Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou Boek gesoek
Ou Boek gesoek [boodskap #112244] Sa, 20 Januarie 2007 08:51
George Orwell  is tans af-lyn  George Orwell
Boodskappe: 22
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
DE WET!

Wie is die dapper generaal? De Wet!

Wie stry so dapper in Transvaal? De Wet!

Wie is dit wat die trotse Brit

So telkens in die stof laat sit?

De Wet! (7x)

Wie kom, wie gaan net soos 'n gees? De Wet!

Wie word deur die Tommies meer gevrees? De Wet!

Wie is dit wat elke slag

Verskyn waar hulle hom nie verwag?

De Wet! (7x)

Wie ken die pad om koers te hou? De Wet!

Wie is dit wat moed behou? De Wet!

Wie laat hom van geen vyand paai?

Wie toon hom immer ewe taai?

De Wet! (7x)

Boerematers!!! Hierdie is 'n groot helde-lekkerte en wanneer jy jou
hoed, van welke formaat ookal, afhaal en saam met die hele corona dit in
die lug swaai wanneer jy kliphard, 7 maal makeer die pas op: "De Wet,
De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, DE WET, DE WET!!! ... " Wil jy net
aanhou en aanhou en aanhou sing, want hierdie is 'n gaaf gevoel! ~ En
julle sal nie glo hoeveel diverse hoofdeksels daar in die corona
teenwoordig was nie! Natuurlik die tradisionele helde-hoed in Gideon
Scheepersstyl. 'n Heksedeksel, 'n gekramde papierkardoesdeksel, die van
'n matroos, 'n blou baret, 'n Russiese pelsmus (of twee), 'n pienk en 'n
blou plastiek cowboy hoed en alles tussen in, daarvoor en daarna!
Vorige onderwerp: Genadendal - Die Moraviese Sending in SA
Volgende onderwerp: HOU DJOU ROKKIES BYMEKAAR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:16:22 MGT 2024