Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " die geweer swaai die man " deur HENRI LAURIE
" die geweer swaai die man " deur HENRI LAURIE [boodskap #108739] Wo, 08 Februarie 2006 20:44
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
die geweer swaai die man
Henri Laurie


goor getoor en verlore
in die woestyn van jou wraak
watter dierbare veragting
het jou so klein gemaak

jou agterkop wat bokspring
jou mond wat skielik vuis
die kekkel in jou oë
die derms in jou kluis

die sneller in jou ore
die rugstring in jou loop
die visier in jou gebare
die rondtes in jou hoop

die hele bleddie skietbaan
wat in jou skouers lê
waar is die kerm seuntjie
wat ook wil rusplek hê

in eensame verskrikking
en oorbewaakte grens
en sterfte wat jou voorlê
sien 'n mens die mens
Vorige onderwerp: " Muezzen " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Werktuigkundige " deur S.J. PRETORIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:45:51 MGT 2024