Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gesang 12? - gesang12.mid (1/1) - vir At (lank)
Re: Gesang 12? - gesang12.mid (1/1) - vir At (lank) [boodskap #10837] So, 21 September 1997 00:00 na volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Liewe At

Jy maak 'n sterk saak vir "LIEF" en "LIEFDE" in jou antwoord aan Alwyn. Dit
het my geraak op die pad waar ek myself nou bevind - tussen Hart en Hoof. Laat
ek verduidelik. [Wat ek nou gaan sê sal seker vir sommige van julle baie
vreemd klink, maar ek hoop dat At dit interessant sal vind].

Ek wil graag praat oor die Kabalah en Chaos. Daar is tien 'stasies' (soort
van) op die Kab "Tree of Life". Dit tref my dat jy 7 essensies noem vir
ontluiking. Dit stem ooreen, omdat die laaste/eerste 7 te doen het met die
gewone menslike lewe. Die ander drie is anderkant "Da'ath" en presenteer
omstandighede waar die gewone mens hom nie dikwels bevind nie. Hulle het ook
te doen met ontluiking. Die laaste een is direk gekoppel met die eerste een,
-ontluiking-chaos- . Dit word gesien as 'n boom (as above, so below), maar dis
eintlik 'n sirkulêre affêre, wat mens herhaal, elke keer op 'n hoër vlak.

As mens die Qab goed ken (ek is nie 'n meester nie, net 'n nederige student),
kan mens iemand dophou, en min of meer skat op watter van die verskillende
paaie (32 hiervan), of op watter van die tien stasies is die mens op hierdie
stadium van sy lewe.

Aardse dinge is op stasie 10. Die onderste vlak, Malkuth. Stasie 6 - net
bokant die middel, is Tipareth - Liefde, en Hart. Stasie 1, die hoogste vlak,
is Kether, die Hoof. Op die heel boonste van hierdie spiraal, sou mens Jesus
en God jou voorstel, as Hart/Liefde (6) en die Kroon/ die Hoof (1). Daar is 'n
direkte verbinding in 'n reguit lyn tussen hierdie twee. (Het ek reeds gesê,
ons gaan meermale, volgens die Kab, deur al hierdie stappe en roetes, en
spandeer so veel tyd as wat ons nodig het om die lesse van daardie vlak te
leer?) Maw, ek is dalk op stap 10 en jy op stap 1, maar dit beteken nie een
van ons is meer gevorderd as die ander een nie. Ons werk net op verskillende
aspeke van die geheel.

Ek sou 'n kans waag, en sê jy het by Tipareth/Hart aangekom. Op daardie
stasie, voel mens geweldige liefde vir alles en almal. Die Engelse vertaling
vir hierdie stasie is "Beauty". Jy probeer om orals die mooiheid raak te sien,
en daarvoor word jou hart met liefde vol. Links en regs daarvan is Mercy en
Justice, wat Tipareth in die middel balanseerd hou. Nes Jesus ook was, op sy
hoë vlak.

At, vergewe my as ek dinge sê wat ek nie moes nie, maar ek sou verder waag om
te sê jy was nie altyd so nie. Die mens vir wie hierdie deur vir die eerste
keer oopgaan is amper oorweldig deur emosie, dit bring dikwels trane en verwyte
dat mens nie altyd so gevoel het nie. Maar dit is die normale gang van die
proses. Dit voel ook soos die grootste ontluiking ooit. Dis dikwels 'n
ontluiking wat gelydelik plaasvind.

Maar die pynlikste ontluiking is die wat van die hooste sport (Kether) terugval
na die laaste een (Malkuth). Dit voel vir die mens soos 'n neerlating. Asof
jou wêreld in duie om jou stort. Dit gebeur soms ook skielik. Jy kom nie agter
jy't op 'n nuwe, hoër vlak weer begin nie. Dit voel eerder soos die
teenoorgestelde ( ek kan nie vinnig jou woord daarvoor onthou nie). Jy kan nie
sien waarvoor het jy al die jare geworstel en gesukkel nie. Alles voel soms
tevergeefs. Jy voel soms deurmekaar, asof jy nie meer eers weet wat jy vroeër
geweet het nie. Eintlik weet jy alles en jy weet niks. Op die heel hoogste
vlak is hier God.
Op 'n laer vlak begin mens die hele wiel weer, en net na jy uitge"top" het,
bevind jy jouself weer in die midde van Chaos.

Hier, op Kether - die Hoof - werk mense baie met gedagtes/ die brein. Op
Tipareth met gevoelens en emosie. Links en regs van Kether is "Wisdom" en
"understanding" om dit te balanseer. Ek dink persoonlik, God is die naaste aan
hulle, maar hulle is nie altyd bewus daarvan nie.

Ek sou my kop uitsteek en sê Alwyn is op die drumpel van 'n ontluiking wat soos
Chaos voel, of hy het dit reeds onlangs deurgegaan.

Vir mense op Stasie 6/Tipareth, is _Liefde_ die Belangrikse, die Grootste, die
Hoogste. Jesus voel baie na aan hulle. Dit tel nie so baie op Kether nie. Op
Stasie 1 is dit heeltemaal minder belangrik. Die mens moet Dink en Voel om die
Chaos te hanteer. Op Tipareth voel jy, jy't die hoogste ontluiking gemaak. Op
Kether voel jy jy's op die rand van 'n abyss. Maar eintlik is jou ontluiking
die hoogste, moeilikste, seerste, wat jy kan deurgaan. Die grootste beproefing.

Ek wil net ook noem, dat God, myns insiens nie net 'n God van "LIEFDE" is nie.
Dit is Jesus se taak (hart - die seun). God is ook 'n streng regter. (Hoof -
die vader). Mercy + Severity. Moenie laat ek begin vrae vra oor waarom die
moeder in 'n gees verander is nie! :( Die Egiptenare het natuurlik nog vir
Isis gehad. Toe Moses die land verlaat het, het hy haar blykbaar daar vergeet.

At, ek wonder wat jy hieroor sou dink: (ek stel belang in jou Chaos-teorie).
Daar word gedink, dat die essensies/stappe wat gemaak word in die sirkel van
groei/ Tree of Life, ook weerspieel word in die Chaos van terugvalling.
Dieselfde stappe, maar in 'n negatiewe vorm. (As above, so below).

As julle nou siek en sat is vir my "ramblings" oor die Kabalah kan julle gerus
so sê, en ek sal shut-up daaroor.

Ek is sommer baie lief vir julle almal, en gaan nie meer argumenteer oor
Geloofsake nie ;) .

To each his own.
Vira.
Re: Gesang 12? - gesang12.mid (1/1) - vir At (lank) [boodskap #10857 is 'n antwoord op boodskap #10837] Ma, 22 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
skryf in artikel
...

> Jy maak 'n sterk saak vir "LIEF" en "LIEFDE" in jou antwoord aan Alwyn. Dit
> het my geraak op die pad waar ek myself nou bevind - tussen Hart en Hoof. Laat
> ek verduidelik. [Wat ek nou gaan sê sal seker vir sommige van julle baie

> vreemd klink, maar ek hoop dat At dit interessant sal vind].
>
> Ek wil graag praat oor die Kabalah en Chaos. Daar is tien 'stasies' (soort
> van) op die Kab "Tree of Life". Dit tref my dat jy 7 essensies noem vir
> ontluiking. Dit stem ooreen, omdat die laaste/eerste 7 te doen het met die
> gewone menslike lewe. Die ander drie is anderkant "Da'ath" en presenteer

> omstandighede waar die gewone mens hom nie dikwels bevind nie. Hulle het ook
> te doen met ontluiking. Die laaste een is direk gekoppel met die eerste een,
> -ontluiking-chaos- . Dit word gesien as 'n boom (as above, so below), maar dis
> eintlik 'n sirkulêre affêre, wat mens herhaal, elke keer op 'n hoër vlak.

Liewe Vira,

Nadat 'n geheime organisasie my vroeg in die sewentigs
op 'n liederlike manier bygekom het, het ek vir 'n hele paar
jaar met 'n passie alle moontlike geheime organisasies
bestudeer, selfs die kabalisme. Ek kan nog vaagweg van
die dinge onthou waarvan jy skryf.

Ek het betyds daarmee opgehou want daar is niks wat my
kreatiwiteit so onderdruk het as geheime organisasies en
die bestrudering van sulke organisasies nie.

Ek sal eendag (wanneer my boek uit is) meer oor hierdie
sewe essensies skryf. Net dit om enige verwarring te
voorkom. Ek het hulle ontdek toe ek na ooreenkomstige
patrone gaan soek het tussen twee wetenskaplik bestudeerde
eksemplare vir voortreflike kreatiwiteit, een uit die konkrete
wereld en een uit die abstrakte wereld.

> At, vergewe my as ek dinge sê wat ek nie moes nie, maar ek sou verder waag om
> te sê jy was nie altyd so nie. Die mens vir wie hierdie deur vir die eerste
> keer oopgaan is amper oorweldig deur emosie, dit bring dikwels trane en verwyte
> dat mens nie altyd so gevoel het nie. Maar dit is die normale gang van die
> proses. Dit voel ook soos die grootste ontluiking ooit. Dis dikwels 'n
> ontluiking wat gelydelik plaasvind.

Jy is reg. Ek was as 'n jong man baie bedonderd en
moeilik om mee klaar te kom. So was ek al in 1969 'n
politieke aktivis. Gelukkig kon my vrou dit met my
uithou - ten koste van die familie.

> Maar die pynlikste ontluiking is die wat van die hooste sport (Kether) terugval
> na die laaste een (Malkuth). Dit voel vir die mens soos 'n neerlating. Asof
> jou wêreld in duie om jou stort. Dit gebeur soms ook skielik. Jy kom nie agter
> jy't op 'n nuwe, hoër vlak weer begin nie. Dit voel eerder soos die
> teenoorgestelde ( ek kan nie vinnig jou woord daarvoor onthou nie).

Terugvalling (immergence), die teenoorgestelde van
ontluiking (emergence).

> Jy kan nie
> sien waarvoor het jy al die jare geworstel en gesukkel nie. Alles voel soms
> tevergeefs. Jy voel soms deurmekaar, asof jy nie meer eers weet wat jy vroeër
> geweet het nie. Eintlik weet jy alles en jy weet niks. Op die heel hoogste
> vlak is hier God.
> Op 'n laer vlak begin mens die hele wiel weer, en net na jy uitge"top" het,
> bevind jy jouself weer in die midde van Chaos.

Om van die hoogste vlak na 'n nog ho"er vlak te
ontluik, is maar 'n eienaardige en unieke ervaring.
Dit lei tot geweldig baie vrae na die sin van alle
dinge.

> At, ek wonder wat jy hieroor sou dink: (ek stel belang in jou Chaos-teorie).
> Daar word gedink, dat die essensies/stappe wat gemaak word in die sirkel van
> groei/ Tree of Life, ook weerspieel word in die Chaos van terugvalling.
> Dieselfde stappe, maar in 'n negatiewe vorm. (As above, so below).

Ek waardeer die feit dat jy oor hierdie dinge skryf, al is dit
in jou eie verwysing raamwerk, geweldig baie. Ek let baie
noukeurig op na wat jy skryf omdat dit outentiek is. Daar is
maar min mense wat outentieke inligting van die aard
dokumenteer omdat dit so 'n hoogs persoonlike saak is..

Jy moenie belang stel in my teorie oor chaos, orde en
kompleksiteit nie. Dis erger as om aan enige doofmiddel
verslaaf te wees.

Laat my dit verduidelik aan die hand van een essensie, naamlik
monadisiteit. (Hierdie woord is ontleen aan die veel ouer woord
moand as die nuwer woord holon. Jan Smuts het holisme
geskep, maar die woord holon het veel later gekom. In elk
geval, die eienskap "monadisiteit" le veel makliker op die tong
as "holonisiteit".) Monadisitiet beteken blootweg die
aaneengeskakeldheid van die werklikheid.

Die teenoorgestelde van monadiditeit is fragmentarisme, 'n
onbeskryfde lewensuitkyk wat daarop gebasseer is om die
werklikheid in stukke op te kap om so 'n makliker hanteerbare
stuk van die werklikheid te beheers. Fragmentarisme is dodelik
vir kreatiwiteit. Dink nou daaraan dat jy iets soos chaos sonder
fragmentarisme moet bestudeer. Dit beteken dat jy sal moet kyk
wat wiskunde, fisika, chemie, geologie, biochemie, virologie,
bakterologie, plantkunde, dierkunde, antropologie, ekonomie,
sielkunde, staatkunde, sosiologie, filosofie, teologie en vele
ander wat ek nie eers in die lys ingedruk het nie, oor chaos
in terme van elkeen se verwysingraamwerk te sê het.

Gaan jy nog belang stel in chaos as ek met so 'n intimiderende
lys van dissiplines vorendag kom? Miskien sal jy wel, Vira,
maar ek kan jou waarborg dat meeste ander mense se o"e
stokstyf word voordat hulle omdraai en na die rustigheid van
hulle eie hoekie terug vlug.

Laat ek 'n metafoor gebruik van wat in my boek gebeur. 'n
Sirkus bestaan uit 'n ring waarin daar 'n paar diere en artieste
optree. Om die ring sit honderde toeskouers. In elkeen se lewe
is daar 'n ringetjie waarin hy/sy self nie meer toeskouer is nie.
Maar in hierdie "sirkus van die lewe" het ons toegelaat dat die
meeste van ons toeskouers word. My boek vra die toeskouers
om af van die gestoeltes te kom en 'n deelnemer in die ring te
word. Die een wat dit nie wil doen nie, sal nie my boek
verstaan nie.

> As julle nou siek en sat is vir my "ramblings" oor die Kabalah kan julle gerus
> so sê, en ek sal shut-up daaroor.

Ek se die volgende in alle respek en hoop dat jy as
kunstenaar dit sal verstaan. 'n Mens begin met 'n vormlose
stuk klei of silwer en begin geleidelik daaraan vorm gee.
Met klei sal iemand soos my kleindogter (5 jaar oud) vir haar
vinger 'n ring probeer maak. Maar iemand wat weet wat die
verskil tussen klei en silwer is, sal dit nie doen nie.

Die ware juweel in elkeen van ons lewe is ons stomkunde
ons ervarings waaraan ons nog nie vorm gegee het nie.
Ons kunstenaarskap is om aan hierdie ervarings vorm te gee,
om hierdie vorme as inhoud te neem en weer daaraan vorm te
gee, en so elke keer na 'n ho"er orde te ontluik. Wie is ek om
vir jou te beveel dat jy of al die ander beoefenaars daarvan nie
die Kabalah mag gebruik om vorm aan jou ervaring te gee nie?

Daar is egter vrae wat beide ek en jy moet kan beantwoord.
Dit wat elkeen van ons gebruik - kan dit oor die hele spektrum
van monadisiteit gebruik word? Wat maak ons as dit nie meer
gebruik kan word nie. Kan ons sommer iets anders gebruik waar
dit nie meer geldig nie, of moet ons na iets soek wat orals
geldig is. Nog 'n ernstiger vraag - as ons iets vind wat orals
gebruik kan word, sal ons dit nie later as afgod aanhang nie?

> Ek is sommer baie lief vir julle almal, en gaan nie meer argumenteer oor
> Geloofsake nie ;) .

Nee wat, ek dink jy is net moeg. Om so duidelik en betrokke
oor geloofsake te kan skryf, maak 'n mens baie moeg.

Dit laat my dink aan Jesus Christus. Hy hou daarvan as
ons so baie met hom argumenteer. (Ek lei dit af uit sy
optrede teenoor sy twaalf dissipels.) Maar, hy sê ook
dat as ons baie moeg is (en ek dink dit sluit argumente
met Hom in), dat ons by Hom rus sal kan vind.

Dit laat my dink aan my twee seuns toe hulle nog klein
was. Hulle wou graag met my stoei en en ek het hulle
rasend en moeg gemaak. Maar as hulle nie meer verder
kon nie, het hulle sommer so stoei-stoei aan die slaap
geraak, wel wetend dat Pa hulle skelm in die bed sou
sit en keer as Ma raas omdat die lakens so vuil is.

Vandag is hulle elkeen 10cm langer as ek, v^er oor
die 2 meter. Gelukkig wil hulle nie meer stoei nie. Ek
sou na 'n piksteel moet gryp om die oorhand te behou.
My ervaring met 'n pik en hulle gebrek daaraan behoort
die oorhand te gee, so al grappenderwys.

Wie van julle het al met een hou 'n pik nie net tot
die steel in die grond geslaan nie, maar selfs die steel
morsaf laat breek? Ek het vroeer al geskryf dat ek
graag vetplante bestudeer, veral die met die vetplant
eienskap in die wortel ('n ondergrondse bol dus). As
die bol 30cm of dieper l^e, moet jy jou houe ken.

Alles van die beste.
At de Lange
Vorige onderwerp: Gesels
Volgende onderwerp: re:sore
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 01:41:31 MGT 2024