Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Aan Gloudina oor haar papslaan mistykie ...
Re: Aan Gloudina oor haar papslaan mistykie ... [boodskap #11618] Ma, 01 Desember 1997 00:00
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Lou writes:
>
>> Papslaan van wit seuns in die tronke - noem jy dit goeie bedoelings. Die
>> hemele behoed ons van jou slegte bedoelings.
>>
>> Lou
>
> Is jy, ou Lou, ook nou een van die bende wat
> my probeer met klippe doodgooi. Net omdat ek
> gesê het dat ek nie glo dat die huidige regering
> tot dusver aan die soort misdade skuldig is as die
> vorige nie. Ek het gesê dat ek nog nie hoor van wit
> seuns wat in tronke papgeslaan word omdat hulle
> "verkeerde" politieke oortuigings het nie. Wanneer
> soiets plaasvind, kan jy verseker wees dat ek
> daarteen sal objekteer, en my familie sal aanraai
> om die land te verlaat. Ek dink jy en jou pals
> het nou genoeg gif gesuig uit een sin wat verdraai
> en verdraai word, net om vir julle die kans te
> gee om orgasmies ander aan te val en vir julself
> te regverdig. Goodbaai, ou Lou. Daar is niemand
> so blind as hy wat nie wil sien nie.
>
> Gloudina

Gloudina

Jy is reg - daar is nie wat so blind as hy wat nie wil sien nie. Ons kyk
maar almal vanaf ons polities gekleurde brilletjie. Ons het die papslaan
storie seker oorbruik - maar het jy agtergekom - die poslys is soos 'n
tenniswedstryd - as jy eers agtergekom het die ander een kan nie 'n vlug
hou hanteer nie en hy dryf jou op die verdediging - dan gee jy hom weer
'n vlughou. Joune is jou papslaan - mistykie. :)

Moenie weggaan nie ons het iemand nodig wat konsekwent sal gapings laat
vir die vlughou ...

Cheers of is dit koebaai?
Lou

PS: Ek herhaal maar net my oorspronklike abtwoord - dat 'n paar wit ANC
manne maar swaar in die tronk geleef het oor hulle politieke
oortuiginge.
Vorige onderwerp: Re: Verskuilde krag/vloekwoorde
Volgende onderwerp: Re:Ode to the queen of Africa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:50:35 MGT 2024