Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Een vuil gat verruil vir 'n ander
Een vuil gat verruil vir 'n ander [boodskap #11863] Di, 16 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Jan Diedeleff  is tans af-lyn  Jan Diedeleff
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Tipies aan SA geskiedenis, is daar weereens onmin in Afrikaner geledere.
Hierdie keer word dit veroorsaak deur die verskyning van die internet
weergawe van die Gauteng dagblad Beeld, grootste afrikaanse koerant in die
suidelike halfrond (http://www.ebeeld.com)

In die apartheidsjare het Beeld bekendheid verwerf as kleurvolle
party-politiese smeerpamflet, wat onbeskaamd opgekruip het in die gat van sy
meester, die Nasionale party (en nou te slapgat is dit te erken). In die
na-apartheidsjare, onder aansporing van oa. Tim du Plesis en Arrie Rossouw,
het Beeld probeer tred hou met verwikkelinge in die nuwe Suid-Afrika. Die
hoop was daar dat Beeld 'n tuiste sou skep vir intellektuale afrikaner
denke.

Tot Naspers besluit het dat e-Beeld in engels sal verskyn.

Vir die wat nog nie die e-Beeld op die internet gelees het nie, dis primêr
'n engelse publikasie. Van die berigte is ook in afrikaans beskikbaar, maar
die leser word forseer om eers die engelse berig af te laai. Die strokies is
darem nie (nog nie) in engels nie. Die vraag is: Watter aap gaan eers die
engelse berig aflaai, dit nie lees terwyl daar gewag word op die afrikaanse
weergawe van dieselfde berig?

Dit wil voorkom of die e-Beeld redaksie iets weet van hul lesers (almal
ape?), óf die NP se gat is verruil vir 'n engelse gat.

Maar dan, wat anders kan mens verwag van die klomp backvelders daar in die
ou Transvaal? Vandat Paul Kruger gat-oor-kop weggehardloop het en agter
Wilhelmina se rokspante gaan wegkruip het, was ons vriende aan die verkeerde
kant van die Vaalrivier nou nooit juis bekend as staatmakers nie.

En met sulke vriende het afrikaans nie eintlik vyande nodig nie.
Re: Een vuil gat verruil vir 'n ander [boodskap #11885 is 'n antwoord op boodskap #11863] So, 21 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die kritiek teen die Engels is geldig, maar jou beskuldigings teen
Transvalers, Nasionaliste en jou taalgebruik wys dat dit die beter ouens
was wat uit die Kaap padgegee het... Sies man!
>
> Tot Naspers besluit het dat e-Beeld in engels sal verskyn.
>
> Vir die wat nog nie die e-Beeld op die internet gelees het nie, dis primêr
> 'n engelse publikasie. Van die berigte is ook in afrikaans beskikbaar, maar
> die leser word forseer om eers die engelse berig af te laai. Die strokies is
> darem nie (nog nie) in engels nie. Die vraag is: Watter aap gaan eers die
> engelse berig aflaai, dit nie lees terwyl daar gewag word op die afrikaanse
> weergawe van dieselfde berig?
>
> Dit wil voorkom of die e-Beeld redaksie iets weet van hul lesers (almal
> ape?), óf die NP se gat is verruil vir 'n engelse gat.
>
> Maar dan, wat anders kan mens verwag van die klomp backvelders daar in die
> ou Transvaal? Vandat Paul Kruger gat-oor-kop weggehardloop het en agter
> Wilhelmina se rokspante gaan wegkruip het, was ons vriende aan die verkeerde
> kant van die Vaalrivier nou nooit juis bekend as staatmakers nie.
>
> En met sulke vriende het afrikaans nie eintlik vyande nodig nie.
>
Vorige onderwerp: Is Kersfees 'n Christus-Fees??
Volgende onderwerp: Junior Rapportryerbeweging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:13:15 MGT 2024