Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Begin jou dag 'n slag met 'n lag
Begin jou dag 'n slag met 'n lag [boodskap #11147] Vr, 31 Oktober 1997 00:00
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
1) Hierdie storie kom van so 'n klompie jare gelede. Oom Chris en sy goeie
vroutjie het vas geglo dat daar net een betroubare voertuig op die pad is,
en dit is 'n Volkswagen Kewer. Hulle kuier die naweek by vriende. Die
vriende het 'n dogtertjie [Riekie] van so net by die 5 jaar oud. Dis laat
Sondagmiddag en die vriende maak gereed om te ry. Die tasse word nader
gedra, die Vollatjie word voor oopgemaak dat die tasse ingelaai kan word.
Riekie staan die spul en bekyk, bekommernis is op die gesiggie te lees en
dan kom die vraag: "Mamma, waar is daai kar se stoof dan?"

xxxxxxxxxxxxxxxx

2) Die gemeente het nie 'n predikant gehad nie, die pos was vakant. Sondae
moes een van die ouderlinge 'n preek voorlees. Elke Sondag was dit die
"twyfelagtige" voorreg van 'n ander ouderling. Die besondere Sondag is dit
oom Oosie se beurt. Hy het hom die hele week gekwel oor die aangeleentheid,
sê-nou hy lees verkeerd, sê-nou hy lees nie hand genoeg nie, sê-nou die
gemeente luister nie, sê-nou, sê-nou ens. Sy kleinseun, Bertie [4 jaar],
het van die ding gehoor, en siende dat hy en Oupa baie lief vir mekaar is,
het hy Oupa getroos met: "Toemaar Oup's ek sal daar wees en ek sal sommer
voor in die kerk, naby Oupa sit." Die diens het begin en Bertie het sy
belofte gestand gedoen, sit daar in die voorste gestoeltes. Oupa het vir
hom 'n glas water op die kateder neer gesit, sodat hy darem die keel kan
natmaak wanneer dit nodig sou word. Soos wat die preek gelees word, begin
Oupa homself daarin inleef en begin later redelik erg met die hande en arms
te beduie. Toe sy hand met een van die bewegings met 'n spoed, redelik naby
die glas water verby beweeg, het Bertie besluit dat hy moet keer terwyl
daar nog te kere is. Hy spring op die bank en roep uit: "Oupa, Oupa, jy
moet oppas, jy slaat nou-nou jou dop in sy maai in!!"
[Einde van preek]

xxxxxxxxxxxxxxxxx

Liewe Internet vriend,

Ons pos elke Maandag, Woensdag en Vrydag staaltjies soos die hierbo aan
almal wat op ons adreslys is. Daar is geen koste aan verbonde nie, ons
stuur NIE gemorspos nie en ons wil ook niks aan jou verkoop nie. Indien jy
dit ook wil ontvang, stuur net aan ons 'n E-pos met: STUUR STAALTJIES en jy
kan dit ook ontvang. Indien jy na 'n paar dae besluit dat ons besig is om
jou tyd te mors, dan vra jy net dat ons jou adres verwyder, en ons doen dit
dadelik. Pos jou briefie aan: dm...@global.co.za

Groete,

Danie Martins
Vorige onderwerp: Hervorming, herfs en Halloween
Volgende onderwerp: Te veel politiek!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 12:52:56 MGT 2024