Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Survivor 2 -
Survivor 2 - [boodskap #118057] Wo, 02 Julie 2008 20:10
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke, hoekom het jy so van die toneel af verdwyn.
Dit lyk of jy dink dat jy Survivor 1 verloor het, en toe
die aftog moes blaas. Maar jou wiskunde was heeltemal
foutief. Van die tien mense wat jy gevra het om te stem,
het net twee van hulle laat hoor. Katryn het uit beginsel
vir jou gesê dat sy liewer by die stemmery wil uitsit.
Die enigste ander persoon wat van hom laat hoor het,
was Dave. Eers het dit gelyk of hy vierkant agter jou
is, maar toe hy sien dat min ander van hulle laat hoor,
het hy begin om sy mantel na die wind te draai en jou
eintlik op 'n bedekte manier aangeval, eintlik vir jou
met die mes in die rug gesteek. Miskien ly hy aan
'n slegte gewete, want ek merk dat hy ook vir homself
van die nuusgroep verwyder het.
So, jy het nie Survivor 1 verloor nie. Kom terug
na die nuusgroep. Ek beloof jou ek sal vir jou vir 'n
beperkte rukkie alleen laat. Ek mis veral jou liedere-
talent. Kom sing weer vir ons.
Tant Hessie van Beaconsbaai
Vorige onderwerp: Baantjies vir boeties
Volgende onderwerp: Uit "Die dye trek die dye aan"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 04:38:26 MGT 2024