Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die kinders
Die kinders [boodskap #10262] Do, 07 Augustus 1997 00:00
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek was vandag in 'n winkel in Oakville om die bestanddele vir
Peppermint-Crisp tert te kry. Mens kry nie Pepperment-Crisp in Kanada
nie, en mens het behoorlik onttrekkingssimptome vir die eerste ruk!

My kinders woon nou al drie jaar hier, maar aangesien ons finansieel
maar so bietjie hot-agter gekry het aan die begin , kon ons nie baie
gereeld by die winkel uitkom nie. Vandag toe ken hulle glad nie eers
Chappies nie, en hulle het gedink droee" wors is biltong. My oudste
proe vir die eerste keer in drie jaar weer groen "Cream Soda" en vra toe
vir my waarna dit proe? Dis seker nog in sy onderbewussyn as iets wat
hy behoort te herken.

Hy weet egter wie in Oakville woon. Hy kon nie wag om vir die kassier te
vra of hy weet waar Donovan Baily woon nie!

" Ja, Donovan bly net so om die draai en ek het saam met hom skool
gegaan en my vriend se broer het op skool nog teen hom gehardloop, maar
destyds was Donovan Baily nie juis baie vinnig nie. Sy broer het meer
potensiaal getoon!"

Die kassier is 'n Kanadees wat al twee jaar in die winkel werk en ken al
'n hele paar Afrikaanse uitdrukkings. Hy groet my kind: " Totsiens!"
" Bye!" is al antwoord wat hy kry...

Oppad huis toe smul ek aan Nougat en vrugte gommetjies. Die boerewors
word in die vrieskas gesit vir baie spesiale geleenthede en die vye- en
appeliefie konfytbotteltjies word agter in die kas weggesteek vir die
grootmense!

Griet
Vorige onderwerp: Vrae oor Jan Smuts
Volgende onderwerp: Onderrig van AFRIKAANS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 05:38:47 MGT 2024