Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laat ek myself voorstel: Jasper die Barbaar
Laat ek myself voorstel: Jasper die Barbaar [boodskap #10548 is 'n antwoord op boodskap #10550] Di, 02 September 1997 00:00 na volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Laat ek myself voorstel:

Ek is Jasper die Barbaar.
Deel van die X generasie
die generasie sonder identiteit (2?)
niks beindruk ons meer nie
ons pas nêrens in nie
niks gee ons meer 'n "kick" nie
ons probeer alles maar hou van niks
die Internet is 'n eensame en vervelige plek
en ons het verdwaal daarin
(my ESC knoppie werk nie).

Die enigste identiteit wat ons in geslagte
hierna sal hê is die geslag sonder identiteit

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Re: Laat ek myself voorstel: Jasper die Barbaar [boodskap #10549 is 'n antwoord op boodskap #10548] Di, 02 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Sep 1997 12:54:05 GMT, "Jasper die Barbaar" wrote:
<<>Die enigste identiteit wat ons in geslagte
> hierna sal hê is die geslag sonder identiteit>>>

...ai....die eerste keer waarvan ek weet dat 'n jong geslag die soort
- wat is die woord? enui? - uitgespreek het in 'n literere soort
manier was Hemingway in Parys in die jare 20.

("You are all a lost generation."

Ek dink dit staan voor in The Sun Also Rises en dit verwys na die
geslag wat na die 1Ste WO terug in die samelewing was.

As ek verder reg onthou het ou Gertrude Stein toe later geskryf dat
dit deur 'n middeljarige, half dronk petrolpomp-operateur in Parys aan
Hemingway toegesnou is - eerder in die gees van 'n belediging as
filosofiese opmerking.)

"Papa" Hemingway het daarna egter bullfights, drank, jag in Kenia en
visvang "ontdek".

Dit het hy toe bygevoeg by sy reeds imponerende arsenaal van
tydverdrywe - onder meer seks, vroue (ja, daar is 'n verskil - 'n
heerlike geheime glimlag in die verbygaan is iets heel anders as seks
in 'n bed), oorlog, glimmende gedigte, groot literatuur en die kuns om
vyande te maak en te behou. En natuurlik sy eie skryfwerk. Waaroor hy
meeste van die tyd alles behalwe "lost" gevoel het - hoewel hy teen
die einde wel verlore was...

Hy het 'n vol lewe gehad, paragrawe geskryf wat soos tydlose
beeldhouwerk glim in die gedagtes, en baie mense se aandag gereeld op
hom getrek.

En toe die "lost-"faktor werklik intree - laat in sy lewe - toe het
hy homself in 'n haelgeweer verdrink.

Daar was nie genoeg energie en vreugde om literatuur daarvan te maak
nie. Dit was 'n grys werklikheid.

Ek wens ek was jonger. Ek wens ek was vandag jonk. Daar is soveel
dinge wat ek nie kon doen, sien en heen reis toe ek post adolossent
was nie...

(Het jy al drank en vroue probeer? Dis 'n goeie beginpunt. En as dit
jou nie aan die gang kan hou week in week uit nie, dan is jou probleem
nie 'n sosiaal-geskiedkundige een nie.)

P.S. Uys Krige het die "lost generation-"idee waarskynlik die heel
mooiste uitgedruk Hy het gese: "Om die lewe uit te staan, moet 'n mens
dronk wees. As jy nie dronk kan raak van kuns, literatuur, ballet of
so iets nie, raak dan maar dronk van wyn..."
Re: Laat ek myself voorstel: Jasper die Barbaar [boodskap #10550 is 'n antwoord op boodskap #10548] Di, 02 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article ...

> On 2 Sep 1997 12:54:05 GMT, "Jasper die Barbaar"
> wrote:
>
> > hierna sal hê is die geslag sonder identiteit>>>
>
> ...ai....die eerste keer waarvan ek weet dat 'n jong geslag die soort
> - wat is die woord? enui? - uitgespreek het in 'n literere soort
> manier was Hemingway in Parys in die jare 20.
>
> ("You are all a lost generation."
>

Pragtige toepassings van Hemmingway - dankie Koos. Maar ook Hemmingway is
voorgespring met omtrent 3000 jaar. Ek kom die volgende tee, wat ten minste
'n dosyn raakpunte - of weersprekings - inhou met wat jy en Jasper Barbaar
geskryf het (Die ou vertaling dra beter. Die 'enui' kom ook beter deur as jy
jou leser wyd of font klein stel, sodat elke vers op sy eie reël staan):

1 Die woorde van die prediker, die seun van Dawid, die koning in
Jerusalem.
2 Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles
tevergeefs.
3 Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei
onder die son?
4 Die een geslag gaan, die ander kom, en die aarde bly vir ewig staan.
5 Die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy
opgaan.
6 Die wind gaan na die Suide en slaan om na die Noorde, gaan altyddeur
rond, en die wind keer na sy kringloop terug.
7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die
plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.
8 Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie, en die
oor word nie vol van hoor nie.
9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer
gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
10 Is daar iets waarvan die mens kan sê: kyk, dit is nuut? Dit was
lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
11 Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die
nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal
wees nie.

(Prediker 1:1-10)

Vers 11 is miskien die eerste definisies van 'n Generasie X - in Japser
Barbaar se woorde: "Die enigste identiteit wat ons in geslagte hierna sal
hê is die geslag sonder identiteit".

Groete, Leendert
Re: Laat ek myself voorstel: Jasper die Barbaar [boodskap #10562 is 'n antwoord op boodskap #10550] Wo, 03 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
'n Onlangse artikel oor Kanadese Generation X ers wys
daarop dat hulle verbasend aangepas en suksesvol is, ten
spyte van die mites wat oor hulle versprei word. (Terloops,
ek dink die ou wat die naam Generation X uitgedink het,
was 'n Kanadees.) Hulle word ook soms die "rope generation"
genoem, omdat baie van hulle in kleuterskole opgeneem is,
en buitekant vir die veiligheid aan 'n tou moes vashou. Dit
veroorsaak dat hulle 'n baie diep lojaliteit teenoor hulle
vriendekring het, wat my soms eenvoudig verbaas. Een van
my kinders wat nou 27 is, gaan elke jaar gereeld met 'n groep
"canoe-buddies" vir 'n week erens op mere vakansie hou.
Dis swaar werk, om tussen verskillende mere te "portage" en
hulle lê lang afstande af. So dis nie langs die water gaan sit
en vleisbraai en drank drink, iets wat ek met my generasie
assosieer nie. My seun het net 'n week gelede van vanjaar se
kanoe-trip teruggekom. Al die maats is suksesvol in hulle
eie beroepe. Die suksesvolste van die groep is Ben Watson,
wat op 27 'n multimiljoener is. Ben se ouers het toe hy nog
klein was, uit Engeland na Kanada verhuis. Sy pa verlaat toe
sy ma en neem al die geld met hom saam, sodat sy vir 'n paar
maande hulp van die regering moes kry. Sy begin toe vir die
provinsiale regering werk, maar toe sy in die tagtigerjare sien
hoeveel mense op rekenaars opgelei wil word, toe leen sy geld
en koop 'n "franchise" van die Academy of Learning. Ben het
naskools vir sy ma gewerk. 'n Paar jaar gelede verkoop sy die
besigheid vir oor 'n miljoen dollar. Ben leen twee jaar gelede
'n redelike klein bedrag van die Provinsiale regering en begin
'n ander besigheid, wat distansie-onderwys aanbied vir mense
van oor die hele wereld wat hulle vir sekere tegniese kursusse
wil bekwaam. Ons hoor sopas dat hy die besigheid nou aan 'n
groot Amerikaanse besigheid verkoop het, maar sal aanbly as
Vise-President. Ek neem aan hy het scholars.com vir 'n hele
paar miljoen verkoop, en ek neem aan sy salaris sal ook ietwat
astronomies wees. Dis nou 'n seuntjie wat ek voor my sien groot-
word het, en wat geen universiteitsgraad klaargemaak het nie,
want hy was altyd te besig in die "real world."

Gloudina Bouwer
Re: Laat ek myself voorstel: Jasper die Barbaar [boodskap #10627 is 'n antwoord op boodskap #10550] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article<3411e0c...@hermes.is.co.za>, <fe...@is.co.za> writes:
> On Fri, 05 Sep 97 10:29:41, l...@hotmail.spam.com wrote:
>
<<>.. - en ek sal myslef nou aan drank en vroue gaan oorgee. As ek nou net kan
>> onthou wat mens veronderstel is om met hulle te doen as jy hulle nou gevang
>> kan kry :) (dis nou die vrouens, die drank kan ek nog vaagweg onthou)>>>
>
> Die wysheid wat jy soek, Lou, kom saam met die drank...
>

O nou onthou ek! Die probleem is teen daardie stadium wonder jy die volgende
oggend of dit eg was - of net 'n droom. En daardie telefoon nommer in jou sak
.. soos hulle sê die enigste verskil tussen 'n mooi meisie en 'n lelike een
is drie doppe *grappie - net om Gloudina te vererg!*

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: chauvinisme en "die vrou in 'n man"
Volgende onderwerp: Don Leendert Quixote
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 11:19:10 MGT 2024