Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die koesterjie
Die koesterjie [boodskap #106505] Di, 18 Oktober 2005 04:50 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gampta, my vaal sussie!
Al wat ek in die wêreld het
buiten my ouma.
As jy bo in die lug sing,
Kan jy al die wonderlike dinge onder sien:
waar die hasie wegkruip
en die steenbokkie sy lêplek maak.
En die vroue kan jou nie raak nie,
want jy is sterker as almal,
al is jy swakker as ek.
Selfs die bergleeu wat ons bang maak
as hy snags brul,
kan jou nie raak nie.
Ek sal jou oppas, my sussie,
tot al jou kleintjies groot is

(Eugène Marais)
Re: Die koesterjie [boodskap #106510 is 'n antwoord op boodskap #106505] Di, 18 Oktober 2005 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
ddu...@ufh.ac.za wrote:
> Gampta, my vaal sussie!
> Al wat ek in die wêreld het
> buiten my ouma.
> As jy bo in die lug sing,
> Kan jy al die wonderlike dinge onder sien:
> waar die hasie wegkruip
> en die steenbokkie sy lêplek maak.
> En die vroue kan jou nie raak nie,
> want jy is sterker as almal,
> al is jy swakker as ek.
> Selfs die bergleeu wat ons bang maak
> as hy snags brul,
> kan jou nie raak nie.
> Ek sal jou oppas, my sussie,
> tot al jou kleintjies groot is
>
> (Eugène Marais)

"Eugene Marais" se gedigte is maar van die beste!!!

Ek moet dit altyd twee keer lees om regtig in te neem, maar dan steek
dit vas om te bly en kan jy jou eie storie daaroor maak!
Re: Die koesterjie [boodskap #106525 is 'n antwoord op boodskap #106505] Di, 18 Oktober 2005 13:01 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
skryf
...
Gampta, my vaal sussie!
Al wat ek in die wêreld het
buiten my ouma

(Eugène Marais)

Baie dankie, Drom. Eugene Marais is en sal altyd
een van die beste digters in Afrikaans bly. Miskien
op die vlak van Opperman en NP van Wyk Louw.

Gloudina
Vorige onderwerp: Nuwe Staproete op Tafelberg.
Volgende onderwerp: Die Kavalkade
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:32:50 MGT 2024