Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oogoopmaker
Oogoopmaker [boodskap #108300] Do, 26 Januarie 2006 15:18 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanmiddag het Tafelberg in die wind begin brand.
Ek was op pad na my wolwinkel hoog op in Oranjezicht, en te midde van
omtrent 20 noodvoertuie, rasende helikopters met watersakke oorhoofs, en
borrelende pikswart en rooi wolke voor my, het ek iets eienaardigs beleef:
Aan my regterkant wolkelose blou lug, en die peperpotte wat blink in helder
sonskyn, en regs 'n rokerige sterk skemerte, met die son 'n oranje kol
waarna mens direk kon kyk.
By die kafee kon ons sien hie die vlamme mooi netjies opbeweeg met die
Platteklip voetpad op na die gorge, en dwars al langs die pad waarop die
voertuie ry.
Sal more sien of daar skade was by die onderste kabelkarpunt.
Nou, skielik, is dit windstil hier. Ek dog nog al die tyd hitte maak meer
wind?
Eerie en weird!!

Oral het klompe mense gestaan en foto's neem. Sommer in die pad, en mens het
maar stadig gery. By die plek waar die helikopter water geskep het, het ook
'n skare gestaan en kyk.
Nie een mens het ek biddend op hul knieë gesien vir die mense wat moontlik
op of teen die berg in nood verkeer nie.
En toe lees ek in die Argus toe ek tuis kom, dat die ACDP ( dis nou die
Christen Politieke Party) 'n bolsap gemaak het met die betaling van hul
gelde, vergeet en nie betaal het om aan die Metro-verkiesing deel te neem
nie.
Hulle is nou hul plekke kwyt in die metroraad.
Kaapstad word goddeloos:)))

--
Groetnis
Annette
Re: Oogoopmaker [boodskap #108327 is 'n antwoord op boodskap #108300] Vr, 27 Januarie 2006 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf

> Vanmiddag het Tafelberg in die wind begin brand.

Die nuus haal ons koerante vandag. Daar word
gerapporteer dat iemand in hegtenis is omdat
hy die brand begin het met 'n sigaret. Hoe kan
hulle so onmiddellik weet wie so iemand is?
Hulle sê een Britse toeris is dood. Hoe? Is
daar waarskuwings en vuurgevaar-nommers
op die berge van Kaapland? Hier in Kanada
word alle woude geklassifiseer volgens die
moontlike vuurgevaar-kwosiënt. As dit 'n
sekere getal bereik, mag niemand meer vure
maak nie. As dit die hoogste is, mag niemand
ingaan nie.

Gloudina
Re: Oogoopmaker [boodskap #108328 is 'n antwoord op boodskap #108327] Sa, 28 Januarie 2006 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Annette skryf

> Vanmiddag het Tafelberg in die wind begin brand.

Die nuus haal ons koerante vandag. Daar word
gerapporteer dat iemand in hegtenis is omdat
hy die brand begin het met 'n sigaret. Hoe kan
hulle so onmiddellik weet wie so iemand is?
'n Dienswag het hom dit sien doen, en gesien hoe hy wegry toe hy sien 'n
brand begin. Hierdie wag het toe 'n ander wag verder padaf gebel met die
registrasiennommer. Sy het hom toe gestop en beamptes gekry om hom in
hegtenis te neem.
Hy is iemand in sy dertigs van Swansea, Wallis, en hy werk in London.

Hulle sê een Britse toeris is dood. Hoe?
Ja - 65 jarige vrou van Engeland - dood van rookinaseming.

Is
daar waarskuwings en vuurgevaar-nommers
op die berge van Kaapland?
Ek is seker ek het al die bokkie met die traan gesien, maar dit kon gesteel
gewees het.

Punt is, daar het 'n helse wind gewaai, so almal wat daar was ( behalwe die
wie se werk dit is om daar te wees) is bietjie nie te lekker by die kop nie.

Hier in Kanada
word alle woude geklassifiseer volgens die
moontlike vuurgevaar-kwosiënt. As dit 'n
sekere getal bereik, mag niemand meer vure
maak nie. As dit die hoogste is, mag niemand
ingaan nie.

Miskien moet SA Toerisme vir alle toeriste vanaf die VK onnoselpille injaag
sodra hulle deur doeane beweeg.

Gloudina
Re: Oogoopmaker [boodskap #108330 is 'n antwoord op boodskap #108328] Sa, 28 Januarie 2006 11:51 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hulle moet hom in die openbaar aan sy ballas met 'n doringdraad
ophang...........

"Annette" skryf in boodskap news:sqedncZ3MqfJvkbenZ2dnUVZ_sOdnZ2d@is.co.za...
>
>
> Annette skryf
>
>> Vanmiddag het Tafelberg in die wind begin brand.
>
> Die nuus haal ons koerante vandag. Daar word
> gerapporteer dat iemand in hegtenis is omdat
> hy die brand begin het met 'n sigaret. Hoe kan
> hulle so onmiddellik weet wie so iemand is?
> 'n Dienswag het hom dit sien doen, en gesien hoe hy wegry toe hy sien 'n
> brand begin. Hierdie wag het toe 'n ander wag verder padaf gebel met die
> registrasiennommer. Sy het hom toe gestop en beamptes gekry om hom in
> hegtenis te neem.
> Hy is iemand in sy dertigs van Swansea, Wallis, en hy werk in London.
>
>
> Hulle sê een Britse toeris is dood. Hoe?
> Ja - 65 jarige vrou van Engeland - dood van rookinaseming.
>
> Is
> daar waarskuwings en vuurgevaar-nommers
> op die berge van Kaapland?
> Ek is seker ek het al die bokkie met die traan gesien, maar dit kon
> gesteel
> gewees het.
>
> Punt is, daar het 'n helse wind gewaai, so almal wat daar was ( behalwe
> die
> wie se werk dit is om daar te wees) is bietjie nie te lekker by die kop
> nie.
>
>
> Hier in Kanada
> word alle woude geklassifiseer volgens die
> moontlike vuurgevaar-kwosiënt. As dit 'n
> sekere getal bereik, mag niemand meer vure
> maak nie. As dit die hoogste is, mag niemand
> ingaan nie.
>
> Miskien moet SA Toerisme vir alle toeriste vanaf die VK onnoselpille
> injaag
> sodra hulle deur doeane beweeg.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Travelgate crook tops ANC list
Volgende onderwerp: OPTOG BY PRETORIA 4 MAART
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 03:56:55 MGT 2024