Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beïndruk
Beïndruk [boodskap #10102] Ma, 28 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
v9516778.8....  is tans af-lyn  v9516778.8....
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek krap al 'n geruime tydjie op die net rond en snuffel hier en daar, maar
nog nie eenkeer was ek so beïndruk soos nou oor 'n vonds nie. Ek lees
hierdie NG nou al so week (laaaank nê?) en is verbaas oor die sinvolle
gesprekvoering. My ondervinding met nuusgroepe oor die algemeen is dat die
meeste mense net daarop uit is om vulgêr en skoorsoekend te wees. En hier
kom ek af op 'n AFRIKAANSE nuusgroep met intelligente woordewisseling!

Ek wil net sê dat ek van nou af 'n gereelde besoeker hier sal wees en ek
sien rêrig uit na 'n volgende brokkie pos!

vannie PUK-af
George
Re: Beïndruk [boodskap #10103 is 'n antwoord op boodskap #10102] Ma, 28 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
George skryf in artikel
...

> Ek krap al 'n geruime tydjie op die net rond en snuffel hier en daar, maar
> nog nie eenkeer was ek so beïndruk soos nou oor 'n vonds nie. Ek lees
> hierdie NG nou al so week (laaaank nê?) en is verbaas oor die sinvolle
> gesprekvoering. My ondervinding met nuusgroepe oor die algemeen is dat die
> meeste mense net daarop uit is om vulgêr en skoorsoekend te wees. En hier
> kom ek af op 'n AFRIKAANSE nuusgroep met intelligente woordewisseling!
>
> Ek wil net sê dat ek van nou af 'n gereelde besoeker hier sal wees en ek
> sien rêrig uit na 'n volgende brokkie pos!

George,

Om op die kantlyn te sit en net te lees wat geskryf
word op die NG, is nie hoe 'n opbouende leesgroep
werk nie. Dit vereis dat almal wat die NG lees
1 skeppend moet deelneem
2 mekaar se kreatiwiteit moet respekteer en bevorder.

Daar sal altyd mense wees wat so lastig is soos
party insekte. Hulle is waar daar lewe is. Wat 'n
mens moet leer, is om hulle maar te vermy.

Dit laat my dink in aan die woestyn. Ek loop in 'n
hitte wat my benoud maak. Ek begin soek na 'n
plekkie van ontvlugting. Ek kom op 'n boom af wat
'n milde skaduwee gee. Ek vlei my in die genot neer.
Vlie"e, muggies en ander goed is net so dankbaar
vir die ekstra genot wat hulle te beurt val.

Dis al lank reeds wat ek die lokkende skaduwee
van 'n boom in die woestyn te vermy. Daar in die
bakkende son, op die rand van die lewe, daar is
die vretendes minder.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Beïndruk [boodskap #10129 is 'n antwoord op boodskap #10102] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
v9516778.8....  is tans af-lyn  v9516778.8....
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article "AM de Lange" writes:
> From: "AM de Lange"
> Subject: Re: Beïndruk
> Date: 28 Jul 1997 12:28:34 GMT

> George skryf in artikel
> ...

>> Ek krap al 'n geruime tydjie op die net rond en snuffel hier en daar, maar
>> nog nie eenkeer was ek so beïndruk soos nou oor 'n vonds nie. Ek lees
>> hierdie NG nou al so week (laaaank nê?) en is verbaas oor die sinvolle
>> gesprekvoering. My ondervinding met nuusgroepe oor die algemeen is dat die
>> meeste mense net daarop uit is om vulgêr en skoorsoekend te wees. En hier
>> kom ek af op 'n AFRIKAANSE nuusgroep met intelligente woordewisseling!
>>
>> Ek wil net sê dat ek van nou af 'n gereelde besoeker hier sal wees en ek
>> sien rêrig uit na 'n volgende brokkie pos!

> George,

> Om op die kantlyn te sit en net te lees wat geskryf
> word op die NG, is nie hoe 'n opbouende leesgroep
> werk nie. Dit vereis dat almal wat die NG lees
> 1 skeppend moet deelneem

Dankie At, dit is my plan om nog skeppend deel te neem, maar voor ek met my
voet in my mond sit wil ek eers die kat goed uit die boom uitkyk. Ek sê
nie daarmee dat ek NOOIT op tone sal trap nie, so leer 'n mens, maar om
blindelings by 'n ng (soos met enige ander geselskap) in te val en begin
praat is nou ook nie my styl nie. Maar wees verseker daarvan dat ek weer
sal deelneem!! :)

Groete
George
Vorige onderwerp: Nou wat gaan aan?
Volgende onderwerp: Afrikaans in die werksplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 04:57:29 MGT 2024