Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KINDER STAALTJIES
KINDER STAALTJIES [boodskap #11580] Do, 27 November 1997 00:00
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Begin jou dag 'n slag met 'n lag:

Ek pos drie maal per week aan ouens op my adreslys kostelike dinge wat
kinders gesê het. Hierdie is skoon staaltjies, soos die een hieronder.
Indien jy dit ook gereeld wil ontvang, gooi net 'n nota in my "posbus" en ek
stuur dit. Op die nota kan jy net sê: STUUR STAALTJIES". Die ander
ontvangers van die sêgoed sal ook nie jou adres kan sien nie. Ek belowe om
nie aam jou gemorspos te stuur nie. My adres: dm...@global.co.za

Die juffrou vra in die klas of die kinders weet wat "inenting" beteken. Jaco
is
dadelik by met 'n verduideliking: "Juffrou die dokter vat so 'n dik naald en
dan
steek hy dit in jou boud. Dan wag hy dat dit begin swel en as dit genoeg
geswel
het, dan vat hy 'n dun naald en steek dit in die swelsel in. Dan brand dit
vreeslik
en dan kry mens nie meer skoolsiekte nie."

xxxxxxxxxxxxxx

En 'n tweede een:

Ma het verwag en Anton het dit agter gekom. Toe hy 'n opmerking maak dat
sy ma besig is om "vet" te word, het ma die geleentheid aangegryp om aan
hom te verduidelik wat besig is om te gebeur. Sy het gesê dat Pa 'n saadjie
in haar geplant het en het verder na die beste van haar vermoeë verduidelik.
Hierdie storie van die "saadjie" moes iewers in die koppie vasgesteek het,
want
'n paar weke later is sy Ma besig om te verklee. Hy is ook in die kamer en
bekyk
sy ma op en af, loop nader, bevoel ma oor die maag, en merk ewe droog op:
"Jig, Ma, jy sal darem nou iets moet doen, want hierrie pit van Pa groei
darem nou
lat dit bars."

xxxxxxxxxxxxxxx

Groete,

Danie
Vorige onderwerp: Kritiek teen die ANC
Volgende onderwerp: Ope brief aan At.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:46:52 MGT 2024