Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans is cool
Afrikaans is cool [boodskap #10921] Wo, 01 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Joe Car  is tans af-lyn  Joe Car
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Wat de duiwel is "kewl" anyway. Ek het nog altyd "cool" gesê\geskryf. Amper
soos die "neiu"of "neui" of "nuei" of wat dit ook al is... Wat is fout met
"new"?

Ek stem saam dat 'n mens soms sukkel om die regte woorde in Afrikaans te
kry. Ek meng my taal, en ek is nie skaam daaroor nie. Ek doen dit egter net
om twee redes: effek en as ek nie 'n soortgelyke woord in Afrikaans binne
0.25 s kan uitdink nie. Ek praat baie van login en password en RAM (ETG
suig) en CD (KS suig) ens. Maar die

basis waarop ek die woorde plaas bly Afrikaans. Goed soos RAM en CD kan as
beroepstaal (jargon) beskou word en ek dink die daar moet neergekyk word op
mense wat dit gebruik nie. Ek dink mense is aansitterig as hulle juis te
hard probeer om Afrikaans te praat. Praat dit soos dit lekker is!

Voorheen is daar neergesien op mense wat nie Engels kan praat nie, miskien
moet ons dit andersom doen. Praat Afrikaans tot die ou jou snaaks aankyk en
slaan dan oor na perfekte Engels - net om hom te wys hoe goed tweetalig jy
is. Cool, né!

Groete

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com
Fix the above email address.

Please note that ANY COMMERCIAL email
will result in a bill for $20 for proofreading.
By sending email to the adress above (after
removing the spam protection) you agree to
these terms
Re: Afrikaans is cool [boodskap #10930 is 'n antwoord op boodskap #10921] Do, 02 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 1 Oct 1997 09:30:24 GMT, "Joe Car" wrote:

> Wat de duiwel is "kewl" anyway. Ek het nog altyd "cool" gesê\geskryf. Amper
> soos die "neiu"of "neui" of "nuei" of wat dit ook al is... Wat is fout met
> "new"?
>
> Groete
>
> ------------------------------------------------------------ -
> Joe Car
> epitoli_sp...@hotmail.com
> Fix the above email address.
>
> Please note that ANY COMMERCIAL email
> will result in a bill for $20 for proofreading.
> By sending email to the adress above (after
> removing the spam protection) you agree to
> these terms
>
>
Se nou vir my, ken jy dalk vir 'n "Jasper Die Barbaar" wie amper so 'n
email adres gehad het?
Was daar 'n pad na Damascus of was barbaartheid net nie meer "Cool"
nie?
Re:Afrikaans is cool [boodskap #10931 is 'n antwoord op boodskap #10921] Do, 02 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek bly in New Zealand en is trots om Afrikaans te praat met wie my ookal
kan verstaan. Omdat meeste
mense hier net Engels kan praat, is daar baie respek as jy twee tale magtig
is. Ek is selfs gevra om
in die kerk (Anglikaans) in Afrikaans Bybel te lees sodat die tipiese
Engelse kan besef dat God ook in
ander tale tot ons spreek.

Voor ek weg is uit SA het ek gedink dit is makliker en maak 'n skoon breek
met taal en kultuut as om
te sien hoe dit onderdruk word. (Ek kan ten minste hier verstaan wat op TV
uitgesaai word) Maar skielik het Afrikaans vir my belangriker as ooit
geword. Ek luister meer Afrikaanse musiek as ooit te vore. Ek doen moeite
dat my kind Afrikaanse maats het. Ou familie stories word op skrif gesit.
Ek sing saam met my kind uit die FAK. En ek lees daagliks julle almal se
geskrifte op hierdie nuusgroep.

Ek besef egter dat my nageslag Engels sal wees - en dis hartseerder as wat
ek kon voorspel het.

Ek weet dat ek altyd met 'n sterk Afrikaanse aksent sal praat en dat mense
oor 20 jaar nog steeds vir
my sal vra wanneer gaan ek terug na my land. Maar Afrikaans sal altyd my
droom- en bidtaal bly.
Re: Afrikaans is cool [boodskap #10934 is 'n antwoord op boodskap #10921] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Joe Car  is tans af-lyn  Joe Car
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is al jare op die net en deel van die pret is om jou naam te verander na
wat jy wil. Ek het al baie name gehad en ek verander dit soos ek sekere
dele van my persoonlikheid toon. Joe Car was 'n skuilnaam wat ek lank terug
op van die humor groepe gebruik het, maar niemand het dit gevang nie (Joe
Car -- > Joker). Ek het moeg geraak vir naam Jasper die Barbaar.

Colin wrote in article
...
| On 1 Oct 1997 09:30:24 GMT, "Joe Car" wrote:
|
| >Wat de duiwel is "kewl" anyway. Ek het nog altyd "cool" gesê\geskryf.
Amper
| >soos die "neiu"of "neui" of "nuei" of wat dit ook al is... Wat is fout
met
| >"new"?
| >
| > Groete
| >
| > ------------------------------------------------------------ -
| >Joe Car
| >epitoli_sp...@hotmail.com
| >Fix the above email address.
| >
| >Please note that ANY COMMERCIAL email
| >will result in a bill for $20 for proofreading.
| >By sending email to the adress above (after
| >removing the spam protection) you agree to
| >these terms
| >
| >
| Se nou vir my, ken jy dalk vir 'n "Jasper Die Barbaar" wie amper so 'n
| email adres gehad het?
| Was daar 'n pad na Damascus of was barbaartheid net nie meer "Cool"
| nie?
|
|
Re: Re:Afrikaans is cool [boodskap #10935 is 'n antwoord op boodskap #10931] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Stephanus Schoeman skryf:

> Ek bly in New Zealand en is trots om Afrikaans te praat...

> Ek besef egter dat my nageslag Engels sal wees - en dis hartseerder as wat
> ek kon voorspel het.

Hoef dit regtig so te wees?

Dit laat my dink aan die Mennoniete (of grootdopers) in
die VSA. Menno Simonz was van 1532 tot 1536 pastoor te
Witmarsum in die gebied Friesland van toentertydse Nederland.
Eienaardig genoeg het die meeste mense in daardie gebied nie
Friesies of Hoog Hollands (Frankonies) gepraat nie, maar Laag
Saksies (Nederduits, Platduits). Die name Nederduits of Platduits
gee die indruk dat die taal een of ander dialek van Hoog Duits
(Schwabies) is, maar dit is nie die geval nie.

Ek huldig self alreeds van 1975 die mening dat alhoewel Afrikaans
se woordeskat nader aan Nederlands as enige ander taal l^e, die
manier van Afrikaans praat en die klanke van Afrikaans nader aan
Laag Saksies l^e. Dit is omdat heelwat mense uit die oostelike
dele van Nederland nas Suid Afrika verhuis het waar baie mense
se moedertaal laagskasies was.

In ieder geval, as 'n mens Laag Saksies gepraat het inplaas van
die amptelike tale Hoog Hollands in Nederland of Hoog Duits in
Duitsland, was die mens al klaar 'n tweede klas burger en dus
heelwat ontmagtig. Voeg daarby dat die staatsgodsdiens in
Nederland Gereformeed (Calvyn) en in Duitsland Lutherane was.
Dan kan mens begryp dat Laag Saksers wat boonop nie Calvyn
of Luther wou navolg nie, dit moelike sou h^e. Dit was presies wat
die Mennoniete te beurt geval het. Hulle is ewe erg deur Katolieke
en Prostestante vervolg. Gedurende die Tagtigjarige Oorlog het
hulle die meeste gelei. Om dit so uit te druk, hulle is van "left,
right and centre" bygekom. Dit het so erg geword dat hulle naderhand
ook moes emmigreer.

Daar is vandag nog steeds Mennoniete in die VSA oor. Drie eeue
na hulle voorouers se emmigrasie, praat hulle nog steeds onder
mekaar Laag Saksies. Onlangs is daar nog 'n woordeboek uitgegee
oor hulle dialek van Laag Saksies.

Dink julle nie dat dit ook met Afrikaans moontlik sal wees nie?

Wat ons dus moet doen, is om maniere te vind hoe Afrikaners
oor die hele wereld met mekaar in Afrikaans kan deelsaam wees.
Hierdie NuusGroep is maar een so 'n manier.

Party Afrikaners dink julle wat gee pad het, verraaiers is. Vergewe
hulle maar. Dirk, 'n vriend van my - 'n ware Afrikaner - het my twee
Saterdae gelede kom groet. Hy gaan Kanada toe emigreer. Ek was
stom van verbasing. Ek vra hom toe wat het hom laat besluit. Hy het
'n lang lys van terugvallings genoem. Die lasste strooi was toe sy
beste vriend - 'n landmeter - 'n ruk terug naby Lesotho in 'n lokval
gelei is. Klippe is in die pad gerol. Toe hy uitklim, skiet hulle hom
net daar dood en neem sy bakkie.

Dirk het besluit dat wat erg is, te erg is. Een van die vername dinge
wat hom kwel, is dat hy die werk van twee ander mense moet bydoen
wat vanwee regstellende aksie aangestel is. Daar is aan hom gese
dat as hy nie al daardie werk wil doen nie, is daar ander werklose
jongmans soos hy wat dit sal doen. Dirk werk as instrumentmaker
vir 'n private instansie. Hy het bietjie meer as 'n jaar gelede van werk
verander as gevolg van ekstra werk weens een regstellende aksie
geval. Toe loop hy toe o"e in in groter gemors.

Dirk is nie die enigste nie. My oudste seun werk ook vir 'n private
instansie as rekenaartegnikus. Hy werk saam met 4 ander wat almal
regstellende aksie gevalle is. Hy moet 5 mense se werk doen. Ek sien
hoe hy agteruit gaan. Soos met Dirk is daar aan hom gesê dat hierdie
ekstra werk deel van sy lot is as hy wil werk h^e. Hy soek ernstig na
'n nuwe werk. Hy het reeds aanbiedinge gehad, maar elke keer was
hy wys genoeg om betyds raak te sien dat dieselfde dilemma daar
heers.

Al hoe meer wit mans begin om as individue werk te doen. Hulle neem
niemand in diens nie sodat hulle nie deur regstellende aksies getref word
nie. Hulle kontrakteer hulleself uit. Verreweg die meeste van hulle
kontrakte is met groter instansies wat as gevolg van hulle eie
regstellende aksies nie meer kan byhou nie. Ek sien 'n ding aan die
kom. Die nuwe slegmaakwoord om wit jong mans by te kom, gaan
"individualisme" wees. Regstellende aksie is ingebring om die gevolge
van "rassisme" te verwerk. Wat kan hulle doen om die gevolge van
"individualisme" te verwerk?

Het iets soos 'n tagtigjarige oorlog nie al begin nie? Wat sê julle
mense daar anderkant? Hier sê hulle dat ons ons sterre moet dank
vir die NSA. Die misdaad, verval van openbare dienste, baantjies vir
boeties en soustreine is maar net geboortepyne. Ons moet glo kyk
wat ons gekry het - menseregte soos vryheid van spraak en assosiasie.
Maar daar is 'n spreuk wat sê dat papier is geduldig.

Beste wense
At
Re: Afrikaans is cool [boodskap #10936 is 'n antwoord op boodskap #10921] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Praat van tale meng! Die Kapenaars dink hulle meng hulle tale. Ek was
'n Nataller en ons het tale gemeng. Die basistaal was Afrikaans maar
ons het sinsnedes Engels en Zulu ingegooi nes dit lekker is. As jy nie
'n Nataller was nie kon jy nie 'n gesprek volg tensy jy aldrie tale
magtig was nie. Natuurlik was en is my Engels foutloos. Ek het die
'Queens English' geleer en toe ek Transvaal toe trek het dit my
gehinder hoe swak die Engelse taalgebruik hier is bv. in die 'Pretoria
News' en die 'Star'. In die Transvaal het ek my beleid gestel: as ek
'n man respekteer sal ek met hom Afrikaans praat; as ek op hom
neersien, praat ek met hom Engels. Wie vind fout hiermee?

dewald

On 1 Oct 1997 09:30:24 GMT, "Joe Car" wrote:

> Ek meng my taal, en ek is nie skaam daaroor nie.
> Ek dink mense is aansitterig as hulle juis te
> hard probeer om Afrikaans te praat. Praat dit soos dit lekker is!
>

> Groete
>
> ------------------------------------------------------------ -
> Joe Car
> epitoli_sp...@hotmail.com
> Fix the above email address.
>
> Please note that ANY COMMERCIAL email
> will result in a bill for $20 for proofreading.
> By sending email to the adress above (after
> removing the spam protection) you agree to
> these terms
>
Re: Re:Afrikaans is cool [boodskap #10937 is 'n antwoord op boodskap #10931] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Joe Car  is tans af-lyn  Joe Car
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Stephanus Schoeman wrote in article
...
| Ek bly in New Zealand en is trots om Afrikaans te praat met wie my ookal
| kan verstaan. Omdat meeste
| mense hier net Engels kan praat, is daar baie respek as jy twee tale
magtig
| is. Ek is selfs gevra om
| in die kerk (Anglikaans) in Afrikaans Bybel te lees sodat die tipiese
| Engelse kan besef dat God ook in
| ander tale tot ons spreek.

Huh? Kan mense regtig so 'n persepsie hê?

|
| Voor ek weg is uit SA het ek gedink dit is makliker en maak 'n skoon
breek
| met taal en kultuut as om
| te sien hoe dit onderdruk word. (Ek kan ten minste hier verstaan wat op
TV
| uitgesaai word) Maar skielik het Afrikaans vir my belangriker as ooit
| geword. Ek luister meer Afrikaanse musiek as ooit te vore. Ek doen moeite
| dat my kind Afrikaanse maats het. Ou familie stories word op skrif gesit.
| Ek sing saam met my kind uit die FAK. En ek lees daagliks julle almal se
| geskrifte op hierdie nuusgroep.
|

Dit sal altyd 'n deel van jou bly...

| Ek besef egter dat my nageslag Engels sal wees - en dis hartseerder as
wat
| ek kon voorspel het.
|
| Ek weet dat ek altyd met 'n sterk Afrikaanse aksent sal praat en dat
mense
| oor 20 jaar nog steeds vir
| my sal vra wanneer gaan ek terug na my land. Maar Afrikaans sal altyd my
| droom- en bidtaal bly.
|

Uit sekere briewe wat na die kampuskoerant "Die Perdeby" (Tukkies) geskryf
is, blyk dit dat swart mense amper verplig voel om engels met 'n swart
aksent te praat. Hulle voel hulle sal as veraaiers van hulle kultuur (of
bloot net snobisties) beskou word as hulle dit met 'n "suiwer" aksent sou
praat.

Wanneer gaan jy terug na jou land? Ha ha ha! ek kon die versoeking nie
weerstaan nie.

--
------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com
Fix the above email address.

Please note that ANY COMMERCIAL email
will result in a bill for $20 for proofreading.
By sending email to the adress above (after
removing the spam protection) you agree to
these terms
Re: Re:Afrikaans is cool [boodskap #10938 is 'n antwoord op boodskap #10931] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , "Stephanus Schoeman" writes:
> Ek bly in New Zealand en is trots om Afrikaans te praat met wie my ookal
> kan verstaan. Omdat meeste
> mense hier net Engels kan praat, is daar baie respek as jy twee tale magtig
> is. Ek is selfs gevra om
> in die kerk (Anglikaans) in Afrikaans Bybel te lees sodat die tipiese
> Engelse kan besef dat God ook in
> ander tale tot ons spreek.
>
> Voor ek weg is uit SA het ek gedink dit is makliker en maak 'n skoon breek
> met taal en kultuut as om
> te sien hoe dit onderdruk word. (Ek kan ten minste hier verstaan wat op TV
> uitgesaai word) Maar skielik het Afrikaans vir my belangriker as ooit
> geword. Ek luister meer Afrikaanse musiek as ooit te vore. Ek doen moeite
> dat my kind Afrikaanse maats het. Ou familie stories word op skrif gesit.
> Ek sing saam met my kind uit die FAK. En ek lees daagliks julle almal se
> geskrifte op hierdie nuusgroep.
>
> Ek besef egter dat my nageslag Engels sal wees - en dis hartseerder as wat
> ek kon voorspel het.
>
> Ek weet dat ek altyd met 'n sterk Afrikaanse aksent sal praat en dat mense
> oor 20 jaar nog steeds vir
> my sal vra wanneer gaan ek terug na my land. Maar Afrikaans sal altyd my
> droom- en bidtaal bly.
>

Presies, Juis, Janee, Ek voel net so. Hou die blinkant bo.
Ek is selfs besig om 'n Aussie maat van my afrikaans te leer.

Groete
Vorige onderwerp: Jasper die internet speuder
Volgende onderwerp: Re: Whites were in SLAVERY, Whites were in SERVITUDE...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 12:33:09 MGT 2024