Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » OPTOG BY PRETORIA 4 MAART
OPTOG BY PRETORIA 4 MAART [boodskap #108297] Do, 26 Januarie 2006 07:51 na volgende boodskap
Paddy Girl  is tans af-lyn  Paddy Girl
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die Saterdag van 4 Maart 2006, vind 'n vroueoptog in Pretoria plaas.
Ons sal van Kerplein na die Uniegebou stap (ongeveer 2km), en daar
sal die Majuba Deklarasie vir die 2de maal aan Mbeki oorhandig word.
Hierdie deklarasie is vir die vryheid/selfbeskikking van die
Boervolk. Die Internasionale volkereg is egter net van toepassing as
ons bewese steun kan bewys. Daarom is dit noodsaaklik dat elke
blanke Boer/Afrikaner wat moontlik kan opdaag wel so maak. Ons het
reeds seenwense en wense van voorspoed vanuit ons mense in Namibie,
Duitsland en Amerika ontvang. Die deklarasie is vir die Verenigde
Volke en meer as 20 ander Ambasades wereldwyd gestuur, hulle is ook
ge"copy" in die e-poste wat aan Mbeki en Mandela gegaan het. Verder
het Mbeki se kantoor ontvangs van die eerste deel van die deklarasie
skriftelik erken. Dit is alles tot ons voordeel.

Datum: 4 Maart 2006
Tyd: 08h00
Plek: Kerkplein Pretoria
Doel:
1. Ons Hemelse Vader word misken in elke amptelike instansie.
2. Misdaad het hande uitgeruk.
3. Ons mense word wreedaardig aangerand, verkrag en vermoor.
4. Ons moet onsself in tronke toesluit ter wille van ons eie
veiligheid.
5. Ons grond word van ons gesteel.
6. Ons kinders word in die skole blootgestel aan volksvreemde
godsdiens, geskiedenis en waardes.
7. Die polisie en howe openbaar openlike vyandigheid teen die
Boerevolk.
8. By die werk word ons mense afgedank, van bevordering weerhou,
op skandelike wyse teen gediskrimineer.
9. Daar word blatant teen witmense gediskrimineer by die
toekenning van kontrakte en tenders, ten gunste van anderskleuriges.
10. Ons taal word op elke terrein misken.
11. Ons kulturele eiendom word vernietig en aangetas.
12. Ons Boeregevangenes sit in tronke terwyl voormalige
terroriste en misdadigers ongestraf en vry rondloop.
13. Die onreg teen ons mense skreeu ten Hemele.
14. Om bewese steun vir die Majuba Deklarasie te bewys waardeur
ons die reg tot selfbeskikking eis.

Kleredrag: Vrouens - Swart en/of Wit
Mans - Denims en/of Kaki

Kom bewys jou steun, stap 08h00 4 Maart 2006 saam met ons vanaf
Kerkplein na die Uniegebou. Vrouens en kinders sal in die middel van
die optog loop. Mans sal ons van die kante af beskerm, en voor ons
sal die Boerekommando ry. Laat elke webwerf aansluit, en stap onder
julle eie banier sodat dit die vereniging van die volk kan aandui.
(Bv. Siener webwerf stap onder "SIENER.CO.ZA", ons sal stap
onder "Boerevryheid.co.za", studente kan onder hulle koshuise /
universiteite se baniere stap,). Daar is groepe soos, Solidariteit,
Transvaalse Landbou Unie, BCVO, BOERE.CO.ZA, ens. As jy nie aan 'n
groep behoort nie, kan jy onder die Vierkleur stap terwyl bejaardes
by die Uniegebou wag.

Tanya du Preez
Re: OPTOG BY PRETORIA 4 MAART [boodskap #108332 is 'n antwoord op boodskap #108297] Sa, 28 Januarie 2006 16:41 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tanya. Kaki kleure en vierkleure wat wapper by veldtogte skep die
indruk by my (as Boer) dat hier 'n AWB-element betrokke is. As dit die
geval is ondersteun ek die optog glad nie. Daar is 'n bepaalde element
wat met vuurwapens op die heupe by die optogte deelneem van wie ek my
volledig distansieer.
Toe ons betoog en marsjeer het teen die naamsverandering van Pretoria
was dit verblydend om te sien dat die aantal gewone mense die
kaki-manne oortref het in getalle.
My indruk van die AWB-elemente is dat dit mense is wat nie hul kant
volledig gebring het terwyl ons wel kon oorlog maak het. Wat ons
destyds jemdiewe genoem het. Ek is ietwat keelvol vir sogenaamde regse
mense wat sekere dinge, wat aan alle Boere behoort, vergat het.
Ook - kaki is nie 'n Boere-kleur nie. Ek dink oranje dra dalk die regte
boodskap oor.
Ek hoop ek is verkeerd. Help my reg en vertel my dat my vrese ongegrond
is.
Vorige onderwerp: Oogoopmaker
Volgende onderwerp: BE/NL: ''Die agterstelling van Afrikaans word as skandalig beskou."
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 12:24:20 MGT 2024