Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ope brief aan At.
Ope brief aan At. [boodskap #11411] Di, 18 November 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Beste At,
Dankie vir die aanmerkings wat jy oor my gemaak
het. Party van hulle het seker waarheid in, in party van
hulle is jy die kluts baie ver kwyt. Ek wil egter vir jou
vra: moenie vir jou identifiseer met wat tussen Leendert,
Koos en my kwytgeraak word nie. As jy dit nie as 'n spel
sien nie, dan sien jy nie die volle prentjie nie. (Ek dink
meeste van die nuusgroeplesers is intelligent genoeg om dit
te sien vir wat dit is.) Hulle kan sien dat Leendert se agenda
is om te verkondig hoe goed hy is met kwinkslae, en dat
hy, deur vinnig genoeg soos 'n brak in die rondte te tol,
hoop dat niemand uitvind wat sy werklike standpunt oor
enigiets is nie, en wat sy rol en aktiwiteite gedurende die
vorige bedeling was nie. Ons ken almal sulke mense. Hulle
word genoem glibberige kalante. Dit kan 'n soort sport
wees om vir hulle uit te vang. My secret agenda op die
oomblik is om vir Leendert uit te lok om soveel van hom-
self te ontbloot. Dis verbasend hoe baie 'n mens kan optel
van mense se gewoontes deur net te onthou van wat hulle
op die nuusgroep gesê het (soos byvoorbeeld of hy rook
of nie.) In Leendert se geval vloek hy mense uit en kom
baie na aan sweer en vuil praat, en dit is vir my so
ongerymd met iemand wat ons nou om elke hoek en
draai wil laat glo dat hy 'n oortuigde Christen is.
Ek wens hy wil meer oor sy geloof en oor die Christelike
leer uitwei. Die kere wat ek dinge geskryf het om hom 'n
kans te gee om oor dié dinge uit te wy, het hy tjoepstil
gebly. Snaaks.
Nog net dit - ek het vriende en informasie in
Suid-Afrika uit alle dele van die bevolking - NP
en PAC en INKATHA aanhangers. Dat ek die ANC
aanhang, is 'n kreasie van Leendert se brein, geskep
om iets te hê om te skryf op die nuusgroep. Ek kan
nie wag dat die tyd kom dat beide die NP en die ANC,
net soos die ou Verenigde Party, in die boesem van die
verlede verdwyn nie. Hoe gaan dit met Roelf en Bantu
se party. Lyk dit of hulle 'n kans het om die opposisie
in die volgende verkiesing te vorm? Sal jy vir hulle
stem?

Gloudina
Re: Ope brief aan At. [boodskap #11428 is 'n antwoord op boodskap #11411] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Goudina skryf:

> Dankie vir die aanmerkings wat jy oor my gemaak
> het. Party van hulle het seker waarheid in, in party van
> hulle is jy die kluts baie ver kwyt. Ek wil egter vir jou
> vra: moenie vir jou identifiseer met wat tussen Leendert,
> Koos en my kwytgeraak word nie. As jy dit nie as 'n spel
> sien nie, dan sien jy nie die volle prentjie nie.



(> Hoe gaan dit met Roelf en Bantu se party. Lyk dit of)
(> hulle 'n kans het om die opposisie in die volgende)
(> verkiesing te vorm?)
> Sal jy vir hulle stem?

Liewe Gloudina,

Dis 'n eienaardige ope brief aan my. Sewe van die 40 lyne
het betrekking op my en die ander 33 op Leendert. Miskien
het die 33 ook betrekking op my met Leendert as metafoor.
Hoe dit ookal is, op daardie 33 lyne wil ek nie antwoord nie.

Ieder een van ons op die NG kan nie anders as om indrukke
te vorm van elke ander een wat aktief deelneem op die NG
nie. Dis deel van ons menswees. Maar of ons indrukke van
'n persoon lewensgetrou is, is 'n ander saak. 'n Lewensgetroue
indruk van 'n ander persoon beteken beslis nie dat daardie
persoon met jou indruk moet saamstem nie. 'n Lewensgetroue
indruk beteken dat nuwe indrukke heg moet saamvoeg met
reeds bestaande indrukke. Vir my is dit uiters belangrik om
lewensgetroue indrukke van ander mense te h^e, afgesien van
die res van die skepping.

Dis interessant dat jy onseker is waar ek veronderstel is om
seker te wees ("het seker waarheid in") en seker is waar ek
veronderstel is om onseker te wees ("is kluts baie ver kwyt").
Dit is voorbeeld van "fuzzy logic" wat n onlangse ontwikkeling
in die logika wat al hoe meer toepassings vind. Maar dit is nie
iets wat op eie bene kan staan nie. Dit is iets wat ontplooi op
"categorical logic".

Terloops, kom ons kyk hoe die terme "logic", "fuzzy logic" en
"categorical logic" in Afrikaans sou lyk as ons nie woorde uit
Griekse en Latyn leen nie, maar kyk wat Afrikaans self bied
uit al die laaglandtale, afrikatale en Maleis waaruit dit gevorm
is. ('n Mens leen nie iets nie tensy jy weet dat jy dit KAN en SAL
terug gee. Met so 'n houding bevorder 'n mens jou skeppende
vermoens. Die laaglandtale verwys na Afrikaans, Nederlands,
Vlaams, Frisies, Nedersaksies, Skots en hulle voortale soos
Frankies, Anglies, Saksies, Juties, Wesgoties en Oosgoties.)

Om "logic" na "logika" te vertaal is 'n kwessie van leen. 'n Beter
woord is "redeneerkuns". Maar eintlik is dit nie 'n kuns nie, maar
'n kunde. Maar "redeneerkunde" raak te lank. Ek sou eerder 'n
korter woord soos "redekunde" gebruik, maar hierdie woord staan
nie in my woordeboeke nie. Daarom sal meeste mense meen dat
ons "redekunde" nie mag gebruik nie. Maar dit is nie volgens die
siel van Afrikaans nie. Die siel wat van Afrikaans is om woorde te
maak wat mense onmiddellik sal verstaan. Daarom is daar niks
fout met "redekunde" nie.

Ek is nie seker of die woordeboekmakers al so ver gekom het om
"fuzzy logic" te vertaal nie. Ek is nie bewus van enige voorlopige
vertaling nie. Ek sou dit vertaal met "newelrede". Ek is seker dat
baie van julle die woord "newelrede" onmiddellik sal begryp, mits
julle die woorde "newel" en "rede" ken.

Maar met "categorical logic" kry ek kans om presies my saak
duidelik te maak waarom ons nie sonder blik of bloos uit Grieks
of Latyn moet leen nie. Doen jy dit, verswak jou "skeppigheid"
(creativity) en kan jy nie meer terugvallings (immergences) vermy
nie. Dink aan die woord "redekawel". Dit is die laaglandse
gelyke (equivalent) vir "eksklusiewe rasionalisering". Die woord
"kawel" beteken om te verdeel. Daarom beteken "redekawel"
redenasies wat uiteindelik verdeel.

Maar is "redekawel" ('n woord wat in die woordeboeke staan) en
"kawelrede" ('n woord wat ek so pas geskep het) dieselfde ding?
Nee, "kawelrede" is 'n rede wat op kawel berus - om 'n verdeling
te maak en hierdie onderskeid dan te beredeneer. Maar dit is
presies wat "categorical logic" behels!

Gloudina, na alles, pasop dat jy nie te veel van newelrede en te
min van kawelrede gebruik maak nie. Elkeen het sy plek. Ek vind
dat hedendaags baie Afrikaners kawelrede vermy. Dit het 'n
oorsaak. Die verdeling "wit-swart" is 'n tipiese kawel. Maar
apartheid is nie 'n kawel nie. Apartheid behels verbrokkeling
(fragmentation) en 'n afbakening (demarcation). Daarmee
bedoel ek dat die brokstukke word onbetrokke toegeken.

Roelf en Bantu se party het 'n opdraande stryd. Dit LYK asof
hulle afbakening volgens apartheid probeer vermy ("jy het
'n apartheidverlede" of "jy het 'n antiapartheidverlede"). Dit kan
beslis nie van die ander partye gesê word nie. Dalk lyk hit
so omdat Rolef 'n apartheidverlede het en Bantu 'n anti-
apartheidverlede. Maar of hulle afbakening ("hierdie stuk is
myne en basta met die res", demarcation) as sulks vermy,
kan ek regtig nie sê nie. Ek self probeer om afbakening
ten alle koste te vermy omdat dit dodelik vir skeppigheid
(creativity) is. Ek probeer eerder die teenoorgestelde
nastreef.

Ek dink nie dat hulle 'n kans het om die opposisie te wees
na die volgende verkiesing nie. Hulle het te min geleenthede
om al die kiesers te bereik. Onbekend maak onbemind.

Nee, ek sal nie vir hulle stem nie. Ek weet nog nie vir
watter party ek sal stem nie. Maar ek weet watter party
ek baie graag sal wil stem. Dit is die party wat die
skeppigheid (creativity) van al die mense in ons land
voorop stel. Ongelukkig voel al die politieke partye vere
vir skeppigheid. Uiteindelik sal ek, soos ek dit alreeds
vyf-en-twintig jaar doen, besluit of daar een is wat darem
genoeg vir skeppigheid doen. Indien nie, dan bederf ek
my stembriefie.

Laastens, ek het probeer om in hierdie skrywe so min
as moontlik woorde uit Grieks of Latyn te leen, sonder
om belaglik te word. Kyk of julle dit kan agter kom.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Ope brief aan At. [boodskap #11454 is 'n antwoord op boodskap #11411] Vr, 21 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:
> Liewe Gloudina,

> Om "logic" na "logika" te vertaal is 'n kwessie van leen. 'n Beter
> woord is "redeneerkuns". Maar eintlik is dit nie 'n kuns nie, maar
> 'n kunde. Maar "redeneerkunde" raak te lank. Ek sou eerder 'n
> korter woord soos "redekunde" gebruik, maar hierdie woord staan
> nie in my woordeboeke nie. Daarom sal meeste mense meen dat
> ons "redekunde" nie mag gebruik nie. Maar dit is nie volgens die
> siel van Afrikaans nie. Die siel wat van Afrikaans is om woorde te
> maak wat mense onmiddellik sal verstaan. Daarom is daar niks
> fout met "redekunde" nie.

Ek stem saam. Vir my het redekunde 'n effens
ander betekenis as logika, maar dis eintlik
nader aan wat ek dink die woord "logika"
behoort te beteken.
>
> Ek is nie seker of die woordeboekmakers al so ver gekom het om
> "fuzzy logic" te vertaal nie. Ek is nie bewus van enige voorlopige
> vertaling nie. Ek sou dit vertaal met "newelrede". Ek is seker dat
> baie van julle die woord "newelrede" onmiddellik sal begryp, mits
> julle die woorde "newel" en "rede" ken.
>

>
> Maar is "redekawel" ('n woord wat in die woordeboeke staan) en
> "kawelrede" ('n woord wat ek so pas geskep het) dieselfde ding?

Sou nie so dink nie. "Redekawel" is 'n werkwoord,
en beskryf 'n onderneming, en 'n gewilligheid om
standpunte teen mekaar te meet. "Kawelrede" beskryf
iets wat bereik is nadat daar 'n onderhandeling
(negotiation) plaasgevind het, met 'n sekere
bereidheid om die ander kant te sien, alhoewel
ietwat onwillig.

Dankie vir jou briewe op die nuusgroep oor hierdie sake, At.
Dis werklik bevrugtend, en ek neem aan jy neem die tyd om dit
te skryf, omdat jy weet die nuusgroep kan op so 'n manier ook
nuttig gebruik word vir iets anders as redekawel.
Wanneer beskryf jy vir ons weer een van die plekke waarheen
jy onlangs gegaan het. Ek geniet sulke beskrywings baie.

Gloudina
Re: Ope brief aan At. [boodskap #11541 is 'n antwoord op boodskap #11411] Do, 27 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11/21/97 6:06PM, in message , @igs.net wrote:

>
> Dankie vir jou briewe op die nuusgroep oor hierdie sake, At.
> Dis werklik bevrugtend,

Sien jy nou , Leendert, julle mag al twee dans soos die boog oor die viool,
maar jou pogings is blote "masturbasie", terwyl At s'n "werklik bevrugtend" is!

he he he

So No Te.
Re: Ope brief aan At. [boodskap #11581 is 'n antwoord op boodskap #11411] Vr, 28 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V skryf:

>> Dankie vir jou briewe op die nuusgroep oor hierdie sake, At.
>> Dis werklik bevrugtend,
>
> Sien jy nou , Leendert, julle mag al twee dans soos die boog oor die viool,
> maar jou pogings is blote "masturbasie", terwyl At s'n "werklik bevrugtend" is!
>
> he he he

Liewe Vira,

Kreatiewe mense word deur ander as gevaarlike mense
beskou. Die ander weet nooit wat hulle te doen staan
met 'n kreatiewe mens nie. Jy het alweer, willens en
wetens, vir jou 'n klomp onweer en stormwind op die hals
gehaal.

Dit laat my dink my vriend se seun wat op 'n keer saam
met ons woestyn toe is. Na baie geloop raak hy toe
moeg. Ons het hom na die bakkie terug geneem en
verder rond gewei. Toe ons uiteindelik terugkom, was
die mannetjie besig om 'n yslike pofadder met 'n
stokkie te terg en haar reaksies te toets. Ek en my
vriend het ons flou geskrik.

Ek het in my gedagtes ook soos jy gesny en geplak,
maar dit liewers vir myself gehou. In ons studentedae
het ons gedink die matrones van die dameskoshuise
glo aan windbestuiwing. Toe ek die sin waarna jy verwys
die eerste keer gelees het, het ek lekker geglimlag met
die gedagte dat selfs die kuberruimte winde het wat
bestuiwing aanhelp. Wat die miljuisende transistortjies
nie alles kan aanvang nie! Is dit nie lekker om kreatief
te wees nie! Elke ontluiking bring genot!

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: KINDER STAALTJIES
Volgende onderwerp: Kleinmond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 19:10:50 MGT 2024