Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer?
Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer? [boodskap #11412] Di, 18 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Rtl  is tans af-lyn  Rtl
Boodskappe: 4
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina blyk baie te se he van ver af - soos een wat 'n hond agter die hek
terg. Kom terug, girlie, en sit jou kinders in 'n staatskool hier by ons.

Kom vra vir die 4 verkragters wat gister skotvry afgekom het om 'n nasie te
bou.

Kom vertel vir my vriende wat vermoor is hoe edel die stryd was, daar van
ver af.

Kom struggle ons stryd in die hede, nie in moddergevegte oor die verlede
nie.

Kan jy?

Ons kan.
Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer? [boodskap #11429 is 'n antwoord op boodskap #11412] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Nov 97 16:38:44 GMT, "Rtl" wrote:

[/color]
> Kom vra vir die 4 verkragters wat gister skotvry afgekom het om 'n nasie te
> bou.>>>

Sover ek verstaan het hulle vrygegaan omdat die wit Afrikaanse
polisieman die ondersoek opgedonder het.
En die Wt Afrikaanse regter gese het hy het n verantwoordelikheid om
die reg objektief toe te pas en die staat het nie genoegsaam bewys dat
die mense eers op die toneel was nie.

My kinders is in n staatskool. Hulle leer nou in std 3 dinge wat ek
eers in std 9 geleer het.
Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer? [boodskap #11430 is 'n antwoord op boodskap #11412] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...

> My kinders is in n staatskool. Hulle leer nou in std 3 dinge wat ek
> eers in std 9 geleer het.

Hmmm.... Een van die beter staatskole, ne? 'n Legacy of apartheid. Ek kan
jou staatskole wys waar 70% van die kinders in std 3 beswaarlik kan lees.
Ook nie te ver van jou af nie.

So jy skep nog steeds die pap van apartheid, Koos?

Groete, Leendert
Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer? [boodskap #11446 is 'n antwoord op boodskap #11412] Do, 20 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 19 Nov 1997 09:29:02 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi) wrote:

> My kinders is in n staatskool. Hulle leer nou in std 3 dinge wat ek
> eers in std 9 geleer het.

Ja, ek hoor kinders leer vandag goed vinniger. Maar daar is een vrae
voor ek verder reageer:

Hoe oud is hulle in std 3 - hoe oud was jy in std 9 ? :-)
Vorige onderwerp: Re:Waar is ware Afrikaners?
Volgende onderwerp: Julle "Afrikaanse Ondersteuners"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:35:47 MGT 2024