel nie. Suid-Afrika se ander inheemse beesras, die Zanga (of kafferbees), waaronder bv. die Zoeloebees en die Damara, het ook van Nood-Afrika gekom en langs die Ooskus suidwaarts saam met die Bantoestamme getrek tot hulle later Natal bereik het. Hierdie migrasie het eers ná Christus plaasgevind en dus heelwat later as dié van die Afrikanerbees. Toe die eerste Europese beeste in 1706 na die Kaap ingevoer is, het die koloniste al met suiwer Afrikanerkuddes oor ’n wydverspreide gebied geboer. Baie verbastering het plaasgevind, naby die Kaap met Europese beeste en in die grensdistrikte met Zoeloebeeste, maar heelwat boere in Graaff-Reinet, Cradock en Tarkastad het hul Afrikanerbeeste liefgehad en suiwer gehou. Met die Groot Trek het hierdie suiwer Afrikanerbeeste na die Vrystaat en Transvaal versprei waar hul waarde bewys is.

Die Afrikanerbees is met ondergang bedreig deur die runderpes (1896/97) en ook deur die Tweede Vryheidsoorlog, maar gelukkig het sommige ou telers (onder wie die bekende oom Josef du Plessis) daarin geslaag om ’n klompie goeie beeste oor te hou en ’n nuwe grondslag vir die teling te lê.

In 1912 is die Afrikanerbeestelers-genootskap gestig en daardeur is die toekoms van die ras as vleisbees beveilig. Die Afrikanerbees vorm tans die grondslag van beesvleisproduksie in die land en in sy teling word daar steeds gestrewe na beter vleiseienskappe.

In 1930 en daarna is welslae behaal met proefnemings om Afrikanerbeeste in die droë streke van die Verenigde State, veral in Texas te laat aard. Nou erken as 'n ras eie aan Suid-Afrika.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Afrikaner, Bruin Afrikaner of Aandpypie
Volgende onderwerp: Afrikanerbond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:20:31 MGT 2024