Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moord
Moord [boodskap #11539] Do, 27 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Uit e-beeld:

************************************************************ ********

November 26, 1997
Wraak dalk agter jongste plaasmoorde

Ryk van Niekerk en Liezel de Lange

"Ons gaan hulle uitmoor soos die boere in die Vrystaat
uitgemoor word."

Sê het 'n Sanco-leier glo Maandag in die polisiekantoor in
Ingogo, in die noorde van KwaZulu-Natal gesê.

Net buite Newcastle, sowat twintig kilometer van Ingogo, is
Nicholas Marais (44) en sy vrou Magdalena (33) dieselfde nag grusaam
doodgemartel.

Woensdagmiddag het Wayne Botha (32), 'n jong boer van Highflats
in die suide van KZN, ter nouer nood aan die dood ontkom toe drie mans hom
aangeval het.

Beeld het Woensdag verneem dat die Sanco-leier die stelling
gemaak het tydens in 'n hittige woordestryd oor 'n uitsettingsbevel teen
drie gesinne op 'n plaas in die Ingogo-omgewing.

Kapt. Gail de Klerk, adjunkstasiekommissaris van die
Ingogo-polisiekantoor, wou nie gister die bewering "ontken of bevestig"
nie.

Die Marais-egpaar se lyke is Woensdagoggend in hul huis
aangetref.

"Hulle is met stomp voorwerpe geslaan en gemartel. Hulle kon
ook skietwonde gehad het," het supt. Adrian Botes van die areakommissaris
van die Tugela-streek se kantoor gesê.

Volgens hom het mev. Marais se niggie op hul lyke afgekom nadat
sy mev. Marais gaan soek het omdat sy nie 'n afspraak nagekom het nie.

Die aanval op Botha in die suide van KZN was vermoedelik uit
weerwraak nadat sy pa, Ron Botha, sowat drie weke gelede 'n werker in die
pad gesteek het na 'n inbraak by die plaashuis.

"Die man was baie aggresief en het my gedreig toe ek hom
betaal en versoek het om die plaas te verlaat," het Ron Botha gesê.

Drie mans het Wayne Botha gistermiddag op die plaas oorval. Een
van die mans het 'n skoot na sy bors geskiet. Terselftertyd het nog 'n
booswig hom met 'n kierie agter die kop geslaan.

Botha het ineengestort waarna die mans gevlug het. Die geweer
was egter met 'n loskruitpatroon gelaai en hy is nie ernstig beseer nie.

Die polisie het later drie verdagtes, waaronder die werker wat
ontslaan is, vasgetrek, het Naidoo gesê.

Intussen het die plaaslike boeregemeenskappe heftig op die
voorvalle gereageer.

Japie Grobbler, visepresident van die Suid-Afrikaanse
Landbou-unie, was erg ontsteld oor die voorvalle. "Die regering se
grootste verantwoordelikheid is om die veiligheid van sy mense te waarborg.
As dit nie gebeur nie, is hy nie werd op 'n regering genoem te word nie."
Re: Moord [boodskap #11540 is 'n antwoord op boodskap #11539] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/27/97 2:19PM, in message , "Leendert van Oostrum" wrote:

> Uit e-beeld:
>
> ************************************************************ ********
>
> November 26, 1997
> Wraak dalk agter jongste plaasmoorde
>
> Ryk van Niekerk en Liezel de Lange
>
> "Ons gaan hulle uitmoor soos die boere in die Vrystaat
> uitgemoor word."
>
> Sê het 'n Sanco-leier glo Maandag in die polisiekantoor in
> Ingogo, in die noorde van KwaZulu-Natal gesê.
>
>
Leendert,

Snaaks hoe ek nou in die agtergrond die refrein hoor van "one settler/boer, one
bullet". Maar die hele wêreld weet tog van ons wonderlik vreedsame
oorgangspolitiek. Ek sukkel net nog 'n bietjie om laasgenoemde baie slim
propaganda te verstaan, en wonder hoekom dit voel asof ons "sitting ducks" is
in 'n oorlog wat teen ons gevoer word, terwyl ons al die tyd glo in die
vreedsame proses, in 'n padda wat 'n prins gaan word, en Sleeping Beauty.
Re: Moord [boodskap #11697 is 'n antwoord op boodskap #11539] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Rtl  is tans af-lyn  Rtl
Boodskappe: 4
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Moontlik is ek verkeerd, maar ek het van die KZN-moorde bewus geword na
aanleiding van die SANCO-leier se uitlatings. Sover ek kan vasstel, was dit
VOOR die eerste KZN-moord.
Soortgelyk het 'n POLISIE-woordvoerder in die Kaap genoem dat die Kaap
volgende is, en so 'n week later, ...

Is dit 'n rokie of 'n vuurtjie?
... of is iemand besig om ons klere in petrol te was?
Vorige onderwerp: Re: How can you justify
Volgende onderwerp: Re: Kom ons praat Afrikaans!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:50:25 MGT 2024