Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Klomp goed 5: Matriek teen wil en dank
Klomp goed 5: Matriek teen wil en dank [boodskap #105848] Ma, 12 September 2005 07:18 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op dieselfde bl 5 van Burger 8/9/2005:

" Met drie E's en vier F's kan jy matriek slaag."

Dit is die nuwe standaard vir matrieks van 2008 en later.
Om te kan slaag, moet die kandidate 40% in hul huistaal, in
lewensoriëntering en nog 'n vak behaal, en 30% in die ander 4 vakke.
( Lewensoriëntering, van wat ek kon uitvind, is iets soos Gesondheidsleer).

'n Kandidaat moet 7 vakke neem, waarvan twee tale ( huistaal en nog 'n
eerste addiionele taal) , lewensoriëntering en wiskunde of wiskundige
geletterdheid verpligtend is.
Dié punte is ook die minimum toelatingsvereistes om vir 'n hoër sertifikaat
te studeer.
Vir 'n diploma geld die minimum en vier vakke, buiten lewensoriëntering, wat
op vlak 3 ( 40% - 49%) geslaag is. Vir 'n graad is dit die minimum en vier
vakke uit 'n spesifieke lys wat op vlak 4 ( 50% - 59%) of beter geslaag is.
Op die webwerf www.he-enrol.ac.za word die vereistes uitgestippel.

Maar dis nie al nie, soos die advertensie sê. Oor RSG die oggend is berig
dat 'n kandidaat se vakke op hoër vlak gemerk word, en as die 40% nie behaal
word nie, word dit op die laer graad of standaardvlak gemerk, om die
slaagsyfer van 30% te probeer maak. As dit nie genoeg is nie, word die
vraestel gemerk teen 'n derde standaard, waar die kandidaat dan sal kan
slaag op 25%.
Re: Klomp goed 5: Matriek teen wil en dank [boodskap #105853 is 'n antwoord op boodskap #105848] Ma, 12 September 2005 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou as jy 'n vraestel merk en jou som is verkeerd op hoer graad gaan die som
beslis
nie reg wees as jy dit oor merk asof die dit standaard graad of laergraad is
nie.
Of moet mens 'n ander kleur pen gebruik ?

"Annette" skryf in boodskap news:dg3a7c$2ru$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Op dieselfde bl 5 van Burger 8/9/2005:
>
> " Met drie E's en vier F's kan jy matriek slaag."
>
> Dit is die nuwe standaard vir matrieks van 2008 en later.
> Om te kan slaag, moet die kandidate 40% in hul huistaal, in
> lewensoriëntering en nog 'n vak behaal, en 30% in die ander 4 vakke.
> ( Lewensoriëntering, van wat ek kon uitvind, is iets soos
> Gesondheidsleer).
>
> 'n Kandidaat moet 7 vakke neem, waarvan twee tale ( huistaal en nog 'n
> eerste addiionele taal) , lewensoriëntering en wiskunde of wiskundige
> geletterdheid verpligtend is.
> Dié punte is ook die minimum toelatingsvereistes om vir 'n hoër
> sertifikaat
> te studeer.
> Vir 'n diploma geld die minimum en vier vakke, buiten lewensoriëntering,
> wat
> op vlak 3 ( 40% - 49%) geslaag is. Vir 'n graad is dit die minimum en vier
> vakke uit 'n spesifieke lys wat op vlak 4 ( 50% - 59%) of beter geslaag
> is.
> Op die webwerf www.he-enrol.ac.za word die vereistes uitgestippel.
>
> Maar dis nie al nie, soos die advertensie sê. Oor RSG die oggend is berig
> dat 'n kandidaat se vakke op hoër vlak gemerk word, en as die 40% nie
> behaal
> word nie, word dit op die laer graad of standaardvlak gemerk, om die
> slaagsyfer van 30% te probeer maak. As dit nie genoeg is nie, word die
> vraestel gemerk teen 'n derde standaard, waar die kandidaat dan sal kan
> slaag op 25%.
>
Re: Klomp goed 5: Matriek teen wil en dank [boodskap #105894 is 'n antwoord op boodskap #105848] Di, 13 September 2005 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"
> Op dieselfde bl 5 van Burger 8/9/2005:
>
> " Met drie E's en vier F's kan jy matriek slaag."

Ek was meer as 20 jaar gelede op skool. Toe moes jy ook 40% vir jou huistaal
hê om te slaag. Jy moes vir vier vakke 40% hê om Universiteit toe te gaan.
Die ander twee kon jy maar in jou moer pluk!

Daar't dus nie soveel verander nie...
Re: Klomp goed 5: Matriek teen wil en dank [boodskap #105907 is 'n antwoord op boodskap #105894] Di, 13 September 2005 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy was waar op skool?
In my tyd - as jy 'n F in een vak gekry het, het jy gedruip.
As jy in een vak 'n E gekry het, kon jy nie universiteitsvrystelling kry
nie.
Universiteitsvrystlling kon slegs verkry word as jou gemiddelde slaagsyfer
60% of beter was, en jy nie 'n E in een van jou vakke gekry het nie.

G'n wonder jy moes oorsee gaan werk soek nie:)))))
--
Groetnis
Annette

"Max" skryf in boodskap news:4326aaa9$0$11077$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "Annette"
>> Op dieselfde bl 5 van Burger 8/9/2005:
>>
>> " Met drie E's en vier F's kan jy matriek slaag."
>
> Ek was meer as 20 jaar gelede op skool. Toe moes jy ook 40% vir jou huistaal
> hê om te slaag. Jy moes vir vier vakke 40% hê om Universiteit toe te gaan.
> Die ander twee kon jy maar in jou moer pluk!
>
> Daar't dus nie soveel verander nie...
>
Re: Klomp goed 5: Matriek teen wil en dank [boodskap #105919 is 'n antwoord op boodskap #105907] Wo, 14 September 2005 09:33 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
> "Max" wrote in message
> news:4326aaa9$0$11077$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>
>> "Annette"
>>> Op dieselfde bl 5 van Burger 8/9/2005:
>>>
>>> " Met drie E's en vier F's kan jy matriek slaag."
>>
>> Ek was meer as 20 jaar gelede op skool. Toe moes jy ook 40% vir jou huistaal
>> hê om te slaag. Jy moes vir vier vakke 40% hê om Universiteit toe te gaan.
>> Die ander twee kon jy maar in jou moer pluk!
>>
>> Daar't dus nie soveel verander nie...
>>

"Annette" skryf in boodskap news:dg7cn6$2kb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy was waar op skool?
> In my tyd - as jy 'n F in een vak gekry het, het jy gedruip.
> As jy in een vak 'n E gekry het, kon jy nie universiteitsvrystelling kry
> nie.
> Universiteitsvrystlling kon slegs verkry word as jou gemiddelde slaagsyfer
> 60% of beter was, en jy nie 'n E in een van jou vakke gekry het nie.
>
> G'n wonder jy moes oorsee gaan werk soek nie:)))))
> --
> Groetnis
> Annette
>>
>

Daar het duidelik baie verander tussen jou skooldae en myne.

In my tyd moes jy vier vakke op hoërgraad slaag om vrystelling te kry. Daar
was vangplekke, bv Biologie en Skeinat wat saam as een getel het, ens.

Jy moes jou twee tale slaag om te slaag. 40% (E) vir Afrikaans en 33,3% (F)
vir Engels. Ek kan nie meer so goed onthou nie, maar ek dink jy moes drie
vakke pluk (minder as 33,3%) om Matriek te pluk. Of was dit twee, dan het ek
hier bo verkeerd gesê.
Vorige onderwerp: Skole straf
Volgende onderwerp: Matriekuitslae.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:16:58 MGT 2024