Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Misdaad
Misdaad [boodskap #101047] Wo, 19 Januarie 2005 07:07 na volgende boodskap
ff  is tans af-lyn  ff
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ek sien die blokkie op die webblad, "Dink jy verder as jou neus?", en
onderaan 'n e-pos adres. En weer kan ek nie anders as om die volgende
inligting aan u voor te hou nie. Ek doen dit elke dag, aan duisende
Suid-Afrikaners, en soms voel dit asof ons geen verskil maak nie. Tog
kan ek nie ophou nie, want "onreg gedy waar goeie mense terug sit en niks
doen nie!" Nie dat ek so vreeslik goed is nie, maar ek moet my deel doen om
die "onreg" uit te roei.

Nadat ek 'n slagoffer van misdaad was in 2000, het ek 'n duisend of
meer misdaad-vergaderings, beprekings, dinkskrums, konferensies, ens
bygewoon.
En by elke geleentheid gesit en luister hoe mense daarna streef om die
simptome van misdaad die stryd aan te se. Maar die een vraag wat
niemand gevra het nie, was dit: Wat is die invloed van misdaad op die
regering
van

Suid-Afrika? Meeste mense antwoord "niks", en hulle is verkeerd. Ek
het Priora Forum gestig net nadat ons aangeval was. Priora is 'n Latynse
woord wat, vertaal, beteken: "Met die voorafgaande feite." Hier is 'n paar
daarvan:

Misdaad genereer vir die regering van Suid-Afrika miljoene der
miljoene rande!!!! Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde, as u my sou vergun.
Een
miljoen huis-eienaars in Gauteng (1 provinsie uit 9) maak gebruik van die
dienste van 'n gewapende reaksie-mag (let wel, nie 'n misdaadvoorkomingsmag
nie, slegs een wat kan reageer nadat die misdaad plaasgevind het). Die
dienste van so 'n mag beloop gemiddeld R240,00 per maand per huishouding.
Die eenvoudige berekening wat hierop volg is dit: 1 000 000 x R240,00 x
12 maande x 14% BTW genereer vir die regering ongeveer R403 miljoen se BTW
as 'n direkte gevolg van misdaad.

Nog 'n voorbeeld: 'n Motordief steel 'n R500 000 weelde-motor. Vir
hierdie daad ontvang hy R10 000,00, R20 000,00 of selfs R30 000,00? Die
eienaar
van die voertuig word uitbetaal deur sy versekeraar en vervang die
gesteelde voertuig met 'n soortgelyke een van dieselfde waarde. Hierdeur
ontvang
die regering R61 403,51 se BTW op die transaksie as 'n direkte gevolg van
misdaad. Wie het nou 'n groter finansiele voordeel getrek uit hierdie
diefstal? Die dief, of die regering?

Ek dink langer as wat my neus lank is, en ek hoop so en werk so hard
daaraan om nog sulke denkendes by mekaar te kry. Dan moet ons begin soek na
'n
meganisme waarmee ons die regering van die dag kan motiveer om hierdie
onkonstitusionele en immorele inkomste as 'n direkte gevolg van misdaad
prys te gee. Alle denkende Suid-Afrikaners behoort te eis dat alle uitgawes
tot selfbeskerming van eiendom en lewe nie net teen 'n 0% BTW koers
aangeslaan word nie, maar ook belastingaftrekbaar moet wees, selfs vir die
salaristrekker. Dan behoort ons te eis dat alle vervanging van
gesteelde eiendom teen 'n 0% BTW-koers moet kan plaasvind, en dan behoort
ons te
eis dat, indien 'n persoon tot sterwe kom as gevolg van 'n misdadige aksie,
so 'n persoon se boedel kwytgeskeld moet word van alle vorms van
boedelbelasting. Het iemand al ooit gevra wat die regering se
boedelbelasting-inkomste was as 'n direkte gevolg van die +/- 1300
boere wat in Suid-Afrika vermoor is?

Sodra "denkende" Suid-Afrikaners begin om die regering van die dag se
"inkomste" as 'n direkte gevolg van misdaad terug te eis, sal u sien
hoe gou daar iets gedoen word aan die misdaad. Intussen bly dit die gans
wat
die goue eiers le, terwyl ons onsself blindstaar teen "wat kan ons doen om
die misdaad (se simptome) van ons deure af weg te hou!"

Komaan, Suid-Afrika, vra die regte vrae, en dring aan op die regte
antwoorde.
Re: Misdaad [boodskap #101076 is 'n antwoord op boodskap #101047] Do, 20 Januarie 2005 21:25 Na vorige boodskap
Soois  is tans af-lyn  Soois
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
EN wat sal ons arme gewone mense daaraan kan doen? Ek sê jou wat, kom ons
sten almal Nasionaal!

On Wed, 19 Jan 2005 09:07:51 +0200, ff wrote:

> Ek sien die blokkie op die webblad, "Dink jy verder as jou neus?", en
> onderaan 'n e-pos adres. En weer kan ek nie anders as om die volgende
> inligting aan u voor te hou nie. Ek doen dit elke dag, aan duisende
> Suid-Afrikaners, en soms voel dit asof ons geen verskil maak nie. Tog
> kan ek nie ophou nie, want "onreg gedy waar goeie mense terug sit en
> niks
> doen nie!" Nie dat ek so vreeslik goed is nie, maar ek moet my deel
> doen om
> die "onreg" uit te roei.
>
> Nadat ek 'n slagoffer van misdaad was in 2000, het ek 'n duisend of
> meer misdaad-vergaderings, beprekings, dinkskrums, konferensies, ens
> bygewoon.
> En by elke geleentheid gesit en luister hoe mense daarna streef om die
> simptome van misdaad die stryd aan te se. Maar die een vraag wat
> niemand gevra het nie, was dit: Wat is die invloed van misdaad op die
> regering
> van
>
> Suid-Afrika? Meeste mense antwoord "niks", en hulle is verkeerd. Ek
> het Priora Forum gestig net nadat ons aangeval was. Priora is 'n Latynse
> woord wat, vertaal, beteken: "Met die voorafgaande feite." Hier is 'n
> paar
> daarvan:
>
> Misdaad genereer vir die regering van Suid-Afrika miljoene der
> miljoene rande!!!! Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde, as u my sou
> vergun.
> Een
> miljoen huis-eienaars in Gauteng (1 provinsie uit 9) maak gebruik van
> die
> dienste van 'n gewapende reaksie-mag (let wel, nie 'n
> misdaadvoorkomingsmag
> nie, slegs een wat kan reageer nadat die misdaad plaasgevind het). Die
> dienste van so 'n mag beloop gemiddeld R240,00 per maand per
> huishouding.
> Die eenvoudige berekening wat hierop volg is dit: 1 000 000 x R240,00 x
> 12 maande x 14% BTW genereer vir die regering ongeveer R403 miljoen se
> BTW
> as 'n direkte gevolg van misdaad.
>
> Nog 'n voorbeeld: 'n Motordief steel 'n R500 000 weelde-motor. Vir
> hierdie daad ontvang hy R10 000,00, R20 000,00 of selfs R30 000,00? Die
> eienaar
> van die voertuig word uitbetaal deur sy versekeraar en vervang die
> gesteelde voertuig met 'n soortgelyke een van dieselfde waarde. Hierdeur
> ontvang
> die regering R61 403,51 se BTW op die transaksie as 'n direkte gevolg
> van
> misdaad. Wie het nou 'n groter finansiele voordeel getrek uit hierdie
> diefstal? Die dief, of die regering?
>
> Ek dink langer as wat my neus lank is, en ek hoop so en werk so hard
> daaraan om nog sulke denkendes by mekaar te kry. Dan moet ons begin
> soek na
> 'n
> meganisme waarmee ons die regering van die dag kan motiveer om hierdie
> onkonstitusionele en immorele inkomste as 'n direkte gevolg van misdaad
> prys te gee. Alle denkende Suid-Afrikaners behoort te eis dat alle
> uitgawes
> tot selfbeskerming van eiendom en lewe nie net teen 'n 0% BTW koers
> aangeslaan word nie, maar ook belastingaftrekbaar moet wees, selfs vir
> die
> salaristrekker. Dan behoort ons te eis dat alle vervanging van
> gesteelde eiendom teen 'n 0% BTW-koers moet kan plaasvind, en dan
> behoort
> ons te
> eis dat, indien 'n persoon tot sterwe kom as gevolg van 'n misdadige
> aksie,
> so 'n persoon se boedel kwytgeskeld moet word van alle vorms van
> boedelbelasting. Het iemand al ooit gevra wat die regering se
> boedelbelasting-inkomste was as 'n direkte gevolg van die +/- 1300
> boere wat in Suid-Afrika vermoor is?
>
> Sodra "denkende" Suid-Afrikaners begin om die regering van die dag se
> "inkomste" as 'n direkte gevolg van misdaad terug te eis, sal u sien
> hoe gou daar iets gedoen word aan die misdaad. Intussen bly dit die gans
> wat
> die goue eiers le, terwyl ons onsself blindstaar teen "wat kan ons doen
> om
> die misdaad (se simptome) van ons deure af weg te hou!"
>
> Komaan, Suid-Afrika, vra die regte vrae, en dring aan op die regte
> antwoorde.
>
>

--
Using M2, Opera's revolutionary e-mail client: http://www.opera.com/m2/
Vorige onderwerp: bush
Volgende onderwerp: En hier is die nuwe jaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 18:29:42 MGT 2024