Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Klomp Goed 1: Die afarmman
Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105816] Sa, 10 September 2005 10:24 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanoggend, tewyl ons voor die Stadsaal, oorkant die parade, sit en wag vir
die Feetjie, sien ek 'n ouerige swartman aangeloop kom na 'n jongetjie, wat
baie netjies aangetrek is, en staan en wag op iemand.
Dit was heel duidelik hy het nie vir die ouer swartman gewag nie.

Die oue se een arm is in die skouer afgesit.
Die ander arm is net onder die elmboog afgesit.

Hy vra toe vir die jongetjie om die bottel wat hy teen sy lyf vasknyp te
neem, oop te maak, en so vas te hou sodat hy ( die oue) uit die bottel kan
drink.

Dit was 'n bottel goedkoop witwyn.
Re: Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105820 is 'n antwoord op boodskap #105816] So, 11 September 2005 01:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

'n ouerige swartman

> Dit was 'n bottel goedkoop witwyn.

Ja-nee, hier kom dit weer. Die hoere in die
hawe praat mos altyd Kaaps. Die werkers
wat op die plase bly, is mos altyd besope.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105824 is 'n antwoord op boodskap #105820] So, 11 September 2005 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina - hier is jou krismisboks.
Ek skryf vir jou die plasing oor in Gloudiniaans:))

Vanoggend, terwyl ons voor die Stadsaal, oorkant die parade, sit en wag vir
my vriendin wat teen betaling my woonplek skoonvee, sien ek 'n ouerige man
sonder tande aangeloop kom na 'n jongetjie ( met 'n mond vol mooi sterk wit
tande) , wat
baie netjies aangetrek is, en staan en wag op iemand.
Dit was heel duidelik hy het nie vir die ouer man gewag het nie.

Die oue se een arm is in die skouer afgesit.
Die ander arm is net onder die elmboog afgesit.

Hy vra toe vir die jongetjie om die bottel wat hy teen sy lyf vasknyp te
neem, oop te maak, en so vas te hou sodat hy ( die oue) uit die bottel kan
drink.

Daar was nie water, tee of koffie in die bottel nie.
-
Groetnis
Annette

"@rogers.com" skryf in boodskap news:-92dnTHEwNfNHL7eRVn-2w@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
> 'n ouerige swartman
>
>> Dit was 'n bottel goedkoop witwyn.
>
> Ja-nee, hier kom dit weer. Die hoere in die
> hawe praat mos altyd Kaaps. Die werkers
> wat op die plase bly, is mos altyd besope.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
Re: Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105827 is 'n antwoord op boodskap #105816] So, 11 September 2005 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette ek neem aan jy probeer 'n gesprek ontlok deur hierdie stelling, maar
dit smaak my ons wil nie byt nie.

Ek kan byvoorbeeld vir jou vertel dat ek gister in die apteek agter die
toonbank gewerk het, toe kom daar 'n man na my toe wat medikasie wou hê wat
net op voorksrif verkrygbaar was. Ek het aan hom verduidelik dat dit die
situasie is en dat ek hom nie kon help nie. Ek het ook aangebied om sy
dokter te bel, maar hy het my daar en dan as 'n bliksemse p**s bestempel en
vir my gesê dat enige ander apteek hom sou gehelp het.

'n Staaltjie uit wat in my dag gebeur het. Die ras van die man is vir my
van geen belang nie, ek kan ook nie onthou hoeveel arms hy gehad het nie.
Ek kan net onthou dat hy opgetree het soos iemand met wie ek eerder nie
geassosieer wil wees nie.

"Annette" skryf in boodskap news:dfucbo$qsf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vanoggend, tewyl ons voor die Stadsaal, oorkant die parade, sit en wag vir
> die Feetjie, sien ek 'n ouerige swartman aangeloop kom na 'n jongetjie,
> wat
> baie netjies aangetrek is, en staan en wag op iemand.
> Dit was heel duidelik hy het nie vir die ouer swartman gewag nie.
>
> Die oue se een arm is in die skouer afgesit.
> Die ander arm is net onder die elmboog afgesit.
>
> Hy vra toe vir die jongetjie om die bottel wat hy teen sy lyf vasknyp te
> neem, oop te maak, en so vas te hou sodat hy ( die oue) uit die bottel kan
> drink.
>
> Dit was 'n bottel goedkoop witwyn.
>
Re: Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105829 is 'n antwoord op boodskap #105824] So, 11 September 2005 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" sskryf

> Gloudina - hier is jou krismisboks.
> Ek skryf vir jou die plasing oor in Gloudiniaans:))

'n ouerige man
> sonder tande aangeloop kom na 'n jongetjie ( met 'n mond vol mooi sterk wit
> tande) , wat
> baie netjies aangetrek is, en staan en wag op iemand.
> Dit was heel duidelik hy het nie vir die ouer man gewag het nie.
>
> Die oue se een arm is in die skouer afgesit.
> Die ander arm is net onder die elmboog afgesit.
>
> Hy vra toe vir die jongetjie om die bottel wat hy teen sy lyf vasknyp te
> neem, oop te maak, en so vas te hou sodat hy ( die oue) uit die bottel kan
> drink.
>
> Daar was nie water, tee of koffie in die bottel nie.

Dankie Annette. Weet jy, sonder die rassisme, is die
vertelling vir die eerste keer vir my bietjie snaaks.

Gloudina
Re: Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105841 is 'n antwoord op boodskap #105827] So, 11 September 2005 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Francois - wat my van die man getref het is hoe hy sy lot blykbaar heel
gelukkig en tevrede aanvaar het. Hy kan nie eers 'n bottel vashou ( of 'n
beker, of enigiets nie) as hy wil drink of eet nie. Hy kan nie 'n werk doen
nie. Hy kan niks oopdraai of afvee nie - hy is afhanklik van ander mense
vir al sy basiese lewensbehoeftes - en dit lyk nie ooglopend of dit hom 'n
snars pla nie - of miskien wys sy pla in sy drink van goedkoop witwyn uit 'n
plastiekbottel om 9vm op 'n Saterdagoggend.
--
Groetnis
Annette
"Francois Human" wrote in message
news:1126434286.c2d0bc822c8a3d278437cb754775739f@teranews...
> Annette ek neem aan jy probeer 'n gesprek ontlok deur hierdie stelling, maar
> dit smaak my ons wil nie byt nie.
>
> Ek kan byvoorbeeld vir jou vertel dat ek gister in die apteek agter die
> toonbank gewerk het, toe kom daar 'n man na my toe wat medikasie wou hê wat
> net op voorksrif verkrygbaar was. Ek het aan hom verduidelik dat dit die
> situasie is en dat ek hom nie kon help nie. Ek het ook aangebied om sy
> dokter te bel, maar hy het my daar en dan as 'n bliksemse p**s bestempel en
> vir my gesê dat enige ander apteek hom sou gehelp het.
>
> 'n Staaltjie uit wat in my dag gebeur het. Die ras van die man is vir my
> van geen belang nie, ek kan ook nie onthou hoeveel arms hy gehad het nie.
> Ek kan net onthou dat hy opgetree het soos iemand met wie ek eerder nie
> geassosieer wil wees nie.
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:dfucbo$qsf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Vanoggend, tewyl ons voor die Stadsaal, oorkant die parade, sit en wag vir
>> die Feetjie, sien ek 'n ouerige swartman aangeloop kom na 'n jongetjie,
>> wat
>> baie netjies aangetrek is, en staan en wag op iemand.
>> Dit was heel duidelik hy het nie vir die ouer swartman gewag nie.
>>
>> Die oue se een arm is in die skouer afgesit.
>> Die ander arm is net onder die elmboog afgesit.
>>
>> Hy vra toe vir die jongetjie om die bottel wat hy teen sy lyf vasknyp te
>> neem, oop te maak, en so vas te hou sodat hy ( die oue) uit die bottel kan
>> drink.
>>
>> Dit was 'n bottel goedkoop witwyn.
>>
>
Re: Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105842 is 'n antwoord op boodskap #105827] So, 11 September 2005 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap

Re: Klomp Goed 1: Die afarmman [boodskap #105893 is 'n antwoord op boodskap #105829] Di, 13 September 2005 09:45 Na vorige boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:MZSdneA8ypfIk7neRVn-oA@rogers.com...
>
> Dankie Annette. Weet jy, sonder die rassisme, is die
> vertelling vir die eerste keer vir my bietjie snaaks.
>
> Gloudina

Ek weet ek loop die risiko om te klink asof ek "altyd" met Gloudina wil
stry, maar ek het glad nie die rassisme in jou eerste pos gesien nie,
Annette. Inteendeel, ek het die eerste weergawe juis geniet omdat die
kulturele karakter van 'n swart ou man en 'n wit ou man so verskil! As jy
dit sonder die kulturele inset lees, gaan te veel nuanses en verbeelding
verlore. En dit takel die ras van die ou man ook nie in die minste af nie.
Ons almal moet seker versigtig wees om onnodiglik "Wolf!" te skree...

Basjan
Vorige onderwerp: Is dit Naasteliefde?
Volgende onderwerp: Grond
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:20:39 MGT 2024