Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10063 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 22 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jon...@anon.ac.za (Jonnie) writes: > In article , wrote:

>>
>
> Net so terloops, Gloudina, jy het nie dalk groot geword op 'n plaas in die
> Groblershoop-omgewing nie? Ek het destyds as kind 'n Gloudina Redman daar
> geken. Aangesien "Gloudina" nie 'n baie algemene naam is nie, het ek net
> gewonder of dit nie dalk jy was nie.
>
>
> --
> Jonnie

Sou dit nou enige verskil gemaak het as ek
miskien daardie persoon was, of is?
Gloudina
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10072 is 'n antwoord op boodskap #9926] Wo, 23 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Jonnie skryf in artikel
...

> Net so terloops, Gloudina, jy het nie dalk groot geword op 'n plaas in die
> Groblershoop-omgewing nie? Ek het destyds as kind 'n Gloudina Redman daar

> geken. Aangesien "Gloudina" nie 'n baie algemene naam is nie, het ek net
> gewonder of dit nie dalk jy was nie.

Die naam Gloudina is redelik onbekend in die provinsie
wat vroe"er as Transvaal bekend was. Maar ek het die
naam veel meer teegekom in die provinsie wat nou as
Noordkaap (rofweg wes van Kimberley en noord van
Calvinia) bekend is.

Dit laat my dink aan 'n sekere vygie (vetplant) wat as
beeskloutjies of bokspoortjies ("lebende Steine")
bekend is. Die geslagnaam is Lithops (wat in Grieks
na klip verwys). Een van hulle se naam is
Lithops bromfieldii var glaudinae.
Hierdie vare"iteit is vernoem na 'n ene mev. Gloudina
Venter wat dit ontdek het.

Die "e" agter 'n naam soos "glaudinae" beteken dat
die naam na 'n vrou verwys. As 'n plant na Vira vernoem
sou word, sal dit dan "virae" wees. Die "ii" agter 'n
naam soos "bromfieldii" verwys weer na 'n man. As 'n
plant na Koos vernoem sou word, sal dit "koosii" wees.
Daar was 'n tyd toe plante dikwels na hulle ontdekkers
of ander belangrike persone vernoem is. Vandag word
liewers na 'n uitstaande of onderskeidende kenmerk
van die plant verwys, gebruikmakend van die Griekse
of Latynse woord vir die kenmerk. Die naam "lithops"
is 'n voorbeeld. alhoewel hierdie naam al baie oud is.

Daar is 'n rede hoekom. Ons sukkel nie net om aan soorte
mense name te gee nie. (Dink aan die naam Afrikaner.)
Diere, plante en chemiese stowwe gee ook probleme.
Daar was 'n tyd in die biologiese wereld toe die
geringste verskilletjie as 'n rede vir 'n nuwe spesie beskou
is. Dit was die tydperk van die "splitters". Dit was nogal
'n eer om of jou naam vernoem te kry, of die outeur te wees
van 'n nuwe spesie. "Splitting" was dus voordelig om mense
se name te probeer verewig.

Ongelukkig is daar duisende nuwe spesies gemaak wat
hoogstens vare"iteite of vorme van bestaande spesies was.
Die gevolg was dat daar 'n herordering moes plaasvind. Dit
het aanleiding gegee tot die tydperk van die "lumpers".
Iemand wat 'n klomp spesies "lump" tot vare"iteite van een
spesie, het die eer gekry as outeur van so 'n komplekse
spesie. Dikwels moes 'n nuwe naam geskep word en dan
het persone weer vernoem geraak. Gou was "lumping" ook
voordelig om mense se name te probeer verewig.

Dit het dus geblyk dat ondanks mense nou "spiltters" of
"lumpers" was, het hulle.altyd 'n manier gevind om mense
deur hulle name ho"er aan te slaan. Dit het dus nie altyd
daaroorgegaan om 'n groep plante as 'n egte spesie
ge"identifiseer te kry nie, maar om opportunistiese redes.
In ieder geval, dit word al hoe duideliker dat elke
klassifikasiestelsel mensgemaak is. Die natuur self het
nie 'n klassifikasiestelsel nie. Maar dit het 'n tog 'n manier
hoe soort soort herken, iets wat ons bitter graag in die
klassifikasiestelsel wil inbou.

Die politiek het maar ook sy "splitters" en "lumpers".
As ek so na die geskiedenis van Suid Afrika kyk, was
die tydperk van die "splitters" veral tussen 1940 - 1980.
Ons is nou duidelik in die tydperk van die "lumpers".
Ons moet daarteen waak dat persoonlike gewin die
"lumpers" dryf net soos wat dit die "splitters" gedryf
het. Met ander woorde, ons moet baie versigtig wees
met mensgemaakte klassifikasies van mense. Ons moet
liewers mense toelaat om vrylik te assosieer en dan
probeer vasstel waarom dit gebeur.

Hoe dink julle?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10078 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 25 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina vra:

> Kan jy my geheue 'n bietjie verfris, Johnnie. Ek kan nie
> onthou dat ek ooit 'n uitspraak gelewer het oor "wie 'n
> Afrikaner" is nie. Kan jy my vertel wat ek gesê het? As
> ek dit mis het, sal ek om verskoning vra.

Gloudina

Sorry dat ek nou eers antwoord, ek het 'n probleem met my nuusleser gehad en
het vandag eers die afgelope week se pos gekry.

Ek praat nie van uitsprake oor die Afrikaner in die algemeen nie (hoewel, jy
het al in die verlede gesê dat jy nie 'n Afrikaner wil wees nie, maar 'n
Kanadees). Waarna ek wel verwys het is jou beweringe dat swartmense in die
verlede nie universiteitsgrade in SA kon kry nie, asook jou beweringe dat
witmense in SA in die vettigheid van die verlede leef. Kom kyk bietjie, die
ANC-regering en hulle trawante is die expert soustreinryers in SA vandag.

Ek wil ook nog steeds graag weet of jy van Groblershoop afkomstig is (sien 'n
ander pos van my). Dit is blote nuuskierigheid en ek bedoel niks anders daarby
as dat ek graag wil weet of jy dalk een van my vriendinne uit my kinderdae was
nie.

--
Jonnie
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10087 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 26 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jon...@anon.ac.za (Jonnie) writes: > Gloudina vra:
>
>> Kan jy my geheue 'n bietjie verfris, Johnnie. Ek kan nie
>> onthou dat ek ooit 'n uitspraak gelewer het oor "wie 'n
>> Afrikaner" is nie. Kan jy my vertel wat ek gesê het? As
>> ek dit mis het, sal ek om verskoning vra.
>
> Gloudina
>
> Sorry dat ek nou eers antwoord, ek het 'n probleem met my nuusleser gehad en
> het vandag eers die afgelope week se pos gekry.
>
> Ek praat nie van uitsprake oor die Afrikaner in die algemeen nie (hoewel, jy
> het al in die verlede gesê dat jy nie 'n Afrikaner wil wees nie, maar 'n
> Kanadees). Waarna ek wel verwys het is jou beweringe dat swartmense in die
> verlede nie universiteitsgrade in SA kon kry nie, asook jou beweringe dat
> witmense in SA in die vettigheid van die verlede leef. Kom kyk bietjie, die
> ANC-regering en hulle trawante is die expert soustreinryers in SA vandag.
>
> Ek wil ook nog steeds graag weet of jy van Groblershoop afkomstig is (sien 'n
> ander pos van my). Dit is blote nuuskierigheid en ek bedoel niks anders daarby
> as dat ek graag wil weet of jy dalk een van my vriendinne uit my kinderdae was
> nie.
>
>
> --
> Jonnie

Nee, Johnnie, ek is nie die Gloudina Redman wat
jou vriendin was nie. Daar is egter omtrent 'n 50/50
kans dat ons wel verlangs familie is. Die ouma van
wie ek my naam kry (Gloudina Maria) was tweekeer
getroud en was verantwoordelik vir 'n hele klomp
Gloudina's in die Noordkaap.
Oor jou ander stellings: Ek is 'n Kanadese burger vir
baie lank al, en my lojaliteit is dus aan hierdie land en
sy mense. Jy is 'n Suid-Afrikaner en dis waar jou lojali-
teit moet wees. Maar ek is van geboorte 'n Afrikaner,
of jy nou daarvan hou of nie. En ek laat nie vir jou toe
om vir my te sê waar my Afrikanerskap ophou en joune
of Vira s'n begin nie. Ek sien selfs ons besluit om die
land te verlaat toe ons nie meer die sondes van apartheid
kon wegredeneer nie, as 'n karaktertrek van ons Afrikaner-
skap.
Jy verdraai ook my woorde oor die teenwoordigheid
van swart en bruinmense in Suid-Afrikaanse Universiteite.
Onthou bietjie dat ek nie totaal kontak met SA verloor
het toe ek Kanada toe gekom het nie. Maar om te vind
dat 'n Zulu doodnatuurlik sy D.ED by RAU gaan kry,
sonder om te dink dis uitsonderlik, is vir my 'n gesonde
en vreugdevolle vonds. Ek is seker dat dit nie in die laat-
sewentigs en vroeg-tagtigerjare so 'n doodgewone ding
sou gewees het nie. As ek verkeerd is, vra ek om verskoning.

Gloudina
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10298 is 'n antwoord op boodskap #9926] So, 10 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Jul 1997 22:50:27 GMT, "Louis" wrote:
Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira [boodskap #10307 is 'n antwoord op boodskap #9926] Ma, 11 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> On 11 Jul 1997 22:50:27 GMT, "Louis" wrote:
>
> &^& varke) sou al lankal gesekwestreer gewees het as die regering 'n
>> lopende besigheid was.>>
>
> Die vorige een was.
>

In hulle nuwe boek 'Comrades in Business' skryf Proff. Adam en Moodley en Dr F
van Zyl Slabbert dat die rykste 20% van die swart bevolking in die laaste jare
40% ryker geword het. Terselfdertyd het die armste 40% van die swart bevolking
40% armer geword.

Ja, ou Koos, Viva ANC VIVAAAA!! Bevryders van die onderdrukte masses inderdaad
..
Re: Vensters in SA in [boodskap #10311 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> a@b.c (Wen) writes: >
>
>>>
>>
>> In hulle nuwe boek 'Comrades in Business' skryf Proff. Adam en Moodley en Dr F
>> van Zyl Slabbert dat die rykste 20% van die swart bevolking in die laaste jare
>> 40% ryker geword het. Terselfdertyd het die armste 40% van die swart bevolking
>> 40% armer geword.
>>
>> Ja, ou Koos, Viva ANC VIVAAAA!! Bevryders van die onderdrukte masses inderdaad
>> ..
>>
>
> En is dit nou nie goed dat die rykste twintig persent van
> die swart bevolking nog ryker geword het nie?
> Hoekom is jy so verontwaardig oor goeie dinge wat met
> ander mense gebeur, as hulle die "verkeerde" kleur het?
> Ek hoop jy was net so verontwaardig deur die apartheids-
> jare toe elke wit Jan Rap en sy maat geld gemaak het uit
> die sisteem, toe promosies in Universiteite soms gebaseer
> was op of jy lid van die Broederbond was of nie.Toe werk
> gereserveer was vir die mense met die regte kleur. Onthou
> tog ook altyd, jy bly in 'n land waar meer as 80 persent
> van die bevolking nie-blank is. Wat met hulle ekonomies
> gebeur, is wat die deurslag gaan gee vir die toekoms van
> die land. Wat met die 20 persent wittes gebeur, gaan minder
> en minder belangrik word in die loop van tyd.
> Gloudina

Dit is nou interesant hoe mense selektief lees.

Wen complain oor die 40% van die swart bevolking wat nou armer is.

Maar Gloudina lees in sy woorde haar eie agenda - dat hy kla oor die wat ryker
geword het. Miskien moet ons haar maar verskoon, haar bril se polaroid filter
laat nie toe laat sy enigiets negatief teen die nuwe regering lees nie. En kom
met die standaard antwoord teen kritiek - 'Ja maar die vorige regering het
..'. Let wel sy ontken nie dat die eintlike mense wat gelei het onder
apartheid steeds suffer maar net in 'n erger graad (40%).

Sjym.

Cheers
Lou
Re: Vensters in SA in [boodskap #10312 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , wrote:

> a@b.c (Wen) writes: >
>
>>>
>>
>> In hulle nuwe boek 'Comrades in Business' skryf Proff. Adam en Moodley en Dr F
>> van Zyl Slabbert dat die rykste 20% van die swart bevolking in die laaste jare
>> 40% ryker geword het. Terselfdertyd het die armste 40% van die swart bevolking
>> 40% armer geword.
>>
>> Ja, ou Koos, Viva ANC VIVAAAA!! Bevryders van die onderdrukte masses inderdaad
>> ..
>>
>
> En is dit nou nie goed dat die rykste twintig persent van
> die swart bevolking nog ryker geword het nie?

En is dit nie jammer dat die armste 40% nog armer geword het nie? Anders
as jy het ek elke dag met hierdie arme mense te doen. Ek is nie so ver
verwyder van hulle armoede as jy nie.

> Hoekom is jy so verontwaardig oor goeie dinge wat met
> ander mense gebeur, as hulle die "verkeerde" kleur het?

Laat ek twee dinge vir jou baie duidelik maak:

1) Anders as jy dink ek nie aan swartmense as mense met 'n "verkeerde"
kleur nie.
2) Ek is nie verontwaardig oor die goeie dinge wat met enigiemand
gebeur nie. Ek is net jammer vir die armes wat armer word terwyl
hulle nuwe meesters hulself verryk

> Ek hoop jy was net so verontwaardig deur die apartheids-
> jare toe elke wit Jan Rap en sy maat geld gemaak het uit
> die sisteem, toe promosies in Universiteite soms gebaseer
> was op of jy lid van die Broederbond was of nie.Toe werk
> gereserveer was vir die mense met die regte kleur.

Jy verkeer skynbaar onder die indruk dat net omdat ek teen die
ANC gekant is en hulle vurig teenstaan, ek noodwendig 'n konser-
watiewe broederbonder moet wees. Dit is tipies van wat vandag ook
onder ons politici ondervind word, bv. as 'n minister vandag deur
'n wit opposisie politikus gekritiseer word dan is hy onmiddellik 'n
rassis; as die minister 'n vrou is is hy nie net 'n rassis nie maar
hy is ook 'n seksis.

Ek is teen alle uitbuiting gekant. Ek sê keer op keer op keer dat
ek nie apartheid ondersteun het nie. Maar jy is horende doof. Niemand
kan dus jou stellings respekteer nie. Die eienaardige ding van jou is
dat jy mense prontuit beledig, en dan wanneer hulle daarop antwoord word
jy tjoepstil. Ek wag bv. nog op 'n antwoord van jou oor hoekom jy gesê het
dat ek mense uitbuit vir my eie politieke gewin.

Laat ek 'n paar dinge vir jou duidelik maak sodat jy nie meer onder
selfgemaakte wanindrukke kan verkeer nie:

1) ek en my familie was nog nooit by die broederbond/NP/KP/AWB/... betrokke
nie
2) die eerste keer toe ek gestem het was dit in die '83 referendum
wat die begin van die verandering in ons land beteken het
3) ek dink apartheid was verkeerd
4) ek dink die ANC is uitbuiters en moordenaars
5) ek dink ons land is nou minder demokraties as ooit, ten spyte
daarvan dat alle mense nou stemreg het. Stemreg beteken niks nie as
jy geintimideer word om 'n sekere party te ondersteun

Jy sal seker op hierdie skrywe ook nie antwoord nie ...

> tog ook altyd, jy bly in 'n land waar meer as 80 persent
> van die bevolking nie-blank is. Wat met hulle ekonomies
> gebeur, is wat die deurslag gaan gee vir die toekoms van
> die land.

So as 40% van die swart bevolking 40% armer word is ons op
die verkeerde pad, nê?

> Wat met die 20 persent wittes gebeur, gaan minder
> en minder belangrik word in die loop van tyd.

Nee. Dit is 'n kortsigtige en onnosele stelling. Dit gaan meer en meer
belangrik word want:

1) as dit nie goed gaan met witmense in die land nie sal hulle meer en
meer die land verlaat (soos aan die gebeur is) en die land kan dit
nie bekostig nie (aldus Mandela)
2) as dit nie goed gaan met witmense in die land nie sal dit noodwendig
ook nie op die lang termyn met swartmense in die land goed gaan nie want
die witmense is tans beter toegerus om te presteer en sal op die mediumtermyn
so bly. Dus sal dit beteken dat as dit met die potensiele presteerders sleg
gaan, dan gaan dit met almal anders nog slegter.

Een ding is ek oortuig van: ek dink ons land is op 'n afrdraende pad en dat
dit die huidige stand van sake die skuld van die ANC is. Of anders gestel: die
land kon in 'n baie beter situasie gewees het as die ANC nie aan bewind was
nie.

Laat ek tog nou stadig en mooi vir jou verduidelik dat dit NIE beteken dat
ek dink ons land was vroeër op die regte pad nie. Ek hoop jy verstaan nou.
Ek gee nie om om dinge weer en weer vir mense van stadige begrip te
verduidelik nie so sê maar as iets nog vir jou onduidelik is ...
Re: Vensters in SA in [boodskap #10313 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Als die regering nie die ANC moet wees nie, wie moet dit dan wel wees?
Is die ANC alleen maar sleg?
Xfiles
Re: Vensters in SA in [boodskap #10314 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/12/97 4:33PM, in message , Wen wrote:

> snip...

> Ek sê keer op keer op keer dat
> ek nie apartheid ondersteun het nie. Maar jy is horende doof.

snip

Hi Wen, my innige simpatie, hoor.

"None deserves our pity more than the wise who has become subjected to the
judgement of fools". (Arabic proverb)

Duitse proverb: "Mit der Dummheit kämpfen die Götte selbst vergeben".

Boodskap aan Gloudina: Free your mind and your ass will follow.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10315 is 'n antwoord op boodskap #9926] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
a@b.c (Wen) writes: >

>>
>
> In hulle nuwe boek 'Comrades in Business' skryf Proff. Adam en Moodley en Dr F
> van Zyl Slabbert dat die rykste 20% van die swart bevolking in die laaste jare
> 40% ryker geword het. Terselfdertyd het die armste 40% van die swart bevolking
> 40% armer geword.
>
> Ja, ou Koos, Viva ANC VIVAAAA!! Bevryders van die onderdrukte masses inderdaad
> ..
>

En is dit nou nie goed dat die rykste twintig persent van
die swart bevolking nog ryker geword het nie?
Hoekom is jy so verontwaardig oor goeie dinge wat met
ander mense gebeur, as hulle die "verkeerde" kleur het?
Ek hoop jy was net so verontwaardig deur die apartheids-
jare toe elke wit Jan Rap en sy maat geld gemaak het uit
die sisteem, toe promosies in Universiteite soms gebaseer
was op of jy lid van die Broederbond was of nie.Toe werk
gereserveer was vir die mense met die regte kleur. Onthou
tog ook altyd, jy bly in 'n land waar meer as 80 persent
van die bevolking nie-blank is. Wat met hulle ekonomies
gebeur, is wat die deurslag gaan gee vir die toekoms van
die land. Wat met die 20 persent wittes gebeur, gaan minder
en minder belangrik word in die loop van tyd.
Gloudina
Re: Vensters in SA in [boodskap #10323 is 'n antwoord op boodskap #9926] Wo, 13 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Aug 97 10:21:23, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
<<>Maar Gloudina lees in sy woorde haar eie agenda - dat hy kla oor die wat ryker
> geword het. Miskien moet ons haar maar verskoon, haar bril se polaroid filter
> laat nie toe laat sy enigiets negatief teen die nuwe regering lees nie. En kom
> met die standaard antwoord teen kritiek - 'Ja maar die vorige regering het
> ..'. Let wel sy ontken nie dat die eintlike mense wat gelei het onder
> apartheid steeds suffer maar net in 'n erger graad (40%).>>>

Die wen persoon wil klaarblyklik aanvoer dat die swartmense van
Suid-Afrika beter af was onder apartheid.
Dis waarskynlik n gerusstellende soort illusie vir die wat beangs is
om aan te pas, maar dit is n baie lawwe illusie.

Dit kom gewoonlik saam met die persepsie dat apartheid al die welvaart
van die vorige dekades geskep het. Asof alles gevries sou gebly het
soos dit in 1948 was as daar nie apartheid was nie.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10332 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/14/97 4:19AM, in message , @igs.net wrote:

> Naskrif: Jy sê dat ek mense prontuit beledig. Ek verwys jou
> na 'n pos van Vira 'n bietjie verderop. Ek haal my hoed af vir
> haar talent. Sy vat die koek. Onthou jy hoe sy my "minusmond"
> genoem het. Nou verwys sy weer na dele van my anatomie. Ek
> hoop sy besef dat haar keuse van woorde meer oor haarself sê
> as oor my.
>
>
Liewe Gloudina

Ek het geskryf:"Open your mind and your ass will follow".

Beskou jy dan 'n donkie as deel van jou anatomie?
Jy't verkies, soos gewoonlik, om dit op jou manier te verstaan. Wat sê dit nou
van my, en van jou?

Sien, dis altyd beter om 'n saak van alle kante goed te bekyk, anders maak jy
dalk die verkeerde deel van jou anatomie eerste oop, en maak 'n donkie van
jouself.

*grin*
Vira.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10333 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wen, jy sê jy is teen alle uitbuiting gekant. Ek neem
dus aan dat jy kliphard voor 1994 gewerk het teen die
massiewe uitbuiting gedurende die apartheidsjare van
die oorgrote meerderheid van die SA bevolking. Ek
bewonder jou daarvoor. Ek het weggehardloop. Kan jy
bietjie meer vertel van wat jy alles gedoen het om te
voorkom dat mense se skermpies met stootskrapers om-
gestoot was en hulle in die reën erens op die kaal haai
vlaktes gelos is, en so voort en so voort en so voort.
Kan jy ook vir my vertel wat die ANC op die oomblik
doen wat soortgelyk is. Ek sou graag wil weet aan wie
ek moet skryf om te protesteer. (Ek het genoeg oefening
gekry as lid van Amnesty International.)
Jy sê ek het jou prontuit beledig deur vir jou te sê dat
jy mense uitbuit vir politieke gewin. Kan jy miskien vir
my vers en kapittel weer aanhaal wat ek gesê het? Wat ek
wel kan onthou is dat ek gesê het dat mense wat skielik
so begaan is oor die vreeslike sondes wat ANC mense
pleeg teen die arme onskuldige Inkatha in Natal, sover ek
kan sien die situasie vir hulle eie politieke gewin gebruik.
Is jy as Afrikaner werklik so begaan oor wat in Natal aan-
gaan? Of probeer jy maar skietgoed kry om jou giftige
haat vir die party wat deur die oorgrote meerderheid van
Suid-Afrikaners aan die bewind gestem is, te regverdig.
Luister, ek is nie naief nie. Ek is ook in kontak met Zulus
wat vir die ANC stem. Ek het groot dele van my lewe onder
Zulus gewerk en is, heelwaarskynlik, meer oor hulle toekoms
bekommerd as jy. Ek is ook in kontak met Afrikaners in SA
wat nie 'n giftige haat teen die ANC het nie, en wat jou
sou beskuldig dat jy 'n agenda het.
Dit beteken egter nie dat ek dink dat die ANC regering
in Suid-Afrika sonder sonde is nie. En dat hulle nie beter kan
doen nie. Bid jy vir jou regering, bid jy opreg vir jou regering?
Ek neem aan dit word elke Sondag ook gedoen in die kerk waar
jy aanbid.

Gloudina

Naskrif: Jy sê dat ek mense prontuit beledig. Ek verwys jou
na 'n pos van Vira 'n bietjie verderop. Ek haal my hoed af vir
haar talent. Sy vat die koek. Onthou jy hoe sy my "minusmond"
genoem het. Nou verwys sy weer na dele van my anatomie. Ek
hoop sy besef dat haar keuse van woorde meer oor haarself sê
as oor my.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10334 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> On Tue, 12 Aug 97 10:21:23, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>
> die wat ryker
>> geword het. Miskien moet ons haar maar verskoon, haar bril se polaroid filter
>> laat nie toe laat sy enigiets negatief teen die nuwe regering lees nie. En kom
>> met die standaard antwoord teen kritiek - 'Ja maar die vorige regering het
>> ..'. Let wel sy ontken nie dat die eintlike mense wat gelei het onder
>> apartheid steeds suffer maar net in 'n erger graad (40%).>>>
>
> Die wen persoon wil klaarblyklik aanvoer dat die swartmense van
> Suid-Afrika beter af was onder apartheid.

Nee. Nie die Wen persoon nie: dit was drie vooraanstaande liberale mense se
stelling wat ek aangehaal het - een van hulle die oudleier van die PFP. Hoe jy
interpreteer wat hulle geskryf het is jou saak.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10335 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wen wrote in article ...

> Wat ek eienaadrig vind is dat jy en mense soos jy baie gou sê
> dat witmense in die apartheidsjare gesê is wat aangaan en dat
> hulle nie wou luister nie. Nou doen julle diesefde. Ek waarsku
> jou ... die ANC is besig met moord en doodslag en uitbuiting
> van mense wat reeds byna vernietig is deur uitbuiting. Maar jy
> hoef nie te luister nie.
>

[...]

> Ja, Gloudina ek het 'n agenda en dit is om seker te maak dat
> mense soos jy nie wegkom met julle leuens en veralgemeende
> stellings nie.

Ek wil jou nie ontmoedig nie, Wen, maar jy mors jou tyd.

So lank as wat dit die feel-good brigade goed laat voel om te laster en te
mors met 'n bepaalde groep, sal hulle dit doen.

Want sien, dit gaan nie oor die wittes en die swartes - in SA of elders -
nie. Dit gaan oor wat hulle goed laat voel en wat hulle help om hul eie
spoke in die nagtelike ure in bedwang te hou.

Jy sal jou blou in die gesig praat, maar terwyl dit hulle pas om Een vir
Azazel te laai met hul eie laste sal hulle aanhou om elke sweep in te lê om
daardie stomme bok die woestyn in te probeer dryf.

Jy as persoon maak nie vir hulle saak nie. Jy is bloot 'n simbool, en
enigiets omtrent jou wat nie pas by hul behoefte aan 'n skuldenaar nie, sal
hulle bloot ignoreer, of vergeet voor hul cursor weer geblink het.

Ek hou die spulletjie nou al so ses maande of wat intensief dop, en wat wet
ek jou: Bêre 'n paar van Gloudina se meer afstootlike leuens en
veralgemenings tot volgende jaar hierdie tyd. Ongeag wat jy intussen doen,
sal jy vind dat sy dan nog besig is om dieselfde hersenskimme te verkondig
en met eweveel preutse selfverontskuldiging.

Want selfverontskuldiging is die name of the game wat hier gespeel word.
En, natuurlik, massering van haar eie ego.

Groete, Leendert

NS Ek stel baie belang in jou persepsies van die politieke dinamika in
Natal. Skryf gerus meer daaroor.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10336 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Tue, 12 Aug 97 10:21:23, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>
> die wat ryker
>> geword het. Miskien moet ons haar maar verskoon, haar bril se polaroid filter
>> laat nie toe laat sy enigiets negatief teen die nuwe regering lees nie. En kom
>> met die standaard antwoord teen kritiek - 'Ja maar die vorige regering het
>> ..'. Let wel sy ontken nie dat die eintlike mense wat gelei het onder
>> apartheid steeds suffer maar net in 'n erger graad (40%).>>>
>
> Die wen persoon wil klaarblyklik aanvoer dat die swartmense van
> Suid-Afrika beter af was onder apartheid.
> Dis waarskynlik n gerusstellende soort illusie vir die wat beangs is
> om aan te pas, maar dit is n baie lawwe illusie.
>
> Dit kom gewoonlik saam met die persepsie dat apartheid al die welvaart
> van die vorige dekades geskep het. Asof alles gevries sou gebly het
> soos dit in 1948 was as daar nie apartheid was nie.
>
>

Nou het ons 'n paar manne nodig om vir ons elk 'n fliek te maak van wat Suid
Afrika sou wees as dit nie vir apartheid was nie. (Onthou die movie wat
uitgebeeld het wat sou gebeur het as Adolf en sy manne die tweede wêreld
oorlog gewen het). Ons sal natuurlik so 'n regse, 'n linkse en 'n middel
politiese oogpunt (is daar so iets) wil he^. Met elk sy eie illusie van hoe
dit sou gewees het.

En dan kan Leon Schuster ook een maak van hoe dit werklik gebeur het ... net
vir balans. Met Marlon Brando wat Jan Smuts speel, Nataniel as Hendrik
Verwoerd en Dali Tambo as Nelson Mandela, Andre Markgraaf as Eugene en Pieter
Dirk as Leon Schuster met Leon Schuster as Pieter Dirk.

En as ons weer wakker word is ons koffie koud ... maar miskien is dit ook net
'n illusie.

Lou

PS: as een donner my idee steel sal ek prosedeer!
Re: Vensters in SA in [boodskap #10337 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"xfiles" wrote:

> Als die regering nie die ANC moet wees nie, wie moet dit dan wel wees?
> Is die ANC alleen maar sleg?
> Xfiles

Ek sou tevrede wees as ons 'n regering kon hê wat ten minste nie mense se
lewens bedreig om onderstuning af te dryg nie.

Natuurlik is die ANC alleen nie sleg nie, maar veel slegter as hulle sal jy
in my opinie moeilik vind.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10338 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf aan Wen:

> Kan jy
> bietjie meer vertel van wat jy alles gedoen het om te
> voorkom dat mense se skermpies met stootskrapers om-
> gestoot was en hulle in die reën erens op die kaal haai
> vlaktes gelos is, en so voort en so voort en so voort.

Weet jy Gloudina, hierdie winter is dit ten minste 'n halfdosyn keer
gedoen. Daar was 'n paar verskille:

Die plekke word nie meer plakkerskampe genoem nie - dis nou "informal
settlements"
Die owerhede wat die opdragte gee is nie meer Nat nie, maar oorwegend ANC.
Die "indepentent" media rapporteer dit nie meer nie.

Daar is opsigte waarin dit nie verskil nie:

Dis nog net so koud.
Die "skermpies" is nog net so armsalig.
Die stootskrapers lyk nog dieselfde.
Die mense is nog net so erbarmlik.

Groete, Leendert
Re: Vensters in SA in [boodskap #10339 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/14/97 3:54PM, in message
,
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>
> Nou het ons 'n paar manne nodig om vir ons elk 'n fliek te maak...... snip

Ek het 'n voorstel vir die naam van so 'n fliek (as dit die NSA uitbeeld:

"You won the war, but you lost the peace".
Re: Vensters in SA in [boodskap #10340 is 'n antwoord op boodskap #9926] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Ek het weggehardloop.

Hoekom het jy weggehardloop? Waarvoor is jy bang? Die ANC
miskien? Of iets anders?

> Kan jy
> bietjie meer vertel van wat jy alles gedoen het om te
> voorkom dat mense se skermpies met stootskrapers om-
> gestoot was en hulle in die reën erens op die kaal haai
> vlaktes gelos is, en so voort en so voort en so voort.

Moet ek nou my eie beuel blaas? Goed Gloudina. Ek glo nie
daarin om 'n lawaai te maak in die strate of op die TV of
waarookal om mense te help nie. Eerder help ek die indi-
vidue met wie ek in aanraking kom. Voor 1994 het ek en
my familie meer gedoen vir individuele swart families as
wat ek hier lus voel om op te noem. Onder andere: wese
grootgemaak; swart kinders en jongmense se studiegeld
betaal en hulle gehelp met ekstra klasse; twee swart kerke
gehelp om kerkgeboue te bou; mense 'n tuiste gegee wanneer
hulle moes skuil vir hulle lewens; die lys gaan aan en aan
en aan. Ek neem nie vir hierdie dinge krediet nie. Dis maar
die manier hoe ek by my ouers geleer het om te lewe: help
waar jy sien hulp nodig is, ongeag van taal, kleur of ander
onderskeidinge. Ons het baie, baie keer swartmense se lewens
beskerm ten koste van ons eie veiligheid.

> Kan jy ook vir my vertel wat die ANC op die oomblik
> doen wat soortgelyk is. Ek sou graag wil weet aan wie
> ek moet skryf om te protesteer. (Ek het genoeg oefening
> gekry as lid van Amnesty International.)

Verlede Maandag kom een van ons plaaswerkers na my en vra
of ek sy broer te woord sal staan. Sy broer bly in die
township buite die naaste dorp aan ons waar daar die laaste
paar weke weer erg gemoor en baklei is. Sy broer vertel toe
dat daar die naweek 3 mense vermoor is en of ek 'n sleepwa
sal stuur om mense en meubels te help trek na 'n ander plek
totdat dinge weer afkoel.

Die bakleiery het onlangs weer in hierdie geweste opgevlam
nadat politieke plakkate van opposisie partye in die township
verwyder is deur mense wat IN REGERINGSVOETUIE ry.

Maandagnag net na middernag ry ek met my bakkie agter die
trekker en sleepwa die township in. Oral langs die pad kry
ons mense wat hulle karige besittings op elke moontlike
manier probeer verwyder.

By die broer se huis aangekom word ons oorval van mense wat
net wil inklim. Terwyl die broer en die trekkerdrywer dinge
probeer uitsorteer kom 'n swartman na my aangestap en vra
wat doen ek hier. Ek vra wat se besigheid van hom is dit wat
ek hier doen en sy antwoord is dat hy en hy alleen mense uit
die township mag help trek. Natuurlik teen R50 per trek! Ek
het hom gesê om in sy maai te vlieg.

Ons het Maandagnag drie trekke uit die township verwyder.
Dinsdag sê ek vir die trekkerdrywer ons moet vannag weer gaan
want ek het gehoor dat huise vroeg die oggend afgebrand is,
maar hy weier volstrek. Met die laaste trek die vorige nag
toe ek vooruit gery het, het hulle hom voorgekeer en gesê as
hy weer terugkom om mense te help trek is hy dood.

Ek bel toe my pa om Dinsdagnag te kom help. Met my op die
trekker en my pa in die bakkie het ons Dinsdagnag nog twee
families gehelp om uit die township te kom.

Ja Gloudina, jou gelaster in Kanada doen baie meer vir die
swartmense in ons land as hierdie uitvaagsel van 'n
konserwatiewe Afrikaner.

> wel kan onthou is dat ek gesê het dat mense wat skielik
> so begaan is oor die vreeslike sondes wat ANC mense
> pleeg teen die arme onskuldige Inkatha in Natal, sover ek
> kan sien die situasie vir hulle eie politieke gewin gebruik.

MY politieke gewin? Hoe baat die politiek MY? Jy is kens man!

> Is jy as Afrikaner werklik so begaan oor wat in Natal aan-
> gaan? Of probeer jy maar skietgoed kry om jou giftige
> haat vir die party wat deur die oorgrote meerderheid van
> Suid-Afrikaners aan die bewind gestem is, te regverdig.

Ja ek is begaan. Dit is my tuiste en ek laat nie gemors in my
tuiste toe nie. Die party wat deur die oorgrote meerderheid van
Suid Afrikaner aan bewind gestem is het daardie troon bestyg
deur mense te intimideer en opposisie te vermoor totdat daar
geen ander uitkoms vir die saak oorgebly het nie.

> Luister, ek is nie naief nie. Ek is ook in kontak met Zulus
> wat vir die ANC stem. Ek het groot dele van my lewe onder
> Zulus gewerk en is, heelwaarskynlik, meer oor hulle toekoms
> bekommerd as jy.

Tel jou woorde Gloudina. Wat presies het jy al vir INDIVIDUELE
Zoeloes gedoen om hulle lewens te verbeter? Die ANC regering
het tot dusver NIKS gedoen nie, behalwe om die armes verder
te verarm en die rykes te verryk.

Terloops hoe is dit dat jy in al die jare se betrokkenheid
by Zoeloes nooit geleer Zoeloe praat het nie? Witmense wat nie
'n swart taal kan praat nie sal NOOIT NOOIT NOOIT swartmense
leer ken soos hulle werklik is nie.

> Ek is ook in kontak met Afrikaners in SA
> wat nie 'n giftige haat teen die ANC het nie, en wat jou
> sou beskuldig dat jy 'n agenda het.

Ja daar is baie mense soos jy wat in hulle wit suburb sitkamers
sit en die ANC goedpraat.

> Dit beteken egter nie dat ek dink dat die ANC regering
> in Suid-Afrika sonder sonde is nie. En dat hulle nie beter kan
> doen nie.

Jy sou my kon flous.

> Bid jy vir jou regering, bid jy opreg vir jou regering?
> Ek neem aan dit word elke Sondag ook gedoen in die kerk waar
> jy aanbid.

Gloudina die bewaarder van sedes. Ja Gloudina, ek bid vir die
regering wat God oor my aangestel het. Dit word ook in die kerk
gedoen waar ek aanbid, ja. En dan weer in die swart kerk waarna
ek gaan in die township sedert 1986 regdeur die ergste van die
geweld om te help met Sondagskool. Wat doen jy Sondae?

Wat ek eienaadrig vind is dat jy en mense soos jy baie gou sê
dat witmense in die apartheidsjare gesê is wat aangaan en dat
hulle nie wou luister nie. Nou doen julle diesefde. Ek waarsku
jou ... die ANC is besig met moord en doodslag en uitbuiting
van mense wat reeds byna vernietig is deur uitbuiting. Maar jy
hoef nie te luister nie.

Ek het onlangs klaar gemaak met my werk as raadgewer in 'n rege-
ringsgemeenskapsontwikkelingsprogram. Meeste betrokke partye was
onhafhanklike konsultante en meeste was swart. My fooi was minder
as helfte van enige van hulle fooie (my keuse). Ek het my eie
bakkie en brandstof gebruik vir die tydperk van my betrokkenheid.
Die swart konsultante het met die uitsondering van EEN in Mercs
rondgery.

Ek is gevra (gesmeek) om weer betrokke te raak by 'n volgende
soortgelyke program maar my fut is uit. Ek kan 'n boek skryf oor
die dinge wat ek in die laaste drie maande gesien en beleef het.

Ja, Gloudina ek het 'n agenda en dit is om seker te maak dat
mense soos jy nie wegkom met julle leuens en veralgemeende
stellings nie.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10349 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 15 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> MAAR, en dit is 'n groot MAAR -
> (1) Hulle is sekerlik nie honderde myle vandaar in 'n
> "tuisland" gedump nie.
> (2) Enigiemand in daardie plakkerskamp kan fantaseer dat
> hy eendag president van SA kan word.

Liewe Gloudina,

Dit laat my aan twee ander dinge dink.

Nou het ons 'n demokrasie wat met getalle werk. Die Provinsie
Noord Kaap (Kakamas le ook daarin) het die grootste oppervlak,
die minste inwoners, die kleinste begroting, die laagste
persentasie swartmense (Bantoes), die kleinste persentasie
Engelsprekendes, ensovoorts. Tog is sy regering oorlaai met
swartes (selfs die premier Dipico is een) en alles amptelik word
in Engels voorgehou. Wat vir 'n demokrasie!

Wit seuns leef vandag in die Nuwe Suid Afrika (net soos in ander
Afrikastate noord van die NSA) met die wete dat hulle nooit die
president van die NSA sal kan word nie. Getalle en velkleur tel.
teen hulle. Hulle weet dat hulle dit nie eers sal kan fantaseer nie.

Ek sou graag jou kommentaar op hierdie twee sake wil hoor.

My kommentaar is dat rassisme steeds floreer. Vroe"er het
baie wittes hulle aan wit-rassisme skuldig gemaak Nou het die
wit-rassis se doppie geklap. Maar swart-rassisme floreer al hoe
meer onder allerhande soort vaandels.

Ek self sou wou sien dat rassisme, ten minste in Suid Afrika,
finaal die nek omgedraai word. Maar dit vereis 'n harmoniese
wisselwerking tussen lewende kulture. Die huidige ANC faal
skromelik om dit te laat geskied - net soos die ou NP regering.
Die rede is nie so voor die handliggend nie. Tog sal ek dit
noem. 'n Harmoniese wisselwerking tussen lewende kulture
vereis dat al die kultuurdraers skeppend moet wees en mekaar
se kreatiwiteit moet bevorder.

Oor hoe goed die saak van kreatiwiteit in Suid Afrika vaar, laat
ek maar aan julle oor.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Vensters in SA in [boodskap #10350 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 15 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
>
> Nou het ons 'n paar manne nodig om vir ons elk 'n fliek te maak van wat Suid
> Afrika sou wees as dit nie vir apartheid was nie. (Onthou die movie wat
> uitgebeeld het wat sou gebeur het as Adolf en sy manne die tweede wêreld
> oorlog gewen het). Ons sal natuurlik so 'n regse, 'n linkse en 'n middel
> politiese oogpunt (is daar so iets) wil he^. Met elk sy eie illusie van hoe
> dit sou gewees het.
>
> En dan kan Leon Schuster ook een maak van hoe dit werklik gebeur het ... net
> vir balans. Met Marlon Brando wat Jan Smuts speel, Nataniel as Hendrik
> Verwoerd en Dali Tambo as Nelson Mandela, Andre Markgraaf as Eugene en Pieter
> Dirk as Leon Schuster met Leon Schuster as Pieter Dirk.
>
> En as ons weer wakker word is ons koffie koud ... maar miskien is dit ook net
> 'n illusie.
>
> Lou
>
> PS: as een donner my idee steel sal ek prosedeer!
>

Lou, ek het nog altyd geweet jy is 'n genius.
Gloudina
Re: Vensters in SA in [boodskap #10351 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 15 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
a@b.c (Wen) writes: >

Wen,
Dankie dat jy die tyd geneem het om van dinge daar
by julle te vertel. Dit breek 'n mens se hart wanneer jy
hoor van die arme mense wat nog altyd in angs van hul
lewens moet bestaan. Ek is seker dat hulle dankbaar is
dat daar iemand soos jy is wat help. Ek neem aan jy bly
in Natal? Ek neem aan jy is in area waar Inkatha-mense
vervolg word deur "turflords" wat sê hulle is lede van die
ANC. Ek neem ook aan dat op ander plekke in Natal die
teenoorgestelde waar is - dat mense deur Inkatha-mense
doodgemaak word. Al wat 'n mens kan doen, is bid dat
hierdie toestand tot 'n einde sal kom.
Ek is ongelukkig een persoon wat 'n diep ongemak
voel oor die aanwesigheid van nie-Zoeloes in Inkatha.
Ek lees weer vanoggend in die Globe and Mail hier by
ons (wat gereeld berigte oor SA plaas) van die defeksie
van Walter Felgate na die ANC. Hulle sê in die artikel
dat hy eers Buthelezi se regterhandman was, dat hy glo
verantwoordelik was vir die hard line van Inkatha toe
die samesprekings aan die gang was. "So fierce was his
anti-ANC posture that rumours began circulating that he
had been planted in the IFP by military intelligence
structures of the former apartheid regime to prevent any
possible rapprochement between the two organiszations."
Nouja, ek het geen opinie verder nie, maar wantrou die
klomp veral wittes in Inkatha. Is Zulus nie goed genoeg
om hulle eie besluite te neem, hulle eie toesprake te skryf
nie? Dis tyd dat die Zulus hulle eie toekoms begin kies,
ophou om gemanipuleer te word deur ander groepe en
individue. Daar was 'n tyd toe Buthelezi die respek van
almal afgedwing het deur te weier om onderhandelings aan
te knoop totdat Mandela uit die tronk uit is, en aanhoudend
geweier het om 'n "Bantustan" te word. Laat ons bid dat
daar uiteindelik rapprochement kom tussen die IFP en ANC
en dat Buthelezi "seriously consider accepting the offer of
serving as deputy to South Africa's next president" - iets
wat volgens die koerant moontlik is as hy terug na die tafel
kom.
Wen, ek ken (soos jy tereg aanneem) baie min Zulu. Die
klasse wat ek geloop het die vyf jaar wat ek op Adams Mission
was, het nie vreeslik meer gedoen vir my as om my 'n heilige
respek te gee vir die grammatika van die Nguni tale nie. Maar
ek dink nie dis nodig om Zulu te ken om met Zulus in respek
en liefde om te gaan nie. Ek was, vir 'n ruk, die enigste wit
mens in 'n algeheel swart hoërskool (dit was nou voor Bantoe-
onderwys veroorsaak het dat daar 'n hele influx van wittes
inkom, en die swart prinsipaal verwyder is vir 'n string wittes.)
En op geen stadium was my onvermoë om Zulu te praat 'n
struikelblok nie. Ek Afrikaner en hulle Zulus het maar saam
gesukkel om hul voor te berei vir die eksamens wat in Engels
geneem sou word. En hulle het my welkom laat voel en meer
as welkom: ook geliefd. Ek het altyd die gevoel gehad dat hul
my spesiaal welkom wou laat voel, juis omdat ek 'n Afrikaner
was.

Gloudina
Re: Vensters in SA in [boodskap #10352 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 15 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: > Gloudina skryf aan Wen:
>
>> Kan jy
>> bietjie meer vertel van wat jy alles gedoen het om te
>> voorkom dat mense se skermpies met stootskrapers om-
>> gestoot was en hulle in die reën erens op die kaal haai
>> vlaktes gelos is, en so voort en so voort en so voort.
>
> Weet jy Gloudina, hierdie winter is dit ten minste 'n halfdosyn keer
> gedoen. Daar was 'n paar verskille:
>
> Die plekke word nie meer plakkerskampe genoem nie - dis nou "informal
> settlements"
> Die owerhede wat die opdragte gee is nie meer Nat nie, maar oorwegend ANC.
> Die "indepentent" media rapporteer dit nie meer nie.
>
> Daar is opsigte waarin dit nie verskil nie:
>
> Dis nog net so koud.
> Die "skermpies" is nog net so armsalig.
> Die stootskrapers lyk nog dieselfde.
> Die mense is nog net so erbarmlik.
>
> Groete, Leendert

MAAR, en dit is 'n groot MAAR -
(1) Hulle is sekerlik nie honderde myle vandaar in 'n
"tuisland" gedump nie.
(2) Enigiemand in daardie plakkerskamp kan fantaseer dat
hy eendag president van SA kan word.
Re: Vensters in SA in [boodskap #10353 is 'n antwoord op boodskap #9926] Vr, 15 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
On 8/14/97 3:54PM, in message
,
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>
>
> Nou het ons 'n paar manne nodig om vir ons elk 'n fliek te maak......
>
>

Ek het lanklaas so lekker gelag Lou!
Re: Vensters in SA in [boodskap #10354 is 'n antwoord op boodskap #10340] Vr, 15 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Wen wrote in article ...
>
>> Ek het weggehardloop.
>
> Hoekom het jy weggehardloop? Waarvoor is jy bang? Die ANC
> miskien? Of iets anders?
>
>> Kan jy
>> bietjie meer vertel van wat jy alles gedoen het om te
>> voorkom dat mense se skermpies met stootskrapers om-
>> gestoot was en hulle in die reën erens op die kaal haai
>> vlaktes gelos is, en so voort en so voort en so voort.
>
> Moet ek nou my eie beuel blaas? Goed Gloudina. Ek glo nie
> daarin om 'n lawaai te maak in die strate of op die TV of
> waarookal om mense te help nie.

Liewe Wen,

Ek is baie bly dat jou eie beuel geblaas het omdat dit egte
inligting bevat.

Maar ek is baie hartseer omdat jy dit moes doen. Dis een van
die kenmerke wanneer daar 'n gees van rusiemaak heers.

Hierdie rusiemaak gryp natuurlik na een van die belangrikste
waarhede wat ek ken. Woorde kan bedrieglik wees, maar dade
getuig van wat eg is. Buite die Bybel was die Griekse denker
Zeno die groot aanhanger van hierdie insig. Dit het later tot die
Stoisynse leefwyse gelei. Die Grieke het Zeno uitgeskop. Toe
het hy hom maar in Rome gevestig. Die Grieke se verlies was
die Romeine se wins. Vandaar dat die daad so 'n groot rol speel
in die Romeinse reg. Toe Julius Caeser sy voete die eerste keer
noord van die Alpe sit, was die Stoisynse leefwyse van die mense
daar een van die dinge wat hom aangegryp het.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Vensters in SA in [boodskap #10364 is 'n antwoord op boodskap #9926] Sa, 16 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> a@b.c (Wen) writes: >

> Ek is ongelukkig een persoon wat 'n diep ongemak
> voel oor die aanwesigheid van nie-Zoeloes in Inkatha.
> Ek lees weer vanoggend in die Globe and Mail hier by
> ons (wat gereeld berigte oor SA plaas) van die defeksie
> van Walter Felgate na die ANC. Hulle sê in die artikel
> dat hy eers Buthelezi se regterhandman was, dat hy glo
> verantwoordelik was vir die hard line van Inkatha toe
> die samesprekings aan die gang was.

Liewe Gloudina,

Ek weet minder van die Zoeloes as Wen of jy. Baie van wat
ek weet, lees ek maar op uit Dr Eileen Krige se
"The social system of the Zulus"(1936). Wat my betref,
berus hierdie boek op merkwaardige navorsing.

Volgens wat die koerante Walter Felgate aangehaal het,
het hy oorgeloop omdat hy dit net meer kon vat dat die
Zoeloes nie die demokratiese bestel van die NSA hulle
eie kon maak nie. Ek het Dr Krige se boek van hoek tot
kant deursoek - demokrasie (wat op 'n getalle meerderheid)
berus, het nog nooit iewers in die Zoeloes se sosiale
struktuur vvorgekom nie.

Dit kom dus daarop dat Felhate nog nooit die Zoeloes
se sosiale struktuur begryp het nie, al was hy hoeveel
jaar by hulle betrokke.

Die vraag is of die westerse idee van 'n getalle meerderheid
wat die beleid bepaal, op die Zoeloes afgeforseer kan word
of nie. Ek sal graag julle kommentaar op hoerdie vraag
wil verneem.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Die Afrikaner
Volgende onderwerp: Oorlog-trauma PTSD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:54:36 MGT 2024