Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora!
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11765 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>
> Instromingsbeheer in die geskiedenis van die mensdom is nou maar
> eenmaal 'n territoriale feit. Territoraliteit is 'n natuurlike
> verskynsel in die kudde-dier. Dit IS eenvoudig net so - sonder
> enige waarde-oordeel.

Instromingsbeheer se voordele
> vir een groep, is nadelig vir 'n ander groep.

Maar ekskuus my, Meneer Gerber, jy het begin
praat oor die instromingsbeheer wat die setlaars
uit Europa begin toepas het op die inwoners van
Suid-Afrika wat al vir tienduisend jaar in
dieselfde gebied gebly het. Nou, as mense jou
bluf probeer roep, maak jy asof jy van diere
en voe"ls en dies meer praat. Ongelukkig het
jy te laat besef dat jy jou kaarte gewys het.

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11766 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
b...  is tans af-lyn  b...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Hei, Afrikaners, Gloudina sê julle moet nou terug Europa
> toe, want julle "trespass" daar in Afrika.

Maar mag ek my gewere terug vat? ;-]

Barend
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11767 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Nou word Gloudina beskuldig van 'n
> Kommunis te wees. Ha ha. Miskien het ek
> maar net wat in die Bybel geskryf staan,
> 'n bietjie meer letterlik opgeneem as wat
> gesond was vir die stoere-boere soos jy.

Yep. Elke ketter het sy letter, nie waar nie?

Gevaarlike ding die - ander mense wat "wat in die Bybel geskryf staan 'n
bietjie meer letterlik opneem" kom tot die gevolgtrekking dat swartmense
diere is, en nie mense nie.

Die "letterlik opneem" is dus, op sigself, nie juis iets om op te roem nie.

> Daar is soveel emosie in-
> dit sal nie lank neem nie, of hy wil vir Gloudina
> in die tronk gooi en haar martel. En haar papslaan.

Ag nee wat. Ek is seker sy sal die metodes van ons huidge regerende party
verkies - soos aangeteken in hul eie verslag, volgens 'n onlangse uitgawe
van Raport. Dis nou om met stewels op haar kop te spring totdat die skedel
bars.

Maar natuurlik, dit doen hulle nie in tronke nie. Wel (volgens die berigte)
in "herorienterings"-kampe.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11790 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: > > Maar ekskuus my, Meneer Gerber, jy het begin

>
>
> Hei, Afrikaners, Gloudina sê julle moet nou terug Europa
> toe, want julle "trespass" daar in Afrika.
>
> Hjalmar
> ________
>

Nee, hulle hoef nie terug te gaan nie.
Maar hulle moet net nie maak of die
land aan hulle alleen behoort, soos
daardie apartheidsvarke gedoen het nie.
Ook, as jy 'n immigrant in Kanada is,
moet nou nie, soos jy, dink die land
behoort aan jou en jou trawante alleen,
om te verdeel en af te stig soos julle
goeddink nie. Julle is sommer net 'n
klomp opruiers.

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11792 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Dec 1997 08:58:48 +0200, Lou wrote:

spring en die wildernis in te trek. In terme van die Land Claims Act jy[/color]
> weet.
>
> Of miskien kan ek 'n Wynplaas daar in Frankryk kry - ons is mos hoeka as
> gevolg van godsdienstige vervolging van die hugenote gedwing om te trek.>>

Lou as dit na 1914 was, kan jy die eis indien. Maar die wet bepaal dat
1914 die afsnypunt is.

Die PAC wou dit 1652 gemaak gemaak het. Miskien moet jy jou heil by
hulle gaan soek?
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11793 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

Ek het skouer aan skouer
> met die laagste "white trash" gemarsjeer.

So dis wat jy jou medemens kan noem, Hjalmar?

Ek het die hoogste
> pieke van die Draak bestyg.

Ek ook Hjalmar. Hoe laaik jy Champagne Castle?

. .
Ek het in 27 jaar meer van SA gesien
> as wat meeste mense in 'n eeu kan sien

Die arrogansie, Hjalmar, jou hovaardigheid.

. die swart woonbuurte met die honger-
> boeppenskindertjies, en (Gloudina mag verbaas wees) die tsotsis
> wat die treinryers op betaaldag terroriseer het.

Hoekom sou ek verbaas wees?

>
> Ek woon nou al 16 jaar lank in Alberta.

Ja, in 'n wit enklave, seker. Hoeveel weet jy
van die First Nations se uitgestrekte gebiede
in die Noorde van Alberta? En kan jy verklaar
hoekom julle daar so welig neo-nazis kweek in
die wit enklaves?

gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11796 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> "Herman" writes:

> Ek sien jy's tjoepstil oor die
soogenaamde grond wat hier langs die
>> Oranjerivier afgeneem is. Raak jy maar altyd so tjoepstil as die waarheid
>> jou teen die bors druk?
>>
>> Groete
>>
>> Hermann
>>
>> Ps. Een van die rykste boere in die omgewing is nog steeds 'n baster wat
>> tussen Keimoes en Kakamas woon.

>
> Hermann,
> Ek weet nie of jy met my praat nie. Ek
> neem aan jy doen dit wel.
> Wel, kan jy bewys dat nie-blankes in die
> N.G. Kerk se Kakamas nedersetting toegelaat
> was?
> En is die fyt dat een van die rykste boere
> nog 'n baster is, nie bewys dat hulle hard-
> werkende mense was nie?
> Maar dit staan soos 'n paal bo water - die
> oorspronklike bewoners van die Noordkaap is
> daar uitgewerk deur wittes en hulle wette en
> hulle gewere. Net hier en daar is daar klein
> uitsonderings. En jy weet dit net so goed as
> ek. Wees 'n man en erken dit. En wees bly dat
> dinge nou hopelik beter word.
> Gloudina

Die "Oorspronklike inwoners" van die Noordweste het die oorspronklike
inwoners van daardie gebiede geword, slegs nadat hulle deur die huidige
"oorspronklike inwonders" uit hul die gebiede in Oos-Afrika, so ver Noord as
Ethiopië, verdryf is - waar hulle die "oorspronklike oorspronklike inwoners"
was.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11797 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Dec 1997 18:16:24 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

"kommunis" genoem nie. Wat ek wel gesê het is dat jou onderklere[/color]
> rooi is. . . m.a.w. jou onderliggende simpatie is vir die kommuniste.>>

Actually het jy haar n kommunis genoem.

Jy is mos nou al oud genoeg om te weet daar verskeie maniere om goed
te se.

(Of is jy aan die back track hier?)
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11798 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Herman  is tans af-lyn  Herman
Boodskappe: 16
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,

Jy het blykbaar nie my artikel gelees wat ek op jou skrywer gepos het nie.
As jy dit gelees het so jy geweet het dat die destydse inwoners (die
Koranas) deur die basters betaal is om burgerregte te verkry. Later het die
Basters toe eiendomsreg verkry en dit is dan ook aan hulle te danke dat
besproeiing ontwikkel het langs die Oranjerivier. Ongelukkig het hulle 'n
voorliefde gehad vir, soos Schroder dit genoem het, "Trekvelden". So het dit
dan gekom dat die Basters hul eiendomme begin verkoop het aan Blankes.

Dus het die blankes die grond gekoop en nie mense verdryf soos jy voorgee
nie. Die fyt dat basters nie in die NG Kerk toegelaat was nie, het niks te
doen met hoe eiendomme bekom is nie.

Groetnis,

Hermann
@igs.net wrote in message ...
|"Herman" writes: > Ek sien jy's tjoepstil oor die
soogenaamde grond wat hier langs die
|> Oranjerivier afgeneem is. Raak jy maar altyd so tjoepstil as die waarheid
|> jou teen die bors druk?
|>
|> Groete
|>
|> Hermann
|>
|> Ps. Een van die rykste boere in die omgewing is nog steeds 'n baster wat
|> tussen Keimoes en Kakamas woon.
|
|
|
| Hermann,
| Ek weet nie of jy met my praat nie. Ek
| neem aan jy doen dit wel.
| Wel, kan jy bewys dat nie-blankes in die
| N.G. Kerk se Kakamas nedersetting toegelaat
| was?
| En is die fyt dat een van die rykste boere
| nog 'n baster is, nie bewys dat hulle hard-
| werkende mense was nie?
| Maar dit staan soos 'n paal bo water - die
| oorspronklike bewoners van die Noordkaap is
| daar uitgewerk deur wittes en hulle wette en
| hulle gewere. Net hier en daar is daar klein
| uitsonderings. En jy weet dit net so goed as
| ek. Wees 'n man en erken dit. En wees bly dat
| dinge nou hopelik beter word.
| Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11799 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 11 Dec 1997 10:36:20 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> oorspronklike
>> inwoners van daardie gebiede geword, slegs nadat hulle deur die huidige
>> "oorspronklike inwonders" uit hul die gebiede in Oos-Afrika, so ver Noord as
>> Ethiopië, verdryf is - waar hulle die "oorspronklike oorspronklike inwoners"
>> was.>>
>
> So hoekom bly jy nie in die Sterkfontein grotte nie?
>

Jy erken dus dat ek 'n "oorspronklike inwoner" is. Kan ek jou vra om te kom
getuig by my land claim?
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11800 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: > Saliglik, Onbewustelik Rooi-Gloudina @igs.net vra aan Leendert
> [en my] . . .
>
>> . . . hoekom jy dink ek 'n Kommunis is?

>
> As 'n voorbeeld: Jou onverskuilde entoesiasme vir die sogenaamde
> Kubaanse verlossers van Afrika.

Jy maak stories op. Toe die Kubane
Afrika binnekom, het baie mense dit
gesien as eskalasie van magswedywering
tussen die Russe en hul vriende aan
die een kant, en Amerika en sy lakei-
apartheidsstaat aan die anderkant.
Natuurlik was ek toe bekommer oor
veral my ma.
>
> Jy hou seker elke jaar in Kuba vakansie.

Nee, meneer, ek was nog nooit in die
Karribiese area nie. Dis warm genoeg
vir my in Ottawa se sub-tropiese
binneshuise in die winter.

Jy sou dit seker met
> pelgrimtogte na Albani"e toe afgewissel het, maar die ondermynende
> kapitalistiese skurke het daardie paradys omvergewerp en besoedel.
> Dit was seker vir jou hartverskeurend toe die Sowjet-Unie opge-
> breek het . . . alhoewel dit (myns insiens) ook die deurslaggewende
> insident (laaste strooi) in die val van apartheid was.

Besef jy dat die apartheidsregime in SA 'n
sosiale stelsel en 'n ekonomiese stelsel
geskep het wat baie na aan die kommunistiese
denke was? As SA gedurende apartheid gewone
kapitalistiese denke en doen gehad het, sou
die apartheidsstaat van sy eie slegte denke
baie vroeg inmekaar gestort het. Net soos
dit uiteindelik inmekaargestort het.
>
> Nee, ek noem nie iemand ligtelik 'n "kommunis", "nazi", "rassis"
> of enige van daardie "weasel words" nie. Ek het jou nie 'n
> "kommunis" genoem nie. Wat ek wel gesê het is dat jou onderklere
> rooi is. . . m.a.w. jou onderliggende simpatie is vir die kommuniste.

So jy gaan maar voort, soos jou intellektuele
leermeesters, die apartheidsvarke, om mense
"rooi" te noem. Word wakker. Jy leef nou in
'n ander era. Of het jy dit nie opgemerk nie?

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11801 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Dec 1997 10:36:20 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

inwoners van daardie gebiede geword, slegs nadat hulle deur die huidige[/color]
> "oorspronklike inwonders" uit hul die gebiede in Oos-Afrika, so ver Noord as
> Ethiopië, verdryf is - waar hulle die "oorspronklike oorspronklike inwoners"
> was.>>

So hoekom bly jy nie in die Sterkfontein grotte nie?
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11803 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>
>> Ek woon nou al 16 jaar lank in Alberta.
>
> Ja, in 'n wit enklave, seker. Hoeveel weet jy
> van die First Nations se uitgestrekte gebiede
> in die Noorde van Alberta?

Geen uitgestrekte gebiede van die First Nations in Ontario nie? Wat sou dan
van hulle geword het?

> En kan jy verklaar
> hoekom julle daar so welig neo-nazis kweek in
> die wit enklaves?

Hmmm.... Miskien gedy Nazisme maar in multikulturele demokrasieë wat hulle
aan die wêreld voorhou as so "tolerant". Dit was Duitsland ook in die
dertigerjare.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11821 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Pns eie David Attenborough skryf:

> Instromingsbeheer in die geskiedenis van die mensdom is nou maar
> eenmaal 'n territoriale feit. Territoraliteit is 'n natuurlike
> verskynsel in die kudde-dier. Dit IS eenvoudig net so - sonder
> enige waarde-oordeel.

Wel, Nietemin Gloudina se statement oor die apartheidsvarkies (wat ek
nogal gelike het) dink ek nie ons is kuddediere nie. Inteendeel, ons
het breine en 'n sin van moraliteit en regverdigheid.
Instromingsbeheer was 'n stelsel deur middel waarvan 'n groep
verwaande en arrogante regeerders en beleidsmakers dit op hulself
geneem het om die regte van ander groepe - wie se land dit eintlik was
- te se waar hulle mag woon. Wat ingedruis het, nie net teen alle
menswaardigheid en regverdigheid nie, maar ook teen gewone ekonomiese
realiteite en die vereistes van volhoubare ontwikkeling.

> As jy jou waarde-oordele wil byvoeg, moet jy net besef dat nie
> almal met jou gaan saamstem nie. Instromingsbeheer se voordele
> vir een groep, is nadelig vir 'n ander groep. Such is life.

O nou is ons skielik realisties. What happens happens.

So waarom kla jy dan? Die regering wat jy so bewonder en verdedig
het VERLOOR, my maatjie, en jy het na 27 jaar die hasepad gekies.
Such is life. Julle was swakker, ons was sterker. Such is life.
Waarom dan eens argumenteer?

A
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11825 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina spook hard om te wys haar rooi onderrok is eintlik nie rooi nie
(watch net - sy sal nog argumenteer dis eintlik groen :-)

@igs.net wrote in message ...

> Besef jy dat die apartheidsregime in SA 'n
> sosiale stelsel en 'n ekonomiese stelsel
> geskep het wat baie na aan die kommunistiese
> denke was?

Inderdaad! Die Afrikaner het in hierdie eeu erg sosialisties geword - veral
sedert die dertigerjare. Opheffingskemas soos die besproeiingsprojek langs
die Oranjerivier was een van die faktore wat die Afrikaner in 'n hoofsaaklik
sosialistiese kuddedier omskep het.

Dis een van die redes waarom tuisonderwys veel meer gewild is onder
Engelssprekendes as onder Afrikaners. Onlangs, toe Potgietersrus so hard
probeer het om Little Rock, Asrkansas na te maak, het die regses kliphard
"tuisonderwys" geskree. Tot op datum het nie _een_ van daardie gesinne
tuisonderwys ge-implementeer nie.

Maar dis nie net onder die regse Afrikaners waar die sosialistiese
staatsafhanklikheid nog hoogty vier nie.

Soos by elke ander apartchick, is dit juis onder die wat die hardste skree
"herverdeling", waar ons diegene vind wat nog lekker lê langs die trog van
oorblysels uit wit onderwys. Wat hulle barbiepopkinders stuur na een van die
klein persentasie goeie staatskole en vir ons vertel hoe goed die
staatsonderwys is.

Wat vertel hoe goed dit is as onderwysers afgedank word, en staatsbesteding
op onderwys verminder word. Wanneer Ontario presies dieselfde ding doen
(vanaf 'n veel hoër beginvlak, en tot 'n veel kleiner mate) skel Gloudina
dat hulle menseregte skend.

Sies! Hoe sinies kan mens word?
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11826 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , nos...@nospam.za says...
> Die regering wat jy so bewonder en verdedig
> het VERLOOR, my maatjie,

Ek het hulle so "bewonder" dat ek nie bereid was om langer
onder hulle te dien nie. Ek was nie bereid om hulle
voorregte en korrupsie langer te verdedig nie.

Ek het soortgelyke sentimente jeens hulle (wat ek in 1974
al voorsien het) opvolgers.

> en jy het na 27 jaar die hasepad gekies. Such is life.

Dit was my keuse. Ek was nog nooit spyt daaroor nie.

> Julle was swakker, ons was sterker. Such is life.

Wie se "julle" en wie se "ons" ? And who wrote the
victory conditions for this game ? Dis nou te sê
as jy die lewe as 'n sportwedstryd beskou. Die lewe
is 'n stroom, en die geskiedenis het nog lank nie sy
loop geloop nie. Beskawings en nasies kom en gaan.

Dis egter raar om diegene te aanskou wat die ondergang
van hulle volk en kultuur met soveel geesdrif aanhits.

> Waarom dan eens argumenteer?

Want die stryd is nie verby nie. Gaan rus maar op
jou louere. Gaan slaap maar in jou naiewe onkunde.

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11829 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Herman" wrote:

> Gloudina,

> Jy het blykbaar nie my artikel gelees wat ek op jou skrywer gepos het nie.
> As jy dit gelees het so jy geweet het dat die destydse inwoners (die
> Koranas) deur die basters betaal is om burgerregte te verkry. Later het die
> Basters toe eiendomsreg verkry en dit is dan ook aan hulle te danke dat
> besproeiing ontwikkel het langs die Oranjerivier. Ongelukkig het hulle 'n
> voorliefde gehad vir, soos Schroder dit genoem het, "Trekvelden". So het dit
> dan gekom dat die Basters hul eiendomme begin verkoop het aan Blankes.

> Dus het die blankes die grond gekoop en nie mense verdryf soos jy voorgee
> nie. Die fyt dat basters nie in die NG Kerk toegelaat was nie, het niks te
> doen met hoe eiendomme bekom is nie.

Ek weet nie of jy maar net in die algemeen praat nie. Wat
spesifieke gevalle betref, as jy die geskiedenis nagaan, is die
Noordkaap vol stories van mense wat op onregverdige wyse wel van hul
grond af verdryf is - bv. die Ebenezer gemeenskap.

A

> |e
> | oorspronklike bewoners van die Noordkaap is
> | daar uitgewerk deur wittes en hulle wette en
> | hulle gewere. Net hier en daar is daar klein
> | uitsonderings. En jy weet dit net so goed as
> | ek. Wees 'n man en erken dit. En wees bly dat
> | dinge nou hopelik beter word.
> | Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11830 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Dec 1997 22:59:56 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

eenmaal 'n territoriale feit. Territoraliteit is 'n natuurlike[/color]
> verskynsel in die kudde-dier. Dit IS eenvoudig net so - sonder
> enige waarde-oordeel.>>>

En hier dames en here , het ons n regte outydse Nat.
Die argument het ek destyds (toe jy nog gelukkig hier gebly het) van
mense soos John Vorster, Piet Koornhof en PW Botha gehoor.

Daar is destyds al oor en oor die fatale fout in die argument
uitgewys. Hulle ore was toe daarvoor. Joune blykbaar ook.

Wat die fout is, kan jy maar self gaan uitfigure. Dit het met velkleur
te doen.

Intussen ou "Balbaard met n menig" , is instromingsbeheer afgeskaf en
gaan dit nooit weer geld nie.
Suid-Afrika is nou vry van drog-argumente soos joune en mense soos jy.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11840 is 'n antwoord op boodskap #11526] Sa, 13 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:
>
> @igs.net wrote in message ...
>
>> Besef jy dat die apartheidsregime in SA 'n
>> sosiale stelsel en 'n ekonomiese stelsel
>> geskep het wat baie na aan die kommunistiese
>> denke was?
>
> Inderdaad! Die Afrikaner het in hierdie eeu erg sosialisties geword - veral
> sedert die dertigerjare. Opheffingskemas soos die besproeiingsprojek langs
> die Oranjerivier was een van die faktore wat die Afrikaner in 'n hoofsaaklik
> sosialistiese kuddedier omskep het.
>
> Dis een van die redes waarom tuisonderwys veel meer gewild is onder
> Engelssprekendes as onder Afrikaners. Onlangs, toe Potgietersrus so hard
> probeer het om Little Rock, Arkansas na te maak, het die regses kliphard
> "tuisonderwys" geskree. Tot op datum het nie _een_ van daardie gesinne
> tuisonderwys ge-implementeer nie.

Wanneer Ontario presies dieselfde ding doen
> (vanaf 'n veel hoër beginvlak, en tot 'n veel kleiner mate) skel Gloudina
> dat hulle menseregte skend.

Leendert,ek het dit geensins gehad teen die
afskaling van die onderwyssisteem hier in
Ontario nie. Daar was sekere lae vet en
maniere van doen wat ander provinsies al
lankal mee weggedoen het. Ek het juis daarop
gewys dat hier in Ontario dieselfde ding
gedoen word wat hulle blykbaar in SA probeer
doen - en waaroor jy en jou vriende nou so
hulle bekke rek. Waarteen ek wel beswaar
gemaak het hier in Ontario, was die hovaardige
manier waarop hulle die wet deur die Provinsiale
Regering geloods het, en die manier waarop hulle
hulle hul onderwysers met minagting behandel het.
Maar toemaar, hulle het vyande gemaak van die
bevolking van Ontario. Hulle het daarin geslaag
om die kerke en die unies en die ouers teen hulle
te kry. Merk op dat veral die Katolieke Kerk
die voortou geneem het in die veldtog teen
Bill 160.

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11848 is 'n antwoord op boodskap #11526] So, 14 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >

Hjalmar praat van die apartheidskeisers:
> Ek het hulle so "bewonder" dat ek nie bereid was om langer
> onder hulle te dien nie. Ek was nie bereid om hulle
> voorregte en korrupsie langer te verdedig nie.

> Dis egter raar om diegene te aanskou wat die ondergang
> van hulle volk en kultuur met soveel geesdrif aanhits.

Sien, Hjalmar, dis net hier waar jy jouself
weggee. "Jou" volk en "jou" kultuur sien jy
onder aanslag van "magte van buite." Jy kan
nie sien dat daar ander Afrikaners, ware
Afrikaners, is wat glo dat om Afrikaner te wees
iets wonderliker is as om benepe anti-jou
medemense wat nie dieselfde kleur as jy is nie
te wees, Leer 'n les van sommige van die mense
in Suid-Afrika. By die Universiteit van Kaapstad
het hulle onlangs 'n nuwe departement vir Afrika-
tale op die been gebring (heelwaarskynlik in 'n
program van besnoeiing.) Afrikaans is nou een
van daardie tale. Kyk nou hoe word ons moedertaal
gekoester. En kyk wie dit koester.

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11854 is 'n antwoord op boodskap #11526] Ma, 15 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) wrote:

> Ek het hulle so "bewonder" dat ek nie bereid was om langer
> onder hulle te dien nie. Ek was nie bereid om hulle
> voorregte en korrupsie langer te verdedig nie.

Wel jy verdedig klaarblyklik nog hul denke en beleid op hierdie
nuusgroep.

> Ek het soortgelyke sentimente jeens hulle (wat ek in 1974
> al voorsien het) opvolgers.

En is daardie vooruitsig miskien die rede wat jyy gegaan het?

> Wie se "julle" en wie se "ons" ? And who wrote the
> victory conditions for this game ? Dis nou te sê
> as jy die lewe as 'n sportwedstryd beskou. Die lewe
> is 'n stroom, en die geskiedenis het nog lank nie sy
> loop geloop nie. Beskawings en nasies kom en gaan.

Ja, dis waar. Die SA demokrasie is nog 'n brose een. En die victory
conditions is baie swaar, selfs vir diegene in wie se naam die
oorwinning gevier is. Ons woon in 'n verbrande huis, waarvan die
rykste skatte deur ons voorgangers verkwansel is. Armoede sal 'n
realiteit bly in die nuwe SA, en ons regering het 'n 50 - 50 kans om
so paranoies en korrup te word dat paslike beleid en leierskap
onmoontlik word. Die kanse vir grootskaalse korrupsie (veral op
provinsiale vlak, 'n ekstra en ennodige regeringsfeer wat ons aan die
natte te dank het) is daar. Maar ek sal my kanse vat hier, teen die
korrupsie stry, probeer bydra tot die oplossings, en die liewenheer
dank dat ons ontslae is van die spul moordenaars en rampokkers wat ons
in 1994 koebaai voor gese het.

Wie is "ons"? Nie'n spesifieke kultuurgroep nie. Alleen maar die
wat glo in demokrasie.

> Dis egter raar om diegene te aanskou wat die ondergang
> van hulle volk en kultuur met soveel geesdrif aanhits.

My taal en kultuur? Miskien moet ek dit so stel. Afrikaans behoort
aan g'n spesifieke elite groep nie. As jy een groep wil identifiseer
wat Afrikaans werklik baie skade aangedoen het is die daairdie
broederbond wat jy 'n ruk gelede self met soveel afkeur bejeen het.
Hulle het gemaak asof die taal en kultuur hul spesifieke eiendom is
waarvoor hulle standaarde kan neerle. Sodoende het hulle Afrikaans se
karakter as 'n swart taal, 'n slawetaal, 'n kombuis-mengelmoes ontken
en probeer verdoesel. Die afstammelinge van diegene wat eintlik
Afrikaans onwikkel het is as 2e klas burgers behandel.

Deesdae ry ek rond in Gauteng met my dial op enige van die swart
stasies en luister lekker D'Gong. (Hande op, wie nog laaik vir Alfred
en Skeem?) Waar sou jy jou ooit verbeel dat 'n swart township popster
'n SA treffer sal he met die woorde in Sotho maar die refrein, "die
poppe sal dans?" Wat nog te praat vann Chiskop ("Ewenza niks/Ewenza
fokkol")? Ek se jou Afrikaans het lanklaas sulke interessante tye
beleef.
>
> Want die stryd is nie verby nie. Gaan rus maar op
> jou louere. Gaan slaap maar in jou naiewe onkunde.

Daardie advies sal ek beslis ignoreer 8-)
Anneries
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11866 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 16 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hjalmar Gerber wrote:

> Jan Schrik spring uit die bos uit met...
>
>> Ach weet je Hjalmar er zijn altijd argumenten aan te voeren om een
>> diskussie totaal plat te slaan.
>
> Wel, as die stellings hol is, verdien hulle om platgeslaan
> te word. Ek vra weer, waar is die afsnypunt tussen inboorling
> en immigrant ? Wat gee jou Wes-Saksiese bloed meer reg in
> Nederland as die Kelte wat julle verdring het, en diegene wat
> die Kelte verdring het ?

Wil je hier nu een serieus antwoord op hebben ?

>
>
>> Je zult toch wel toe moeten geven dat je door afkomst/kleur
>> en eventuele andere eigenschappen behoorde tot wat in Animal
>> Farm "some animals are more equal than other animals" genoemd
>> worden.
>
> Ek hoef dit nie toe te gee nie, want ons is dit eens. Die
> gebrek aan gelykheid is 'n menslike realiteit.

Een gebrek aan gelijkheid is niet recht evenredig met ongelijkheid van
rechten en plichten.

> Sommige
> kulture is eenvoudig net soveel meer suksesvol as andere, en
> dis net God se genade/wil dat 'n mens in een, in plaas van 'n
> andere gebore is. . . nie dat ek die wil van God bevraagteken
> nie. Laasgenoemde gedagte is selfs gek en belaglik.

Aardig gevonden, maar zoals je weet heeft God via zijn Zoon ook nogal
aardige dingen gezegd over wat je niet met je naaste (waarbij hij niet
doelde op de situatie die Orwell in het citaat bedoelt) moet doen.

>
>
>> Dat je vervolgens je toekomst ergens anders zoekt verbiedt je
>> niet om kommrntaar te hebben.
>
> Dankie vir jou toegewing. Ek wens net dat lafaards soos die
> onsigbare Doep (Marius) Du Plessis so toegaflik was.
>
>> Wat mij echter wel stoort is dat je een situatie van
>> segregatie en discriminatie zo ophemelt.
>
> Waar hemel ek dit op ? Dis 'n feit. Wat is verkeerd met die
> begeerte om jou kultuur en geloof te handhaaf deur suiwering ?

Veel, erg veel. Kultuur etc. handhaven heb ik geen bezwaar tegen maar
zuivering kan redelijk vlug ontaarden in excessen zoals de
Balkan/Ruwanda/Burundi/Afganistan situaties of om dichter bij huis te
blijven de reborn christians dan wel een apartheidsregime waarbij de
rechten van de medemens worden ontkend

> Waarom is integrasie dan so verkieslik ?

Het verrijkt je leven doordat je horizon breder wordt.

>
>
> Wil jy nou sê dat die Jode oor die afgelope 6000 jaar verkeerd
> was ? Hulle sou lankal, sonder 'n shoa, ondergegaan het deur
> assimilasie as hulle nie segregasie en diskriminasie toegepas
> het nie.

Hier heb ik maar een woord voor""gotspe!!!"De joden zijn de diaspora
ingegaan na de val van de tweede Tempel onder Titus. Ze gingen een
verstrooiing in in afwachting van de komst van de Messias. Door de
stichting van de staat Israel door de winnaars van WO I is deze belofte
niet vervuld (Israel had voor evenveel geld op Zanzibar of in Uganda
gelegen.)

> Apartheid in daad en gees leef voort in Israel. As

> hulle dit nie doen nie, is die staat van Israel binnekort iets

> van die verlede.

Daarom zochten ze dus kontakten met het Apartheidsregime zodat ze de
Zuidelijke Ijszee als atoomproefterrein konden gebruiken

> Ja, wat hulle aan die Palestyne doen is
> weliswaar onreg en diskriminasie, maar wat is hulle alternatief ?

Wil je daarmee aantonen dat deze zaken te rechtvaardigen zijn ? Je hebt
wel een erg flexibele ethiek

>
>
>> Tot slot zou ik willen opmerken dat sommige mensen van mening
>> zijn dat de mensheid van een ander sterrenstelsel afkomstig
>> is en dat heeft dan wel heelvergaande konsekwenties.
>
> Wie is ek om dit te betwis ? Die blote feit van my bewussyn
> en die natuur om my, bly vir my 'n wonder. Dit is vir my
> die aangesig van God. Dit is waarom ek in werklikheid so
> nietig is, en waarom my opinies niksgevolgende vermaak is.
>
> Hjalmar
> ________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11876 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 18 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Hjalmar Gerber wrote:

> Wat is verkeerd met die
>> begeerte om jou kultuur en geloof te handhaaf deur suiwering ?

"te handhaaf deur suiwering" -- hierdie sin gee
my koue rillings, laat die hare op my kop regop
staan. So duidelik, so koelbloedig gestel. So
sonder dit te bewimpel. Nogal ook om jou GELOOF
te handhaaf deur suiwering! Dit klink soos iets
wat die moorde van St. Bartholomeus teen die
Hugenote goedpraat. As nasaat van Hugenote maak
ek beswaar.
.
Gloudina
Vorige onderwerp: Soek dringend werk!!!!!!!!!!
Volgende onderwerp: Wat van die besitregte van die Khoi en die San?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:28:46 MGT 2024