Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:Ode to the queen of Africa
Re:Ode to the queen of Africa [boodskap #11620] Ma, 01 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ai, ewe naief nog ek Anoniem maak 'n grap! Wys jou net hoe skeef my
persepsie hier in die vreemde kan raak.

Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?

Groetnis
Riana
Re: Re:Ode to the queen of Africa [boodskap #11621 is 'n antwoord op boodskap #11620] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Stephanus Schoeman wrote in article
...

> Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?

Liewe Riana,

Volgens my opinie, is haar aanhang nog baie
groot by die voetvolk ("rassroots"). Dit is omdat
sy 'n toonbeeld ("icon") is van 'n verdrukte
("underdog"). Eers was dit die NP wat haar
verdruk het, en nou is dit die ANC.

Haar aanhang is so groot as wat die voetvolk glo
dat hulle die verdruktes is. Die vraag is nou:
hoe groot is die deel van die Suid Afrikaanse
bevolking wat glo dat hulle die verdruktes is.

Die ANC glo dat hulle min genoeg is om van
haar ontslae te raak. Met ander woorde, hulle
moet minder as 35% wees (50% van die 70%
steun wat hulle trek). Natuurlik neem hulle
ander dinge ook in ag. Ons sal sien of hulle reg
is.

My vraag:
"Hoe groot is die deel van die Suid Afrikaanse
bevolking wat glo dat hulle die verdruktes is."
het natuurlik 'n veel groter implikasie as die
politieke afsnyding van Winnie. Een implikasie
daarvan is die geweldige misdaad. 'n Ander
implikasie is hoe die land bestuur word:
ekonomies, polities en sosiaal.

Ek wens ons kon 'n referendum hou om 'n
antwoord te vind op die vraag self. Ek probeer
gedurig om my skatting te verbeter soos wat ek
waarnemings maak wat op die geloof betrekking
het. (Ek sluit alle mense in wat glo dat hulle om
eenof ander rede verdruk is - nie net mense wat
glo dat hulle deur Apartheid verdruk is nie.) Ek
skat dat tussen 70% en 80% van die bevolking
hierdie geloof koester.

As ek reg is, maak dit die bestuur van hierdie
land uiters problematies.

Beste wense
At de Lange
Re: Re:Ode to the queen of Africa [boodskap #11622 is 'n antwoord op boodskap #11620] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sy het 'n baie groot aanhang onder die armstes en verdruktes, verstaan ek.
Haar openbare skakelwerk in daardie sektor was nog altyd perfek. Dis hoekom
sy 'n bedreiging is vir die ANC

Stephanus Schoeman wrote in article
...

> Ai, ewe naief nog ek Anoniem maak 'n grap! Wys jou net hoe skeef my
> persepsie hier in die vreemde kan raak.
>
> Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?
>
> Groetnis
> Riana
>
Re: Re:Ode to the queen of Africa [boodskap #11634 is 'n antwoord op boodskap #11620] Di, 02 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Nico Snyman  is tans af-lyn  Nico Snyman
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
AM de Lange wrote in message ...
> Stephanus Schoeman wrote in article
> ...
>
>> Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?
>
> Liewe Riana,
>
> Volgens my opinie, is haar aanhang nog baie
> groot by die voetvolk ("rassroots"). Dit is omdat
> sy 'n toonbeeld ("icon") is van 'n verdrukte
> ("underdog"). Eers was dit die NP wat haar
> verdruk het, en nou is dit die ANC.

Dit maak mens nogal bang om te sien hoe Winnie se mag haar beskerm. Baie
(meeste) van die misdade wat sy gepleeg het het niks te make gehad met die
struggle nie, maar nogtans is sy so populer by die arm bevolking van SA dat
sy amper onaantasbaar is.
Die huidige sitting van die WVK mag dalk iets omtrent hierdie saak doen,
maar ek wonder of die ANC bestuur werklik kan bekostig om haar te vervreem?
Dit lyk of dit is wat hulle nou gaan doen, maar dit gaan hulle verseker 'n
klomp stemme in die volgende verkiesing kos, tensy sy natuurlik genoeg steun
binne die ANC kan kry om self op die top-bestuur te kan kom.
Indien nie, mag sy net sowel besluit om haar by iemand soos die Holomeyer
alliansie te skaar, wat werklik sal sorg vir 'n baie interessante era in die
SA party-politiek. Die vraag is hoeveel mag sy saam met haar kan swaai in
die een rigting of die ander.
En het Tutu en sy makkers werklik die 'balls' om haar te verneder?

Nico Snyman
Vorige onderwerp: Re: Aan Gloudina oor haar papslaan mistykie ...
Volgende onderwerp: Re: DP's feeble attempt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 01:18:58 MGT 2024