Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrae oor Jan Smuts
Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10127] Wo, 30 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
In my kleindae was die persoon van Generaal
Smuts soos iets wat uit graniet gekap was. Deel van
my ékennisê van hom was gebaseer op die wete dat
hy baiekeer Tafelberg op en af geklim het. Deel daar-
van was die wete dat my ma se familie �Sappe� was,
veral my ouma en oupa van moederskant wat gereeld
vir my na politieke vergaderings geneem het, waar
ons lekker tussen die grootmense se bene gespeel het.
Soos ek groter geword het, het ek bewus geword dat
hy 'n internasionale figuur is, een van die leiers in
San Fransisco by die ontstandkoming van die VVO.
Ek was daarvan bewus dat my pa nie 'n Sap was nie,
maar hy het altyd waarderend gepraat van Smuts as
boeregeneraal in die Boere-oorlog, dus het ek nooit
negatief oor Smuts gevoel nie. Ek het nooit sover ge-
kom om sy Holistiese filosofie in besonderhede te
bestudeer nie. (Wens At wil meer daarvan vertel.) Ek
kan egter onthou dat ek baie verontwaardig was toe
ek uitvind dat Smuts aan bewind was toe die stemreg
van die Indiërs in die Kaapland weggeneem is. Ek
wonder hoe hy dit geregverdig het?

Gloudina
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10159 is 'n antwoord op boodskap #10127] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,

> In my kleindae was die persoon van Generaal
> Smuts soos iets wat uit graniet gekap was. Deel van
> my ékennisê van hom was gebaseer op die wete dat
> hy baiekeer Tafelberg op en af geklim het..... Ek het nooit sover ge-
> kom om sy Holistiese filosofie in besonderhede te
> bestudeer nie. (Wens At wil meer daarvan vertel.)

Toevallig ontvang ek die volgende ontvang ook......

Maybe you are interested to see our WHOLENESS seminar and the discussion re
SMUTS and SIU ! see homepage.

Also of interest might be a seminar on HOLISM in BADEN BADEN Germany in
August. Martin van MEURS and me will speak about the general, hitoric and
prospective value and potential of HOLISM. have a look at:

http://www.unine.ch/ciesys/HolSympList2.html

http://www3.informatik.uni-erlangen.de:1200/Staff/graham/ben king/index.html

Colin Garvie

"To me Table Mountain is not just sticks and stones and
things but a deep living experience wherein spirit holds
converse with spirit, and time and space form no barriers
but fresh means of contact. We enter through this visible
means into the invisible world within them. As the German
poet Goethe wrote: 'All things transitory are but a symbol
of Love's diviner being'. - Jan Smuts
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10194 is 'n antwoord op boodskap #10127] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gar...@iafrica.com (CGG) writes: > Gloudina,
>

> Toevallig ontvang ek die volgende ontvang ook......
>
> Maybe you are interested to see our WHOLENESS seminar and the discussion re
> SMUTS and SIU ! see homepage.
>
> Also of interest might be a seminar on HOLISM in BADEN BADEN Germany in
> August. Martin van MEURS and me will speak about the general, hitoric and
> prospective value and potential of HOLISM. have a look at:
>
> http://www.unine.ch/ciesys/HolSympList2.html
>
> http://www3.informatik.uni-erlangen.de:1200/Staff/graham/ben king/index.html
>
> Colin Garvie
>
> "To me Table Mountain is not just sticks and stones and
> things but a deep living experience wherein spirit holds
> converse with spirit, and time and space form no barriers
> but fresh means of contact. We enter through this visible
> means into the invisible world within them. As the German
> poet Goethe wrote: 'All things transitory are but a symbol
> of Love's diviner being'. - Jan Smuts
>
>

Colin, baie dankie vir die sites. Dis so verbasend
om verwysings na J. C. Smuts te sien in stukke post-
modernistiese denke. Ek moet dadelik die biblioteek
vra om sy boek oor Holisme vir my te laat laat kry.
En sy korrespondensie, as hulle dit het.
Wat 'n lewensloop wat hy moes deurmaak! Generaal
in drie oorloë. Seker as gevolg daarvan die brandende
begeerte om 'n wereldliggaam te skep om die vrede te
bewaar. Smuts het op 'n snaakse manier deel geword
van 'n klein stukkie Kanadese �lore.� Mense wat nie
van Diefenbaker, 'n voormalige eerste minister van
Kanada, hou nie en wil bewys dat hy 'n ou jakkals was
wat baie stories opgemaak het, vertel dat Diefenbaker
altyd gespog het dat hy die eerste planne vir die VVO
op die agterkant van Smuts se sigaretpakkie gesien het.
(Die implikasie is natuurlik dat hy ook een van die grotes
was wat in was op die eerste planne vir die VVO in San
Fransisco.) Die gif in die stert van die storie is natuurlik:
Smuts het nie gerook nie!

Gloudina
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10195 is 'n antwoord op boodskap #10127] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: > gar...@iafrica.com (CGG) writes:
>> Toevallig ontvang ek die volgende ontvang ook......
>>
>> Maybe you are interested to see our WHOLENESS seminar and the discussion re
>> SMUTS and SIU ! see homepage.
>>
>> Also of interest might be a seminar on HOLISM in BADEN BADEN Germany in
>> August. Martin van MEURS and me will speak about the general, hitoric and
>> prospective value and potential of HOLISM. have a look at:
>>
>> http://www.unine.ch/ciesys/HolSympList2.html
>>
>> http://www3.informatik.uni-erlangen.de:1200/Staff/graham/ben king/index.html
>>
>> Colin Garvie
>>
>> "To me Table Mountain is not just sticks and stones and
>> things but a deep living experience wherein spirit holds
>> converse with spirit, and time and space form no barriers
>> but fresh means of contact. We enter through this visible
>> means into the invisible world within them. As the German
>> poet Goethe wrote: 'All things transitory are but a symbol
>> of Love's diviner being'. - Jan Smuts
>>
>

Ek vind gister uit dat Fritz Perls, die ou wat ongeveer
die vader van die gestalt-psigoanalitiese rigting was,
vir 'n ruk in Suid-Afrika gebly het, en onder die invloed
van Smuts se geskrifte was. Hy het SA nog voor 1948 weer
verlaat, volgens die inligting, omdat hy nie van die
"apartheid" van die maatskappy gehou het nie.

Gloudina Bouwer
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10221 is 'n antwoord op boodskap #10127] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
die brandende
>> begeerte om 'n wereldliggaam te skep om die vrede te
>> bewaar.
>
> 'n Vlam wat ook aangesteek is deur Christus en veral die versoeningsliefde
>

> En kyk net hoe is dit gebruik - vir meer moord, oorlog en haat as enigiets
> anders. At het gister geskryf: Maar ongelukkig is ons gebruik van die Woord
> die
> skandaligste van alles.

A case in point.

V.
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10222 is 'n antwoord op boodskap #10127] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> Colin, baie dankie vir die sites. Dis so verbasend
> om verwysings na J. C. Smuts te sien in stukke post-
> modernistiese denke. Ek moet dadelik die biblioteek
> vra om sy boek oor Holisme vir my te laat laat kry.
> En sy korrespondensie, as hulle dit het.

Liewe Gloudina

Kom ons begin 'n gesprek oor die boek van Smuts.
Ons skryf vir mekaar oor die dinge wat hy terffend
stel en die dinge wat vir ons duister is.

> Wat 'n lewensloop wat hy moes deurmaak! Generaal
> in drie oorloë. Seker as gevolg daarvan die brandende
> begeerte om 'n wereldliggaam te skep om die vrede te
> bewaar.

Dit was 'n brandende begeerte by hom. Maar hy het ook
verskeie ander brandende begeertes gehad waaroor hy
openlik geskryf en gepraat het. Die tragiek rondom Smuts
was dat mense hulleself gegroepeer het. Elke groep het
dan sekere begeertes (EN NIE ALMAL NIE) van Smuts
geneem om hulle eie saak te bevorder en ander se sake
(insluitend Smuts self) te befoeter. Smuts het vanuit sy
holistiese uitkyk gesmag dat dit moet end kry.

Een van Smuts se brandende begeertes was om 'n komplekse
ding te probeer verstaan. So minof meer teen veertig het
hy diep onder die indruk gekom dat 'n mens nie met
domastrantheid 'n komplekse saak moet probeer verander
nie. 'n Mens moet eers die saak verstaan - en hoe
komplekser die saak, hoe langer die tyd benodig om dit
te verstaan.

Maar die Nattes het hierin 'n pratige manier gesien om
Smuts by te kom. Hulle het hom van Fabianisme
beskuldig en allerhande spreekwoorde uitgedink om
die beskuldigings by die eenvoudiger mense vas te l^e.
Dit was vals.

Die Fabianisme het inderdaad verkondig dat 'n mens
baie lank moet wag voordat 'n verandering afgeforseer
moet word. Hulle rede was tweevoudig:
1 Mens moet nie 'n nie-spontane probeer forseer om
wel te gebeur nie.
2 Indien 'n mens 'n fout maak, laat genoeg verandering
plaasvind en probeer dan hierdie veranderinge verder
verander. Deur nie dadelik op die fout self te reageer
nie, sal die eenvoudiger mense nie agterkom dat die
leiers gefouteer het nie. So sal hulle vertroue in hulle
leiers nie geskaad word nie.
Die tweede rede het party Fabianiste in staat gestel om
agter die skerms gruwelik te knoei. Toe ek meer hieroor
nagelees het, het dit my baie aan die Apartiste laat dink.

Met rede 1 kan ek nie verskil nie. Maar rede 2 sal vir my
nooit aanvaarbaar word nie.

Een ding is duidelik. Omdat Smuts so 'n komplekse mens
was, kon mense baie maklik hulle eie gedagtes in Smuts
lees. Hulle moes blootweg Smuts fragmeenteer. Ongelukkig
kon hulle hom nie as 'n komplekse mens lees - dit wat
hulle juis moes doen - dit was sy teorie oor holisme bepleit
het.

Ek het groot geword in 'n wereld wat Smuts aan my voorgehou
het as 'n adder met holisme as sy gif. Ek het met verbasing
en onsteltenis kennis geneem dat hierdie beeld vals was - dat
Smuts baie van my eie stomkunde met die grootste gemak
kon artikuleer. Ek het baie van hom geleer. Ek bewonder hom.
Daar was ongelooflike ubuntu met Smuts gewees.

Smuts het dikwels die Nuwe Testament in die oorspronklike
Grieks gelees. Hy was altyd begaan om nie iets anders te lees
nie as wat oorspronklik bedoel is. Hy wou sy geloof so eg as
moontlik hou. Dat mense (baie wat in jare nie 'n Afrikaanse
Bybel oopgemaak het nie) hom in die naam van die christendom
as 'n gevaar vir die Afrikaner gehou het. is 'n bose leuen wat
ons aan die kaak sal moet stel. Smuts was nie 'n adder en
holsime was nie sy gif nie. Smuts was 'n Afrikaner soos min.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10242 is 'n antwoord op boodskap #10127] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
John  is tans af-lyn  John
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek vind die bespreking oor Jan Smuts interessant, veral omdat ek min oor
die onderwerp weet. Veral treffend was die insig in 'n vorige pos, oor
sy diep begrip van beide die Afrikaanse en Engelse kulture, en die
positiewe daarin. Die noem van Sir Laurens van der Post in 'n parallelle
bydrae, herinner my toe daaraan dat hier nog 'n persoon is wat dieselfde
kon regkry, hierdie keer vanaf Engelse kant. Waar ek lg. besef het, is
in een van sy (v.d.Post) se boeke (fiksie, ek onthou nie meer die naam
nie; dit was nie `Lost World of the Kalahari' nie), waar hy sy storielyn
onderbreek vir 'n bladsy of meer, om eers die woord `janee' uit een van
sy karakters se monde te verduidelik. Hy het dit gewoon as `yes-no'
vertaal, maar in sy verduideliking 'n verrassende insig in
Afrikanerwees, en die gevolglike noodwendigheid van so 'n klaarblyklik
teenstrydige woord, gelewer, wat my diep beindruk het. Ek wil nie
probeer om dit hier te herhaal nie; ek dink nie ek sal reg kan laat
geskied daaraan nie. Ek sal probeer om dit weer op te spoor en hier te
deel. Intussen: Is daar dalk iemand anders wat dit al teegekom het?

Groetnis
--
John
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10243 is 'n antwoord op boodskap #10127] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina het geskryf...

> Colin, baie dankie vir die sites. Dis so verbasend
> om verwysings na J. C. Smuts te sien in stukke post-
> modernistiese denke. Ek moet dadelik die biblioteek
> vra om sy boek oor Holisme vir my te laat laat kry.
> En sy korrespondensie, as hulle dit het.

Probeer ook om in die hande te kry, Piet Beukes se vier baie interessante boekies...

_The Holistic Smuts_, Human & Rousseau, Cape Town, 1991
_The Romantic Smuts_, Human & Rousseau, Cape Town, 1992
_The Religious Smuts_, Human & Rousseau, Cape Town, 1994
_Smuts the Botanist_, Human & Rousseau, Cape Town, 1996

> Wat 'n lewensloop wat hy moes deurmaak! Generaal
> in drie oorloë.

En die smart van Ouma Smuts. Wat moes sy nie deurmaak nie! Hier het ons nie net die storie van een
van die uitstekende denkers van die 20ste Eeu maar ook een van die wêreld se onvergeetlike
liefdesverhale.

> Seker as gevolg daarvan die brandende
> begeerte om 'n wereldliggaam te skep om die vrede te
> bewaar.

'n Vlam wat ook aangesteek is deur Christus en veral die versoeningsliefde van Kwakers soos
Hobhouse. Iewers in die' man se drome, hart en lewensverhaal, vermoed ek, skuil die geheim vir vrede
tussen vyande in die Nuwe SA.

Colin
Vorige onderwerp: ag, asseblief !
Volgende onderwerp: Die kinders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:37:38 MGT 2024