Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abercom
Abercom [boodskap #120889] Sa, 10 November 2018 11:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abercom is 'n dorp in die verre noorde van Zambië naby die Tanganjika-meer. Gestig in 1893 en vernoem na Cecil Rhodes se vriend en mededirekteur van die Chartered Company, die Hertog van Abercom. Hoofkantoor van die Internasionale Agentskap van Rooi-sprinkaanbeheer. Die distrik is bekend vir sy beesboerdery. Die bevolking was destyds 1,140 (met 140 Blankes). Dit is 5,400 voet bo seespieël. Generaal Von Lettow-Vorbeck, die bevelvoerder van die Duitse troepe in Oos-Afrika, het op 14 November 1918 op Abercom oorgegee nadat die vrede in Europa onderteken is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abdurrahman, Dr. Abdullah
Volgende onderwerp: Abercorn-Goudveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:38:59 MGT 2024