Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sinvolle gesprekke.
Sinvolle gesprekke. [boodskap #10011] Vr, 18 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...

> Pure bullshit Lou, pure bullshit. 'n Mens leer cliches and dan kom
> agter jy kan dit op 'n sekere manier inspan. Baie soos 'n mechanic die
> jappie met die BMW totaal 'n gat in die kop kan praat deur die regte
> terme te gebruik.
> Ek weet van iemand wat aan 'n vrou gese het die "gap" in die punte het
> gebreek. En sy het dit aanvaar.

Koos, jy het 'n ding hier begin wat baie diep en
baie wyd sny. Jy gebruik die "mechanic" as
voorbeeld. Ek is seker as ons 'n lys van voorbeelde
maak, sal ons nie 'n beroep vind waarin dit nie daagliks
gebeey nie. Laat ons so 'n lysie begin maak - toe
asseblief. Wat van mediamense, politici, ekonome,
akademici, .....

Maar laat ons ook 'n tweede ding doen. Laat ons probeer
vasstel wat nodig is om te verseker dat gesprekke sinvol
sal wees.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Sinvolle gesprekke. [boodskap #10047 is 'n antwoord op boodskap #10011] Ma, 21 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On 18 Jul 1997 07:51:22 GMT, "AM de Lange"
> wrote:
(Ek het gevra dat ons 'n lysie van voorbeelde maak waarin
mense terme klakkeloos gebruik). Koos skryf toe:

> Die beste wat ek gehoor het was die ou in die onderhandelinge in
> Kemptonpark wat gese het: "Mr. Chairman, this is a quantum leap and a
> paradigm shift...."

Ek wou jou eintlik bykom omdat die twee begrippe "quantum leap"
and "paradigm shift" wel sinvol gebruik kan word wanneer dinge
uitermatig verander. Die KODESA onderhandelinge by Kemptonpark
was wel van die aard.

Maar toe begin ek wonder oor die woord "klakkeloos". Ek weet dat
die woord 'sonder nadenke' beteken. maar ek weet nie hoekom
nie! Ek ken ook geen ander woord waarin die "klak" so voorkom dat
ek iets van die herkoms kan aflei nie.

Toe wou ek die woord "argeloos" gebruik wat amper dieselfde beteken.
Maar nie heeltemal nie, want argeloos het vir my 'n meer onskuldige
betekenis as "klakkeloos". Dink maar aan "arglistig" wat 'slu' en
"argwaan" wat 'agterdog' beteken.

Ek het so pas in die Verklarende Woordeboek (Kritzinger e.a.) gekyk
om seker te maak van wat ek skryf. Ek sien toe die woord "argot" wat
die volgende beteken 'eienaardige woorde en segswyses wat veral
die taal van diewe, bedelaars, eendkuiwe, ens., kenmerk, diewetaal,
groeptaal'. Dit laat my dink aan wat Leendert oor die fundamentele
pedagogiekers geskryf het. Hy het dit teen hulle argot. Argot klink
baie soos ergot, daardie swam wat op klam graan groei. Dit voorsaak
waanbeelde wanneer dit ge"eet word omdat dit LSD bevat. Argot
doen dieselfde.

Dit laat my ook aan iets anders dink. Ek was so om en by in standerd
6 toe die grootmense ons teen die eendkuiwe begin waarsku het.
Ons het heimlik agter toe kamerdeure gekyk of ons nie ons borselkoppe
kon omskep in eendkuiwe nie. Ek wonder hoeveel jongmense en kinders
ken nog die woord eendkuif?

In elk geval, sedert my Afrikaanse etimologiese woordeboek gesteel
is, is dit asof my hande afgekep is. (Ek wonder wie wil nog so iets
steel in hierdie dae?) Wil iemand nie vor ons naslaan wat die herkoms
van die 'klak' in "klakkeloos" en die 'arg' in "argeloos" is nie?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Sinvolle gesprekke. [boodskap #10061 is 'n antwoord op boodskap #10011] Di, 22 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes: > Koos wrote in article
>

>
> In elk geval, sedert my Afrikaanse etimologiese woordeboek gesteel
> is, is dit asof my hande afgekep is. (Ek wonder wie wil nog so iets
> steel in hierdie dae?) Wil iemand nie vor ons naslaan wat die herkoms
> van die 'klak' in "klakkeloos" en die 'arg' in "argeloos" is nie?
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>

At, ek het ook nie 'n Afrikaanse Etimologiese
Woordeboek nie, so ek kan maar net raai waar
"klakkeloos" en "argwaan" vandaan kom. Ek
vermoed egter dat die klak in klakkeloos verwant
is aan die woord wat as "claque" in Engels geskryf
word, maar as klak uitgespreek word.Die betekenis
daarvan is, volgens die American Heritage
Dictionary: "A group of persons hired to applaud
at a performance. Any group of adulating or
fawning admirers. (French, from 'claquer' to clap,
( imitative)."
Ek vermoed die "arg-" in argwaan is heelwaar-
skynlik familie van die Engelse woord "argue."
Die woord argue in Engels kom van die Middel-
Engels "arguen" wat weer kom van die Ou-Frans
"arguer" wat as oorsprong het die Latyn "arguere"
(to make clear, assert, prove.)
Hopelik soek iemand nog die verklaring in die
Etimologiese woordeboek op. Sal geinteresseerd
wees of my raaiskote reg is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Verkleurmannetjies, skurwejantjies en des meer
Volgende onderwerp: Bye 4 now
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:12:28 MGT 2024