Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ackermann, Alfred Seabold Eli
Ackermann, Alfred Seabold Eli [boodskap #120893] Sa, 10 November 2018 13:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alfred Seabold Eli Ackermann was 'n ingenieur en skrywer. Gebore: 1867. Ontvang opleiding aan South African College. Van 'n vroeë ouderdom af toon hy buitengewone vindingrykheid en op 17-jarige ouderdom vertoon hy 'n viool wat hy self ontwerp en gemaak het op 'n nywerheidstentoonstelling in Kaapstad. Was een van die eerste studente aan die City and Guilds College in Londen. Daar kwalifiseer hy as siviele en meganiese ingenieur en word later gekies as 'Fellow' van die Kollege. As skrywer het hy in 1902 die eerste keer die aandag op hom gevestig met sy geskrifte oor steenkoolsae. In 1907 ontwerp hy een van die wêreld se eerste installasies wat van sonkrag gebruik maak. So 'n installasie is dan ook in Egipte en die V.S.A. opgerig en op die proef gestel. Doen ook merkwaardige werk in verband met die fisiese hoedanighede van klei, en het doelbewus van tuisvervaardige apparaat gebruik gemaak om te toon dat duur apparaat nie nodig is om waardevolle resultate te kry nie. Met die koms van die radio was hy 'n tyd lank raadgewende ingenieur vir die vroeë British Broadcasting Company en ander organisasies. Hy was 30 jaar lank sekretaris van die Society of Engineers en was ook ampsdraer in ander beroepsliggame. Sy boek, Popular Fallacies, is die eerste keer in 1907 uitgegee en sedertdien herhaaldelik herdruk. Hy is op 13 April 1951 in Londen oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ablaing, Johannes Cornelis
Volgende onderwerp: Acornhoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:15:06 MGT 2024