Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vraag vir Gloudina of Ferdi
Vraag vir Gloudina of Ferdi [boodskap #106476] So, 16 Oktober 2005 16:31 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Op skool is ek geleer dat Die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875
(?) gestig is en dat geskrewe Afrikaans toe eers gestalte gekry het. My
wyfiemens het onlangs 'n boek getiteld "Vrouevertellers 1843 -
1993" wat saamgestel is deur Annemarié van Niekerk by ons biblioteek
uitgeneem. Die eerste stuk daarin is "Uit 'n Foortrekkers
Jornaal" deur Anna Elizabeth Steenekamp. Die datum word aangegee as
"ongeveer" 1843 en dit kom uit "Ons Klyntji" van September
1905. Hier volg 'n kort paragraaf daaruit:

"Nadat ons fertrek het van Morokka af, het ons nog baing sware
beproewings te ondervinde gehad, en omdat ons geen pad kon kry ni, het
ons toen baing heen en weer moet swerwe, en ons het niemand kan kry om
fer ons di regte pad te wys of inligting te gé ni, dog ons sien toen
baing ferlate krale en lagers, en ons fé het gevrek by klompe en
bowendiin was ons in 'n land waar geen brandstof is ni, maar fol van
ferlate krale, en hiir en daar hope mense bene en geraamtes fan stamme
wat deur Salkaats fermoor en uitgeroei is. Hiir was o'ervloed wild
fan alle soorte."

Hier's my vraag nou: Het die mense al so froeg soos 1843 Afrikaans
geskryf, of sou die redaksie van Ons Klyntji dit dalk fertaal het?

Drom
Re: Vraag vir Gloudina of Ferdi [boodskap #106482 is 'n antwoord op boodskap #106476] So, 16 Oktober 2005 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier's my vraag nou: Het die mense al so froeg soos 1843 Afrikaans[/color]
> geskryf, of sou die redaksie van Ons Klyntji dit dalk fertaal het?

Hier is my stuiwer in die armbeurs, met die hulp van die notas
wat ek het van Gawie Nienaber se klas oor "Die ontstaan van
Afrikaans" wat ek nog al die jare met my saamdra. ( Mens
moet in ag neem dat Gawie Nienaber aan dié skool behoort
het wat groter belangrikheid gegee het aan die invloed van
die Khoi en die San op die ontwikkeling van Afrikaans as
sommige ander eksperte.)

Volgens Nienaber is die verbrokkeling van die verbale
stelsel, een van die kenmerke wat Afrikaans van Nederlands
onderskei, alreeds ver gevorder teen 1800, maar is nog
in teveel van 'n oorgangsfase om dit "Afrikaans" te noem.
Die periode tot en met 1800 noem mens die taal dus
"Kaaps-Hollands." Die periode 1800-1850 kan mens
"Vroe� Afrikaans" noem.

Ek lees egter die stuk wat jy aanhaal, en ek verbaas
my eintlik aan hoeveel dit na moderne Afrikaans klink,
met net hier en daar bietjie spelling-afwyking. Dit voel
vir my al of mense dit gedokter het om "oud" te klink.
As dit wel outentiek uit die middel van die neëntiende
eeu kom, dan is Afrikaans al ver gevorder op die pad
na hoe ons Afrikaans vandag praat. Dié persoon het
duidelik nie probeer om Hollands te klink en te skryf,
iets wat baie gebeur het in die neëntiende eeu, toe
mense gedink het hulle moet skryf en praat soos die
Nederlanders ( soos my oupa wat tot in die middel
van die twintigste eeu sy Bybel in Nederlands gelees
het en probeer bid het in gebroke Nederlands.)

Een van die redes hoekom Afrikaans hom sterker
en sterker uitgedruk het in die loop van die negentiende
eeu, is dat die Engelse regering aan die Kaap 'n beleid
van Anglisering gevolg het en baie van die kinders dus
in Engels begin onderrig is in plaas van Nederlands. Hulle
kennis van hoe Nederlands werk het dus minder en
minder geword, en hulle sou hulle meer begin uitdruk
in hoe Afrikaans werklik in die volksmond klink, in
plaas van om te skryf soos hulle dink hulle behoort te
skryf, in Nederlands.

Gloudina
Re: Vraag vir Gloudina of Ferdi [boodskap #106503 is 'n antwoord op boodskap #106482] Di, 18 Oktober 2005 04:46 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die inigting
Drom
Vorige onderwerp: Stiefma in Suid Afrika
Volgende onderwerp: Nuwe Staproete op Tafelberg.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 10:43:16 MGT 2024