Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora!
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11526] Wo, 26 November 1997 00:00 na volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel wrote:
>
> Stephanus Schoeman wrote in article
> ...
>>>
>>> Wat is dit met die diaspora strooi - is dit nou vir die ou spul wat die
>>> e'spore gemaak het? (en nou stuurman aan wal speel?) :)
>>>
>>> Cheers
>>> Lou
>> Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
>> verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat jy in
>> geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir jou.
>>
>> Riana
>
> Riana, nee. Ek dink jy moet Lou se pos weer lees. Dit gaan oor die aaklige
> woord "diaspora" wat nou skielik in bykans elke sin opduik.
>
> Terloops, dit voel vir my so asof die nuusgroep anker gegooi het by
> politiek en "diaspora." Sug .....
>
> Groete, Alwyn
>
Liewe Riana

Ek is gelukkig in die posisie dat ek kan in die buiteland kan werk kry
(rekenaars, unix, NT, databasise, werk vir internasionale maatskappy) -
(iemand vir my werk Grappie!)

Dit is nie so maklik om net my goed te vat en te waai nie - dis my land
ook wat die fo... umm stupid politisie weereens opfoeter. En omdat ek
hier bly het ek die reg om te moan en te groan so veel as ek wil. Ek
voel die kriminaliteit aan my gat en aan my sak. My kind se kanse op
behoorlike skool gaan vinnig agteruit. Moet tog net nie in 'n ersnstige
motor ongeluk ver van 'n privaat kliniek betrokke raak nie! Die staats
mediese geriewe is pateties. Paaie versleg, staatsdiens is nog erger s
onder die vorige regime He He. Ek betaal belasting dat ek vrek en wat
kry ek daarvoor?

As julle nie hier bly nie, dan vat ek al julle kritiek met 'n moerse
groot sak sout en raak maar redelik gatvol vir almal wat se hoe ons
dinge moet doen terwyl julle in die diaspora (yuck- wat 'n woord) lekker
aan die groen grassies vreet met hul Suid Afrikaans verdiende grade en
diplomas. en dan wil die donners nog stem ok. Baie sit daar en wag om te
sien watter kant gaan die byl val - nog vis nog vlees!

Lou
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11560 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lou writes:

>>>> Lou
>>> Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
>>> verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat jy in
>>> geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir jou.
>>>
>>> Riana
>>

>>
> Liewe Riana
>
> Ek is gelukkig in die posisie dat ek kan in die buiteland kan werk kry
> (rekenaars, unix, NT, databasise, werk vir internasionale maatskappy) -
> (iemand vir my werk Grappie!)


Ja-nee, vir eens is ek dit eens met ou Lou.
Niemand het die reg om vir iemand in Suid-
Afrika te vra HOEKOM hy daar bly nie. Hy
hoef nie motiewe te hê om daar te bly nie.
Dis sy land. En die blote feit dat hy, veral
nou, tog daar aanbly, is vir my 'n waardevolle
teken, iets waarvoor ons dankbaar moet wees.
Al wat ek net vir Lou wil sê: moet tog
nie altyd so preek oor die groen weivelde op
ander plekke nie. Hier in Ontario is daar 'n
regering besig om dinge in die Onderwys af te
takel op 'n baie meer drastiese manier as wat
dit lyk besig is om in SA te gebeur. En die
mite dat alles so veilig is: in Toronto kom
skiet 'n bende op 'n huweliksresepsie en
steel duisende dollars aan geskenke. En 'n
paar dae vermoor adolessente dogters 'n
ander een in Victoria in British Columbia,
die moord geaanskou deur 'n klomp ander.
Hoe barbaars kan jy dit kry.

Gloudina
>
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11561 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina [@igs.net] skryf. . .

vanuit "Disneyland on the Rideau" (Ottawa). . .

> Al wat ek net vir Lou wil sê: moet tog
> nie altyd so preek oor die groen weivelde op
> ander plekke nie. Hier in Ontario is daar 'n
> regering besig om dinge in die Onderwys af te
> takel op 'n baie meer drastiese manier as wat
> dit lyk besig is om in SA te gebeur.

Lou, moet dit nie vir 'n oomblik glo nie. Die Mike Harris-
regering in Ontario is net besig om die sosialistiese gekheid
wat fiskale bankrotskap sou meegebring het, te bekamp. Dis
weliswaar pynlik vir diegene wat so gewoond geraak het om aan
die belastingbetaler se tiete te suig. Die linksgesindes en
die Ottowa-iete kla steen en been, en die media gee voor dat
dit die bevolking se gemoed is, maar elke keer as 'n geldige
steekproef of 'n verkiesing gehou word, blyk dit dat die
meerderheid heel prakties en besonne is.

Gloudina, die dae van Bob Rae is verby. Hy is nou 'n direkteur
by Credit Lyonnias Canada - 'n kapitalistiese bastion. :-)

> En die
> mite dat alles so veilig is: in Toronto kom
> skiet 'n bende op 'n huweliksresepsie en
> steel duisende dollars aan geskenke. En 'n
> paar dae vermoor adolessente dogters 'n
> ander een in Victoria in British Columbia,
> die moord geaanskou deur 'n klomp ander.
> Hoe barbaars kan jy dit kry.

Barbaarsheid is 'n universele menslike toestand. Dis egter
'n kwessie van skaal. Gloudina noem in een paragraaf omtrent
die helfte van al die opslagwekkende voorvalle in die hele
Kanada - 'n yslike gebied - vir 'n week. Ek wonder of die
Kanadese insidente enigsins in die NSA sou geregistreer het.
Moet ook nie vergeet dat die nuusorgane in ontwikkelde lande
meer sensitief is - hulle berig oor gebeure wat in die derde
wereld soos 'n vallende boom in 'n verlate woud klink.

As die media nie daaroor berig lewer nie, het dit werklik gebeur ?

Nog een van die "diaspora", maar een wat weet wanneer om sy
bek te hou,

Hjalmar (Edmonton, Alberta)
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11583 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina [@igs.net] skryf. . .

> Al wat ek net vir Lou wil sê: moet tog
> nie altyd so preek oor die groen weivelde op
> ander plekke nie. Hier in Ontario is daar 'n
> regering besig om dinge in die Onderwys af te
> takel op 'n baie meer drastiese manier as wat
> dit lyk besig is om in SA te gebeur.

Ek het bietjie gekyk wat sê "People for Education" oor hul besware teen die
onderwyswitskrif in Ontario. Hul besware is soos volg:



Dit is heelwat beter as die Education Policy Act van 1996. Die enigste
beleid wat daardie wet neerlê is diat die Minister van Onderwys die
onderwysbeleid sal bepaal. Insluitende al die dinge hierbo.



Ditto in SA onsderwyswetgewing.



Is Suid-Afrika dink niemand eers daaraan om te kla oor klein dingetjies soos
hierdie nie - dit word bloot aanvaar.



Presies dieselfde ding hier - "government by regulation". Self Harald
Pakendorf het daarop gewys dat hierdie verskynsel in die onderwyswetgewing
direk ooreenkom met die magsmisbruik van die Nasionale regering in sy laaste
jare.



Hier is dit presies dieselfde. Die wet laat die regering toe om presies dit
te doen. Gewoonlik word groot gewag gemaak van "consultation" En nadat daar
geconsult is, word die consultations gewoon ge-ignoreer. Maar dit is
geensins eens nodig om te konsult nie. Die Oos-Kaapse ANC-regering het
regulasies vir tuisonderwys uitgevaardig sonder om 'n siel daarvan te vertel
voordat dit van krag geword het. Die Wes-Kaapse een het presies dieselfde
gedoen, maar van hulle kon mens dit verwag - dis hoe hulle maar altyd regeer
het.



Hier beteken "fair" veel meer as dit.



Sulke bepalings staan eksplisiet in die SA Skolewet en die Gautengse
Skolewet. Daar is egter selfs erger bepalings in die wetgewing - onder ander
die klousule oor "politieke kommissarisse" wat die minister magtig om enige
persoon in enige skool aan te stel om inligting aan die departement te
verskaf oor wat in die skool aangaan - en wat fondse bewillig om sulke
persone bykomend te betaal!

Gloudina, jou persepsie

> Hier in Ontario is daar 'n
> regering besig om dinge in die Onderwys af te
> takel op 'n baie meer drastiese manier as wat
> dit lyk besig is om in SA te gebeur

Is vals, onkundig, en moontlik ook bedoel om te mislei.

L
eendert
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11584 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> Hier in Ontario is daar 'n
> regering besig om dinge in die Onderwys af te
> takel op 'n baie meer drastiese manier as wat
> dit lyk besig is om in SA te gebeur.

Vertel meer?

Of beter nog, is daar dalk webbronne wat die storie en die argumente
uiteensit?

Die Canadian Charter word erken as 'n belangrike bron van ons eie handves
van menseregte - Kanadese presedent is dus belangrik hier.

Groete, Leendert
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11585 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
> Sulke bepalings staan eksplisiet in die SA Skolewet en die Gautengse
> Skolewet. Daar is egter selfs erger bepalings in die wetgewing - onder ander
> die klousule oor "politieke kommissarisse" wat die minister magtig om enige
> persoon in enige skool aan te stel om inligting aan die departement te
> verskaf oor wat in die skool aangaan - en wat fondse bewillig om sulke
> persone bykomend te betaal!
>

So die gesigte het verander, die velle se kleur het verander( Ja Koos ek
weet Marie My Kalfie se gevreetjie is wit) maar hulle is tog nog steeds
vrek bang iemand gaan van hulle skinder. Absolute beheer alla ou Max en
Lenin gebruik selfs die politieke kommisaris benaming. Wat gaan die spy
daarso doen? Onderwys gee of van klas tot klas loop terwyl die gray in
sy bankrekening in drain?

Nog 'n ANC regering bedekte dreigement aan skoolhoofde, onderwwysers en
ouer verenigings.

Lou
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11586 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber wrote in article ...

> Gloudina [@igs.net] skryf. . .
>
> vanuit "Disneyland on the Rideau" (Ottawa). . .
>
>> Al wat ek net vir Lou wil sê: moet tog
>> nie altyd so preek oor die groen weivelde op
>> ander plekke nie. Hier in Ontario is daar 'n
>> regering besig om dinge in die Onderwys af te
>> takel op 'n baie meer drastiese manier as wat
>> dit lyk besig is om in SA te gebeur.
>
> Lou, moet dit nie vir 'n oomblik glo nie. Die Mike Harris-
> regering in Ontario is net besig om die sosialistiese gekheid
> wat fiskale bankrotskap sou meegebring het, te bekamp. Dis
> weliswaar pynlik vir diegene wat so gewoond geraak het om aan
> die belastingbetaler se tiete te suig. Die linksgesindes en
> die Ottowa-iete kla steen en been,

Hmm.... wat behels dit op onderwysgebied? As dit sou beteken dat ouers wat
dit kan bekostig weer verantwoordelikheid moet aanvaar vir die opvoeding van
hul kinders, en om hulle te voer, kan dit seker net goed wees. Ek sou graag
besonderhede van die stappe wil verneem.

(Hier by ons kry mens natuurlik bevoorregde wittes soos Koos wat hul kinders
na goeie staatskole stuur, en op daardie manier nog steeds pap skep van
apartheid terwyl hulle nog kan. Intussen is daar honderdduisende kinders
waarvoor die staat eenvoudig nie nie bronne het om hulle van onderwys te
voorsien nie. Maar die Kose van die wêreld sit steeds op die beskikbare
bronne, terwyl hulle na alle kant toe "herverdeling" predik! :-)

Verder, natuurlik, het Bengu verlede week aangekondig dat "Free
Education" hoegenaamd nie moontlik is nie - vir omtrent niemand nie.

Dit was natuurlik een van die belangrikste slagspreuke van die ANC in die
'94 verkiesing - "Free and Compulsory Education".

Van "Compulsory" is daar ook nog nie sprake nie, tensy jy 'n wit vel het.
Dan word jou kinders van jou weggeneem as hulle nie skoolgaan nie (sien die
volgende Sunday Times, as hulle dit plaas).

Dis nou benewens die feit dat die onderwyswetgewing van die afgelope twee
jaar geensins voorsiening maak vir verpligte onderwys nie - slegs vir
verpligte skoolbywoning. Om die waarheid te sê, daar is nêrens in die
wetgewing 'n definisie van "onderwys" nie. Die naaste wat hulle daaraan kom
is dat onderwys iets is wat in onderwysinstellings gebeur!.

Intussen word die Wes-Kaap gedwing om nog 4000 onderwysers af te dank teen
Maart volgende jaar. Die vakbonde beweer dat dit juis die arm mense is wat
die ergste daaronder gaan ly.

Leendert
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11587 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber skryf:

> Barbaarsheid is 'n universele menslike toestand. Dis egter
> 'n kwessie van skaal. Gloudina noem in een paragraaf omtrent
> die helfte van al die opslagwekkende voorvalle in die hele
> Kanada - 'n yslike gebied - vir 'n week. Ek wonder of die
> Kanadese insidente enigsins in die NSA sou geregistreer het.
> Moet ook nie vergeet dat die nuusorgane in ontwikkelde lande
> meer sensitief is - hulle berig oor gebeure wat in die derde
> wereld soos 'n vallende boom in 'n verlate woud klink.

Liewe Hjalmar,

Jou tydige opmerking oor skaal noop my om
die volgende te berig sodat julle 'n idee kan kry
van die skaal waarteen dinge hier by ons gebeur.

Rita is 'n vrou wat twee dae per week vir my op my
kwekery werk. Haar man Frans werk voltyds vir
my. Hulle is gelowige swart mense soos jy maar
kan kry.

Hulle huis is gelee in 'n klein rustige gehuggie naby
Oskraal (nader aan Brits as Pretoria). Hulle woon
reeds meer as 10 jaar daar. Die afgelope twee jaar
is hulle ook nie van die helse misdaad gespaar nie.

Die volgende het die laaste ses weke by hulle
gebeur. Dit het alles swart mense behels.

Rita en Frans se huis is in hulle afwesigheid
beroof.

'n Man het 'n rewolwer aan 'n seun geleen om
sy maat mee dood te skiet. Die regstelse was
stom, doof en blind vir die saak.

'n Jong man het 'n ander jong man se keel voor
tientalle mense af gesny. Die polsie het hom weg
geneem. Twee weke loop hy weer ewe kordaat
daar rond en intimideer almal.

'n Paar jong mans het 'n kreupel seun met 'n
stuk yster dood geslaan. Die NSA het glo nie
plek vir invalides nie. Geen optrede nie.

'n Meisie is openlik verkrag. Daarna is sy in
die veld gesleep en lewend oopgesny vir muti.
Geen optrede nie.

'n Jong gematrikuleerde wat na meer as 'n
jaar nog nie werk kon kry nie, het dodelike
insekgif gedrink. Hy kon die feit dat hy sy
bejaarde ouers nie kon versorg nie, nie
verwerk nie.

Hulle enigste winkelier, 'n arm en liefdevolle
man omdat hy kos weg gegee het as dit
nie anders kon nie, is voorlaas Maandag deur
sy mond dood geskiet om sy paar rande te
bekom. Hy kon nog die moordenaars se name
(vier van hulle) op 'n stuk papier skryf. Daar het
nog niks van gekom nie.

Voordat Rita en Frans die kwekery verlaat om
huis toe te gaan, bid hulle eers dat die Here
hulle sal bewaar. Dit werk. Laas Maandag
oggend was hulle in 'n minibus taxi betrokke
in 'n ongeluk. 'n Paar mense het gesterf,
verskeie was ernstig beseer, en hulle twee het
net ligte kneusplekke gehad. Rita het 'n
R10 noot wat sy in haar hand gehad het,
verloor. "Die Here het dit nodig gehad vir 'n
ander mens" glo sy.

Frans is so oud as ek. Binne twee jaar het hy
gryser geword as ek. Rita kla omdat hy nie
meer wil praat nie.

My gemoed is te vol om julle beste wense
toe te wens.

At de Lange
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11598 is 'n antwoord op boodskap #11526] Sa, 29 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

Wereld, en kyk wie lees ook die nuusgroep,
en wys soos 'n prairie-dog dat hy darem ook
daar is. Welkom, welkom, Hjalmar,

>
> Barbaarsheid is 'n universele menslike toestand. Dis egter
> 'n kwessie van skaal.

Presies. En ek sê nog die barbaarsheid wat die
apartheidsregime in Suid-Afrika geperpetreer het,
is duisend keer erger as wat nou in SA aangaan.

En Alberta se handjies is ook nie so skoon nie.
Die ouens slaan ook maar lede van die First Nations
pap daar in julle noorde so elke nou en dan.

> Nog een van die "diaspora", maar een wat weet wanneer om sy
> bek te hou,

Hoe gaan dit met julle planne om af te skei van
die res van Kanada? Soos daardie ander mense wat
jy ook so liefhet, die Quebecse nationaliste?

>
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11644 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 03 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>
> En ek sê: Bog! Dis 'n kwessie van skaal. Die barbaarsheid
> mag voorheen regeringsbeleid gewees het, maar die uitgebreid-
> heid van die hedendaagse geweld is dit wat "duisend keer erger"
> is.
>
> Hjalmar

Jy kan sulke dinge net so omdat jy as
'n witmens in die goedbeskutte wit
laers in SA gesit het. Die nie-blankes het
altyd gely aan die geweldadigheid van
die onderwereld. Boonop moes hulle
nog ly onder die aanslae van die polisie
wat hulle passe wou sien. Nou is dit
ten minste iets van die verlede.
Nou sit jy daar in Alberta en sê
Quebec libre asof jy, as witman, dink
Alberta behoort aan die wit setlaars
daar. Maar ek het nuus vir jou. Die
lede van die First Nations sal julle
stopsit van afskei van Kanata, so seker
as hulle Quebec sal stopsit. Ek dink
die wit setlaars van Noord-Amerika moet
nou hulle monde begin snoer.Hulle is
in alle geval al in die minderheid.

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11652 is 'n antwoord op boodskap #11526] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina:..

> Jy kan sulke dinge net so omdat jy as
> 'n witmens in die goedbeskutte wit
> laers in SA gesit het.

Nee, ek was nie een van die witmense in die goedbeskutte
laer nie. Ek was die beskutting in die bruin klere. . .
en wat is in elk geval verkeerd met beskutting - dis 'n
basiese menslike behoefte. Jy preek nou vanuit die
beskutting van "Disneyland on the Ridieau".

> Die nie-blankes het altyd gely aan
> die geweldadigheid van
> die onderwereld.

Nee, nie altyd nie - in elk geval nie in hulle stamgebiede
nie; en wie was tog die sg. "onderwereld" ?

> Boonop moes hulle
> nog ly onder die aanslae van die polisie
> wat hulle passe wou sien. Nou is dit
> ten minste iets van die verlede.

Ja, die goeie ou dae van instromingsbeheer; weliswaar
onmenslik, maar veel beter as die chaos en geweld wat
deesdae heers.

> Nou sit jy daar in Alberta en sê
> Quebec libre asof jy, as witman, dink
> Alberta behoort aan die wit setlaars
> daar. Maar ek het nuus vir jou. Die
> lede van die First Nations sal julle
> stopsit van afskei van Kanata, so seker
> as hulle Quebec sal stopsit. Ek dink
> die wit setlaars van Noord-Amerika moet
> nou hulle monde begin snoer.Hulle is
> in alle geval al in die minderheid.

Wie praat van "witman". Wes-Kanada is 'n ekonomiese
belangegroep - afgesien van ras. Riel en Dumont was
albei Metis (half-indiaans), en die afskeidingsdrang
is net so sterk onder die "Westerlinge" van Oosterse
afkoms.

Aan wie behoort die land ? Wat gee die "First Nations"
meer reg as enigiemand anders ? Hulle was immers ook
immigrante wat (11 000 jaar gelede) oor die Bering-see
getrek het, en hulle het ook in verskeie vlae getrek.
Het sekeres van hulle meer "reg" as andere ? Hoekom
trek die Bantoes dan nie noord nie, en gee hulle SA
nie terug aan die Boesmans en Strandlopers nie ?

As jy dan so voel, Gloudina, hoekom trek jy dan nie
terug na jou voorouers se land van oorsprong toe nie
- 'n grot iewers in Oos-Afrika ?

Jou argument is belaglik !

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11669 is 'n antwoord op boodskap #11526] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: > Gloudina:..

>
> Nee, nie altyd nie - in elk geval nie in hulle stamgebiede
> nie; en wie was tog die sg. "onderwereld" ?

Daar wys jy jou onkunde. As jy soos ek vir
swart kinders skoolgehou het, sou jy weet
dat hulle op die treine soos tsotsis moes
aantrek en praat, anders word hulle aangeval
en beroof. Op daardie treine in die derde klas
was dit 'n hel vir die 80 % van die bevolking
wat nie eerste en tweede klas kon ry nie.
>
>> Boonop moes hulle
>> nog ly onder die aanslae van die polisie
>> wat hulle passe wou sien. Nou is dit
>> ten minste iets van die verlede.
>
> Ja, die goeie ou dae van instromingsbeheer; weliswaar
> onmenslik, maar veel beter as die chaos en geweld wat
> deesdae heers.

Hier wys jy jou kleure.
>

> Wie praat van "witman". Wes-Kanada is 'n ekonomiese
> belangegroep - afgesien van ras. Riel en Dumont was
> albei Metis (half-indiaans), en die afskeidingsdrang
> is net so sterk onder die "Westerlinge" van Oosterse
> afkoms.

Rk betwyfel dit sterk.


> Aan wie behoort die land ? Wat gee die "First Nations"
> meer reg as enigiemand anders ? Hulle was immers ook
> immigrante wat (11 000 jaar gelede) oor die Bering-see
> getrek het, en hulle het ook in verskeie vlae getrek.
> Het sekeres van hulle meer "reg" as andere ? Hoekom
> trek die Bantoes dan nie noord nie, en gee hulle SA
> nie terug aan die Boesmans en Strandlopers nie ?

Ja, onthou die Boesmans en Strandlopers
was ook onterf deur die wit koloniste.
Nou gebruik jy hulle skielik in 'n
argument om die wit koloniste se bravado
op ander man se land goed te praat.
>
> As jy dan so voel, Gloudina, hoekom trek jy dan nie
> terug na jou voorouers se land van oorsprong toe nie
Nee, ek is doodgelukkig hier in Kanata. Ek is
dankbaar dat ek hier welkom kan voel as gas van
die First Nations.

Oor die sogenaamde wens van die Weste om af te skei:
Hierdie week het hulle in 'n meningsopname
in British Columbia gevind dat die oorgrote getal
van mense daar geen belang het in die onderwerp
van afskeiding nie. Ek glo ook dat die oorgrote
meerderheid van mense in Alberta heelwaarskynlik
dieselfde voel. (Op die uiterste sal sekere mense in
Alberta vir Preston Manning ondersteun in sy wens
om deur uiterste desentralisasie die provinsies soveel
magte te gee, dat daar nie veel nodigheid bestaan om
sogenaamd " af te skei" nie.) Ek glo dat julle mense
wat "Alberta libre" skree, dit doen vir effek en om
aandag te trek. En die feit dat die Asiatiese tiere ook
nou maar bedremmeld begin lyk, moet vir julle stof
tot nadenke gee.
Oor Kanadese territoriale integriteit: julle koloniste
uit ander streke as Noord-Amerika kan praat totdat julle
blou in die gesig is (net soos dieselfde gewoonlik wit
mense praat in Suid-Afrika en in byvoorbeeld Australië)
van hoe die vroeë inwoners van Noord-Amerika oor die
Bering-straat gekom het. Maar hulle was hier al baie lank
gelede. En ek glo dat in die 21ste eeu dié mense se regte
meer en meer erken sal word. In Australië het sekere
boere al uitgevind dat sekere inheemse stamme saam
met die boere die reg op weiding en gebruik van sekere
areas het. Hoe meer die First Nations hier in Kanada
hulle regte begin verdedig, hoe meer kry ons hofuitsprake
in hulle guns (byvoorbeeld onlangs in New Brunswick
en British Columbia.) Dink jy dat in Quebec die Cree
sal bystaan dat die Franse setlaars vir hulle uit Kanata
uitneem. Dink jy in Alberta sal die First Nations van
daardie provinsie bystaan en toelaat dat 'n handjievol
akademici iets doen oor afskei. Ek daag jou uit om te
bewys dat die Metis as 'n groep enigsins geinteresseerd
is om af te skei.

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11699 is 'n antwoord op boodskap #11526] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Key Bored/TV :

> Julle het ons nooit van enigiets beskut nie. Die bitter waarheid
> is PW het jong wit Suid Afrikaners na hul dood gestuur vir niks.

Jy hoef my nie daarvan te oortuig nie. Ek was daar. Ek was
nie bereid om Anglo-American en Rembrandt (Rupert) se bates
in 'n vreemde land (Namibi"e) te beskerm nie. Jy preek nou
vir die teenwoordiges oor swak kerkbywoning.

> Jou adres is in Kanada, maar jou kop is in Verwoerdburg.

. . .Kanada (eintlik Alberta), gewis. Nee in Verwoerdburg
(Centurion) sou ek as 'n linksgesinde liberaal uitgeskel
word. My beskouings rus op die storie van die mensdom,
andersins bekend as "geskiedenis".

> soc.culture.canada asseblief.

Hou nou styf vas. Hier is ons dit ernstig eens. Ek wou maar
net daarop wys dat Gloudina - die een met die hamer-en sekel
tattoo en die rooi onderklere - beslis nie die enigste mening
in Kanada is nie, alhoewel haar eng mening my glad nie verbaas
nie. "Disneyland on the Rideau" is my bynaam vir Ottawa. Die
'n fantasie-land, en die inwoners dink hulle is die middelpunt
van die heelal.

Hoekom dink Doep dat haar "Afrikaner"-mening meer waardig is
as my mening ? . . . sulke donnerse vermetelheid ! . . . om
nie eens van die dubbele standaard te praat nie.

> Alhoewel ek tog wil opmerk dat jy nie so verdedigend hoef te wees oor
> jou witgeit nie. Aanvaar jou wit vel en aanvaar die feit dat jou
> voordele in die lewe daaraan te danke is. Denial is not a river in
> egypt, as djy my verstaan.

Ek is verbaas om te hoor dat ek verdedigend is oor my "witgeit".
Hoe de hel kon jy dit aflei van enigiets wat ek geskryf het ?
Jy hoef nie aan my uit te wys dat baie van my voordele aan my
wit vel te danke is nie. Dit is dieselfde wit vel wat gepaard
gaan met die suksesvolle Grieksgegronde, Wes-Europese kultuur
wat soveel voordele vir sy aanhangers meegebring het. Nee, ek
wil nie die tydgebonde "etiese" regverdiging daarvan redeneer
nie - dis genoeg om te sê dat die geskiedenis hom nie met sulke
waarde-uitsprake bemoei nie. Moenie die rivier se stroom as 'n
mode-gril beskou nie. Capice ?

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11700 is 'n antwoord op boodskap #11526] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) wrote:

> Nee, ek was nie een van die witmense in die goedbeskutte
> laer nie. Ek was die beskutting in die bruin klere. . .

Julle het ons nooit van enigiets beskut nie. Die bitter waarheid is
PW het jong wit Suid Afrikaners na hul dood gestuur vir niks.

> en wat is in elk geval verkeerd met beskutting - dis 'n
> basiese menslike behoefte.

G maak bloot die punt dat ander swaarder gekry het, en dat vir meeste
van SA se mense die jare tagtig bra kak was - baie erger as die jare
negentig.

Jy preek nou vanuit die
> beskutting van "Disneyland on the Ridieau".

Look who is talking.

>> Die nie-blankes het altyd gely aan
>> die geweldadigheid van
>> die onderwereld.

En van die wittes.

> Nee, nie altyd nie - in elk geval nie in hulle stamgebiede
> nie;

Wil jy my se jy het daardie stories geglo? Hulle stamgebiede my
dinges. Jou adres is in Kanada, maar jou kop is in Verwoerdburg.

> Ja, die goeie ou dae van instromingsbeheer; weliswaar
> onmenslik, maar veel beter as die chaos en geweld wat
> deesdae heers.

Watter chaos? Ons het wel probleme, maar dis duidelik vir wie ons
kan dankie sê. Ek ry heeljaar deur die land rond, van Kaapstad tot in
Thohoyandou. En 90% van landelike armoede is direk te wyte aan daai
goeie ou dae. Hoe kan mens ontwikkeling beplan as die "ontwikkeling"
wat daar is so waansinnig is?

Sometimes I think I know what happened to all the acid the SAP
confiscated from the hippies: dit was bestem vir die manne in die
Departement van Naturellesake. Hulle het daar in Jacob Maree Straat
in Pretoria gesit en caps gepop soos mo^re die heeldag. Kyk maar na
daai psigedeliese tuislandkaarte.

> Wie praat van "witman". Wes-Kanada is 'n ekonomiese
> belangegroep - afgesien van ras. Riel en Dumont was
> albei Metis (half-indiaans), en die afskeidingsdrang
> is net so sterk onder die "Westerlinge" van Oosterse
> afkoms.

soc.culture.canada asseblief.

Alhoewel ek tog wil opmerk dat jy nie so verdedigend hoef te wees oor
jou witgeit nie. Aanvaar jou wit vel en aanvaar die feit dat jou
voordele in die lewe daaraan te danke is. Denial is not a river in
egypt, as djy my verstaan.

Andries
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11701 is 'n antwoord op boodskap #11526] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Dec 1997 15:49:55 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

onmenslik, maar veel beter as die chaos en geweld wat[/color]
> deesdae heers.>>

Kak.

Van iemand wat nog deurentyd hier in SA bly.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11702 is 'n antwoord op boodskap #11526] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
ferd...@icon.co.za - 'n Koos met 'n mening:

> Laat ek dit straight kry: Jy beroep jou op die geskiedenis van die
> mensdom en kom tot die gevolgtrekking dat instromingsbeheer nie n
> slegte ding was nie en verder dat daar nou skielik groot chaos en
> geweld in SA is.

Instromingsbeheer in die geskiedenis van die mensdom is nou maar
eenmaal 'n territoriale feit. Territoraliteit is 'n natuurlike
verskynsel in die kudde-dier. Dit IS eenvoudig net so - sonder
enige waarde-oordeel.

As jy jou waarde-oordele wil byvoeg, moet jy net besef dat nie
almal met jou gaan saamstem nie. Instromingsbeheer se voordele
vir een groep, is nadelig vir 'n ander groep. Such is life.

Ek wonder hoekom alewig 'n paspoort moet dra wanneer ek buite
Noord-Amerika wil reis. Hoekom het ek 'n "green card" nodig
om in die VSA te kan werk ? Is dit goed of is dit sleg ?

> En jy vertel dit vir my wat hier in SA, in Johannesburg, naby
> Hillbrow, bly?
>
> En jy bly in Kanada?

And your point is. . . ?

Myns insiens het ek die regte besluit geneem. Dit was
die regte besluit VIR MY. Jy is vry om 'n ander mening
te huldig, en ek het geen probleem daarmee nie. As jy
naby Hillbrow woon, en dit geniet, goed vir jou. Ek het
destyds [o.a.] in Braamfontein gewoon.

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11703 is 'n antwoord op boodskap #11526] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Dec 1997 17:52:57 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

andersins bekend as "geskiedenis".>>[/color]

Laat ek dit straight kry: Jy beroep jou op die geskiedenis van die
mensdom en kom tot die gevolgtrekking dat instromingsbeheer nie n
slegte ding was nie en verder dat daar nou skielik groot chaos en
geweld in SA is.

En jy vertel dit vir my wat hier in SA, in Johannesburg, naby
Hillbrow, bly?

En jy bly in Kanada?

(Hoekom kry ek die idee dat jy of n ou regse is wat eintlik glo in
apartheid of dat jy jou sielkundige probleme omdat jy gewaai het
probeer uitwerk deur te sit en skreeu hoe kak die plek is vanwaar jy
gewaai het?)
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11725 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
>> Ja, die goeie ou dae van instromingsbeheer; weliswaar
>> onmenslik, maar veel beter as die chaos en geweld wat
>> deesdae heers.
>
En veel beter as die rassistiese manier waarop dit nou gedoen word. Duisende
mense word maar toegelaat om die land in te stroom oor die grense (van
Mosambique byvoorbeeld); mense wat nie werk of 'n heenkome het nie, en deur wie
verskriklik baie misdaad beoefen word, (gaan vra maar in die townships).

Aan die ander kant, is dit omtrent onmoontlik vir 'n wit mens (veral mans
tussen die ouderdom van 20-60) 'n "permanent residence" permit in hierdie land
te verkry. Dit is mense wat reeds 'n werk het wat vir hulle wag, en dalk selfs
werk vir plaaslike mense sal skep.

Dit kos hulle R5000 net vir die aansoekvorm! en dan word dit meestal van die
hand gewys. Die meeste wat hulle kan kry is 'n jaar se werkspermit, wat R500
uit die sak jaag, en dit moet elke jaar hernu word, teen dieselfde tarief (of
meer). Dis nou mense wat alles probeer wettiglik doen.

Mens sou dink daar het genoeg wit mans met hulle gesinne die afgelope paar jaar
uit die land uit getrek, om plek te maak vir die ou handjievol wat graag
hierheen wil kom. Maar hulle is nie welkom nie, ongeag hulle kennis of
welwillendheid.

Groete,
Vira.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11726 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber wrote in message ...
> Key Bored/TV :
>
> Ek was
> nie bereid om Anglo-American en Rembrandt (Rupert) se bates
> in 'n vreemde land (Namibi"e) te beskerm nie.

Watter bates besit Rrembrant (Rupert) in Namibië?

> Ek is verbaas om te hoor dat ek verdedigend is oor my "witgeit".
> Hoe de hel kon jy dit aflei van enigiets wat ek geskryf het ?
> Jy hoef nie aan my uit te wys dat baie van my voordele aan my
> wit vel te danke is nie. Dit is dieselfde wit vel wat gepaard
> gaan met die suksesvolle Grieksgegronde, Wes-Europese kultuur
> wat soveel voordele vir sy aanhangers meegebring het.

Hmmm..... Nie net voordele nie - nadele ook.

Groete, Leendert
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11727 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored (anneries) wrote:
>
> Watter chaos? Ons het wel probleme, maar dis duidelik vir wie ons
> kan dankie sê. Ek ry heeljaar deur die land rond, van Kaapstad tot in
> Thohoyandou. En 90% van landelike armoede is direk te wyte aan daai
> goeie ou dae. Hoe kan mens ontwikkeling beplan as die "ontwikkeling"
> wat daar is so waansinnig is?
>
Blameer dit op apartheid - gedeeltelik sal ek jou toegee maar ry jy ooit
deur die res van Afrika. Genoeg om enigeen in 'n moerse depressie te
laat verval Hoekom dink jy het ons so 'n groot instromings probleem -
omdat dit hier 'beter' gaan - hierdie is die land van melk en heunning
in die afrika konteks. So jou 90% is net so veel bullshit!

Cheers
Lou
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11728 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Dec 1997 19:57:00 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

[/color]
>> Ferdi wrote in message ...
>
>>> (Hoekom kry ek die idee dat jy of n ou regse is wat eintlik glo in
>>> apartheid of dat jy jou sielkundige probleme omdat jy gewaai het
>>> probeer uitwerk deur te sit en skreeu hoe kak die plek is vanwaar jy
>>> gewaai het?)
>
> Ek dink Koos maak TE sterk beswaar. . . verdedigend en dun van
> vel is hy beslis. Wat gaan jy doen as iemand werklik 'n stink
> poep in die hysbak loslaat ? :-) >>>

Ek sal omkyk of jy in die hysbak is.

Talking about stink.
Dis n stink manier wat jy gat uit die argument uit vat, ne?

Jy moet eerder na die south-africa-nuusgroep toe gaan. Daar was altyd
baie mense wat gewaai het toe Suid-Afrika demokraties geraak het en
dan in die nuusgroep vir alle Suid-Afrikaners vertel hoe kak die land
nou presies is en hoe swaar hulle wat agtergebly het eintlik kry.
Alles met een mikpunt: om hulleself goed te laat voel oor hoekom hulle
gewaai het.

Dis goedkoper as n shrink.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11729 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...

> Aanvaar jou wit vel en aanvaar die feit dat jou
> voordele in die lewe daaraan te danke is.

Hmmm.....
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11730 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
oos...@scientia.up.ac.za voeg tot die mishoop. . .

> Ferdi wrote in message ...

>> (Hoekom kry ek die idee dat jy of n ou regse is wat eintlik glo in
>> apartheid of dat jy jou sielkundige probleme omdat jy gewaai het
>> probeer uitwerk deur te sit en skreeu hoe kak die plek is vanwaar jy
>> gewaai het?)

Ek dink Koos maak TE sterk beswaar. . . verdedigend en dun van
vel is hy beslis. Wat gaan jy doen as iemand werklik 'n stink
poep in die hysbak loslaat ? :-)

> Hmmm..... Vir sover dit waar is - hoekom kry ek die idee dat dit 'n
> algemene neiging is by ex-Suid-Afrikaanse Kanadese, ook die Lady in Red?

Dus mag ek niks sê nie, alhoewel ek persoonlike kennis en ervaring as
'n inwoner en burger van beide lande het. Hoekom is my vergelykende
stellings minder geldig as iemand wat nog net in een van die lande
gewoon het ?

Ek het wyd en syd deur SA grootgeword - vanaf die middestad van
Johannesburg tot die Suid-Vrystaatse karooplase, en met allerlei
skakerings van plekke tussenin. Ek het in die myne skouer aan
skouer met die "meerderheid" gewerk. Ek het skouer aan skouer
met die laagste "white trash" gemarsjeer. Ek het die hoogste
pieke van die Draak bestyg. . . en nou wil jy vir my sê dat ek
nooit SA leer ken het nie. Ek het in 27 jaar meer van SA gesien
as wat meeste mense in 'n eeu kan sien . . . ja selfs die binne-
kant van die hel . . . die swart woonbuurte met die honger-
boeppenskindertjies, en (Gloudina mag verbaas wees) die tsotsis
wat die treinryers op betaaldag terroriseer het.

Ek woon nou al 16 jaar lank in Alberta. Ek weet hoe om te vergelyk.
Ek weet wat beter is. Ek weet hoekom ek hier woon. Nou wil iemand
vir my kom sê dat my waarneming 'n "sielkundige probleem" is. Dis
tyd dat jy weer jou ou Leon Festinger-handboek gaan afstof.

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11731 is 'n antwoord op boodskap #11526] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On 8 Dec 1997 17:52:57 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
> Gerber) wrote:

> (Hoekom kry ek die idee dat jy of n ou regse is wat eintlik glo in
> apartheid of dat jy jou sielkundige probleme omdat jy gewaai het
> probeer uitwerk deur te sit en skreeu hoe kak die plek is vanwaar jy
> gewaai het?)

Hmmm..... Vir sover dit waar is - hoekom kry ek die idee dat dit 'n algemene
neiging is by ex-Suid-Afrikaanse Kanadese, ook die Lady in Red?
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11747 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ach weet je Hjalmar er zijn altijd argumenten aan te voeren om een
diskussie totaal plat te slaan. Je zult toch wel toe moeten geven dat je
door afkomst/kleur en eventuele andere eigenschappen behoorde tot wat in
Animal Farm "some animals are more equal than other animals" genoemd
worden. Dat je vervolgens je toekomst ergens anders zoekt verbiedt je
niet om kommrntaar te hebben. Wat mij echter wel stoort is dat je een
situatie van segregatie en discriminatie zo ophemelt. Tot slot zou ik
willen opmerken dat sommige mensen van mening zijn dat de mensheid van
een ander sterrenstelsel afkomstig is en dat heeft dan wel heelvergaande
konsekwenties.

Jan

Hjalmar Gerber wrote:

> knipperdeknip

> aer nie. Ek was die beskutting in die bruin klere. . .
> en wat is in elk geval verkeerd met beskutting - dis 'n
> basiese menslike behoefte. Jy preek nou vanuit die
> beskutting van "Disneyland on the Ridieau".
> Aan wie behoort die land ? Wat gee die "First Nations"
> meer reg as enigiemand anders ? Hulle was immers ook
> immigrante wat (11 000 jaar gelede) oor die Bering-see
> getrek het, en hulle het ook in verskeie vlae getrek.
> Het sekeres van hulle meer "reg" as andere ? Hoekom
> trek die Bantoes dan nie noord nie, en gee hulle SA
> nie terug aan die Boesmans en Strandlopers nie ?
>
> As jy dan so voel, Gloudina, hoekom trek jy dan nie
> terug na jou voorouers se land van oorsprong toe nie
> - 'n grot iewers in Oos-Afrika ?
>
> Jou argument is belaglik !
>
> Hjalmar
> ________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11748 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Maar ekskuus my, Meneer Gerber, jy het begin
> praat oor die instromingsbeheer wat die setlaars
> uit Europa begin toepas het op die inwoners van
> Suid-Afrika wat al vir tienduisend jaar in
> dieselfde gebied gebly het. Nou, as mense jou
> bluf probeer roep, maak jy asof jy van diere
> en voe"ls en dies meer praat. Ongelukkig het
> jy te laat besef dat jy jou kaarte gewys het.

. . . preek setlaar Gloudina Bouwer ewe vroom.

Deur die eeue heen was alle volke op een of ander stadium
immigrante. Waar was die afsnypunt tussen inboorling
en immigrant ?

Soos ek voorheen voorgestel het: Gloudina, haas jou terug
na daardie grot in Oos-Afrika. Dis die enigste logiese
gevolg van jou redenasie.

As jy in 'n land gebore is, is jy 'n inboorling en nie 'n
immigrant nie.

Hei, Afrikaners, Gloudina sê julle moet nou terug Europa
toe, want julle "trespass" daar in Afrika.

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11749 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Koos verklaar. . .

>> Wat gaan jy doen as iemand werklik 'n stink
>> poep in die hysbak loslaat ? :-)

> Ek sal omkyk of jy in die hysbak is.

Gewis, selfs al is jy die enigste een in die
hysbak, waarna jy die skuld vir die stank op
die skouers van apartheid sal plaas.

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11750 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
>
> Ek wou maar
>> net daarop wys dat Gloudina - die een met die hamer-en sekel
>> tattoo en die rooi onderklere - beslis nie die enigste mening
>> in Kanada is nie, alhoewel haar eng mening my glad nie verbaas
>> nie. "Disneyland on the Rideau" is my bynaam vir Ottawa. Die
>> 'n fantasie-land, en die inwoners dink hulle is die middelpunt
>> van die heelal.
>
> Sien Hjalmar, 'n mens moet net lank genoeg
> wag, dan kry jy al die amper neo-nazi denke
> so tipies van die apartheidsvarke in die
> persone wat probeer maak of hulle handjies
> so skoon is, en hulle sulke liberales in
> SA was, Nou word Gloudina beskuldig van 'n
> Kommunis te wees. Ha ha. Miskien het ek
> maar net wat in die Bybel geskryf staan,
> 'n bietjie meer letterlik opgeneem as wat
> gesond was vir die stoere-boere soos jy.
>
>>
>> Hoekom dink Doep dat haar "Afrikaner"-mening meer waardig is
>> as my mening ? . . . sulke donnerse vermetelheid !
>
> Hier kom die taal weer. Daar is soveel emosie in-
> dit sal nie lank neem nie, of hy wil vir Gloudina
> in die tronk gooi en haar martel. En haar papslaan.
> En dit net omdat Gloudina dit wat Christus vir ons
> geleer het, 'n bietjie ernstig gaan opneem het.
> En omdat Gloudina nou uiters lojaal is teenoor
> die integriteit van haar aangenome nuwe land.
> Deels omdat sy hierdie Kanata sien as die blyplek
> van die First Nations, en nie daar vir die
> delicatessen van die wit setlaars nie.
>
> Gloudina
>
>
>
>>
>>

Is dit nie 'n teken van een of ander paranoiese vervolgings waansin
sindroom as jy van jouself in die derde persoon begin praat nie? Dit
word gesien as 'n ontsnappings meganisme om die eie ek van die
persoonlikheid te probeer skei. ;)

Ek dink die skrywer van Van Dyk of so iets - sal die boek probeer
opspoor.

Cheers
Lou
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11751 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Dec 1997 13:52:40 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
> Die kommentaar het gegaan oor Goudina se spogtery met haar
> Skrifgebondenheid.
>
> Maar sê my, Koos, op watter gronde sou dit "uitskel" behels om iemand se
> politieke siening as "Kommunisme" te klassifiseer?>>>

Figure hom self uit Leendert.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11752 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Dec 1997 03:36:07 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

hysbak, waarna jy die skuld vir die stank op[/color]
> die skouers van apartheid sal plaas. >>

Nog steeds hardloop jy weg vir n argument en toetsing van wat jy gese
het.

Interresante manier wat jy het:
Vanuit Kanada beledig jy my land en vertel jy my "wat eintlik hier op
my werf aangaan". Dit is toevallig verkeerd, maar dit pas jou.

Ek antwoord jou en dadelik draai jy die die hele kwessie weg van wat
jy gese het en begin oor poep in hysbakke praat.

Dis dalk goed dat jy Kanada toe is.
Ek hoop jy het n baie lekker werk daar en dat jy vreeslik gelukkig is.
So gelukkig dat jy nooit weer dink aan terugkom nie.

By the way, dis heerlik warm hier. Alles is groen, die parke het n dik
laag groen gras op. Die Jakarandas is finaal klaar geblom en elke
middag laat is daar sulke reusagtige, spierwit wolke wat in die hitte
oor die bult uit die suide kom.

So een keer n week blits en donder dit en dan reen dit laatmiddag.
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11753 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

Ek wou maar
> net daarop wys dat Gloudina - die een met die hamer-en sekel
> tattoo en die rooi onderklere - beslis nie die enigste mening
> in Kanada is nie, alhoewel haar eng mening my glad nie verbaas
> nie. "Disneyland on the Rideau" is my bynaam vir Ottawa. Die
> 'n fantasie-land, en die inwoners dink hulle is die middelpunt
> van die heelal.

Sien Hjalmar, 'n mens moet net lank genoeg
wag, dan kry jy al die amper neo-nazi denke
so tipies van die apartheidsvarke in die
persone wat probeer maak of hulle handjies
so skoon is, en hulle sulke liberales in
SA was, Nou word Gloudina beskuldig van 'n
Kommunis te wees. Ha ha. Miskien het ek
maar net wat in die Bybel geskryf staan,
'n bietjie meer letterlik opgeneem as wat
gesond was vir die stoere-boere soos jy.

>
> Hoekom dink Doep dat haar "Afrikaner"-mening meer waardig is
> as my mening ? . . . sulke donnerse vermetelheid !

Hier kom die taal weer. Daar is soveel emosie in-
dit sal nie lank neem nie, of hy wil vir Gloudina
in die tronk gooi en haar martel. En haar papslaan.
En dit net omdat Gloudina dit wat Christus vir ons
geleer het, 'n bietjie ernstig gaan opneem het.
En omdat Gloudina nou uiters lojaal is teenoor
die integriteit van haar aangenome nuwe land.
Deels omdat sy hierdie Kanata sien as die blyplek
van die First Nations, en nie daar vir die
delicatessen van die wit setlaars nie.

Gloudina

>
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11754 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Herman" writes: > Ek sien jy's tjoepstil oor die soogenaamde grond wat hier langs die
> Oranjerivier afgeneem is. Raak jy maar altyd so tjoepstil as die waarheid
> jou teen die bors druk?
>
> Groete
>
> Hermann
>
> Ps. Een van die rykste boere in die omgewing is nog steeds 'n baster wat
> tussen Keimoes en Kakamas woon.

Hermann,
Ek weet nie of jy met my praat nie. Ek
neem aan jy doen dit wel.
Wel, kan jy bewys dat nie-blankes in die
N.G. Kerk se Kakamas nedersetting toegelaat
was?
En is die fyt dat een van die rykste boere
nog 'n baster is, nie bewys dat hulle hard-
werkende mense was nie?
Maar dit staan soos 'n paal bo water - die
oorspronklike bewoners van die Noordkaap is
daar uitgewerk deur wittes en hulle wette en
hulle gewere. Net hier en daar is daar klein
uitsonderings. En jy weet dit net so goed as
ek. Wees 'n man en erken dit. En wees bly dat
dinge nou hopelik beter word.
Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11755 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Dec 1997 09:25:45 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

@igs.net wrote in message ...[/color]
>
>> Nou word Gloudina beskuldig van 'n
>> Kommunis te wees. Ha ha. Miskien het ek
>> maar net wat in die Bybel geskryf staan,
>> 'n bietjie meer letterlik opgeneem as wat
>> gesond was vir die stoere-boere soos jy.
>
> Yep. Elke ketter het sy letter, nie waar nie?>>

Dis eintlik skreeusnaaks die!!

Julle skel iemand met wie se politieke denke julle verskil uit as n
kommunis!!!!

Maar come to think of it, was daar nie al vroeer hier gese sy is nie n
"ware Afrikaner" nie??!!

Was dit nie altyd die eerste stap nie!!!!???

Is dit een van die laaste oorlewende selle van die "true broederbond"
of wat?!!

ha,ha,ha,ha...
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11757 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Jan Scrik spring uit die bos uit met...

> Ach weet je Hjalmar er zijn altijd argumenten aan te voeren om een
> diskussie totaal plat te slaan.

Wel, as die stellings hol is, verdien hulle om platgeslaan
te word. Ek vra weer, waar is die afsnypunt tussen inboorling
en immigrant ? Wat gee jou Wes-Saksiese bloed meer reg in
Nederland as die Kelte wat julle verdring het, en diegene wat
die Kelte verdring het ?

> Je zult toch wel toe moeten geven dat je door afkomst/kleur
> en eventuele andere eigenschappen behoorde tot wat in Animal
> Farm "some animals are more equal than other animals" genoemd
> worden.

Ek hoef dit nie toe te gee nie, want ons is dit eens. Die
gebrek aan gelykheid is 'n menslike realiteit. Sommige
kulture is eenvoudig net soveel meer suksesvol as andere, en
dis net God se genade/wil dat 'n mens in een, in plaas van 'n
andere gebore is. . . nie dat ek die wil van God bevraagteken
nie. Laasgenoemde gedagte is selfs gek en belaglik.

> Dat je vervolgens je toekomst ergens anders zoekt verbiedt je
> niet om kommrntaar te hebben.

Dankie vir jou toegewing. Ek wens net dat lafaards soos die
onsigbare Doep (Marius) Du Plessis so toegaflik was.

> Wat mij echter wel stoort is dat je een situatie van
> segregatie en discriminatie zo ophemelt.

Waar hemel ek dit op ? Dis 'n feit. Wat is verkeerd met die
begeerte om jou kultuur en geloof te handhaaf deur suiwering ?
Waarom is integrasie dan so verkieslik ?

Wil jy nou sê dat die Jode oor die afgelope 6000 jaar verkeerd
was ? Hulle sou lankal, sonder 'n shoa, ondergegaan het deur
assimilasie as hulle nie segregasie en diskriminasie toegepas
het nie. Apartheid in daad en gees leef voort in Israel. As
hulle dit nie doen nie, is die staat van Israel binnekort iets
van die verlede. Ja, wat hulle aan die Palestyne doen is
weliswaar onreg en diskriminasie, maar wat is hulle alternatief ?

> Tot slot zou ik willen opmerken dat sommige mensen van mening
> zijn dat de mensheid van een ander sterrenstelsel afkomstig
> is en dat heeft dan wel heelvergaande konsekwenties.

Wie is ek om dit te betwis ? Die blote feit van my bewussyn
en die natuur om my, bly vir my 'n wonder. Dit is vir my
die aangesig van God. Dit is waarom ek in werklikheid so
nietig is, en waarom my opinies niksgevolgende vermaak is.

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11758 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Saliglik, Onbewustelik Rooi-Gloudina @igs.net vra aan Leendert
[en my] . . .

> . . . hoekom jy dink ek 'n Kommunis is?
> Of het jy so gewoond geraak om mense
> as Kommuniste te beskuldig in die
> afgelope dekades, dat jy jouself nie
> nou kan help nie.

As 'n voorbeeld: Jou onverskuilde entoesiasme vir die sogenaamde
Kubaanse verlossers van Afrika. Was hulle werklik sulke super-
soldate soos wat jou propaganda blykbaar aan jou verkondig het ?
Jy wou jou suster teen hulle beskerm ? Hie, hie. . . :-) Dit
klink amper asof jy hulle soos die teenstrydige helde (soen en
verkrag "tenderly") in die "bodice ripper" romans bewonder het.
Het jy nog daai Che [Guevara] pouster aan jou muur ?

Jy hou seker elke jaar in Kuba vakansie. Jy sou dit seker met
pelgrimtogte na Albani"e toe afgewissel het, maar die ondermynende
kapitalistiese skurke het daardie paradys omvergewerp en besoedel.
Dit was seker vir jou hartverskeurend toe die Sowjet-Unie opge-
breek het . . . alhoewel dit (myns insiens) ook die deurslaggewende
insident (laaste strooi) in die val van apartheid was.

Nee, ek noem nie iemand ligtelik 'n "kommunis", "nazi", "rassis"
of enige van daardie "weasel words" nie. Ek het jou nie 'n
"kommunis" genoem nie. Wat ek wel gesê het is dat jou onderklere
rooi is. . . m.a.w. jou onderliggende simpatie is vir die kommuniste.

Hjalmar
________
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11759 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber wrote:
>
>> Maar ekskuus my, Meneer Gerber, jy het begin
>> praat oor die instromingsbeheer wat die setlaars
>> uit Europa begin toepas het op die inwoners van
>> Suid-Afrika wat al vir tienduisend jaar in
>> dieselfde gebied gebly het. Nou, as mense jou
>> bluf probeer roep, maak jy asof jy van diere
>> en voe"ls en dies meer praat. Ongelukkig het
>> jy te laat besef dat jy jou kaarte gewys het.
>
> . . . preek setlaar Gloudina Bouwer ewe vroom.
>
> Deur die eeue heen was alle volke op een of ander stadium
> immigrante. Waar was die afsnypunt tussen inboorling
> en immigrant ?
>
> Soos ek voorheen voorgestel het: Gloudina, haas jou terug
> na daardie grot in Oos-Afrika. Dis die enigste logiese
> gevolg van jou redenasie.
>
> As jy in 'n land gebore is, is jy 'n inboorling en nie 'n
> immigrant nie.
>
> Hei, Afrikaners, Gloudina sê julle moet nou terug Europa
> toe, want julle "trespass" daar in Afrika.
>
> Hjalmar
> ________

Not a donder! Ek wil 'n claim indien vir een van daardie wynplase in die
Kaap - Stellenbosch klink goed. Jy weet daar waar my oer oupa grootjie
gebly het totdat die Bleddie engelse hom gedwing het om in 'n ossewa te
spring en die wildernis in te trek. In terme van die Land Claims Act jy
weet.

Of miskien kan ek 'n Wynplaas daar in Frankryk kry - ons is mos hoeka as
gevolg van godsdienstige vervolging van die hugenote gedwing om te trek.

Cheers
Lou
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11760 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Konteks, Koos, Konteks!

Die kommentaar het gegaan oor Goudina se spogtery met haar
Skrifgebondenheid.

Maar sê my, Koos, op watter gronde sou dit "uitskel" behels om iemand se
politieke siening as "Kommunisme" te klassifiseer?

Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 10 Dec 1997 09:25:45 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > @igs.net wrote in message ...
>>
>>> Nou word Gloudina beskuldig van 'n
>>> Kommunis te wees. Ha ha. Miskien het ek
>>> maar net wat in die Bybel geskryf staan,
>>> 'n bietjie meer letterlik opgeneem as wat
>>> gesond was vir die stoere-boere soos jy.
>>
>> Yep. Elke ketter het sy letter, nie waar nie?>>
>
>
>
> Dis eintlik skreeusnaaks die!!
>
> Julle skel iemand met wie se politieke denke julle verskil uit as n
> kommunis!!!!
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11761 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Hmmm..... Vir sover dit waar is - hoekom kry ek die idee dat dit 'n algemene
> neiging is by ex-Suid-Afrikaanse Kanadese, ook die Lady in Red?

Leendert, kan jy vir my verduidelik
hoekom jy dink ek 'n Kommunis is?
Of het jy so gewoond geraak om mense
as Kommuniste te beskuldig in die
afgelope dekades, dat jy jouself nie
nou kan help nie. Ek merk Hjalmar
doen dit ook. Julle reaksioneres moet
oppas. Om iemand as 'n Kommunis in
die huidige te beskryf, vertel meer
van jouself, as van die persoon wat
jy beskuldig.

Gloudina
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11762 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Herman  is tans af-lyn  Herman
Boodskappe: 16
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek sien jy's tjoepstil oor die soogenaamde grond wat hier langs die
Oranjerivier afgeneem is. Raak jy maar altyd so tjoepstil as die waarheid
jou teen die bors druk?

Groete

Hermann

Ps. Een van die rykste boere in die omgewing is nog steeds 'n baster wat
tussen Keimoes en Kakamas woon.
It is unlawful to use this email address for unsolicited commercial
email per United States Code Title 47 Sec. 227. I assess a US $500
charge for reviewing & deleting each unsolicited commercial email.
Sending unsolicited commercial email to my email address denotes
acceptance of these terms. My posting messages to UseNet neither grants
my consent to receive commercial emailings nor is intended to solicit
commercial email.
"By US Code Title 47, Sec.227(a)(2)(B), a computer/modem/printer
meets the definition of a telephone fax machine. By Sec.227(b)(1)(C),
it is unlawful to send any unsolicited advertisement to such equipment.
By Sec.227(b)(3)(C), a violation of the aforementioned Section
is punishable by action to recover actual monetary loss, or $500,
whichever is greater, for each violation."
@igs.net wrote in message ...
|Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:
|
| Ek wou maar
|> net daarop wys dat Gloudina - die een met die hamer-en sekel
|> tattoo en die rooi onderklere - beslis nie die enigste mening
|> in Kanada is nie, alhoewel haar eng mening my glad nie verbaas
|> nie. "Disneyland on the Rideau" is my bynaam vir Ottawa. Die
|> 'n fantasie-land, en die inwoners dink hulle is die middelpunt
|> van die heelal.
|
| Sien Hjalmar, 'n mens moet net lank genoeg
| wag, dan kry jy al die amper neo-nazi denke
| so tipies van die apartheidsvarke in die
| persone wat probeer maak of hulle handjies
| so skoon is, en hulle sulke liberales in
| SA was, Nou word Gloudina beskuldig van 'n
| Kommunis te wees. Ha ha. Miskien het ek
| maar net wat in die Bybel geskryf staan,
| 'n bietjie meer letterlik opgeneem as wat
| gesond was vir die stoere-boere soos jy.
|
|>
|> Hoekom dink Doep dat haar "Afrikaner"-mening meer waardig is
|> as my mening ? . . . sulke donnerse vermetelheid !
|
| Hier kom die taal weer. Daar is soveel emosie in-
| dit sal nie lank neem nie, of hy wil vir Gloudina
| in die tronk gooi en haar martel. En haar papslaan.
| En dit net omdat Gloudina dit wat Christus vir ons
| geleer het, 'n bietjie ernstig gaan opneem het.
| En omdat Gloudina nou uiters lojaal is teenoor
| die integriteit van haar aangenome nuwe land.
| Deels omdat sy hierdie Kanata sien as die blyplek
| van die First Nations, en nie daar vir die
| delicatessen van die wit setlaars nie.
|
| Gloudina
|
|
|
|
|>
|>
|
Re: Gloudina, Leendert, Lou - maak e'daai spora! [boodskap #11764 is 'n antwoord op boodskap #11526] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Koos sê...

> Interresante manier wat jy het:
> Vanuit Kanada beledig jy my land en vertel jy my "wat eintlik hier op
> my werf aangaan". Dit is toevallig verkeerd, maar dit pas jou.

Daar is ander bronne van realiteit. Ek het familie wat
daar woon. Wil jy nou vir my sê dat hulle leuenaars is ?
My broer het my onlangs hier besoek, en sy weergawe van die
kontras tussen Alberta-B.C. en Suid-Afrika is seker ook net
leuens. Jy is miskien gelukkig met die situasie, maar jy is
nie (soos diegene in Ottawa) die middelpunt van die heelal nie.

> Dis dalk goed dat jy Kanada toe is.
> Ek hoop jy het n baie lekker werk daar en dat jy vreeslik gelukkig is.
> So gelukkig dat jy nooit weer dink aan terugkom nie.

Ek sal jou beslis nie teleurstel nie. My vrou is Kanadees.
Sy was al in SA, en sy wil beslis nie soontoe trek nie. Ek
is vreeslik gelukkig hier. Ek kom nooit weer terug nie.

> By the way, dis heerlik warm hier. Alles is groen, die parke het n dik
> laag groen gras op. Die Jakarandas is finaal klaar geblom en elke
> middag laat is daar sulke reusagtige, spierwit wolke wat in die hitte
> oor die bult uit die suide kom.
>
> So een keer n week blits en donder dit en dan reen dit laatmiddag.

Ek het nog nooit die skoonheid van jou land en die goeie weer
ontken of "beledig" nie.

Ek woon darem ook in 'n pragskone land - Gloudina kan dit
beaaam - en al is die winters wreed, leer hulle jou net om
die lang somerdae soveel meer te geniet. Deesdae gaan ek in
die donker werk toe, en kom ek in die donker tuis, maar ek
weet dat die dae weer na 21 Desember gaan rek, sodat ek in
Junie tot elfuur in die aand kan gholf speel.

Ons winter was tot dusver toe heel matig. Vandag was dit 2C
(dus bo vriespunt). Die menslike ervaring is relatief. Ver-
lede winter was daar dae toe -20C tropies gevoel het. Dis
verbasend waaraan 'n mens gewoond kan raak . . .net soos wat
jy aan die toedrag van sake in die NSA gewoond geraak het.

Ek gun jou jou geluk. Hoekom gun jy my nie myne nie ?

Hjalmar
________
Vorige onderwerp: Soek dringend werk!!!!!!!!!!
Volgende onderwerp: Wat van die besitregte van die Khoi en die San?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 01:22:10 MGT 2024