Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Don Quijotte de La Mancha
Don Quijotte de La Mancha [boodskap #10608] Sa, 06 September 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
>
> On 3 Sep 1997 21:28:31 GMT, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> bewerings, dan
>> het ons 'n grondslag vir gesprek. Totdat jy dus 'n grondslag vir
>> boetedoening daargestel het, snoer maar jou smoel oor my vermoëns tot
>> boetedoening - al dan nie.>>
>
>
> Nog 'n bekende standpunt.
> Die een van:
> 1. Bring bewyse en

Inderdaad 'n bekende standpunt - stelreël van die Romeins-Hollandse Reg
(wat, herinner ek my, jy hoog aanskryf) naamlik : hy wat beweer moet bewys.

> 2. "Hulle" is ook skuldig.

Ek merk niks hiervan op in die teks wat jy aanhaal nie. Alweer op jou ou
trant, Kooos? Die een van dinge uit jou duim suig en aan ander toeskryf?

>
> Die resultaat van die twee saam is natuurlik die soort houding wat so
> mooi nou die aand in 'n TV onderhoud uitgespel is deur daai Chileense
> dramaturg wat in SA was. Sy naam het my nou ontglip.

Sal nie weet nie. Het nie TV nie.

>
> Die ekstensie van hierdie houding is: "Apartheid het vir swartmense
> huise en skole gebou..." en so aan.
>
> En dan, kort voor lank, die konklusie dat apartheid "eintlik 'n goeie
> ding ook was".
>
> (Beeld het nou die dag 'n baie interessante rubriek van 'n teoloog oor
> dieselfde soort ding in gehad. )

Ek het self gewys op hierdie verskynsel (in die konteks van Vira se
verwysings na Neo-Nazis) - en daarop gewys dat dit heel moontlik 'n normale
sielkundige reaksie kan wees op pogings om mense as onherroepelik boos uit
te maak.

Maar oor die rubriek in Beeld:

Sal nie weet nie. Lees nie meer DrogBeeld nie. Hulle mik al meer vir
Huisgenoot se grootste wenresep - sensasionele prul. As hulle nie
ongegronde skinderstories oor afgestorwenes soos Heyns plaas nie, publiseer
hulle fotos wat 'n vervaardiger van snuff flicks sal laat gril. Ek kan
doodeenvoudig nie bekostig om die ding toe te laat in 'n huis waar jong
kinders woon nie. (En dan is daar nog Twinkletoes Tim.)

>
> Ek wil my half herinner dat jy reeds in daardie modderpoel ook
> rondgele en bruin bubbles blaas het. Onder meer die keer toe jy so
> gloeiend oor Verwoerd geskryf het.

Ons wat jou al 'n rukkie ken, Kooos, weet hoe jou herinneringe met jou
parte speel, so ek sal nie hap na jou bubbles nie.

>
> (Oor jou ander beweringe: Ek het laas vir jou 'n reeks aanhalings deur
> jouself gegee nadat jy 'n boendoehof uitgeroep het. Jy het natuurlik
> nooit daarop geantwoord nie.)

Ek het geantwoord op elke bewering wat jy gemaak en wat ek ontvang het.

>
> So, in verband die bostaande, se my, Leendert:
>
> 1. Hoe voel jy oor die Waarheidskommissie?

Jy het al tevore gevra, en ek het al tevore geantwoord. (Maar miskien het
jy daardie boodskappe ook nie gekry nie.)

Maar kom ons probeer weer:

Watter Waarheidskommissie? Of praat jy van Borraigne se inkwisie. Daardie
liggaam besit nie die magte om die waarheid te bepaal nie - dit beskik wel
oor die magte - en die geld - om ongetoetste beweringe in groot hoeveelhede
die wêreld in te stuur. (Maar jy is natuurlik self nie te sleg hiermee
nie.)

As daar enige merkbare "versoening" uit hierdie proses kom, sal dit nie
duskant die hiernamaals wees nie.

Maar jy vra na my gevoelens oor die saak:

1) As daar 'n _bedreiging_ vir waarheid en voersoening is, dan is dit
daardie sirkus van Tutu en Borraigne.
2) Hoe langer die ding aanhou, hoe meer begin dit my lyk asof daar
inderdaad 'n argument te maak is dat apartheid inderdaad 'n goeie ding was.

> 2. Dink jy apartheid was 'n staatsbeleid van die vorige bestel wat
> mense se regte op strukturele en brutale wyse verkrag het?

Ja. In die sin van "indirectus" en "eventualis" (jy ken mos Romeinse Reg,
nie waar nie?). Terselfdertyd reken ek dat die kern van (maar nie naastenby
al) die aantastings van mense se regte geregverdig was, gegee die
omstandighede van die tyd.

Postapartheid, daarenteen, is 'n staatsbeleid wat mense se regte op
strukturele en brutale wyse verkrag - in die sin van "directus",
"indirectus", sowel as "eventualis". En, gegee die omstandighede van die
tyd, is daar geen regverdiging voor nie.

Benewens die onderwyswetgewing, wat kinderregte om elke hoek en draai
verkrag, kan jy ook die sogenaamde "waarheidskommissie" gebruik as
voorbeeld waar mense se regte op "strukturele en brutale wyse verkrag word"
- en dit het jy op die gesag van die Kaapse Hoërhof - onthou?

Dit gaan jou blikkies.

Donkiegod.
Re: Don Quijotte de La Mancha [boodskap #10638 is 'n antwoord op boodskap #10608] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
> Koos wrote in article
> ...
>>

>> (Oor jou ander beweringe: Ek het laas vir jou 'n reeks aanhalings deur
>> jouself gegee nadat jy 'n boendoehof uitgeroep het. Jy het natuurlik
>> nooit daarop geantwoord nie.)

Genugtig, Koos!

Ek sien nou eers wat hier aangaan. Wat jy hier beweer is presies die
teenoorgestelde van wat gebeur het!
Ek het jou punt vir punt geantwoord op elke aanklag. Dit was jy wat
konsekwent geweier het om jou beweringe te substansieer. Totdat ek jou op 'n
bepaalde punt vasgetrek het, en ge-eis het dat jy die punt bewys of die
bewering terugtrek. Jy het geweier om een van die twee te doen - net
geswets.

Die "boendoehof" het jy op jouself afgeroep. Jy het verklaar dat "mense op
die nuusgroep" een van jou beweringe sou bevestig. My reaksie was om te vra
dat die betrokke mense na vore kom en bevestig. Nie 'n enkele een het dit
gedoen nie.

In albei opsigte dus, vertel jy die storie op presies die teenoorgestelde
manier as wat dit gebeur het.

Dit is ook 'n taktiek wat in die handboeke van revolusionêre bewegings
aanbeveel word. Die ANC lei inderdaad sy juigkommando goed op!

Hartlike groete

Donkiegod.
Vorige onderwerp: Diana - Die begrafnis
Volgende onderwerp: chauvinisme en "die vrou in 'n man"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 11:18:54 MGT 2024