Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit " Joernaal van Jorik " deyr D.J. OPPERMAN
Uit " Joernaal van Jorik " deyr D.J. OPPERMAN [boodskap #100354] So, 21 November 2004 14:56
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Joernaal van Jorik"

Sien dan voor Tafelberg en Duiwelspiek

hoe klein die bruin beeld Jan van Riebeeck

tussen 'n mallemeul se meganiek

en rooi skoorstene van die hawe steek.

'O Fort, Kasteel, vyfpuntige gebou,

straalsteen in die suidelike donker,

strale van Oranje, Buren en Nassau,

Leerdam, Katzenellenbogen - flonker

oor die brokkige hoogland wat wyd

tussen see en see en oop hemele strek,

altyd 'n gidsster in die groot stryd

van binnelande in Sy naam ontdek...'
Vorige onderwerp: Waarom is dit so stil hier?
Volgende onderwerp: Kanada soek Mugabe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:10:16 MGT 2024