Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit "Toorklip" van D.J. OPPERMAN
Uit "Toorklip" van D.J. OPPERMAN [boodskap #11252] So, 09 November 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit "TOORKLIP"
D.J.Opperman

"Voor My hang lug en aardbol, 'n retort
waar jul teen wil en dank gesuiwer word:
swart, bruin en wit, elke element
wat glansloos skuil onder My firmament.
En ook het Ek my gees omsluit met stof
dat ieder: kwik, piriet of dowwe
erts op wie my Seun as Godsteen straal,
verander word in edele metaal."

Maar ék verlos die mens en hierdie land
volgens 'n ander alchemistiese verband
tussen ons duister gees en U, o God,
as ek patrone skep van myn en krot,
van kiepersol, swart trossies nastergal
en kwarteltjies wat dans - so die heelal
met mens, agaat en boomsalmander
deur die toorklip van die woord verander.
Vorige onderwerp: Re: Oeps! - Gewone Woorde
Volgende onderwerp: Re: Boer war
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 14:15:26 MGT 2024