Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oeps! - Gewone Woorde
Re: Oeps! - Gewone Woorde [boodskap #11245] So, 09 November 1997 00:00
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 Nov 1997 01:13:38 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:

<<>Ja, Koos - ek wil graag hoor van die "rassistiese opmerkings" waarvan jy
> beweer. Selfs in die poef-en-paaimedia het ek niks opgetel van rassistiese
> opmerkings nie, en jy kan seker wees die poefters en paaiers sou dit in
> kleur en geur vertel. So ek verneem graag jou bron ook.
>
>
> Seker die meeste Afrikaans wat daar die afgelope ses maande in die parlement
> gepraat is, daardie dag. (Die studente het glo die "verrigtinge van die
> parlement vir 'n halfuur tot stilstand gebring". Overgeset synde, die agbare
> lede se slaap is vir 'n halfuur onderbreek tydens die debat oor die
> wetsontwerp wat die minister van onderwys die mag gee om te besluit wat die
> voertaal van enige universiteit sal wees.)>>>

Uit Die Burger

KAAPSTAD. 'n Betoging oor Afrikaans het gister binne en buite die
Parlement ontaard in 'n uitbarsting van rassisme tussen lede van die
VF se jeugvleuel en ANC LP's.

Skelname soos ``wit honde en ``swartes is oor en weer geslinger
nadat lede van die VF Jeug van die openbare galery van die Nasionale
Vergadering eers met plakkate betoog en toe met 'n gesing losgetrek
het.
Die betoging was teen beoogde wetgewing waarkragtens die Regering
universiteite se taalbeleid kan bepaal.
Die voorvalle in en om die Parlement is, toe die raad sy sitting ná
'n oponthoud van sowat 45 minute hervat het, gevolg deur 'n vuurwarm
debat oor die betoging. Sprekers van die NP en die VF het die ANC
gewaarsku dat Afrikaans sprekendes oor die miskenning van hul taal
in opstand kan kom.
Die ANC leier in die Nasionale Vergadering, mnr. Steve Tshwete, het
later gesê die ANC gaan daarop aandring dat die studente in hegtenis
geneem word.
Die moleste het begin kort nadat dr. Sibusiso Bengu, Minister van
Onderwys, gistermiddag met sy toespraak in die debat oor die
Wetsontwerp op Hoër Onderwys, begin het. Lede van die VF Jeug op
die openbare galery het 'n wit banier oor die reling gehang met die
woorde: ``VF Jeug eis Afr. Univ.
Dr. Frene Ginwala, Speaker, het gesê: ``Lede van die openbare
galery sal hul weerhou van enige soort betogings.

Toe sy geen reaksie kry nie, het sy die ampswagte gevra om ``die
betoging uit die openbare galery te verwyder''.
Die betogers het oranje plakkate omhoog gehou met slagspreuke vir
Afrikaans en teen Bengu.
Toe Ginwala die raad verdaag, het die betogers Die Stem en ander
Afrikaanse volksliedere begin sing. ANC LP's het in reaksie daarop
opmerkings van die raad se vloer af geskreeu.
Sommige VF LP's en ANC LP's het na die openbare galery gegaan en 'n
woordewisseling het ont staan.
Polisiebeamptes het LP's en joernaliste ná 'n ruk gevra om die
openbare galery te verlaat.
Ná onderhandelings van sowat twinting minute het die betogers ook
die galery verlaat.
Terwyl hulle na buite op pad was, is rassistiese aanmerkings oor
en weer in die portaal voor die raadsaal geskree.
Hewige woordewisselings het op die trappe van die Nasionale
Vergadering gevolg. Van die betogers en onder andere mnr. Essop
Pahad, Adjunk-minister in die Kan toor van die Adjunk-president,
dr. Pallo Jordan, Minister van Omgewingsake en Toerisme, en mnre.
Ben van der Walt, VF LP, Pieter Grobbelaar, VF LP, en Andrew
Feinstein, ANC LP, was hierby betrokke.
Onder die betogers by die Parlement was mnre. Stephan Maninger, VF
Jeug woordvoerder, en Christiaan van der Merwe, leier van die VF
Jeug in die Noord-Kaap en seun van die gewese KP LP mnr. Daan van
der Merwe.
Die ANC het later gesê party-politieke byeenkomste kan nie in die
Parlement toegelaat word nie.
Die NP, IVP en Vryheidsfront het die voorval vergelyk met voriges
toe ANC ondersteuners in die galery geskreeu en getoi-toi het. Die
DP het gesê die betoging is 'n kwade dag vir Afrikaans en vir die
demokrasie.
VF se inval in Parlement benadeel Afrikaans, sê DP bl.2.
Re: Oeps! - Gewone Woorde [boodskap #11246 is 'n antwoord op boodskap #11245] So, 09 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling heeft geschreven in bericht
...

> Miskien was jy uitstedig toe al die koerante berig het oor die feit
> dat swart parlementslede "kaffers" genoem is deur die betogers wat
> namens Afrikaans daar gaan betoog het?

En studente deur die agbare lede "wit honde" genoem is?

Hmm... ek wonder wie van die twee partye die meeste aan aansien inboet in so
'n situasie.

>
> Was jy uitstedig Leendert?

Nee. In intensiewe sorg. En ek is heelwat beter, dankie. Ek kan sedertdien
nog nie praat nie (wat nog te sê van "rassistiese opmerkings skree") maar,
soos jy opgelet het, is ek in ander opsigte weer perdfris. Maar dis 'n
onverbeterlike alibi, nie waar nie? :-)

> Het jy dalk nie die koerante gelees nie?

Nee. Maar danksy die Burgerberig wat jy vir ons geplaas het, is ek nou meer
op datum.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: bezoek aan zuid-afrika
Volgende onderwerp: Uit "Toorklip" van D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:24:23 MGT 2024