Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Delusies uit vrees
Delusies uit vrees [boodskap #101315] Wo, 09 Februarie 2005 20:00 na volgende boodskap
Booner  is tans af-lyn  Booner
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
'n Funksionele Delusie

Toe Friedrich Nietschze aan die begin van die 20ste eeu gesê het: '
God is dood', het dit skokgolwe deur die hele westerse beskawing
gestuur. Niemand kon verstaan hoe iemand 'n 2000 duisend jaar oue
tradisie so botweg kon ignoreer nie. Wat hy eintlik bedoel het was dat
die funksie van georganiseerde geloof in die nabye toekoms sal kwyn.

Wat is die funksie?

Sielkunde leer ons dat die mens se belangrikste behoefde, naas die
biologiese, sekuriteit is. Hy wil veilig en beskermd voel, hy wil in
beheer wees. Ongelukkig is die realiteit dat hy selde is: sy
beoordeling van die werklikheid is dikwels gefaal en sy motiewe (omgeag
hoe suiwer) lei gereeld tot ongewenste resultate. Onsekerheid en gevaar
is dus aan die orde van die dag, neurose die norm. Hoe sal ons die
vrees beveg? Eenvoudig, skep 'n alomteenwoordige, almagtige
ouersfiguur. Hy sal al jou probleme oplos en jou behoed en bewaar -
weg is die kommer. (Inteendeel, dis 'n bevel, jy mag jou nie bekommer
nie!)

Ek dink as Nietschze vandag hier was, sou hy baie teleurgesteld gewees
het in die pas waarteen godsdiens krimp. Die tegnologiese ontploffing
het maar weinig in ons spirituele behoeftes gedoen. Die oorspronklike
dryfvere vir geloof is steeds daar. Die dood is steeds onvermydelik,
die verlies van geliefdes onafwendbaar.

Persoonlik voel ek dat metafisika nie meer 'n plek in moderne
filosofie moet hê nie, dit behoort aan die geskiedenis. Maar vandag is
daar steeds baie wat 'n godsdiens beoefen en in 'n spesifieke
saligmaker glo. Hul tussengangers se name verskil; elkeen se leer
bekragtig dat sy 'God' die enigste is; elkeen het honderde
spesifiek denominasies. Dis duidelik dat die wereld steeds stewig in
die greep van monotheisme is, daar is 'n kerk vir elke klas, vir elke
smaak.

Om my kritiek van godsdiens te lewer sal ek die volgens die 3
oorblywende hooftakke van filosofie orden.

Ontologie

Waar kom alles vandaan? Alles kan tog nie net 'n groot ongeluk gewees
het nie? Algemene vrae, waarvan mense gewoonlik wegstap met
godsdienstige verklarings. Maar wat as alles maar net 'n gelukkige
toeloop van oorsake en gevolge was? Is dit rerig minder waarskynlik as
'n skeppingswerk deur 'n onwaarneembare opperwese?

Hier maak baie mense 'n groot denkfout, kom ons noem dit die
'Lotto- tatta ma chance -fout'.
Jy koop elke Saterdag 'n kaartjie en wen niks nie, maar jy dink nooit
twee keer hieroor nie, jou kanse is so skraal. Dan een Saterdag wen jy!
Wat beteken dit? Wat wil God vir my sê? Wat wil Hy hê moet doen? Jy
dink dis so onwaarskynlik gewees dat dit iets groter moet beteken, dat
Iemand groter se hand daaragter moes wees...

Maar elke Saterdag wen iemand, partykeer meer as een. Die kans is altyd
daar. Jy vergeet dat as die aarde en lewe op hom nie so perfek
geëvoleer het nie, ons nie hier sou wees om die vraag te vra nie!


Epistimologie

Hoe weet ons wat ons weet? Al ooit die argument gehoor: 'As daar dan
nie 'n God is nie, bewys dit'. Ek hoor hom baie. Dis hier wat ons
moet aandag skenk aan geloof se eeue-oue vyand - wetenskap. Wetenskap
is die ander manier om by feite uit te kom. Dis die waardevolste
gereedskap wat ons het om by die objektiewe werklikheid te ervaar.
Wetenskap is wat ons uit die donker eeue uit gekry het, dis wat jou
lewensverwagting verdubbel het en my die brief laat tik. Tog weet
bitter min mense hoe dit werk, wat die reels is.

'n Teorie is net die beste werkende beskrywing wat die meeste
observasies verduidelik. Dit kan nooit finaal bewys word nie, net
teenbewys word. Die onus is op die propogeerder van die teorie om die
nodige bewyse te lewer, Sukses is wanneer jou teorie beter die ervare
werklikheid verklaar (in meer situasies) as die huidige heersende
teorie.

So as ek sê dat daar onsigbare, onhoorbare, onaantasbare feetjies in
my tuin woon, dan is die onus op my om dit te bewys! Dis onmoontlik om
dit teen te bewys. Eenvoudig nê.

Etiek

Godsdienstige mense hou daarvan om mense te rangskik volgens goed, sleg
, heilig en heidin. Dis simplisties om die minste te sê. Byvoorbeeld,
die rigter Gideon, 'n goeie man, 'n man van God; maar was hy nie
boos vir die Amaniete wie se huise hy verbrand en wie se vroue en
kinders hy vermoor het nie? Is Osama bin Laden nie 'n rigter vir
Islamiete nie? Etiek is nie veronderstel om relatief te wees nie, ons
bly in groot gemeenskappe met 'n onderlinge kontrak: ' Jy mag enige
iets doen solank jy nie skade aan iemand anders rig of hom sy vryheid
ontneem nie'. Weereens eenvoudig, sonder gebooie, sonder
geloofsoorloe en kruistogte...


Die psigiatriese definisie van delusies is:'valse denke waarin die
draer onoortuigbaar glo, sonder enige stawende bewyse', klink nogal
bekend nê.
Ten slotte, ek is nie naief genoeg om te dink dat geloof nie nodig is
nie. Vir miljoene gee dit 'n doel om te lewe en 'n riglyn om
volgens op te tree. Maar omdat dit nodig is beteken dit nie dat daar
nie beter alternatiewe is nie. Rationele mense oral, hoop op 'n beter
wyser more, sonder die verdeeldheid, emosionele waansinnigheid en
manipulasie wat geloof veroorsaak.
Re: Delusies uit vrees [boodskap #101316 is 'n antwoord op boodskap #101315] Wo, 09 Februarie 2005 20:38 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Booner" skryf

> Toe Friedrich Nietschze aan die begin van die 20ste eeu gesê het: '
> God is dood', het dit skokgolwe deur die hele westerse beskawing
> gestuur. Niemand kon verstaan hoe iemand 'n 2000 duisend jaar oue
> tradisie so botweg kon ignoreer nie. Wat hy eintlik bedoel het was dat
> die funksie van georganiseerde geloof in die nabye toekoms sal kwyn.

Wat Nietschze bedoel het, is natuurlik grootliks misverstaan.
Een van die maniere om dit te verstaan, is om te glo dat hy
bedoel het dat die konsep van 'n God as patriarg daar doer
in die wolke aan die doodgaan is. ( Daardie "godskonsep"
wat William Blake platweg "old nobodaddy" noem.)

In die moderne Christelike teologie was daar in die
sewentigerjare 'n "god is dead" skool-van-denke. Die
belangrikste teoloog hier was Thomas Altizer. Sy hoof-
boodskap was dat die mens hom moet rig op die
Inkarnasie van die gees, in ons wêreldperiode in die
liggaam van Christus. Dit is dáár waar die redding
vandaan kom.

Die Buddhisme het al vir duisende jare in dié rigting
gedink. Alhoewel daar vir hulle geen "God" is nie,
is hulle denke gevul met die soeke na die goddelike,
na die kwaliteit van die goddelike.

Gloudina
Vorige onderwerp: HC Bosman
Volgende onderwerp: Kanada ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 16:43:54 MGT 2024