Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aberdeen
Aberdeen [boodskap #120891] Sa, 10 November 2018 13:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aberdeen is 'n dorp naby Graaff-Reinet in die Kamdeboo-berge in Noord-Oos Kaapland. Gestig as 'n kerkdorp in 1856 en genoem na die geboorteplek van wyle ds. Andrew Murray in Skotland. Die vernaamste bedrywe is veeteelt en skaapboerdery. Dit lê 2,400 voet bo seespieël. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,900 (1,347 Blankes, 2,359 Kleurlinge en 1,200 Bantoes).

Aberdeen is ook 'n stad in die graafskap Aberdeenshire in Skotland. Dit is die vernaamste hawestad van Noord-Oos Skotland en lê tussen die riviere Dee en Don. Word ook die "granietstad" genoem; ander bedrywe is visvangs, visrokery, masjienbou, polys van graniet, vervaardiging van linne-, wol- en katoen- goedere, papier, chemikalieë, tabak. Universiteit in 1494 gestig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abercorn-Goudveld
Volgende onderwerp: Ablaing, Johannes Cornelis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:32:39 MGT 2024