Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE AUSTRALIESE VLIEG............
DIE AUSTRALIESE VLIEG............ [boodskap #11038] Di, 14 Oktober 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die van julle wat liggeraak is oor "kru" woorde moet tog
maar nie verder lees nie asseblief!

Soos julle weet is vlieë 'n groot las in Australie.
Die rede waarom kurkproppe van die argetiepiese Australier se hoed afhang
is om die vlieë weg te jaag, (soos 'n bees se stert).
Ek gesels onlangs met vriende en een vertel toe waarom die
vliee die heeldag om jou bly hang: Hulle dink die mens is soos enige
ander dier, en dat hy een of ander tyd gaan skyt.
Ons maak toe onmiddelik grappies daaroor: miskien moet mens 'n sak beesmis
saamdra, en dan elke nou en dan 'n miskoek uitgooi - dalk sal hul jou
dan uitlos!. In elk geval:

Die Australiese vlieg
---------------------
In die land van kangeroe en bloekomboom
oral waar daar geur uit drolle stoom
My voorsate kom van ver:
nog lank voor skape bler,
vanuit aboriginie se neus en oog
tot waar bandiet sy baba soog

Ek is die kroonprins van Australia:
ek sit op kak, en sing 'n aria!
Vandaar gaan sit ek op 'n lip
ek wil by Bruce se mond in glip!
Dis geen wonder sy Aus-aksent is swaar
As hy sy mond oopmaak is ek daar!
Heeldag hang ek om hom rond,
en wag op pis of stront
ek weet hy's te lui om my te slaan
daarom is ek kaatjie van die baan
Vir niks en niemand is ek bang!
nie eers vir proppe wat van hoed af hang.

oral waar daar sweet af tap:
(die son is warm, dis geen grap)
van outback tot op krieketvelde,
Ons is australie se vuilgat helde!
Makie sakie: kangeroe, skaap of hond,
wit of swart, stront is stront!
Die kakhuis is ons vrugteboort
teen die vensters zoem ons voort

By die sifdeur wag ons heeldag lank
in die hoop op spys en drank
ons sit solank op hond se bal
die deur is oop, nou gaan dit mal:
Sheila kook met kos en spys
ons wil haar 'n ietsie wys
Ons vryf ons pootjies af en skyt
bederf haar kos en hou jolyt
Van Bruce se bier kry ons vog
Sheila sug en skink maar nog !

Ons hoor hier kom Afrikaners aan,
om 'n nuwe weg te baan
Come lets go old mate,
sal ons op hul kos gaan skyt ?
Die kos uit hul kombuis ruik heerlik
om daar te poef - dis begeerlik
Toe ons nog wonder wat
sien my maat sy gat:
O aarde hiers 'n ratse plak,
nie in DIE huis kak !
eerder weer na 'n aussie huis
dis veiliger in HUL kombuis.

---------------------

vriendelike groete
Re: Die Australiese vlieg [boodskap #11039 is 'n antwoord op boodskap #11038] Di, 14 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Soos ek gesê het, Galjoen, party mense het die kuns bemeester om 'kru'
woorde taamlik stylvol te gebruik. Jy is een van die weiniges.

Jy het voorheen genoem dat jou vrou van Upington af kom. Ek was in 1976
daar op skool. Laat sy my laat weet wanneer sy daar was. Upington het
gelukkig nou nie so baie vlieë nie maar daar byt die muskiete jou so dat jy
nie weet watter knop is jou kop nie.

Groete
Riana
Vorige onderwerp: her: slawerny
Volgende onderwerp: AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:16:12 MGT 2024