Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Joernaliste, koerante en so aan...
Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11562] Do, 27 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Nico Snyman  is tans af-lyn  Nico Snyman
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink dit wat oor joernaliste en redigering op hierdie nuusgroep geskryf
is, laat een baie belankrike punt buite rekening:
Joernalisme is, uit die aard van die beroep, subjektief. Die hele idee van
'n koerant/tydskrif ens. uit bring is om gebeure in die samelewing uit te
beeld op die manier waarop die joernalis, en uiteindelik die redakteur, dit
sien. Die nuusredakteur het die baie belankrike werk om te sorg dat berigte
wat in sy koerant gepubliseer word in lyn is met sy koerant se oortuigings.
Mense wil nie koerante lees wat nie met hul standpunte saam stem nie,
publiseerders wil ook nie sulke koerante probeer verkoop nie.

Ek dink die voorafgaande maak dit duidelik dat dit futiel is om met
joernaliste te stry oor objektiewe joernalisme. Die media is 'n politieke
wapen en sal altyd of die een of die ander ondersteun. Vir iemand wat in die
beroep staan is dit moeilik om te onderskei tussen dit wat werklik gebeur en
dit wat hulle WIL sien. Joernaliste word net soos die gewone man op straat
beinvloed deur sy omgewing, en om waar te neem, verander ook die waarnemer.

Laastens, daar word dikwels gesê 'n joernalis is 'n politikus wat gefaal
het, en ook 'n politikus is 'n joernalis wat gefaal het. Daar is dalk meer
waarheid in hierdie woorde as wat mens besef?

Nico
BTW die enigste koerant in Suid-Afrika wat my ooit laat dink het hul wend
darem 'n poging tot objektiwiteit aan, was die Vrye Weekblad. En nou gaan
almal seker dink ek is 'n radikaal.
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11563 is 'n antwoord op boodskap #11562] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico Snyman wrote in article ...

> BTW die enigste koerant in Suid-Afrika wat my ooit laat dink het hul wend
> darem 'n poging tot objektiwiteit aan, was die Vrye Weekblad. En nou gaan
> almal seker dink ek is 'n radikaal.

Natuurlik is dit radikaal :-)

Max du Preez was nou een aand een van die gaste op RSG se forum vir
poeffters en paaiers, "kommentaar" op Sondagaande.

Max, nou dat hy self 'n Vrystaatse boer geword het, verklaar prontuit dat
die oorgrote deel van die beskuldigings wat teen boere gemaak word oor hul
behandeling van werkers, ens. is onwaar.

Hierdie Sondag het Chris Louw 'n joernalis daar gehad - Annemarie
met-'n-onuitspreekbare-naam. Sy was in Namibië voor en tydens
onafhanklikheid, en die afgelope twee jaar in Sarajevo (nou glo getroud met
'n Sarajeef - ?).

Annemarie verklaar dat sy veiliger was in Sarajevo tydens die hoogtepunt van
die oorlog as wat sy in SA is.

Leendert
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11588 is 'n antwoord op boodskap #11562] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> Max, nou dat hy self 'n Vrystaatse boer geword het, verklaar prontuit dat
> die oorgrote deel van die beskuldigings wat teen boere gemaak word oor hul
> behandeling van werkers, ens. is onwaar.
>

My donner tog nie ou Rooi Max Du Preez nie. Wys net hoe dinge kan
verander as jy die slae aan jou eie sak kan voel ne?

Lou
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11614 is 'n antwoord op boodskap #11562] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Nov 1997 14:17:27 +0200, "Nico Snyman"
wrote:

joernaliste te stry oor objektiewe joernalisme. >>[/color]

Ek dink hulle noem die om jouself in jou eie argument te immuniseer
teen enige kritiek wat andere mag he op jou argument!

almal seker dink ek is 'n radikaal.>>[/color]

As jy jouself glo, se jy eintlik jy het die vooroordele van die VWB se
joernaliste en redakteur verkies/gedeel.

Of anders se jy dat die VWB die enigste koerant in die bestaan was wat
dit actually kon regkry om objektief te wees. Die koerant se
joernaliste het dus nie op subjektiewe wyse verslag gedoen nie. Was
hulle dus masjiene?
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11615 is 'n antwoord op boodskap #11562] Ma, 01 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Nov 1997 15:32:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

die oorlog as wat sy in SA is.>>>[/color]

O dis die knalle en die pings wat ek om my hoor as ek oggende werk toe
stap!

Het sy gese of sy tussen SA en Sarajevo gependel het in daardie tyd -
sodat sy kan weet hoe dit op albei plekke is?

Het sy gese waar in SA?
Sy sal die fok weet moet sukkel om gevaar op n average naweek in
Calitzdorp te kry.

Laat staan nog gevaal wat met Sarajevo kan vergelyk.
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11632 is 'n antwoord op boodskap #11562] Di, 02 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico Snyman  is tans af-lyn  Nico Snyman
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
> Die formule gaan so: Objektiewe beriggewing in onmoontlik vanwee die
> subjektiwiteit van waarneming.
> Maar n mens kan "fair and just" verslag doen.
> Dit beteken byvoorbeeld jy vra albei kante se menings en gee albei.

Toegegee, ek besef dat meeste joernaliste wel die voorafgaande norm
onderskryf.

wend[/color]
>> darem 'n poging tot objektiwiteit aan, was die Vrye Weekblad. En nou gaan
>> almal seker dink ek is 'n radikaal.>>

> As jy jouself glo, se jy eintlik jy het die vooroordele van die VWB se
> joernaliste en redakteur verkies/gedeel.

Natuurlik. Die VWB was na my (subjektiewe) mening 'fair and just'. Dit
beteken dat ek dit gelees het omdat dit grootliks met my eie standpunte
saamgestem het :) As ek 'n nasionalis was, sou ek destyds Beeld gelees het,
ens. Maar ek was een van die deurmekaar fokkers wat nie 'n donner geweet het
wat aangaan met hierdie land se politiek nie, en dus het ek iets gelees wat
vir my gelyk het soos ondersoekende joernalisme. Nou besef ek dat VWB
moontlik net objektief was omdat hulle ook 'n klomp draadsitters was wat nie
geweet het wat om hulle aangaan nie, en daarom ten minste probeer het om uit
te vind (dit is dalk 'n teken van 'n objektiwiteit as jy besef en erken dat
jy nie regtig verstaan hoekom mense doen wat hulle doen nie).
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11633 is 'n antwoord op boodskap #11562] Di, 02 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
>
> hoogtepunt van
>> die oorlog as wat sy in SA is.>>>

Dis nou een van die tipiese "gesegdes"
wat die rondte doen in SA in die mond
van mense wat weet dat hulle lieg terwyl
hulle lieg, maar hulle het 'n agenda.
Ek het twee susters en 'n seun in Suid-
Afrika, en hulle lewe nie so nie.
Wat my kwaad maak, is dat hulle die lyding
van die mense van Sarajevo hiermee
verkleineer. Sies!

Gloudina
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11653 is 'n antwoord op boodskap #11562] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nik Smithur Warrensson  is tans af-lyn  Nik Smithur Warrensson
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
objektiwiteit is in elk geval 'n mite, sal enige een wat iets van new
journalism of die postmodernistiese beginsel van dat daar geen
absolute buite-talige realiteit (dws buite ons waarneming) bestaan
nie, vir jou kan se.

vrye weekblad was nie objektief nie, beeld is nie, die burger is nie,
die cape times of die star of wie ook al is nie. daar is nie so iets
nie. kies net vir jou 'n mening wat die naaste aan jou eie is, dis al
wat jy kan doen.
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11670 is 'n antwoord op boodskap #11562] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
>
>>
>> > hoogtepunt van
>>> die oorlog as wat sy in SA is.>>>
>
>
> Dis nou een van die tipiese "gesegdes"
> wat die rondte doen in SA in die mond
> van mense wat weet dat hulle lieg terwyl
> hulle lieg, maar hulle het 'n agenda.
> Ek het twee susters en 'n seun in Suid-
> Afrika, en hulle lewe nie so nie.
> Wat my kwaad maak, is dat hulle die lyding
> van die mense van Sarajevo hiermee
> verkleineer. Sies!

Beweer jy dat die bron lieg, Gloudina?

Ek is seker Chris Louw, die programaanbieder sal besonder ge-interesseerd
wees in so 'n bewering. Hy kies dan so versigtig om net poefters en paaiers
op die lug te laat kom!

Jy sien, die bewering was net werd om hier genoem te word _omdat_ dit op 'n
program soos Monitor gemaak is - deur iemand wat die afgelope twee jaar in
Sarajevo gewoon het, en met een van die burgers van die stad getroud is.

Dit beteken natuurlik nie dat sy nie lieg nie, so jou inside knowledge van
die verslaggewer se persoonlike ervaring sal sekerlik nuuswaardig wees.

Of was dit maar nog een van jou knee-jerk reaksies?

Leendert
Vorige onderwerp: Die reuk van vrot blare
Volgende onderwerp: Re: How can you justify
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:25:16 MGT 2024