Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Herdenking van die Slag van Blaawberg ( uit Die Burger)
Herdenking van die Slag van Blaawberg ( uit Die Burger) [boodskap #108094] Wo, 11 Januarie 2006 16:14 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Treurlied vir die dooies
Martiens van Bart 08/01/2006 23:58 - (SA)


KAAPSTAD. - Die hoogtepunt van die naweek se tweehonderdjarige
herdenking van die Slag van Blaauwberg, op 8 Januarie 1806, was toe
afgevaardigdes van vyf lande tydens 'n aangrypende plegtigheid by
Melkbosstrand kranse gelê het ter nagedagtenis van die stryders.

'n Eerbiedige stilte het Saterdag omstreeks 11:00 oor die meer as 500
aanwesiges van talle kulture geheers toe die kranse gelê en 'n enkele
Skotse doedelsakspeler 'n treurlied vir die dooies gespeel het. Kranse
is gelê deur verteenwoordigers van Suid-Afrika, Indonesië, Nederland,
Frankryk en Brittanje.

Die geleentheidspreker, mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse premier, het in
sy toespraak gesê die herdenkingsgeleentheid "gaan nie oor Britse
oorwinning, Nederlandse nederlaag, Khoi-dapperheid of Maleise lyding
nie, maar wel om te begryp dat die verlede aan ons die boustof bied om
'n tuiste vir almal te skep".

Hy het die woorde van wyle hoofman Albert Luthuli, ontvanger van die
Nobelprys vir vrede, aangehaal: "Daar wag op ons die bou van 'n nuwe
land, 'n tuiste vir mense wat swart, wit en bruin is, uit die bouvalle
van die ou benepe groeperinge, 'n sintese van die ryk kulturele
strominge wat ons geërf het."

Rasool het gesê verdeelde gemeenskappe moet byeenkom en erkenninng gee
aan die verskeidenheid, maar ook samehang van ons verlede. Dit kan
bereik word deur te begryp dat diverse groepe mense 200 jaar gelede aan
die Kaap onder die vaandel van die Bataafse weermag saamgestaan het om
te veg vir die opheffing van slawerny, vir godsdiensvryheid en ook vir
die Afrikaanse taal, wat indertyd uit die smeltpot van kulture aan die
ontstaan was.

"Dit is slegs deur die erkenning van ons verlede, al ons verledes, dat
ons dit kan bevry van verwringing, heruitvinding en manipulasie. Deur
die oopmaak van die gesprek oor die verlede, skep ons vir onsself die
werklike moontlikheid, veral as Suid-Afrikaners, om gesond te word, om
mekaar in die oë te kyk en om ons waardering en respek vir wie ons is,
waar ons almal vandaan kom en die paaie wat ons bewandel het om die
titel 'Suid-Afrikaner' te verdien, te verdiep. Miskien sal ons dan na
mekaar kyk sonder die sluiers van wantroue, stereotipering en verwyt,"
het Rasool gesê.

Ook deel van die oggend se verrigtinge was vertonings deur die Habibia
Sidique Moslem-doedelsakorkes en Media24 se Klopse-korps, die Fabulous
Seawind Entertainers.

Die Burger se spesiale bylae oor die Slag van Blaauwberg kan op die
internet gelees word by http://battle.blaauwberg.net.

meer as 500 aanwesiges van talle kulture geheers toe die kranse gelê
en 'n enkele Skotse doedelsakspeler 'n treurlied vir die dooies gespeel
het. Kranse is gelê deur verteenwoordigers van Suid-Afrika,
Indonesië, Nederland, Frankryk en Brittanje.

Die geleentheidspreker, mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse premier, het in
sy toespraak gesê die herdenkingsgeleentheid "gaan nie oor Britse
oorwinning, Nederlandse nederlaag, Khoi-dapperheid of Maleise lyding
nie, maar wel om te begryp dat die verlede aan ons die boustof bied om
'n tuiste vir almal te skep".

Hy het die woorde van wyle hoofman Albert Luthuli, ontvanger van die
Nobelprys vir vrede, aangehaal: "Daar wag op ons die bou van 'n nuwe
land, 'n tuiste vir mense wat swart, wit en bruin is, uit die bouvalle
van die ou benepe groeperinge, 'n sintese van die ryk kulturele
strominge wat ons geërf het."

Rasool het gesê verdeelde gemeenskappe moet byeenkom en erkenninng gee
aan die verskeidenheid, maar ook samehang van ons verlede. Dit kan
bereik word deur te begryp dat diverse groepe mense 200 jaar gelede aan
die Kaap onder die vaandel van die Bataafse weermag saamgestaan het om
te veg vir die opheffing van slawerny, vir godsdiensvryheid en ook vir
die Afrikaanse taal, wat indertyd uit die smeltpot van kulture aan die
ontstaan was.

"Dit is slegs deur die erkenning van ons verlede, al ons verledes, dat
ons dit kan bevry van verwringing, heruitvinding en manipulasie. Deur
die oopmaak van die gesprek oor die verlede, skep ons vir onsself die
werklike moontlikheid, veral as Suid-Afrikaners, om gesond te word, om
mekaar in die oë te kyk en om ons waardering en respek vir wie ons is,
waar ons almal vandaan kom en die paaie wat ons bewandel het om die
titel 'Suid-Afrikaner' te verdien, te verdiep. Miskien sal ons dan na
mekaar kyk sonder die sluiers van wantroue, stereotipering en verwyt,"
het Rasool gesê.

Ook deel van die oggend se verrigtinge was vertonings deur die Habibia
Sidique Moslem-doedelsakorkes en Media24 se Klopse-korps, die Fabulous
Seawind Entertainers.

Die Burger se spesiale bylae oor die Slag van Blaauwberg kan op die
internet gelees word by http://battle.blaauwberg.net.
Re: Herdenking van die Slag van Blaawberg ( uit Die Burger) [boodskap #108105 is 'n antwoord op boodskap #108094] Do, 12 Januarie 2006 03:13 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie Anti.
Vorige onderwerp: Hallo almal
Volgende onderwerp: Ingelse irritasie - O_ring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 03:59:06 MGT 2024