Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oor die lot van Bill (was Oor die lot van wit seuntjies)
Re: Oor die lot van Bill (was Oor die lot van wit seuntjies) [boodskap #10446] Do, 21 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Marc Rudolph  is tans af-lyn  Marc Rudolph
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
ro...@physics.utoronto.ca wrote:

>> Ek hoop van harte nie dis 'n Microsoft ene nie, ek is nou gatvol
>> vir die wereld-oorneem-en-almal-wat-anders-is-doodveeg mentaliteit
> van hulle.
>>
>> Hoera vir Apples en Amigas en OS/2 ens ! Kom ons stig 'n SUN/JAVA
> revolusie !
>> Weg met Microsoft skaapmentaliteit !
>
> Ek stem heelhartig met jou saam. maar nou hoor ek Microsoft het 'n
> deel van
> Apple gekoop. Ek is self 'n OS/2 ondersteuner. IBM het myns insiens
> 'n meer
> leef-en-laat-leef benadering.

Ek vind dit snaaks dat mense vandag Apple ondersteun teen die "evil
empire". Hoe vinnig vergeet ons van die dae toe Apple 'n meer "evil
empire" was, en almal (insluitend Microsloth) hof toe gevat het oor
hulle sogenaamde "look and feel". Alhoewel hulle op die ou end verloor
het, het ons almal gelei daardeur omdat ander maatskappye (soos HP en
Lotus) goeie nuwe ontwikkelings moes weggooi.

Terwyl ek nie baie hou van M$ nie, kry Apple nou sy beloning vir die
snotty, windgat houding van die verlede. ('n Les vir die ondersteuners
van apartheid, miskien? :-)

(En nee, Stef, IBM het definitief nie 'n leef-en-laat-leef benadering
nie!)

Marc
Re: Oor die lot van Bill (was Oor die lot van wit seuntjies) [boodskap #10447 is 'n antwoord op boodskap #10446] Do, 21 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Aug 1997 09:36:13 -0700, Marc Rudolph wrote:

>>[/color]

Ek steun Apple glad nie. As ek tussen die twee moet kies, vat ek 'n
IBM compatible enige dag op enige plek.

Dis Java wat MS kan opdonner en die wereld weer oop en mededingend
maak.

MS en Apple is saam in die ding teen Java. Albei is Proprietary terwyl
Java 100 oop is. (Of behoort te wees.)
Re: Oor die lot van Bill (was Oor die lot van wit seuntjies) [boodskap #10456 is 'n antwoord op boodskap #10446] Vr, 22 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos skryf in artikel
...

> Ek steun Apple glad nie. As ek tussen die twee moet kies, vat ek 'n
> IBM compatible enige dag op enige plek.
>
> Dis Java wat MS kan opdonner en die wereld weer oop en mededingend
> maak.
>
> MS en Apple is saam in die ding teen Java. Albei is Proprietary terwyl
> Java 100 oop is. (Of behoort te wees.)

Koos,

Dis maar die verloop van die wereld dat wanneer 'n meer
ope ding 'n meer geslote mark tref, die kopers op loop gaan.
Dit geld selfs vir die rekenaarwereld. Dis hoekom persoonlike
rekenaars hoofraam rekenaars gelooi het. My ervaring van op
IBM en CDC hooframe werk, gun ek nie eers my vyande nie.
Om 'n wysiging in die beheerstelsel te kon vekry, was moeiliker
as om 'n ontmoeting met die Pous te kry.

Maar, sodra die kopers op loop gaan, begin die die gees van
eiegewin ook groei en so die drome van onbekostigbare palleise.
'n Mens kan nie vis vang as jy die net begin toemaak nie.
Gevolglik begin die eens ope ding al hoe meer toe raak. En
hoe meer toe, hoe vinniger kom die doodsheid van ewewig
te verskyn.

Java van Sun is natuurlik 'n programmeertaal vir Internet gebruik.
Microsoft hanteer veel meer as net 'n programmeertaal vir
Internet. Die vergelyking wat jy tref, is dus veel meer skeef
as die tussen Dawid en Goliat. Jy mag reg wees met jou
vergelyking, naamlik dat Java vir Microsoft gaan donner.
(Terloops, donner is nie vir my vloek nie. In latyn beteken dit
om te gee! As ek dus skryf dat ek jou gaan donner, bedoel ek
dat ek jou dit gaan gee!)

Eintlik moet ons aan Microtell = (Microsoft + Intell) dink.
Dit is hulle wat die gedugte kombinasie maak wat ons Goliat
kan noem. Die dag toe die super 486 oorverhit het as gevolg
van al die harde Microsoft kode daarin, moes mense begin
wonder het. Die dag toe Intell hulle eie moederborde begin
bemark met hulle eie PCI bondeling daarop, moes die
verwondering besorgdheid geword het.

Intussen het Goliat honderde klein maatskappy wat allerhande
hardeware en sagteware byvoegsels gemaak het, plat getrap.
Goliat reken dat die mense wat in hierdie maatskappye betrokke
was, se gees ook dood is. Ek vermoed dat Dawid uit hierdie
mense gaan verrys eerder as uit Java. Sun is vir my eerder soos
Saul - wil met te veel bagasie gaan veg - wil te veel by die hekse
om raad aanklop. My vermoede is verder dat wanneer Internet
gaan vou, Dawid sal opstaan.

Hoekom gaan Internet vou? So 'n maand gelede kry ek in my
epos 'n advertensie. Die ou bemark 'n CDROM vir minder as
$100 met meer as 4 miljoen eposadresse daarop. Ek was
een van die 4 miljoen mense wat hy sy gemorspos bemark
het deur middel van sy CDROM. Sedertdien neem my eie
gemorspos eksponensieel toe. Ander neem dit ook waar. Party
het alreeds van adresse verander. Nou kom die probleem van
onaflewerbare pos wat rond geslinger word, ook by. Die kameel
van 'n Internet kan net soveel strooihalms dra. Mag hy Microtell
saam met hom ondertrek! Hoe gouer, hoe beter vir Internet II.

Daar werk ny Beeld 'n man met die naam Ferdie Greyling.
Hoe goed ken jy hom?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Oor die lot van Bill (was Oor die lot van wit seuntjies) [boodskap #10464 is 'n antwoord op boodskap #10446] So, 24 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Aug 1997 12:40:45 GMT, "AM de Lange" wrote:

At,
Die hoop is dat rekenaars en elektroniese konneksies vir
kommunikasie ware consumer items gaan word. En dan gaan java (of iets
soos Java) werklik oop moet wees. Want verbruikers wat hulle selfone
en elektroniese kommunikasie se instrumente op dieselfde vlak as
strykysters en toasters gaan plaas, gaan nie wil hoor van die een werk
net met daai stelsel ens. nie.
Hulle gaan nie belangstel nie. Hulle gaan net die boodskappe
en die TV wil sien. En gaan iets koop wat met alles oral gaan werk.
Sien ons dit nie reeds met selfone nie? Vodacom/MTN. Hulle moet
eenvoudig met mekaar praat sonder probleme anders word selfone
eenvoudig verwerp.

Die Internet: Hy kan teoreties nie crash nie want hy bestaan net
virtueel. Hy kan so groot word soos nodig is. Werelde le in een
hardeskyf of een optiese kabel.
En werelde word so maklik bygevoeg ook.
En privaatheid kan oral ingebou word as die vraag ontstaan. Jy kan
seker jou e-pos-adres verander. Die nuwe MS Explorer (weergwae 4) se
e-pos-leser bied jou die keuse om e-pos van adresse op die "server"
uit te vee. Het dit nog nie getry nie, maar dit klink na die "ultimate
kill file".
Die gemorspos pla my nie so baie soos die konkrete weergawes nie. Die
elektroniese soort vee maklik uit en 'n mens herken dit maklik.
Die papier-weergawe is baie erger.
Vorige onderwerp: Oor die lot van wit seuntjies
Volgende onderwerp: Van Frankryk af
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 15:39:55 MGT 2024