Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!!
BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11093] Do, 23 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees Winnie Mandela seg:

"Crime is running rampant because criminals are saying they wont get
the death penalty....Dont we, as a democratic country, have an
obligation to take this to a referendum?"

Ek stem saam. So 'n bek moet jam kry! Winnie vir President !
Sy weet dat die meerderheid swartes (en blankes) ten gunste is van die
doodstraf, maar dat die ANC dit nie eers wil oorweeg nie. ANC skande!

Eers as sy die doodstraf her-ingestel het, dan laat ons haar onmiddelik
verhoor vir Stompie se dood.

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11106 is 'n antwoord op boodskap #11093] So, 26 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
> Hei. Get real, china.
> Ons leef in dieselfde land as sy.
> Sy is vir ons n werklikheid en iemand waaroor daar verslag gedoen word
> nie.
>
Ag ou Koos man, ontspan. Lyk vir my jy het heeltemal te veel stres!!

> As haar oproep nie so ontsaglik deursigtig en siek gewees het nie, sou
> dit dalk snaaks kon gewees het.
>
Miskien lê die humor juis daarin dat dit so deursigtig en soek is.

So terloops hulle het nou die steungroep vir Politici - Politici Annoniem
nou ontbind - hulle het saamgesmelt me Leunaars Annoniem

Groete uit die Paarl

-Gideon-
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11107 is 'n antwoord op boodskap #11093] So, 26 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Oct 1997 06:31:09 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

> "Crime is running rampant because criminals are saying they wont get
> the death penalty....Dont we, as a democratic country, have an
> obligation to take this to a referendum?"
>
> Ek stem saam. So 'n bek moet jam kry! Winnie vir President !
> Sy weet dat die meerderheid swartes (en blankes) ten gunste is van die
> doodstraf, maar dat die ANC dit nie eers wil oorweeg nie. ANC skande!>>>

Hei. Get real, china.
Ons leef in dieselfde land as sy.
Sy is vir ons n werklikheid en iemand waaroor daar verslag gedoen word
nie.

As haar oproep nie so ontsaglik deursigtig en siek gewees het nie, sou
dit dalk snaaks kon gewees het.

Maar ek voorstel dat sy net nêrens gaan kom nie met die siek en
absolute amorele oproep tot populistiese steun om die kakstorm te
probeer keer wat polities na haar kant toe kom.
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11118 is 'n antwoord op boodskap #11093] Ma, 27 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Oct 1997 05:17:35 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

Dis nou afgesien van die feit of die doodstraf goed of sleg is.>>[/color]

Oppas vir daai een. Daar le gate so diep soos donkies in die pad en jy
ry baie vinnig as jy daai argument gebruik.

Soos: n Referendum of die NP toegelaat moet word om te bestaan.
n Referendum om te bepaal of die vorige heersers gehang moet word.
n Referendum om te bepaal om al die boere se plase afgevat en
uitgedeel moet word onder die bevolking.

En so aan.

Die verskil tussen demokrasie en mob rule is dalk fyn, maar dis daar.
Dit setel daarin dat die regering keuses uitoefen wat in die eerste
plek verantwoordelik is in die breer goed van die samelewing en dat
hulle daardie keuses maak binne die raamwerk van die beginsels waarop
hulle gekies is.

In die oploop tot die verkiesing het ons toevallig n uitstekende
voorbeeld gesien van n party wat heeltemal te ver oorgehel het na die
kant van mindless demokrasie en die prys daarvoor betaal het. Dit was
die PAC.
Die fokkers kon geen besluit neem voor hulle nie die constituency
geraadpleeg het nie. En dan doen hulle wat die constituency wil he -
na n laaaang tyd.
In die proses het hulle swak gereageer en n ernstige gebrek aan visie
ontwikkel.

Die ding van die doodstraf begin by die Grondwet wat die reg tot lewe
en so aan erken. Die reg sprei wyd uit in alle rigtings en as jy
suiwer prinsipieel daaroor wil wees, moet jy waarskynlik die doodstraf
afskaf.

Die doodstraf in SA het in elk geval daardie soort teenwoordigheid in
die common mind dat denke daaroor fundamenteel is.

Dit was omdat daar onder apartheid n doodstraf was en omdat baie
"freedom fighter" gehang is - reg of verkeerd.
Die persepsie - reg of verkeerd - bestaan dat die doodstraf makliker
vir swartmense gegee is as vir blankes. In die proses is dit nou met
apartheid verbind.
Of dit nou regverdigbaar is of nie, dit is die persepsie in die
"common mind" in SA.

Ek is ook oortuig dat as n landwye referendum uitgeskryf word en die
ding word verpolitiseer, sal die bevolking daarteen stem want spoke
sal by die duisende uit die verlede aangejaag word oor elke verhoog.

Dan die praktiese aspek: Wat presies gaan dit help in terme van
misdaad om die doodstraf weer in te stel?
Dit is in die eerste plek net vir n paar misdade soos moord,
verkragting en hoogverraad.
En so "bad" soos dit is, is dit n baie klein persentasie van die
misdade wat SA so beduiwel.
En in die tweede plek, wat help die doodstraf as die fokkers nie
gevang word nie?

(Hoekom hulle nie gevang word nie het natuurlik talle redes, sommige
kom uit die verlede, sommige setel in die trauma van n oorgang, ander
het te doen met armoede en werkloosheid en sommige met kak
polisieering. Dan is daar natuurlik weer die swak betaling vir
polisiemanne en die gebrek aan polisiemanne en howe en aanklaers. Dit
impak weer op opleiding en uiteindelik op staatsuitgawes. En die SA
regering het - reg of verkeerd - besluit die wortel van herstel le in
n gesonde ekonomie en het dus as prioriteit die stryd teen inflasie.
Dus is daar nie juis staatsgeld om duisende polisiemanne te begin
oplei en betaal nie.)

As die doodstraf weer ingestel word, sal misdaad voortgaan maar n
klompie mense sal vir n paar weke emosionele bevrediging kry. En dan
wat?
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11119 is 'n antwoord op boodskap #11093] Ma, 27 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Martin Vivier  is tans af-lyn  Martin Vivier
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!!

die doostraf terug..... sy behoort eerste te hang
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11120 is 'n antwoord op boodskap #11093] Ma, 27 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos,
ek stem saam dat Winnie siek is (en nog ander goed ook),
en wat my betref kan hulle haar aan die naaste boom ophang.

Maar wat die doodstraf betref is die ANC beslis ondemokraties.
Dis nou afgesien van die feit of die doodstraf goed of sleg is.

Vriendelike Groete
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11126 is 'n antwoord op boodskap #11093] Di, 28 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in article ...

> En die SA
> regering het - reg of verkeerd - besluit die wortel van herstel le in
> n gesonde ekonomie en het dus as prioriteit die stryd teen inflasie.
> Dus is daar nie juis staatsgeld om duisende polisiemanne te begin
> oplei en betaal nie.)

Dit is _juis_ die fout. Die fundamentele funksie van die staat is om die
lewe en goed van sy burgers te beskerm teen misdadigers binne die samelewing
en teen aanvalle van buite die staat. Daarsonder kan geen gesonde ekonomie
tot stand kom nie.

Ons moet dus aflei dat dit nie "reg of verkeerd" is nie, maar "verkeerd" :-)

Groete, Leendert.
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11149 is 'n antwoord op boodskap #11093] Vr, 31 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Oct 1997 08:53:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

En die SA
>> regering het - reg of verkeerd - besluit die wortel van herstel le in
>> n gesonde ekonomie en het dus as prioriteit die stryd teen inflasie.
>> Dus is daar nie juis staatsgeld om duisende polisiemanne te begin
>> oplei en betaal nie.)
>
> Dit is _juis_ die fout. Die fundamentele funksie van die staat is om die
> lewe en goed van sy burgers te beskerm teen misdadigers binne die samelewing
> en teen aanvalle van buite die staat. Daarsonder kan geen gesonde ekonomie
> tot stand kom nie.
>
> Ons moet dus aflei dat dit nie "reg of verkeerd" is nie, maar "verkeerd" :-) >>

OK. Staatsuitgawes vermeerder drasties om die misdaad so goed as
moontlik te bekamp.
Daarop moet nog howe gebou word, nog aanklaers en landroste en regters
aangestel word.
En dan natuurlik ook heelwat meer tronke om die stroom bandiete te
akkomodeer.
En bewaarders ook.
En al die ouens vereis dan meer opleidingskolleges.
En almal van hulle het pensioenskemas en mediese fondse. En, o ja, die
bandiete het ook hospitaalsorg en kos en so aan nodig.
En almal natuurlik ook water en elektrisiteit en so aan.

Die hele spulletjie skuif inflasie merkbaar op na n paar maande.
Dit veroorsaak dat mense wat tot dan toe bereid was om in in die land
te bele, nie meer wil nie.

Die staat gaan ook lenings aan om vir al die goed te betaal.
Later gaan n moerse klomp staatsinkomstes om die lenings af te betaal
en nog geld moet geleen word om al die projekte te voltooi......en so
aan.

Dit alles beteken skielik, Leendert, dat jou geld se waarde een dag
skielik drasties minder word en inflasie aan die paniek-persentasies
begin raak.

Dit alles lei binne so twee jaar tot n ekonomiese krisis waarin nog
meer mense werkloos word en .....misdaad weer begin toeneem.
Maar die keer gaan dit saam met 'n paniekerige ekonomie en
inflasiesyfers wat hand uit geruk het.

?
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11161 is 'n antwoord op boodskap #11093] Ma, 03 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in article ...

> On Tue, 28 Oct 1997 08:53:14 +0200, "Leendert van Oostrum"

>> Dit is _juis_ die fout. Die fundamentele funksie van die staat is om die
>> lewe en goed van sy burgers te beskerm teen misdadigers binne die samelewing
>> en teen aanvalle van buite die staat. Daarsonder kan geen gesonde ekonomie
>> tot stand kom nie.
>

Magtig Koos!

Jou argument hieronder kan gesien word as 'n pleidooi vir _meer_ misdaad om
die staat aan die gang te hou :-)

Jy het al tevore daarna verwys dat jy hierdie nuusgroep beskou as die
ekwivalent van 'n kroeggesprek. Ek lei af dat hierdie bydrae vergelyk moet
word meet 'n _laataand_ -kroeggesprek!

> OK. Staatsuitgawes vermeerder drasties om die misdaad so goed as
> moontlik te bekamp.

Nie noodwendig nie. Misdaadbekamping het ook 'n finansiële rendement:

a) 'n Groot deel van die midaad is korrupsie binne die staat - die
bekamping daarvan bespaar dus staatsuitgawes.
b) Misdaad is 'n onbelasbare deel van die ekonomie. Wanneer daardie
(massiewe groot) sektor kleiner word, sal ten minste 'n deel daarvan omgesit
word in belasbare ekonomiese bedryfwigheid, wat die belastingbasis
potensieel vergroot (as die ouens niebelasitng ontduik nie - maar, verstaan
ek, dis ook misdaad :-). Ten minste vir sover individue, maatskappy en
versekeraars kleiner verliese toon, sal hul belasbare inkomste groter wees.
Net uit die potensiële verliese wat motorversekeraars maak sal jy moontlik
'n tronk of wat kan bou en onderhou.
c) Misdaad het 'n dempende effek op die ekomie in die vorm van kleiner
beleggings, van buite en binne die land. Deur dit te bekamp, verwyder jy
hierdie effek, wat jou belastingbasis weereens vergroot.
d) Misdaad skep wel 'n legitieme ekonomiese sektor wat belastings
betaal - die sekuriteitswese. Maar dit is nie 'n produksiesektor nie. Dit is
hulpbronne wat potensieel gebruik kon word om produksie te vermeerder. In
die ekonomie as geheel moet jy die koste van sekuriteit _bytel_ by die
direkte koste van misdaad om sy effek op die ekonomie te bereken.
e) As die staan nie sy fundamentele funksie uitvoer nie (om die lewe,
liggaam en goed van sy inwoners teen mekaar en teen buitelandse aanvallers
te beskerm) gebruik die inwoners eiereg - weerwraak, boendoe-howe, ens. Elke
keer wat dit gebeur, skep jy 'n nuwe misdadiger - met die kostes daaraan
verbonde.

> Daarop moet nog howe gebou word, nog aanklaers en landroste en regters
> aangestel word.
> En dan natuurlik ook heelwat meer tronke om die stroom bandiete te
> akkomodeer.
> En bewaarders ook.
> En al die ouens vereis dan meer opleidingskolleges.
> En almal van hulle het pensioenskemas en mediese fondse. En, o ja, die
> bandiete het ook hospitaalsorg en kos en so aan nodig.

O ja? En wat van die hospitaalsorg vir die slagoffers van die misdaad?

Maar jy is reg. Bandiete is duur. Dis een argument wat vir die herinstelling
van die doodstraf aangevoer word :-)
Maar tronke, anders as misdaad, produseer wel iets - baie van die gevangenes
kry die geleentheid om kundighede en vaardighede te leer wat later tot die
ekonomie kan bydra.

> En almal natuurlik ook water en elektrisiteit en so aan.
>
> Die hele spulletjie skuif inflasie merkbaar op na n paar maande.
> Dit veroorsaak dat mense wat tot dan toe bereid was om in in die land
> te bele, nie meer wil nie.
>
> Die staat gaan ook lenings aan om vir al die goed te betaal.
> Later gaan n moerse klomp staatsinkomstes om die lenings af te betaal
> en nog geld moet geleen word om al die projekte te voltooi......en so
> aan.
>
> Dit alles beteken skielik, Leendert, dat jou geld se waarde een dag
> skielik drasties minder word en inflasie aan die paniek-persentasies
> begin raak.
>
> Dit alles lei binne so twee jaar tot n ekonomiese krisis waarin nog
> meer mense werkloos word en .....misdaad weer begin toeneem.
> Maar die keer gaan dit saam met 'n paniekerige ekonomie en
> inflasiesyfers wat hand uit geruk het.

Koos, my naiewe begrip van inflasie is dat dit die gevolg is van besteding
wat nie tot produksie lei nie. Ek weet van niks - selfs nie eens oorlog of
Curriebekerrugby nie - wat minder produseer as misdaad nie.

Jy het nou 'n mooi lysie gegee van die kostes verbonde aan misdaadbekamping.
Ek stel voor dat jy daardie kostes nou gaan kwantifiseer en dit vergelyk met
die reële koste van misdaad.

Groete, Leendert
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11162 is 'n antwoord op boodskap #11093] Ma, 03 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
FanTim[1]  is tans af-lyn  FanTim[1]
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Maar jy is reg. Bandiete is duur. Dis een argument wat vir die herinstelling
> van die doodstraf aangevoer word :-)

Wel, net 'n idee. Ons, die man op die straat moet hierdie bandiete
onderhou. Maar hulle ploeg niks terug in die ekonomie nie. My voorstel is
vir die inwerking stelling van "Chain-Gangs", soo in die ou amerika. Laat
die bliksems werk vir sy onderhoud. Laat hy paaie bou, slote grawe, laat
boere 'n span of twee huur met oes tyd. Nie net verlig dit die las op
belasting betalers nie, maar die is dalk selfs 'n beter afskrik middel as
die doodstraf.

Groete

FanTim
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11163 is 'n antwoord op boodskap #11093] Ma, 03 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 3 Nov 1997 10:58:27 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11165 is 'n antwoord op boodskap #11093] Di, 04 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos, dis waaragtig laataand in die kroeg by jou!

Koos wrote in article ...

> On Mon, 3 Nov 1997 16:16:32 -0600, "FanTim"
> wrote:
>
> > belasting betalers nie, maar die is dalk selfs 'n beter afskrik middel as
>> die doodstraf.>>
>
> Great idee.
> Maar daar sal ook sommetjies gemaak moet word want die ouens sal buite
> goed opgepas moet word. En dit sal beteken minder bewaarders in die
> tronk selfs beskikbaar.
> En so aan.

Maar Koos, as die ouens buite is hoef die tronk mos nie bewaak te word nie?
(Of is dit nou vir geval die tronk besteel word? :-)

>
> Dan is daar ook die vraag wat sulke hande-arbeid kan doen?
> Werklike goeie paaie bou sal hulle waarskynlik nie kan nie omdat dit
> nogal moeilik is - verstaan ek - om teerpaaie te bou wat hou.
>
> Die masjiene doen dit miskien vinniger en op die duur goedkoper en
> heel waarskynlik beter. En die mense om die masjiene het moontlik
> sekere "skills" nodig wat hulle waarskynlik opbou met tyd.

a) Ons het nie net teerpaaie nodig nie.
b) By die Lesotho-waterskema word honderde kilometers pad met
hande-arbeid gebou - om werkgeleenthede vir die plaaslike bevolking te skep.

>
> Miskien kan die munisipaleit hulle huur om paaie byvoorbeeld reg te
> maak in die stede - daai ouens wat met swaar instrumente op die pad
> stamp.
>
> Maar dit kan weer beteken dat die munisipaliteit mense sal moet
> afdank. En werkloosheid lei na misdaad.

Fout. Werkloosheid lei nie na misdaad nie. In die depressie van '33 het die
misdaadsyfers in die VSA gedaal ten spyte van ongehoorde hoë
werkloosheidsyfers.

Die veranderlikes is bietjie meer kompleks as jou eenvoudige sosiale tit for
tat, Koos (of Mbeki s'n).

Groete, Leendert
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11166 is 'n antwoord op boodskap #11093] Di, 04 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in article ...

> On Mon, 3 Nov 1997 10:58:27 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11167 is 'n antwoord op boodskap #11093] Di, 04 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 3 Nov 1997 16:16:32 -0600, "FanTim" wrote:

belasting betalers nie, maar die is dalk selfs 'n beter afskrik middel as[/color]
> die doodstraf.>>

Great idee.
Maar daar sal ook sommetjies gemaak moet word want die ouens sal buite
goed opgepas moet word. En dit sal beteken minder bewaarders in die
tronk selfs beskikbaar.
En so aan.

Dan is daar ook die vraag wat sulke hande-arbeid kan doen?
Werklike goeie paaie bou sal hulle waarskynlik nie kan nie omdat dit
nogal moeilik is - verstaan ek - om teerpaaie te bou wat hou.

Die masjiene doen dit miskien vinniger en op die duur goedkoper en
heel waarskynlik beter. En die mense om die masjiene het moontlik
sekere "skills" nodig wat hulle waarskynlik opbou met tyd.

Miskien kan die munisipaleit hulle huur om paaie byvoorbeeld reg te
maak in die stede - daai ouens wat met swaar instrumente op die pad
stamp.

Maar dit kan weer beteken dat die munisipaliteit mense sal moet
afdank. En werkloosheid lei na misdaad.

Daar is nie maklike oplossings nie.
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11171 is 'n antwoord op boodskap #11093] Wo, 05 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 4 Nov 1997 15:40:21 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

misdaadbekamping duurder is as om dit bloot te laat voortgaan.>>[/color]

1. Vir iemand wat soms geweldig opgewonde kan raak as mens jou nie ten
volle aanhaal nie, kan jy ander mense se boodskap darem lekker
verdraai, ne?

Dis nie wat ek gese het nie.

En dan: Dis mos jy wat die volgende beweer:
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11195 is 'n antwoord op boodskap #11093] Do, 06 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in article ...

> By the way, waar kom Bonnie and Clyde vandaan? En Al Capone? En Lucky
> Luciano en sy chommies? Waar en hoe het hulle grootgeword? En die
> ghetto's van die VSA vandag?

Uit die tyd voor die depressie, as ek reg onthou.

Jy moet bietjie dink aan die kwessie van kousaliteit, Koos.

Watter een van die volgende twee is noodwendig reg:

a) Armoede lei tot misdaad
b) Misdaad lei tot armoede

Motiveer die antwoord.

Groete, Leendert
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11196 is 'n antwoord op boodskap #11093] Do, 06 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On 27 Oct 1997 05:17:35 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:
>
> > Dis nou afgesien van die feit of die doodstraf goed of sleg is.>>
>
> Oppas vir daai een. Daar le gate so diep soos donkies in die pad en jy
> ry baie vinnig as jy daai argument gebruik.
>
> Soos: n Referendum of die NP toegelaat moet word om te bestaan.
> n Referendum om te bepaal of die vorige heersers gehang moet word.
> n Referendum om te bepaal om al die boere se plase afgevat en
> uitgedeel moet word onder die bevolking.
>
> En so aan.
>
Ja ja en of jy ongebore kinders maar kan vermoor (sonder referendum?).

Presies wat die ANC sê 'Hou jou bek en maak soos ek sê of ek sal jou
regte van jou wegvat!!'. Per slot van rekening wil hulle he die
misdadigers moet vir hulle stem in die 99 verkiesing. Koos jy praat by
die dag meer en meer soos 'n ANC politikus - goed gebrainwash ne? He HE
- grappie - moet jouself nou nie weer saan en bevuil nie!!

Cheers
Lou
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11215 is 'n antwoord op boodskap #11093] Vr, 07 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 06 Nov 1997 16:44:14 +0200, Lou wrote:

misdadigers moet vir hulle stem in die 99 verkiesing. Koos jy praat by[/color]
> die dag meer en meer soos 'n ANC politikus - goed gebrainwash ne? He HE
> - grappie - moet jouself nou nie weer saan en bevuil nie!!>>>

Lou, ek wil nie sulke besluite op referendums geneem he in die land
waar ek bly nie, maak nie saak wie die regering is nie.

Dink vir jouself n paar referendum-vrae oor "sake van die dag" uit en
projekteer dit vorentoe in politieke werklikheid.

En dink aan mense wat veldtogte kan voer met die oog op referendums.

Soos: "Moet ons alle huise wat nie 11 mande van die jaar deur die
eienaar bewoon word nie, aanwend om die woningsnood in die land op te
los?"

Of: "Moet ons belasting afskaf vir mense wat kan bewys dat hulle deur
apartheid benadeel was"?

Of: "Moet mense wat minder as R1500 n maand verdien n staats
gesubsidieerde flat fee vir alle dienste betaal?"

Of: "Moet Afrikaans toegelaat word in die land se skole?"
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11216 is 'n antwoord op boodskap #11093] Vr, 07 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Partykeer stem ek saam met Koos en die ANC :-)

Met die regering wat ons het, is ons veiliger sonder die doodstraf as
daarmee!

Groete, Leendert

Koos wrote in article ...
> Lou, ek wil nie sulke besluite op referendums geneem he in die land
> waar ek bly nie, maak nie saak wie die regering is nie.
>
> Dink vir jouself n paar referendum-vrae oor "sake van die dag" uit en
> projekteer dit vorentoe in politieke werklikheid.
>
> En dink aan mense wat veldtogte kan voer met die oog op referendums.
>
> Soos: "Moet ons alle huise wat nie 11 mande van die jaar deur die
> eienaar bewoon word nie, aanwend om die woningsnood in die land op te
> los?"
>
> Of: "Moet ons belasting afskaf vir mense wat kan bewys dat hulle deur
> apartheid benadeel was"?
>
> Of: "Moet mense wat minder as R1500 n maand verdien n staats
> gesubsidieerde flat fee vir alle dienste betaal?"
>
> Of: "Moet Afrikaans toegelaat word in die land se skole?"
>
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11224 is 'n antwoord op boodskap #11093] Sa, 08 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Nov 1997 12:46:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
> Met die regering wat ons het, is ons veiliger sonder die doodstraf as
> daarmee!>>

Leendert, was jy ook saam met daai groep Parlement toe om te gaan
rassistiese aanmerkings van die gallery af te skreeu nou die dag?

Ek wonder rerig of jy daar was, nou vra ek maar.
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11225 is 'n antwoord op boodskap #11093] Sa, 08 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling heeft geschreven in bericht
...
> On Fri, 7 Nov 1997 12:46:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>> Met die regering wat ons het, is ons veiliger sonder die doodstraf as
>> daarmee!>>
>
> Leendert, was jy ook saam met daai groep Parlement toe om te gaan
> rassistiese aanmerkings van die gallery af te skreeu nou die dag?

Het hulle rassistiese opmerkings geskreeu?

Wat was die opmerkings?

Ek het wel die uitsendings op Monitor gehoor waar die ANC kabinetsminister
skatalogiese opmerkings skreeu.

>
> Ek wonder rerig of jy daar was, nou vra ek maar.

Wanneer ek in die parlement praat, Koos, doen ek dit onder die gesag en met
die toestemming van die speaker of die voorsitter van die betrokke kommitee.
Ek het nie nodig om dit van die openbare gallery af te doen nie.

Groete, Leendert
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11247 is 'n antwoord op boodskap #11093] So, 09 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 8 Nov 1997 22:26:13 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>>[/color]

Fokkit heh?

Vra jou raad en alles?

Jissie, huh?

N.S. Vra hulle jou baie keer om raad, die ANC -heesers in die Kaap
onder wie se beskermende gesag jy so in die Parlement praat?

Leendert ek sit hier en lag my gat af en dan wonder ek of jy sal weet
hoekom ek so lag. En dan lag ek nog meer!

OK ek sal sê: Dit moet vir jou n verskriklike dilemma wees. Eers
spoeg jy oral sulke stukkies gif oor my "ANC-ledegeld" en oor my
"..base wat die nuusgroep lees..." en "...politieke kommissarisse...."
en so aan.

Met ander woorde jy bou n subtiele verband tussen my en die ANC in jou
antwoorde op my boodskappe waarin ek jou op jou leuns gewys het oor
ander mense van wie se politiek jy klaarblyklik nie hou nie.

Jy stel jou op dat jy eenkant staan - die "onafhanklike intellektueel"
- en dan aan die ander kant is die van wie jy verskil en wie met jou
verskil.

En hulle maak jy herkenbaar aan hulle etiket - wat jy op hulle plak.

In die geval n ANC-etiket.

En dan, skielik, vra ek n vraag wat jou in staat sal stel om jouself
op te hys op n voetstuk van marmer vanwaar jy kan aankondig dat jy
(praat afgemete in 'n diep stem) "...ahem..... ah.... deur die
Parlement in die Kaap uitgenooi word om aldaar te gaan praat...." en
dit alles "...onder die beskerming van haar edele die speaker self en
in die struktuur van 'n komitee ..."

Moerse dilemma want die mense met wie jy so hand om die blaas in die
Kaap is en wie se beskerming vir jou so baie beteken is natuurlik die
ANC/politieke kommisarisse/base!!!

En watter een wen in jou gemoed?

Bly jy Leendert die Onafhanklike?

Of maak jy al jou gif van die afgelope twee weke sonder skop en
probeer die aansien te wen van 'n man wat "...ahem....uh....deur die
Parlement genooi word om aldaar te gaan praat voor n SPESIALE
komitee...."

Leendert, ek skud soos ek lag hier.
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11248 is 'n antwoord op boodskap #11093] So, 09 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ai, Koos - jy kan darem so desperaat en onsamehangend raak as jou
plannetjies en lokvalletjies nie werk nie (tip, Koos: moenie 'n ander man se
taktiek teen homself probeer inspan nie - hy ken dit beter as jy :-)

Koos Skryf:

Ferdi Greyling heeft geschreven in bericht
...
> On Sat, 8 Nov 1997 22:26:13 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> > die toestemming van die speaker of die voorsitter van die betrokke kommitee.>>>
>
>
> Fokkit heh?
>
> Vra jou raad en alles?
>
> Jissie, huh?
>
> N.S. Vra hulle jou baie keer om raad, die ANC -heesers in die Kaap
> onder wie se beskermende gesag jy so in die Parlement praat?

Nie so dikwels nie, maar darem. Ook nie net die in die Kaap nie - sommige
provinsies kom ook agter hulle weet nie alles nie, en hul "capacity" groei
nie vanself nie.

Maar vir een wat spog dat hy in die persgallery gesit het, onderskei jy
moeilik tussen die "ANC-heersers" (soos jy hulle nou skielik noem) en die
parlement. As ek (of jy) in die parlement praat, doen ek dit onder gesag van
die parlement, nie van die regerende party nie. Dit behoort jy tog daar te
geleer het, Koos?

Of sukkel jy ook, soos die ANC om te onderskei tussen die ANC en die
parlement. Ek verstaan volgens Radiosondermense dat die ANC nou sy
partystukke op parlementêre (of was dit staatdiens- ?) papier druk - die DP
sê glo die ANC maak of die staatsdiens 'n arm van die party is.

>
> Leendert ek sit hier en lag my gat af en dan wonder ek of jy sal weet
> hoekom ek so lag. En dan lag ek nog meer!

Hmm... amper drie-uur Sondagoggend en jy is nog steeds besig met 'n
kroeggesprek (soos jy dit noem)? Ek kan raai hoekom jy so lag :-)

>
> OK ek sal sê: Dit moet vir jou n verskriklike dilemma wees. Eers
> spoeg jy oral sulke stukkies gif oor my "ANC-ledegeld" en oor my
> "..base wat die nuusgroep lees..." en "...politieke kommissarisse...."
> en so aan.
>
> Met ander woorde jy bou n subtiele verband tussen my en die ANC in jou
> antwoorde op my boodskappe waarin ek jou op jou leuns gewys het oor
> ander mense van wie se politiek jy klaarblyklik nie hou nie.

O? jy dag toe _dis_ die taktiek wat ek gebruik, en jy probeer dit op my
toepas? Met die sot ou storietjie oor sou ek saam met die studentetak van
die Vryheidsfront in die Kaap gewees het?

Nee wat. Jy verstaan nog nie wat dit is wat jou getref het nie. Jy moet nog
baie pap eet voor jy reseppies by my kan afkyk, Koos!

En nee, Koos. Dit was nie subtiel nie. Dit was eintlik heel blatant. Net so
blatant as jou onverdraagsaamheid teenoor enigiets wat ruik na kritiek op
die ANC - of enigiets wat nie voldoen aan jou eise vir politieke korrektheid
nie.

'n Paar maande gelede kon jy nie genoeg kry van lofsing oor die voortreflike
hoedanighede van ons heremeesters nie. Het dit nou verander? Honeymoon nou
verby? Nou dat die wierook van "legacies of apartheid" nie meer genoeg is om
al die stankies weg te steek nie?

En miskien moet jy nou iets doen om te sê watter leuens ek vertel het, Koos.
Jy pruttel aanmekaar oor "leuens", maar jy het nog nie op een gewys nie!

>
> Jy stel jou op dat jy eenkant staan - die "onafhanklike intellektueel"
> - en dan aan die ander kant is die van wie jy verskil en wie met jou
> verskil.
>
> En hulle maak jy herkenbaar aan hulle etiket - wat jy op hulle plak.
>
> In die geval n ANC-etiket.

Nee wat, Koos. Geen etiket is nodig nie. Dis jou onderrok wat so lank
uithang. Ek hoef maar net na die onderrok te wys.

> En dan, skielik, vra ek n vraag wat jou in staat sal stel om jouself
> op te hys op n voetstuk van marmer vanwaar jy kan aankondig dat jy
> (praat afgemete in 'n diep stem) "...ahem..... ah.... deur die
> Parlement in die Kaap uitgenooi word om aldaar te gaan praat...." en
> dit alles "...onder die beskerming van haar edele die speaker self en
> in die struktuur van 'n komitee ..."

Pragtige beeldspraak daardie, Koos - die "voetstuk van marmer" en so. Was
nogal effektief, ne :-)

Frustreer dit jou erg as ek munt slaan uit jou pogings om 'n etiket om _my_
ten hang, Koos?

Sorry you lost, old chap!

>
> Moerse dilemma want die mense met wie jy so hand om die blaas in die
> Kaap is en wie se beskerming vir jou so baie beteken is natuurlik die
> ANC/politieke kommisarisse/base!!!
>
> En watter een wen in jou gemoed?
>
> Bly jy Leendert die Onafhanklike?
>
> Of maak jy al jou gif van die afgelope twee weke sonder skop en
> probeer die aansien te wen van 'n man wat "...ahem....uh....deur die
> Parlement genooi word om aldaar te gaan praat voor n SPESIALE
> komitee...."
>
> Leendert, ek skud soos ek lag hier.

Hmmm... Soos die Prediker sê - "soos die gekraak van dorings onder 'n pot is
die gelag van 'n dwaas" (Nee, dis in Spreuke, dink ek).

Eintlik, Koos, volg ek maar net _jou_ oortuigings - ek verseker dat die
owerheid nie in 'n posisie kom om te kan sê "ons het nie geweet nie".
Wanneer ek op 'n punt kom dat ek die owerheid nie meer kan gehoorsaam nie,
word dit belangrik. Dit help as die rekords in Hansard is.

Jy behoort dit te weet, in die lig van die wyse waarop jy kan krakeel oor
mense wat sê: "ons het nie geweet nie".

(Miskien vergeet mens maar so bietjie tydens vroemorekroeggesprekke.)

Ongelukkig lyk dit asof jou heroes in die ANC (of is dit sedert onlangs
"voormalige heroes"?) die betekenis van die woord "konsekwent" nie beter
onder die knie het as jy nie :-(

Vriendelike groete, Leendert
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11273 is 'n antwoord op boodskap #11093] Ma, 10 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article ...

> On Sun, 9 Nov 1997 18:38:04 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> >>>
>
> Ha,ha....
>
> Nou dink ek terug aan Leendert die Virtuele Prossedeerder was altyd op
> die groep so op sy perdjie spring en ".....I demand..!!!! ." ....vir
> reekse van apologiee" as hy reken mense verbind hom aan goed wat hy
> reken hy NIE gese het nie.....
>
> En ek vra aan Leendert: "Ek meen jy bedoel (gesien die konteks) die
> Parlement se persgallery hier? En wanneer en waar sou ek beweer het
> my reine voetjies was ooit op die persgallery van die Parlement?
> Hmmm?"

Hmm... Ek herinner my 'n beskrywing van Vorster (of was dit botha) wat jy
gegee het, soos jy hom uit die persgallery waargeneem het. Miskien het jy
toe gelieg, miskien het ek my misgis. Indien laasgenoemde, vra ek om
verskoning. Indien eersgenoemde, sal dit mettertyd wel hier aangehaal word -
vers en kapittel.

Maar net vir ingeval ek my misgis het: "Vir een wat nooit 'n reine voetjie
in die persgallery gesit het nie maak jy darem baie aannames oor die
strukture van daardie instelling, weet jy!" :-)

Groete, Leendert
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11274 is 'n antwoord op boodskap #11248] Ma, 10 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 Nov 1997 18:38:04 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>>>

Ha,ha....

Nou dink ek terug aan Leendert die Virtuele Prossedeerder was altyd op
die groep so op sy perdjie spring en ".....I demand..!!!! ." ....vir
reekse van apologiee" as hy reken mense verbind hom aan goed wat hy
reken hy NIE gese het nie.....

En ek vra aan Leendert: "Ek meen jy bedoel (gesien die konteks) die
Parlement se persgallery hier? En wanneer en waar sou ek beweer het
my reine voetjies was ooit op die persgallery van die Parlement?
Hmmm?"

(En ek lag weer baie lekker.)
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11325 is 'n antwoord op boodskap #11093] Do, 13 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Nov 1997 17:27:33 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>>>[/color]

So do you, so do you...
Vorige onderwerp: Opale in Oz?
Volgende onderwerp: Zuid-Afrika bestookt Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:36:13 MGT 2024