Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:Waar is ware Afrikaners?
Re:Waar is ware Afrikaners? [boodskap #11375] So, 16 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
het baie van ons so 'n 'aparte'
> lewe gelei, dat ons werklik nie die volle prentjie gehad het nie. Ek was
> nog op skool in die sewentiger jare en het nie geweet wat het in ons mooi
> land gebeur nie.
>> Verskonings, verskonings. Dit was daar vir almal
>> om te sien. Julle wou nie sien nie. Het jy nie
>> geweet hoe kinders in Soweto in die strate dood-
>> geskiet word nie?
Nee Gloudina, ek het nie. Upington het in 1976 nie eers TV gehad nie en as
skoolkind het ek nou nie juis nuus oor die radio geluister nie. Toe die
skole onrus na Upington toe uigebrei het, het die meide saam met die
polisie ingespring en een het sommer haar en 'n paar ander kinders met 'n
blikbeker op die kop geslaan. Dit was sekerlik minder bloedig as in Soweto
en ander plekke. (Maar vertel my wat hierdie sotlike redenasie doen om
moorde in die nuwe SA te verminder?!) Maar terwyl ons nou op die ou paaie
is, die vroeër geeerde Boesak is deur die Universiteit omdat die tantes in
ons geweste pannekoeke gebak het om sy kostes te betaal - die wittes was so
sleg en harteloos was!

Maak dit as 'n verskoning af, as dit jou beter sal laat voel Gloudina. Ek
het op Keetmanshoop skool gegaan, elke namiddag terug gery na 'n skaapplaas
buite die dorp, en matriek op Upington. So jy moet maar glo wat jy wil, ek
weet dat ek en my tydgenote ons in daardie jare met onskuldige dinge besig
gehou het en van Soweto het ek die eerste keer in my matriekjaar 1976,
gehoor. Saam met heelwat dinge wat ek nooit geweet het nie. As tipiese
Afrikaner dogter het ek so oordentlik as moontlik my pa en sy tydgenote
begin bevraagteken. Maar selfs hulle, besef ek vandag, het maar net die
punt van die ysberg gesien. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
veel besig gehou met kind wees.

Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
Kanada?????????????????

Riana
Re:Waar is ware Afrikaners? [boodskap #11377 is 'n antwoord op boodskap #11375] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Stephanus Schoeman" writes:
. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
> baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
> nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
> veel besig gehou met kind wees.

Wel, dit is nou maar soos dit is. Sommige
het gesien en ander het nie gesien nie.
Moet nou net nie vir my-wat-op-Marchand-
grootgeword-het, beskuldig dat ek nou
iets verkeerd gedoen het deur bewus te
wees wat om my aangaan nie. Miskien het
sommige van ons die Bybel ernstiger
opgeneem as andere, wanneer dit gesê
het "en die grootste hiervan is die liefde."
>
> Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
> blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
> Kanada?????????????????

Wie sê dat ek van alle blaam onthef is? Ek
het vir baie jare skuldig gevoel dat ek nie
soos Braam Fischer vir my beginsels binne
SA geveg het nie. Onthou, Braam Fischer het
gesê dat hy die vryheidsstryd voortsit wat
gedurende die Boere-oorlog begin is, dat geen
minderheid met mag 'n meerderheid se vryheid
kan wegneem sonder dat daar 'n stryd gevoer
moet word nie. Onthou ook, Braam Fischer het
in die tronk in Pretoria aan kanker gesterf.
Die apartheidsvarke wou nie eens vir hom
verlof gee om huis toe te gaan om te sterf
nie.

Gloudina
Re: Re:Waar is ware Afrikaners? [boodskap #11378 is 'n antwoord op boodskap #11375] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
This is a multi-part message in MIME format.

------=_NextPart_000_01BCF357.DD0F4100
Content-Type: text/plain; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: 7bit

Ag siestog! nou wil jy seker 'n medalje he of moet die goeie biskop by jou
kom tee drink? Word wakker vrou die lewe is die nuwe sa is oor baie meer
as klippe gooi na die vorige regering. So min as wat ek van die vorige
regering se dade goedkeur so verafsku ek die huidige soustrein se
manewales!

Ek dink elkeen wat aanhou neul oor die vorige regering en apartheid het
eintlik sy eie geheime agenda en kan nie die realiteite van die huidige
regering in die oe staar nie. Die res van ons is so bly jy is in kanada,
bly asb daar en bly stil indien jy nie konstruktiefs kan se nie.

Groete uit sonnige SA

Andre

>> Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
>> blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
>> Kanada?????????????????
>
> Wie sê dat ek van alle blaam onthef is? Ek
> het vir baie jare skuldig gevoel dat ek nie
> soos Braam Fischer vir my beginsels binne
> SA geveg het nie. Onthou, Braam Fischer het
> gesê dat hy die vryheidsstryd voortsit wat
> gedurende die Boere-oorlog begin is, dat geen
> minderheid met mag 'n meerderheid se vryheid
> kan wegneem sonder dat daar 'n stryd gevoer
> moet word nie. Onthou ook, Braam Fischer het
> in die tronk in Pretoria aan kanker gesterf.
> Die apartheidsvarke wou nie eens vir hom
> verlof gee om huis toe te gaan om te sterf
> nie.
>
> Gloudina
>

------=_NextPart_000_01BCF357.DD0F4100
Content-Type: text/html; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable

Ag siestog! nou wil jy seker 'n medalje =
he of moet die goeie biskop by jou kom tee drink?  Word wakker vrou =
die lewe is die nuwe sa is oor baie meer as klippe gooi na die vorige =
regering.  So min as wat ek van die vorige regering se dade =
goedkeur so verafsku ek die huidige soustrein se manewales!Ek =
dink elkeen wat aanhou neul oor die vorige regering en apartheid het =
eintlik sy eie geheime agenda en kan nie die realiteite van die huidige =
regering in die oe staar nie.  Die res van ons is so bly jy is in =
kanada, bly asb daar en bly stil indien jy nie konstruktiefs kan se =
nie.Groete uit sonnige SAAndre> > Wat ek =
nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld =
en> > blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou =
vertrek na> > Kanada?????????????????> > =
              W=
ie sê dat ek van alle blaam onthef is? Ek> =
              h=
et vir baie jare skuldig gevoel dat ek nie> =
              s=
oos Braam Fischer vir my beginsels binne> =
              S=
A geveg het nie. Onthou, Braam Fischer het> =
              g=
esê dat hy die vryheidsstryd voortsit wat> =
              g=
edurende die Boere-oorlog begin is, dat geen> =
              m=
inderheid met mag 'n meerderheid se vryheid> =
              k=
an wegneem sonder dat daar 'n stryd gevoer> =
              m=
oet word nie. Onthou ook, Braam Fischer het> =
              i=
n die tronk in Pretoria aan kanker gesterf.> =
              D=
ie apartheidsvarke wou nie eens vir hom> =
              v=
erlof gee om huis toe te gaan om te sterf> =
              n=
ie.> > =
          Gloudina> =


------=_NextPart_000_01BCF357.DD0F4100--
Re: Re:Waar is ware Afrikaners? [boodskap #11399 is 'n antwoord op boodskap #11375] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Herman  is tans af-lyn  Herman
Boodskappe: 16
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
> baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
> nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
> veel besig gehou met kind wees.
>
> Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
> blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
> Kanada?????????????????
>
> Riana

Slaan my ook dronk. As huidige inwoner van Upington kan ek saamstem met
Riana.

Groetnis,
Hermann
Re:Waar is ware Afrikaners? [boodskap #11451 is 'n antwoord op boodskap #11375] Do, 20 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
b...  is tans af-lyn  b...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Wie sê dat ek van alle blaam onthef is? Ek > het vir baie jare
skuldig gevoel dat ek nie > soos Braam Fischer vir my beginsels binne
>

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Vorige onderwerp: Patronizing Racist
Volgende onderwerp: Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:09:52 MGT 2024