Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Baantjies vir boeties
Baantjies vir boeties [boodskap #118020] Ma, 30 Junie 2008 12:57 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Rukkie gelede het ek daarop gewys dat, toe die
Nasionaliste in 1948 aan bewind gekom het met 'n
baie klein meerderheid, die pa's van drie meisies
in my koshuis, Huis-de-Villiers, kabinetslede geword
het in Malan se eerste kabinet. Twee van daardie
drie was niggies van mekaar. Ek het eers later onthou
dat ek die vierde meisie vergeet het. Dit was Ina
Dönges, die dogter van die Minister van Finansies.
Natuurlik was al vier daardie pa's seker lede van die
Broederbond wat, soos Riaan seker ook sal weet,
sy ysterhand gebruik het om "sy mense" in alle
posisies van mag te kry. Ek kan baie stories oor
die mag van die Broederbond vertel. Hoe, of jy aan
die Broederbond behoort, gedetermineer het of jy
'n prinsipaalspos of nie gekry het in swart skole
al dan nie.
Toe my man en ek vir die tweede keer SA
verlaat het in 1968 en na 'n reisagentskap gaan,
toe vind ons tot ons verbasing uit dat een van
daardie vier in die agentskap werk. Sy was baie
bly om ons te sien en het ons uitgenooi vir ete.
Sy vertel ons toe dat sy onlangs geskei is, omdat
haar man haar fisiek mishandel het. Sy vertel ons
toe dat, omdat haar pa en oom ministers was,
'n spesiale regter 'n nag-sessie gehou het om
haar egskeiding te finaliseer, sodat die pers nie
daarvan kon hoor en slegte dinge op die lappe
kom nie.
Gloudina
Re: Baantjies vir boeties [boodskap #118028 is 'n antwoord op boodskap #118020] Di, 01 Julie 2008 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:dcea23de-4afa-4556-a456-f1abc8d7e72e@b1g2000hsg.googleg roups.com...
'n Rukkie gelede het ek daarop gewys dat, toe die
Nasionaliste in 1948 aan bewind gekom het met 'n
baie klein meerderheid, die pa's van drie meisies
in my koshuis, Huis-de-Villiers, kabinetslede geword
het in Malan se eerste kabinet. Twee van daardie
drie was niggies van mekaar. Ek het eers later onthou
dat ek die vierde meisie vergeet het. Dit was Ina
Dönges, die dogter van die Minister van Finansies.
Natuurlik was al vier daardie pa's seker lede van die
Broederbond wat, soos Riaan seker ook sal weet,
sy ysterhand gebruik het om "sy mense" in alle
posisies van mag te kry. Ek kan baie stories oor
die mag van die Broederbond vertel. Hoe, of jy aan
die Broederbond behoort, gedetermineer het of jy
'n prinsipaalspos of nie gekry het in swart skole
al dan nie.
Toe my man en ek vir die tweede keer SA
verlaat het in 1968 en na 'n reisagentskap gaan,
toe vind ons tot ons verbasing uit dat een van
daardie vier in die agentskap werk. Sy was baie
bly om ons te sien en het ons uitgenooi vir ete.
Sy vertel ons toe dat sy onlangs geskei is, omdat
haar man haar fisiek mishandel het. Sy vertel ons
toe dat, omdat haar pa en oom ministers was,
'n spesiale regter 'n nag-sessie gehou het om
haar egskeiding te finaliseer, sodat die pers nie
daarvan kon hoor en slegte dinge op die lappe
kom nie.
Gloudina

Gaan kyk bietjie hoe lyk jou reenboog nasie se kabinet - Ek dink die hele
spul word genooi na die troues en partytjies toe, nie omdat hulle vriende is
nie, maar familie !
Re: Baantjies vir boeties [boodskap #118038 is 'n antwoord op boodskap #118028] Di, 01 Julie 2008 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

>> Sy vertel ons
>> toe dat, omdat haar pa en oom ministers was,
>> 'n spesiale regter 'n nag-sessie gehou het om
>> haar egskeiding  te finaliseer,  sodat die pers nie
>> daarvan kon hoor en slegte dinge op die lappe
>> kom nie.
>>           Gloudina

> Gaan kyk bietjie hoe lyk jou reenboog nasie se kabinet - Ek dink die hele
> spul word genooi na die troues en partytjies toe, nie omdat hulle vriende is
> nie, maar familie !

SO WAT HET VERANDER?

Gloudina
Re: Baantjies vir boeties [boodskap #118044 is 'n antwoord op boodskap #118038] Wo, 02 Julie 2008 06:21 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:dd6090c1-8f85-40aa-99a1-3e6e08fd9b89@m45g2000hsb.google groups.com...

SO WAT HET VERANDER?

Gloudina

Die feit dat die hele wereld 'n probleem daarmee gehad het toe die vorige
regering dit gedoen het, maar nie nou 'n probleem daarmee het nie - DIT IS
WAT VERANDER HET !
Vorige onderwerp: Somtyds is trane magtiger as die pen of die swaard
Volgende onderwerp: Survivor 2 -
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 06:21:19 MGT 2024