Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Joggie Jansen storie
Die Joggie Jansen storie [boodskap #112688] Sa, 03 Februarie 2007 05:49 na volgende boodskap
George Orwell  is tans af-lyn  George Orwell
Boodskappe: 22
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Geskied met briek: Die Joggie Jansen storie
briekmerk

Enige iemand wat sy rugby ken of wie se pa sy rugby ken, sal weet wie
Joggie Jansen is. Maar net vir die blote feit dat elke keer wat daar 'n
vleisie ge-tan word, net nadat die hartseer van nog 'n Bok
teleurstelling jou keel nat maak, is dit soms noodsaaklik om te praat
oor die goeie ou dae. En die goeie ou dae was Joggie Jansen. 'n
Vrystaatse senter van formaat. 'n Senter wat O'Driscoll soos 'n jong
seuntjie met 'n veer in sy hol op laat lyk. Buiten die feit dat hy 'n
monster op verdediging was het hy ook besit gehad oor 'n fenynige
systapie.

Maak nie saak waar jy kyk nie, daar word elke keer verwys na die toets
van 1970 tussen die Springbokke en die All Blacks. Die All Blacks was op
'n winning streak van 50 wedstryde in 'n ry. Nogals nie te kak nie. Dit
was voor die wedstryd duidelik gemaak dat iemand 'n spark vir die Bokke
sal moet veroorsaak, net om hierdie windgat All Blacks bietjie skrik op
die lyf te jaag. So waar as wragtig jonge Jansen was die een wat dit
alles begin het met 'n "flying tackle" soos beskryf deur die EP Herald.
Dis hierdie tackle wat baie deskundiges beskou as die best tackle ooit,
toe Joggie Jansen vir Wayne Cottrell in die midrif vasvat net nadat
Cottrell sy gewig verplaas het om ontslae te raak van die bal. Blykbaar
het Cottrell so op die grond gelê en krul van die pyn dat dit gelyk het
asof hy op soek was na sy prostaat.

Hectic.

Jansen was een van die min spelers wat die geleentheid gehad het om die
groen en goud naweke oor sy kop te trek, terwyl hy geswot het by die
Universiteit van die Oranje Vrystaat, bekend as "Die Shimlas". In 1970
as jy 'n senter was wat opgedraf het teenoor Jansen, moes jy maar soos
'n eend op die veld waggel om ontsale te raak van al die bok-drolle wat
jy nie kon keer nie. Seriously, ek dink jy moes balle van staal gehad
het om teen hierdie bra te speel. Ek wonder hoveel ouens hy afgeskryf
het op die varsity se B-veld?

Dis in 'n flink gedagte wat ek recall hoe Riaan Cruywagen ons in 1995
vertel oor die grote Jona Lomu probleem. Niemand weet werklik hoe om
hierdie reusagtige vleuel te stuit nie. Dis net hierso waar Riaan
Cruywagen plek maak vir die argiewe video footage van 'n agterlyn
beweging tussen die Springbokke en een of ander obskure span. Die
opponent speel die bal vinnig wyd vanaf die skrumskakel (nommer 9) na
die binne senter (nommer 12). Ewe skielik is daar 'n blitsvinnige
verskynsel vanaf die teenoorgestelde rigting wat reg oor die kamera se
view finder beweeg, een kant in en ander kant uit. Om een of ander rede
is die (enigste) kameraman op die buite senter van die opposisie, want
hy is seker dis waar die bal is. Toe hy uiteindelik besef dat hy nie
regtig weet waar die ball-carrier is nie, pan hy terug en vind vir
Jansen wat bo-oor die krullende senter staan en hom vra wie sy pappa is.
Dis mos nou rugby.

Anyways, die punt is dat as ons vandag vir Joggie Jansen in die span
gehad het, sou dinge baie anders gewees het. So Joggie WKJ? salute jou
vir die standaard wat jy gestel het om alle ander spelers wat na jou
gekom het, soos gatgabbas te laat lyk.
Once.

http://watkykjy.co.za/snotstories_view.asp?newEd=32&theI D=17
Re: Die Joggie Jansen storie [boodskap #112699 is 'n antwoord op boodskap #112688] Sa, 03 Februarie 2007 06:56 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Natuurlik onthou ons vir Joggie Jansen en as ek dit reg het, dan woon hy
deesdae ook in Namibië. In die noorde van die land. Soos jy tereg sê,
was Joggie 'n yster wat sy opponente se broeke laat bewe het. Waar ek hom
die eerste keer 'ontmoet' het, was op intervarsity. Hy't mos vir Kovsies
gespeel. Meer rugby gespeel as wat hy ge-'swot' het sou later blyk!
Die heel lekkerste ding wat ons kon bereik, was om die 'Varsity téén
Jogie te kon wen en ook dat hy nooit 'n drie op intervarsity teen die Puk
kon druk nie. Due rede hiervoor was maar a-la-Lomu later jare: Almal het
geweet Joggie is so gevaarlik, dat as hy aan die bal vat, dan kak hy!
Enige span met so 'n ster in raak mos ook geneig om, as hulle desperaat
raak, om die bal al meer en meer vir Joggie te gee.
Dan, as die Bokke speel dan is Joggie ons held. Wat ek egter dink, is
dat vandag se spelers met hulle super spiere en fiksheid almal in dieselfde
vorm ge-'mould' is en weinig uitstaande karakter toon. Saam hiermee is die
'over-exposure' van die TV. Ons sien alle wedstryde in grafiese detail op
die groot skerm. In die ou dae het Gerhard Viviers ons verbeeldings
ingekleur met sy groot en vinnige bek........

"George Orwell" skryf in boodskap news:nobody-F3BE8B.07494803022007@ctb-nnrp.saix.net...
> Geskied met briek: Die Joggie Jansen storie
> briekmerk
>
>
>
> Enige iemand wat sy rugby ken of wie se pa sy rugby ken, sal weet wie
> Joggie Jansen is.
Vorige onderwerp: Die ossewa - Jan F.E. Celliers
Volgende onderwerp: Die toekoms van Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 19:57:35 MGT 2024