Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme/Apartheid
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34387 is 'n antwoord op boodskap #34141] Vr, 15 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> mense soos jy maak my siek! Jy het lekker
> geskep en toe dinge warm word toe pak jy jou allie en jy waai!

Ons het gewaai toe ons siek geword het van die skendingvan menseregte, Lou. En jy maak of ons
"geskep" het.
Ons het belasting betaal in SA. Ons was SA burgers. Hou
op om vir ons uit te maak as mense wat van SA gesteel
het. Ons het gehelp om dinge in SA op te bou. Ek het in
"swart onderwys" ingegaan (in die dae van apartheid)
om te probeer wys dat nie alle wit mense is soos die
varke in die regering nie. En een van die beste ondervindings
in my lewe is die liefde wat ek vir my as Afrikaans-sprekende
Suid-Afrikaner in die harte van my swart landsgenote gevind
het. Hulle was so bereid om vir my as Afrikaner 'n spesiale
plekkie in hulle harte te gee, omdat hulle geweet het dit vat
moed om jou by hulle en hulle vertrapte lewens te skaar.

Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34454 is 'n antwoord op boodskap #34141] Ma, 18 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bla Bla Bla!! Jy lees wat ek sê maar jy verstaan nie! Jou man is 'n ou
wit omie! Al verskil tussen hom en die mense wat hier na jare van harde
werk onder hulle alies geskop word is dat hy in Kanada sit en hulle
hier. Praat oor die digkuns wat van SA se binnelandse sake weet jy
blykbaar niks nie!

Om met jou te probeer redeneer is om soos lang sinne teen eggo kranse
uit te skree - dit wat terugkom is gewoonlik net 'n gebrabbel!

-> HELLOOOOOOOOO!!!! ENIGE IEMAND TUIS DAAR IN KANADA???

Bye!

@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> mense soos jy maak my siek! Jy het lekker
>> geskep en toe dinge warm word toe pak jy jou allie en jy waai!
>
> Ons het gewaai toe ons siek geword het van die skendingvan menseregte, Lou. En jy maak of ons
> "geskep" het.
> Ons het belasting betaal in SA. Ons was SA burgers. Hou
> op om vir ons uit te maak as mense wat van SA gesteel
> het. Ons het gehelp om dinge in SA op te bou. Ek het in
> "swart onderwys" ingegaan (in die dae van apartheid)
> om te probeer wys dat nie alle wit mense is soos die
> varke in die regering nie. En een van die beste ondervindings
> in my lewe is die liefde wat ek vir my as Afrikaans-sprekende
> Suid-Afrikaner in die harte van my swart landsgenote gevind
> het. Hulle was so bereid om vir my as Afrikaner 'n spesiale
> plekkie in hulle harte te gee, omdat hulle geweet het dit vat
> moed om jou by hulle en hulle vertrapte lewens te skaar.
>
> Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34455 is 'n antwoord op boodskap #34141] Ma, 18 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39C65B19.12B6A9B1@home.com...
>
> Boetman Lou, dis nou net waar jy die fout maak.
> As jou ouers en jou oupa en ouma nou maar net
> in 1948 besef het dat hulle stem vir die party en
> beleid wat vir hulle kleinkinders 'n bed van DORINGS
> geskep het, dan het hulle miskien anders gestem. Dan
> kon daar 'n verligte menseregte-respekterende beleid
> teenoor al die mense in SA gevolg het, en dan het all
> hell not loose gebreak in 1994 nie. Gaan staan langs
> jou oupa, of langs sy graf as hy al oorlede is, en sing:
> "Ou Tante Koba." En hou op met kla. Jy sit in 'n land
> waar oor die 80 persent van die bevolking nie-blank
> is. Kyk om jou rond. Is 80 persent van die poste
> gevul met nie-blankes? Tot tyd en wyl daardie kwota
> bereik is, hou op met tjank.

Die strooi het eintlik al in die vroee 1910's begin met die segregasiewette
van daardie tyd. En dit is nie asof Smuts onkunde kon kleim nie. Hy het
rasgelykheid en menseregte gepreek met die stigting van die VN. En hy het sy
toys uit die kot uitgegooi toe die VN later vir hom probeer uitwys dat die
swartes in SA ook mense is.

Malan, Verwoerd en trawante het net die tradisie voortgesit, en die stoof se
hitte oopgedraai.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34456 is 'n antwoord op boodskap #34141] Ma, 18 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Bla Bla Bla!! Jy lees wat ek sê maar jy verstaan nie! Jou man is 'n ou
> wit omie! Al verskil tussen hom en die mense wat hier na jare van harde
> werk onder hulle alies geskop word is dat hy in Kanada sit en hulle
> hier.
>

Boetman Lou, dis nou net waar jy die fout maak.
As jou ouers en jou oupa en ouma nou maar net
in 1948 besef het dat hulle stem vir die party en
beleid wat vir hulle kleinkinders 'n bed van DORINGS
geskep het, dan het hulle miskien anders gestem. Dan
kon daar 'n verligte menseregte-respekterende beleid
teenoor al die mense in SA gevolg het, en dan het all
hell not loose gebreak in 1994 nie. Gaan staan langs
jou oupa, of langs sy graf as hy al oorlede is, en sing:
"Ou Tante Koba." En hou op met kla. Jy sit in 'n land
waar oor die 80 persent van die bevolking nie-blank
is. Kyk om jou rond. Is 80 persent van die poste
gevul met nie-blankes? Tot tyd en wyl daardie kwota
bereik is, hou op met tjank.

Die Ruiter in die Dag
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34457 is 'n antwoord op boodskap #34141] Ma, 18 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina.....dis mos nou in die verlede.....en asseblief tog kom oor dit wat
het hulle tog aan jou gedoen? Sou jy dit gelike het om in 'n land te bly
waar iemand wat nie eers weet waar die rekenaar se "power button" sit nie
oor jou gekies word vir 'n werk eenvoudig omdat haar vel swart is. Sal jy
dit like as jou man wat 20 jaar vir dieselfde maatskappy werk afgedank word
sodat 'n swart vrou wat nou net uit matriek gekom het sy job kan oorvat, al
weet sy nie eers hoe die stapler werk nie? Ag nee Gloudina, hou op skree
oor apartheidsvarke, die apartheidsvarke vandag is die swartmense en ek hoor
jou nie skreeu oor die onregte wat ons aangedoen word nie.
Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen. Ek moes keer op keer
hoor, jammer die pos is slegs vir swart dames gereserveer, al is wit vrouens
veronderstel om onder HOP te val.
Ek het boggerall gescore by die vorige government, en tog mag ek nie werk
nie want my vel is wit.

Kom oor dit, apartheid het gedraai......ou op hammer op die verlede en maak
jou oë oop. Ons is ALMAL, wit en swart, baie sleg daaraan toe. Dis 20 jaar
nadat jy hier weg is, die nuus kleur alles baie mooi in. Jy weet nie
waarvan jy praat nie, en jy weet nie hoe dit regtig hier gaan nie.

Elaine

skryf in boodskap news:39C75B57.6A6AFFC5@home.com...
> Lou wrote: Wel dat ek gesien het
> wat in SA aangegaan het terwyl ek daar was (deels omdat ek gewerk
> het tussen daardie 80 persent van die SA burgers wat deur die
> apartheidsvarke beroof en bedreig was.)
>
> Gloudina
>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34502 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai weet julle, almal is so lelik met die Tannie. Maar ek en die Tannie is
eintlik goeie bure. Sy gil nie op manlief na 10 in die aand nie, en ek rev
nie my vee-eight in die jaart op 'n Sondagmiddag nie. So, eintlik kom ons
goed klaar.

"Lou" skryf in boodskap news:39C70AAD.5D1FF29D@hotmail.com.dinges...
> Steeds erken sy nie die punt dat sy, haar man en kinders by apartheid
> gebaat het nie.
>
> Steeds verander sy haar storie van hoekom sy eintlik emigreer het elke
> week!
>
> Steeds gee sy dieselfde antwoord maak nie saak wat die vraag is nie.
>
> Steeds bly sy die ekspert op SA interne sake alhoewel sy net met haar
> sus daaroor praat!
>
> Steeds het sy nie 'n clue van die ekonomiese realiteite van 'n derde
> wereldse land nie!
>
> Steeds bly sy in 'n land wat saam met sy bure 80% van die wereled se
> hulpbronne opgebruik!
>
> En steeds is Gloudina en haar gesin so onskuldig dat botter nie in hulle
> monde sal smelt nie!
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34503 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis goed as jy ander kontrakte het, maar ek voel ons moet hulle tog bietjie
hof toe vat. Ek lees dan net gister in die huisgenoot van die nuwe wet, as
hulle teen jou diskrimineer dan sleep jy die donners na 'n spesiale hof toe.
Die wet tree ongelukkig nou eers volgende jaar Maart in werking.

Elaine

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:39c9215f.0@news1.mweb.co.za...
> Ek gaan nie my tyd mors nie. As hulle nie vir my n kontrak wil gee nie is
> daar ander. Ek het darem genoeg om my besig te hou.
>
> Reenen van Niekerk
>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34504 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hotnotsgot skryf:

(eksuus ek copy dit so uit deja uit)

Elaine, wat het geword van die werk in Botswana? Jy't baie stil geraak
daaroor, gaan jy nog aansoek doen?

My man het 'n tender ingesit vir 'n rekenaarstelsel. Ons het nou die dag 'n
mooi briefie gekry waarin hulle vra ons moet geduldig wees hulle werk
daaraan, maar ons weet nog nie of ons permanent daarheen wil trek nie. Al
sal ek seker nie sukkel om werk te kry nie, wil ek nie so ver van my familie
en vriende af wees nie.

Elaine
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34505 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
mmmmm.....graad Kommersiële Administrasie....dieselfde een wat die prinses
van Jordanié het....boggerall agterafgeit....wat moet ek dan sê........ons
praat van graad vang, wat noem julle dit in Kanada?
En ek het aansoek gedoen by 'n Engelse maatskappy, nie by 'n Afrikaanse
maatskappy nie.

skryf in boodskap news:39C7E6BE.F7788B6B@home.com...

Elaine wrote:

> Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
> gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen.

Die frase "ek het 'n graad gevang" isbietjie agteraf, Elaine? Waar het jy
die
graad gevang, en in wat. Ek neem aan
jy sal jou Afrikaans en jou taal moet
opknap en skoonmaak. As ek 'n werk-
gewer is, sal ek nie iemand met sulke
taal 'n werk gee nie.

Gloudina

>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34506 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai Gloudina is dit 'n feit?

As jy wil kan ek my graad (die stukkie papier waarop dit is is dit nie eers
werd nie) vir jou inscan en vir jou email.
Al die mense wat EK ken wat nog in SA sit moes hulp van iemand anders afkry
(dis nou die jonges) om 'n goeie pos te kry.
My baas is Joan Nuttal, email haar gerus as jy my nie glo nie. Ek sal haar
email vir jou na jou persoonlike email box toe stuur.
Die sites wat ek ontwerp het is, http://www.security.co.za
http://www.lindokuhle.co.za
http://www.security.co.za/securex
en nog so paar ander as jy in die site kom right click jy en kies "source"
dan soek jy heel aan die source code die "author" van die site se naam, jy
sal sien daar staan eenvoudig Elaine. Dis ek daai. Jy kan sommer my baas
se email adres daar kry en dan vra jy vir haar hoekom my man vir my die werk
moes kry. Sy't haar eie besigheid en dit gaan soms maar broekskeur. My man
moes vir my die werk kry want (EN LEES MOOI) MY VEL IS WIT, EK KON NIE WERK
KRY NIE A.G.V DAARVAN!!!
Die Botswana ding is nog in die weegskaal. Ons het nog nie besluit nie, en
ek het dit EEN keer genoem dat ek dit OORWEEG om daarheen te trek. Gaan kyk
na http://www.webmagic.co.za se news and events page, jy sal sien dat ons
die tender wat ons ingesit het vir die Botswana deal daar noem.
Ek het nooit oor my "graadjie" gespog nie ek het dit genoem. Jy's seker
jaloers die dat jy my so aanval, so ek gaan nie verder daarop in nie.
En laaste maar nie die minste nie, lyk dit vir my asof jy voel jy kan almal
aanval, maar sodra dit terugkom na jou toe blaas jy jou op en word jy sommer
plein lelik.
Waar val jy uit om my sommer so te beskuldig van lieg? Of om my prestasies
te verkleineer? Wie dink jy is jy?
Ek was 'n week lank van die ng af weg Gloudina, jy's die een wat altyd 'n
eier oor alles te lê het en dan net om almal sleg te sê.

Elaine

wrote:
Wel, Elaintjie flash nou al vir 'n rukkie haar liggiesoor alles en nog wat.
Nou
gaan sy Botswana toe,
en dan gaan sy nie. Nou is sy so vreeslik geleerd,
en dan vertel sy vir ons sy het 'n werk waar haar
baas (wat glo 'n vrou is) besluit of sy vir haar daardie
maand wil betaal of nie. Buitendien moes haar man
vir haar die werk kry. En dan boonop skrywe sy
ewe hooghartig oor haar mede SA wat nie "wit"
is soos sy nie. So dis tyd dat mense ook liggies vir
haar begin flash. Ons is nou nie almal onder kalkoene
uitgebroei nie.

Tannie van Helsdingen. As Elaine haar oppof met
warm lug, dan sal tannie 'n speldjie daarin steek.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34507 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Steeds erken sy nie die punt dat sy, haar man en kinders by apartheid
gebaat het nie.

Steeds verander sy haar storie van hoekom sy eintlik emigreer het elke
week!

Steeds gee sy dieselfde antwoord maak nie saak wat die vraag is nie.

Steeds bly sy die ekspert op SA interne sake alhoewel sy net met haar
sus daaroor praat!

Steeds het sy nie 'n clue van die ekonomiese realiteite van 'n derde
wereldse land nie!

Steeds bly sy in 'n land wat saam met sy bure 80% van die wereled se
hulpbronne opgebruik!

En steeds is Gloudina en haar gesin so onskuldig dat botter nie in hulle
monde sal smelt nie!

Die ou wit tannie skryf:
>
> Lou wrote:
>
>> Bla Bla Bla!! Jy lees wat ek sê maar jy verstaan nie! Jou man is 'n ou
>> wit omie! Al verskil tussen hom en die mense wat hier na jare van harde
>> werk onder hulle alies geskop word is dat hy in Kanada sit en hulle
>> hier.
>>
>
> Boetman Lou, dis nou net waar jy die fout maak.
> As jou ouers en jou oupa en ouma nou maar net
> in 1948 besef het dat hulle stem vir die party en
> beleid wat vir hulle kleinkinders 'n bed van DORINGS
> geskep het, dan het hulle miskien anders gestem. Dan
> kon daar 'n verligte menseregte-respekterende beleid
> teenoor al die mense in SA gevolg het, en dan het all
> hell not loose gebreak in 1994 nie. Gaan staan langs
> jou oupa, of langs sy graf as hy al oorlede is, en sing:
> "Ou Tante Koba." En hou op met kla. Jy sit in 'n land
> waar oor die 80 persent van die bevolking nie-blank
> is. Kyk om jou rond. Is 80 persent van die poste
> gevul met nie-blankes? Tot tyd en wyl daardie kwota
> bereik is, hou op met tjank.
>
> Die Ruiter in die Dag
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34508 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek begin dink Gloudina is jaloers op ons arme drommels hier in ver verlate
Suid Afrika.

Dis sleg wat met jou gebeur het. Jy kan hulle natuurlik hof toe sleep as jy
regtig wil, en as jy kan bewys dat jy 'n saak het, maar die kans is skraal
dat jy sal wen.

Alle sterkte

Elaine

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:39c86179.0@news1.mweb.co.za...
> Elaine
>
> Het jy agtergekom sodra sy in n hoek gedryf word val sy n mens se taal of
> spelling aan of gebruik die woord "apartheid of apartheidsvark"
>
> Ek stem volkome saam met jou. Vanaf ek medies is in die Polisie het dit n
> paar keer met my gebeur. Om die waarheid te se het dit gister met my en my
> vriend gebeur. Ons bemark veskei produkte onder andere bankprodukte vir
> verskeie plekke. Ons het toe mensee gaan sien asgevolg van n advertensie in
> die koerant. Ons was die enigste twee blankes tussen so 20. Hulle het toe
> ons gebel en gese dat ons moet inkom vir opleiding van hulle produkte. Ek
> kanseleer al my afsprake vir die volgende 3 dae want hulle het gese die
> opleiding sal 3 dae duur.
>
> Kom gister daar aan en die persoon wat in beheer is van die opleiding kry
> amper stuipe want ons is dan wit. Daar was rondgehardloop vir amper n uur en
> ons moes in die gang gaan sit en wag en toe kom die bestuurder met mooi
> stories mmar op die ou end kan hulle nie ons opleiding gee nie want ons was
> "wit"
>
> So ,ek het 3 dae gemors
>
> Reenen van Niekerk
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34509 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Steeds erken sy nie die punt dat sy, haar man en kinders by apartheid
> gebaat het nie.
>
> Steeds verander sy haar storie van hoekom sy eintlik emigreer het elke
> week!
>
> Steeds bly sy die ekspert op SA interne sake alhoewel sy net met haar
> sus daaroor praat!
>
> Steeds het sy nie 'n clue van die ekonomiese realiteite van 'n derde
> wereldse land nie!
>

En steeds val Lou "die ander" aan, patologies-hopende dat as
hy hard genoeg skree, hy nie sy eie skuld hoef te beken nie.
Steeds vertel hy leuens oor my. Verontagsaam hy die feit dat
ek oor en oor uitgewys het hoe ek as witmens in SA gelewe
het langs die vleespotte terwyl die mense wat meeste van die
werk gedoen het, in kroeke in die Noordkaap gesit het, wegge-
jaag van hulle eiland-wonings wat die wit NG Kerk van hulle
weggevat het.
En steeds vereenvoudig Lou die wereld om in te pas by sy
bitter-opinies oor die land waarin hy grootgeword het.
Baie dele van Kanada is derde-werelds (gewoonlik waar die
Eerste Nasies woon.) Kanada het 30 miljoen mense en baie
ruwe grondstowwe. Moet ons nie oor dieselfde kam skeer
as die VSA met hulle 270 miljoen mense wat so baie van die
wereld se produkte insuig nie.
En steeds maak Lou hierdie wilde aantygings oor waar ek my
informasie oor SA kry - deur met my "sus" te praat. By implikasie
lieg die sus ook nou dat sy blou in die gesig is, ne, Lou. Jy kan seker
nie dink dat ek tyd neem om verskillende SA koerante se kuber-
uitgawes te lees nie. Dat ek met 'n groot verskeidenheid van
mense in SA korrespondeer nie. En terloops, dat ek nooit uitgee
dat ek weet wat vandag in SA aangaan nie. Wel dat ek gesien het
wat in SA aangegaan het terwyl ek daar was (deels omdat ek gewerk
het tussen daardie 80 persent van die SA burgers wat deur die
apartheidsvarke beroof en bedreig was.)

Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34510 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
> gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen.

Die frase "ek het 'n graad gevang" isbietjie agteraf, Elaine? Waar het jy die
graad gevang, en in wat. Ek neem aan
jy sal jou Afrikaans en jou taal moet
opknap en skoonmaak. As ek 'n werk-
gewer is, sal ek nie iemand met sulke
taal 'n werk gee nie.

Gloudina

>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34511 is 'n antwoord op boodskap #34141] Di, 19 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

My man het vir my die werk gekry deur 'n kontak van hom, as dit nie vir hom
was nie was ek nou nog sonder werk. Ek doen nie eers waarvoor ek 3 jaar
lank so hard geswat het nie.
Dis al hoe mens deesdae werk kry in hierdie land, as jy iemand ken wat
iemand ken. Ek het 7 maande sonder werk gesit, bloot omdat ek wit was, al
het ek vorige ondervinding gehad en al het ek my graad vol hulle vere vir
my. Maar wanneer dit by belasting betaal kom kyk hulle eerste in die wit
mense se oë, dieselfde wit mense wat nou moet smeek vir 'n werkie, terwyl
swart mense dink alles moet in hulle skoot val. Ek ken seker 5 swart mense
wat bereid is om te werk vir hulle geld, die res staan maar bakhand of slaap
onder hulle lessenaars by die werk.

Elaine

skryf in boodskap news:39C82F2D.B667FBBF@home.com...

> Wat my altyd laat wonder wanneer ek hierdie stories lees,is hoekom die stories
> nooit gebeur met die mense met wie
> ek in aanraking kom nie (dis nou wit mense waarvan ek
> praat.) My susterskind wat 'n accountant is, word deur
> haar maatskappy van Gauteng na Durban gestuur om te
> werk. 'n Dogter van 'n vriendin wat nie die au pair lewe
> in die VSA kon staan nie, kry binne 'n paar weke werk
> by 'n skool. Werk lyk blykbaar volop vir meeste mense
> met enigsins redelike kwalifikasies. Die enigste ou waarvan
> ek gehoor het wat nou sy werk verloor het, was glo hoof
> van die musiekafdeling van die ou SAUK en moes plek-
> maak vir 'n swart ou. Maar hy het werk gekry as lektor
> by 'n Universiteit. So ek wonder soms, waar kom hierdie
> urban legend vandaan dat al die witmense sonder werk
> sit omdat swart mense hulle werk oorneem. Dit kom
> af van 'n ou wat 'n rekenaarswerk het EN 'n plaas besit,
> en toe iemand op hierdie nuusgroep hom betig daaroor,
> toe word hy kwaad. Dit kom af van Elaine wat praat
> dat die skuim so staan om haar mond, maar sy het
> blykbaar ook 'n werk. Wat is dit met julle? As julle
> nie hou van SA nie, emigreer. Maar moenie verwag
> dat dinge vir julle in die buiteland op 'n skinkbord
> aangebied word nie.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34555 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39C8FAD8.D367ED6D@home.com...
> Oitaroh Margoloh wrote:
>> Ons was mos altwee ook in ons prille jeug gewees, tensy jy oud gebore is.
>> Laat die jongmense toe om jongmense te wees.
> Die jongmense wat ek in Suid-Afrika ken, salnie gevang word dat hulle 'n "graad
> vang" nie.
> Hulle het class.

BWAHAHAHA!!!!!!! 'Skuus, maar ek kon nie anders nie. BHAWHAHAHAHAHAHA!!!!!!
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34556 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39C8D1B6.F7142005@home.com...
Oitaroh Margoloh wrote:

>> My magtig, maar kyk nou net hoe staan en ver�rre ek my vir die Tannie
>> Gloudina. Waar val jy uit om hier op Elainetjie se gat te kom ry en jou
>> liggies vir haar te flash??
> Wel, Elaintjie flash nou al vir 'n rukkie haar liggiesoor alles en nog wat. Nou
> Tannie van Helsdingen. As Elaine haar oppof met
> warm lug, dan sal tannie 'n speldjie daarin steek.

Ons was mos altwee ook in ons prille jeug gewees, tensy jy oud gebore is.
Laat die jongmense toe om jongmense te wees.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34557 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39C8FAD8.D367ED6D@home.com...
> Oitaroh Margoloh wrote:
>> Ons was mos altwee ook in ons prille jeug gewees, tensy jy oud gebore is.
>> Laat die jongmense toe om jongmense te wees.
> Die jongmense wat ek in Suid-Afrika ken, salnie gevang word dat hulle 'n "graad
> vang" nie.
> Hulle het class.
> Tannie van Helsdingen, wat in haar prille
> jeug class gehad het en dit nou nog het.

Jy weet, Gloudina. Ek het maar net nou die dag in hierdie buurt ingetrek. En
ek het eers gedog dat ons goed gaan klaarkom.

Maar ek dink ek gaan maar huur opsê en bietjie verder van jou af wegtrek. Na
die goed wat ek gelees het wat jy pos, is dit duidelik dat jy baie keer
praat oor goed wanneer jy nie 'n clue het nie. Of die clue wat jy gehad het,
het jy uit die solder uit gaan haal en afgestof.

Jy het die reg, net soos almal, om jou sê te sê hier. Maar as almal met jou
baklei of jou kritiseer, maak jy 'n fout om te dink die fout lê by "almal".
Almal het dalk net 'n punt beet.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34558 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"DarkMan" skryf in boodskap news:8qapta$e8k$1@aristotelis.cytanet.com.cy...
> Wel, vir die laaste 20 jaar praat almal van graag vang, sonder dat dit
> geaffekteerd of snobisties is of oorkom as so nie.

Waarvan praat meneer nou, "graag vang." Praat meneer van graag man vang, of
skirt chasing, of trein vang, of verkoue vang, of wat?
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34559 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Oitaroh Margoloh wrote:

> My magtig, maar kyk nou net hoe staan en verêrre ek my vir die Tannie
> Gloudina. Waar val jy uit om hier op Elainetjie se gat te kom ry en jou
> liggies vir haar te flash??
>
>

Wel, Elaintjie flash nou al vir 'n rukkie haar liggiesoor alles en nog wat. Nou
gaan sy Botswana toe,
en dan gaan sy nie. Nou is sy so vreeslik geleerd,
en dan vertel sy vir ons sy het 'n werk waar haar
baas (wat glo 'n vrou is) besluit of sy vir haar daardie
maand wil betaal of nie. Buitendien moes haar man
vir haar die werk kry. En dan boonop skrywe sy
ewe hooghartig oor haar mede SA wat nie "wit"
is soos sy nie. So dis tyd dat mense ook liggies vir
haar begin flash. Ons is nou nie almal onder kalkoene
uitgebroei nie.

Tannie van Helsdingen. As Elaine haar oppof met
warm lug, dan sal tannie 'n speldjie daarin steek.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34560 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Gloudina
>
> Ek ken seker 5 swart mense
> wat bereid is om te werk vir hulle geld, die res staan maar bakhand of slaap
> onder hulle lessenaars by die werk.
>

Dis hierdie soort gepraat wat vir my laat weet
dat jy maar 'n lightweight werker in 'n leightweight
pos is. Ek kry die ongevraagde informasie van
professore in SA universiteite dat hulle medewerkers
wat nie-blank is, uitstekende werkers is. Ek word
vertel deur mense in die area van justisie dat die
mense wat daar werk harde werkers is. Nou hoekom
verander die prentjie skielik as ek na Elaine luister.
Ek kan net twee en twee bymekaar sit.

Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34561 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39C90DA6.2E94CFC5@home.com...
Oitaroh Margoloh wrote:
> So, kom, hoe gaan jy my nou beswadder?

Nee, ek is nie uit om jou te beswadder nie. Maar as jy hoog en heilig preek
oor goed wat jy niks van weet nie, gaan ek vir jou aanvat daaroor.

> uur. Jy sit darem knaend voor die rekenaar. Onthou, ek het

Ek kry sommer vir Felina om vir my te skryf partykeer. En besides, hoe lank
ek voor die rekenaar sit het absoluut boggerol met jou uit te waai.

> altyd 'n geheime agenda met omtrent alles wat ek op hierdie
> nuusgroep doen. Daardie agenda is deels om die nuusgroep
> dramaties en "hopping" te hou. Sodat mense dit sal lees.
> Sodat hulle die gedigte wat ek pos, sal lees.

Kyk agter jou. Jy gaan vir jouself lendelam val as jy so backtrack.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34562 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
I rest my case. Jy weet duidelik niks wat in SA aangaan nie, en jou sus
ook nie.

@home.com wrote:
>
> Elaine wrote:
>
>> Ek het boggerall gescore by die vorige government, en tog mag ek nie werk
>> nie want my vel is wit.
>
> Wat my altyd laat wonder wanneer ek hierdie stories lees,is hoekom die stories
> nooit gebeur met die mense met wie
> ek in aanraking kom nie (dis nou wit mense waarvan ek
> praat.) My susterskind wat 'n accountant is, word deur
> haar maatskappy van Gauteng na Durban gestuur om te
> werk. 'n Dogter van 'n vriendin wat nie die au pair lewe
> in die VSA kon staan nie, kry binne 'n paar weke werk
> by 'n skool. Werk lyk blykbaar volop vir meeste mense
> met enigsins redelike kwalifikasies. Die enigste ou waarvan
> ek gehoor het wat nou sy werk verloor het, was glo hoof
> van die musiekafdeling van die ou SAUK en moes plek-
> maak vir 'n swart ou. Maar hy het werk gekry as lektor
> by 'n Universiteit. So ek wonder soms, waar kom hierdie
> urban legend vandaan dat al die witmense sonder werk
> sit omdat swart mense hulle werk oorneem. Dit kom
> af van 'n ou wat 'n rekenaarswerk het EN 'n plaas besit,
> en toe iemand op hierdie nuusgroep hom betig daaroor,
> toe word hy kwaad. Dit kom af van Elaine wat praat
> dat die skuim so staan om haar mond, maar sy het
> blykbaar ook 'n werk. Wat is dit met julle? As julle
> nie hou van SA nie, emigreer. Maar moenie verwag
> dat dinge vir julle in die buiteland op 'n skinkbord
> aangebied word nie.
>
> Gloudina
>
>>
>>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34563 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Oitaroh Margoloh wrote:

> Gloudina wat jy vir
> ons wil sê, is dat jy beweeg (het) in die haaipolfaai kringe van die
> suutjiespoep tantes, wat hul tienerdogtertjies se brood in die oond in
> Swaziland gaan laat uitslag het om tog net die skande van die familie af weg
> te hou, en wat smuk opgemaak is en neerkyk op ander mense omdat hulle mans
> een of ander professor of dokter is, en wat in Menlyn rondpronk soos 'n pou
> en by Burgundi's daintily aan 'n stukkie kaaskoek sit en peusel, terwyl
> hulle die ander suutjiespoep tantes sit en beskinder.
>
>

Neewat, die prentjie het heeltemal anders gelyk. Ek was maar'n onopgesmukte
Christelike tipe wat besluit het dat as ek rus vir
my siel wil kry, ek moet gaan lewe tussen daardie tagtig persent
van my landsbewoners wat gebuk gaan onder een van die mees
gewelddadige regimes in die laaste deel van die twintigste eeu.
Nou wonder ek, as jy so bekend is met die "haaipolfaai-tannies"
van Pretoria, of jy nie maar nader aan hulle tipe is as ek nie.
Ek is meer bekend met die swart vroue wat gedurende apartheid
ook gearbei het soos die Voortrekkervroue wat voor in die
wapad 'n lig sien brand het. Ek is meer bekend met begaafde
swart studente wat uiteindelik hulle regmatige plek in die SA
samelewing kan inneem. (As jy 'n nuweling op hierdie nuusgroep
is, laat ek dan weer spog. Een van my oud-studente is 'n Minister
in die sentrale regering van SA. Een van hulle is lid van die
Konstitusionele Hof.
So, kom, hoe gaan jy my nou beswadder? Ek wag asemloos
vir jou antwoord. Ek toets jou nou die afgelope vier-en-twintig
uur. Jy sit darem knaend voor die rekenaar. Onthou, ek het
altyd 'n geheime agenda met omtrent alles wat ek op hierdie
nuusgroep doen. Daardie agenda is deels om die nuusgroep
dramaties en "hopping" te hou. Sodat mense dit sal lees.
Sodat hulle die gedigte wat ek pos, sal lees.

Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34564 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Maar antwoord net die vraag - Het jy en jou gesoin gebaat by apartheid?
> :) Ja of nee sal doen!

Natuurlik, Lou. Moet ek dit vir die duisendste keerherhaal. My wit pa en ma
kon vir 'n appel en 'n ei
grond koop op die vrugbare eilande van die Gariep,
nadat die wittes die nie-wittes daar verjaag het. Toe
het hulle met die nageslagte van die Khoi se hulp
die grond bewerk, en die profyte in hulle sak gesteek.
Wat is jou punt?

Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34565 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine

Het jy agtergekom sodra sy in n hoek gedryf word val sy n mens se taal of
spelling aan of gebruik die woord "apartheid of apartheidsvark"

Ek stem volkome saam met jou. Vanaf ek medies is in die Polisie het dit n
paar keer met my gebeur. Om die waarheid te se het dit gister met my en my
vriend gebeur. Ons bemark veskei produkte onder andere bankprodukte vir
verskeie plekke. Ons het toe mensee gaan sien asgevolg van n advertensie in
die koerant. Ons was die enigste twee blankes tussen so 20. Hulle het toe
ons gebel en gese dat ons moet inkom vir opleiding van hulle produkte. Ek
kanseleer al my afsprake vir die volgende 3 dae want hulle het gese die
opleiding sal 3 dae duur.

Kom gister daar aan en die persoon wat in beheer is van die opleiding kry
amper stuipe want ons is dan wit. Daar was rondgehardloop vir amper n uur en
ons moes in die gang gaan sit en wag en toe kom die bestuurder met mooi
stories mmar op die ou end kan hulle nie ons opleiding gee nie want ons was
"wit"

So ,ek het 3 dae gemors

Reenen van Niekerk

Elaine skryf in boodskap news:39c7d083.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina.....dis mos nou in die verlede.....en asseblief tog kom oor dit wat
> het hulle tog aan jou gedoen? Sou jy dit gelike het om in 'n land te bly
> waar iemand wat nie eers weet waar die rekenaar se "power button" sit nie
> oor jou gekies word vir 'n werk eenvoudig omdat haar vel swart is. Sal jy
> dit like as jou man wat 20 jaar vir dieselfde maatskappy werk afgedank word
> sodat 'n swart vrou wat nou net uit matriek gekom het sy job kan oorvat, al
> weet sy nie eers hoe die stapler werk nie? Ag nee Gloudina, hou op skree
> oor apartheidsvarke, die apartheidsvarke vandag is die swartmense en ek hoor
> jou nie skreeu oor die onregte wat ons aangedoen word nie.
> Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
> gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen. Ek moes keer op keer
> hoor, jammer die pos is slegs vir swart dames gereserveer, al is wit vrouens
> veronderstel om onder HOP te val.
> Ek het boggerall gescore by die vorige government, en tog mag ek nie werk
> nie want my vel is wit.
>
> Kom oor dit, apartheid het gedraai......ou op hammer op die verlede en maak
> jou oë oop. Ons is ALMAL, wit en swart, baie sleg daaraan toe. Dis 20 jaar
> nadat jy hier weg is, die nuus kleur alles baie mooi in. Jy weet nie
> waarvan jy praat nie, en jy weet nie hoe dit regtig hier gaan nie.
>
> Elaine
>
> skryf in boodskap news:39C75B57.6A6AFFC5@home.com...
>> Lou wrote:
> Wel dat ek gesien het
>> wat in SA aangegaan het terwyl ek daar was (deels omdat ek gewerk
>> het tussen daardie 80 persent van die SA burgers wat deur die
>> apartheidsvarke beroof en bedreig was.)
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34566 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39C8FAD8.D367ED6D@home.com...
> Oitaroh Margoloh wrote:
>> Ons was mos altwee ook in ons prille jeug gewees, tensy jy oud gebore is.
>> Laat die jongmense toe om jongmense te wees.
> Die jongmense wat ek in Suid-Afrika ken, salnie gevang word dat hulle 'n "graad
> vang" nie.
> Hulle het class.
> Tannie van Helsdingen, wat in haar prille
> jeug class gehad het en dit nou nog het.

Okay, nou dat ek oor die ergste van my lagbui is, kan ek die een beter
antwoord.

So, Felina... skuus, Gloudina (die kat is hier al in my gesig) wat jy vir
ons wil sê, is dat jy beweeg (het) in die haaipolfaai kringe van die
suutjiespoep tantes, wat hul tienerdogtertjies se brood in die oond in
Swaziland gaan laat uitslag het om tog net die skande van die familie af weg
te hou, en wat smuk opgemaak is en neerkyk op ander mense omdat hulle mans
een of ander professor of dokter is, en wat in Menlyn rondpronk soos 'n pou
en by Burgundi's daintily aan 'n stukkie kaaskoek sit en peusel, terwyl
hulle die ander suutjiespoep tantes sit en beskinder.

Nee dankie, gee my gewone mense wat 'n graad vang.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34567 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DarkMan  is tans af-lyn  DarkMan
Boodskappe: 7
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Wel, vir die laaste 20 jaar praat almal van graag vang, sonder dat dit
geaffekteerd of snobisties is of oorkom as so nie.

Vriendelike Groete

Nog 'n Afrikaner

skryf in boodskap news:39C8CB0A.603D117C@home.com...
> Elaine wrote:
>
>> ....ons
>> praat van graad vang, wat noem julle dit in Kanada?
>
> Wel, hier in Kanada sal ons seker maar net aandui
> dat ons 'n graad gekry het. Enige ander woord sal
> geaffekteerd klink, so asof jy nou wil spog oor jou
> graad deur effens flippant daaroor te wees, maar
> darem uit die hoek van jou oog kyk of jy die mens
> beindruk het. Hier in Kanada is hulle in alle geval
> nie vreeslik beindruk met grade en dies meer nie.
> Dis wat jy kan doen, wat tel.
>
> Gloudina
>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34568 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com


DarkMan wrote:

> Snaaks, die voorbeelde wat Elaine oproep hier het ek met my eie oë gesien in
> Suid-Afrika as wel. Ek het egter ook met ander gewerk wat ek huis toe
> genooi het vir ete en wat waardevolle kollegas was van my.
>

Ja, ek het natuurlik ook met my eie oge dieselfde
gesien onder die witmense. Sommige het nie geweet
waar die knoppies was nie en sommige van hulle
was effektief en slim en hardwerkend. So gaan
dit in Sjina. So gaan dit in Tasmania. So gaan dit in
Sentraal-Europa. Maar onder 'n sekere gewoonlik-
lightweight klas mens in SA is al die domgeit nou
beklee met 'n swart vel. En dis waar die moeilikheid
begin.
En ek verklaar weer: onder die apartheidsregime was
die beter werk omtrent alles in die hande van omtrent
drie miljoen Afrikaners (en die meer belangrike poste
in die hande van onder 'n miljoen Broederbonders.)
Op die oomblik is daar 'n groter poel van mense
omdat wit en swart nou in ag geneem word. Dus kan
mens verwag dat daar nie soveel baantjies vir boeties
geskep word deur 'n baie klein groepie, soos dit
gebeur het in die tyd van die Broederbonders nie.
Ek dui ook weer aan: mens sien nie 'n groot
uitvaart uit SA na die buiteland van mense in die ho"er
ekonomiese sirkels nie. Dis gewoonlik mannetjies
wat skielik hulle drome van 'n free ride sien verdwyn,
wat skielik hulle goed vat en na die "groener weivelde"
emigreer. Ek bekyk hulle maar so hier in Kanada.
Sommige kom met groot fanfare aan en binne 'n jaar
of wat trek hulle unemployment.

Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34569 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
les...  is tans af-lyn  les...
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
"Elaine" wrote:

> Ek het 7 maande sonder werk gesit, bloot omdat ek wit
was,

Freud noem hierdie rasionalisering

> Maar wanneer dit by belasting betaal kom kyk hulle eerste in die wit
> mense se oë, dieselfde wit mense wat nou moet smeek vir 'n werkie, terwyl
> swart mense dink alles moet in hulle skoot val. Ek ken seker 5 swart mense
> wat bereid is om te werk vir hulle geld, die res staan maar bakhand of slaap
> onder hulle lessenaars by die werk.

Dis mos Elaine, die nie-rassis, of hoe? Nie eens meer die onderrok nie,
maar die donker hart waar die waarheid jou naak ontmasker.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34570 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan nie my tyd mors nie. As hulle nie vir my n kontrak wil gee nie is
daar ander. Ek het darem genoeg om my besig te hou.

Reenen van Niekerk

Elaine skryf in boodskap news:39c91b8b.0@news1.mweb.co.za...
> Ek begin dink Gloudina is jaloers op ons arme drommels hier in ver verlate
> Suid Afrika.
>
> Dis sleg wat met jou gebeur het. Jy kan hulle natuurlik hof toe sleep as jy
> regtig wil, en as jy kan bewys dat jy 'n saak het, maar die kans is skraal
> dat jy sal wen.
>
> Alle sterkte
>
> Elaine
>
> Reenen van Niekerk wrote in message
> news:39c86179.0@news1.mweb.co.za...
>> Elaine
>>
>> Het jy agtergekom sodra sy in n hoek gedryf word val sy n mens se taal of
>> spelling aan of gebruik die woord "apartheid of apartheidsvark"
>>
>> Ek stem volkome saam met jou. Vanaf ek medies is in die Polisie het dit n
>> paar keer met my gebeur. Om die waarheid te se het dit gister met my en my
>> vriend gebeur. Ons bemark veskei produkte onder andere bankprodukte vir
>> verskeie plekke. Ons het toe mensee gaan sien asgevolg van n advertensie
> in
>> die koerant. Ons was die enigste twee blankes tussen so 20. Hulle het toe
>> ons gebel en gese dat ons moet inkom vir opleiding van hulle produkte. Ek
>> kanseleer al my afsprake vir die volgende 3 dae want hulle het gese die
>> opleiding sal 3 dae duur.
>>
>> Kom gister daar aan en die persoon wat in beheer is van die opleiding kry
>> amper stuipe want ons is dan wit. Daar was rondgehardloop vir amper n
uur
> en
>> ons moes in die gang gaan sit en wag en toe kom die bestuurder met mooi
>> stories mmar op die ou end kan hulle nie ons opleiding gee nie want ons
> was
>> "wit"
>>
>> So ,ek het 3 dae gemors
>>
>> Reenen van Niekerk
>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34571 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tipiese Gloudina Jakkalsdraai - antwoord dit wat Elaine sê - moenie
skileik haar taal en afkoms kritiseer nie!

@home.com wrote:
>
> Elaine wrote:
>
>> Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
>> gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen.
>
> Die frase "ek het 'n graad gevang" isbietjie agteraf, Elaine? Waar het jy die
> graad gevang, en in wat. Ek neem aan
> jy sal jou Afrikaans en jou taal moet
> opknap en skoonmaak. As ek 'n werk-
> gewer is, sal ek nie iemand met sulke
> taal 'n werk gee nie.
>
> Gloudina
>
>>
>>
>>
>>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34572 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DarkMan  is tans af-lyn  DarkMan
Boodskappe: 7
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Snaaks, die voorbeelde wat Elaine oproep hier het ek met my eie oë gesien in
Suid-Afrika as wel. Ek het egter ook met ander gewerk wat ek huis toe
genooi het vir ete en wat waardevolle kollegas was van my.
Jy kan nie, net omdat jy van mense (ongevraagd) inligting gekry het aanneem
dat dit die norm in Suid-Afrika is nie.

Suid-Afrika het nie verniet een van die laagste produksie syfers in die
wêreld nie.

Vriendelike Groete

DM

skryf in boodskap news:39C8CC7D.2C934DEF@home.com...
> Elaine wrote:
>
>> Gloudina
>>
>> Ek ken seker 5 swart mense
>> wat bereid is om te werk vir hulle geld, die res staan maar bakhand of slaap
>> onder hulle lessenaars by die werk.
>>
>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34573 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Oitaroh Margoloh wrote:

> Ons was mos altwee ook in ons prille jeug gewees, tensy jy oud gebore is.
> Laat die jongmense toe om jongmense te wees.

Die jongmense wat ek in Suid-Afrika ken, salnie gevang word dat hulle 'n "graad
vang" nie.
Hulle het class.

Tannie van Helsdingen, wat in haar prille
jeug class gehad het en dit nou nog het.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34574 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
>
>
> En steeds val Lou "die ander" aan, patologies-hopende dat as
> hy hard genoeg skree, hy nie sy eie skuld hoef te beken nie.

Moenie str*nt praat nie. Ek het al male sonder tal op die nuusgroep
gesê dat die blankes - wat my dan ook per definisie insluit - by
apartheid gebaat het. JY ontken dit - en as mens jou daarna vra hol jy
sulke wye jakkalsdraaie - so ek vra jou nou reguit - HET JY EN JOU GESIN
BY APRTHEID GEBAAT - antwoord net JA of NEE?

> Steeds vertel hy leuens oor my. Verontagsaam hy die feit dat
> ek oor en oor uitgewys het hoe ek as witmens in SA gelewe
> het langs die vleespotte terwyl die mense wat meeste van die
> werk gedoen het, in kroeke in die Noordkaap gesit het, wegge-
> jaag van hulle eiland-wonings wat die wit NG Kerk van hulle
> weggevat het.

Jy breek op - het jy gebaat by apartheid of het jy nie? Terloops van wie
is die Eiland weggevat waarop jou familie geboer het?

> En steeds vereenvoudig Lou die wereld om in te pas by sy
> bitter-opinies oor die land waarin hy grootgeword het.

Ek bly nog hier - jy is ou tant hessie bitterbek :)

En hier volg die jakkalsdraai!

> Baie dele van Kanada is derde-werelds (gewoonlik waar die
> Eerste Nasies woon.) Kanada het 30 miljoen mense en baie
> ruwe grondstowwe. Moet ons nie oor dieselfde kam skeer
> as die VSA met hulle 270 miljoen mense wat so baie van die
> wereld se produkte insuig nie.

Jy sit in Kanada - jou kos, verwarming, verblyf en elektrisiteit word
tog in die Noordelike halfrond geproduseer? DUH!!!

> En steeds maak Lou hierdie wilde aantygings oor waar ek my
> informasie oor SA kry - deur met my "sus" te praat. By implikasie
> lieg die sus ook nou dat sy blou in die gesig is, ne, Lou. Jy kan seker
> nie dink dat ek tyd neem om verskillende SA koerante se kuber-
> uitgawes te lees nie. Dat ek met 'n groot verskeidenheid van
> mense in SA korrespondeer nie. En terloops, dat ek nooit uitgee
> dat ek weet wat vandag in SA aangaan nie. Wel dat ek gesien het
> wat in SA aangegaan het terwyl ek daar was (deels omdat ek gewerk
> het tussen daardie 80 persent van die SA burgers wat deur die
> apartheidsvarke beroof en bedreig was.)
>

Wees nou logies - as dit wat jy sê 'n leuen is maar jy herhaal slegs
wat jy by Koos gehoor het dan lieg koos mos? En as jy alles glo wat jy
in die koerante en op die internet lees ... kyk maar nou net hoe baie jy
weet uit jou reaksie op die toerisme thread.

Laasterns: Jy het SA wanneer verlaat? 1976? Of nog vroeer? As jy dus jou
idees oor wat in SA aangaan grond daarop dat jy 25 jaar gelede hier
gebly het wys dit net hoe min jy weet.

Maar antwoord net die vraag - Het jy en jou gesoin gebaat by apartheid?
:) Ja of nee sal doen!
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34575 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39C7E6BE.F7788B6B@home.com...
Elaine wrote:
>> Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
>> gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen.
> Die frase "ek het 'n graad gevang" isbietjie agteraf, Elaine? Waar het jy die
> graad gevang, en in wat. Ek neem aan jy sal jou Afrikaans en jou taal moet
> opknap en skoonmaak.

My magtig, maar kyk nou net hoe staan en ver�rre ek my vir die Tannie
Gloudina. Waar val jy uit om hier op Elainetjie se gat te kom ry en jou
liggies vir haar te flash??

Om "graad te vang" is so deel van die spreektaal, dis nie eers waar nie. Dit
is soos al die studente en selfs mense wat net by 'n kampus verby gery het
hom gooi.

Tannie, trek jou onderrok reg, asseblief.
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34576 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> ....ons
> praat van graad vang, wat noem julle dit in Kanada?

Wel, hier in Kanada sal ons seker maar net aandui
dat ons 'n graad gekry het. Enige ander woord sal
geaffekteerd klink, so asof jy nou wil spog oor jou
graad deur effens flippant daaroor te wees, maar
darem uit die hoek van jou oog kyk of jy die mens
beindruk het. Hier in Kanada is hulle in alle geval
nie vreeslik beindruk met grade en dies meer nie.
Dis wat jy kan doen, wat tel.

Gloudina
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34577 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:39c8ffe0.0@news1.mweb.co.za...
> Haai Gloudina is dit 'n feit?

Elaine, NOU het jy haar lekker gesê!! Die Tannie dra haar crimpelene rokkies
gans en al te kort vir haar onderrokke.

Go girl! E-laine! E-laine! E-laine! (Hierdie begin soos 'n Jerry Springer
show klink. Maar anyway...) E-laine! E-laine! E-laine!
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34578 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 03:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Ek het boggerall gescore by die vorige government, en tog mag ek nie werk
> nie want my vel is wit.

Wat my altyd laat wonder wanneer ek hierdie stories lees,is hoekom die stories
nooit gebeur met die mense met wie
ek in aanraking kom nie (dis nou wit mense waarvan ek
praat.) My susterskind wat 'n accountant is, word deur
haar maatskappy van Gauteng na Durban gestuur om te
werk. 'n Dogter van 'n vriendin wat nie die au pair lewe
in die VSA kon staan nie, kry binne 'n paar weke werk
by 'n skool. Werk lyk blykbaar volop vir meeste mense
met enigsins redelike kwalifikasies. Die enigste ou waarvan
ek gehoor het wat nou sy werk verloor het, was glo hoof
van die musiekafdeling van die ou SAUK en moes plek-
maak vir 'n swart ou. Maar hy het werk gekry as lektor
by 'n Universiteit. So ek wonder soms, waar kom hierdie
urban legend vandaan dat al die witmense sonder werk
sit omdat swart mense hulle werk oorneem. Dit kom
af van 'n ou wat 'n rekenaarswerk het EN 'n plaas besit,
en toe iemand op hierdie nuusgroep hom betig daaroor,
toe word hy kwaad. Dit kom af van Elaine wat praat
dat die skuim so staan om haar mond, maar sy het
blykbaar ook 'n werk. Wat is dit met julle? As julle
nie hou van SA nie, emigreer. Maar moenie verwag
dat dinge vir julle in die buiteland op 'n skinkbord
aangebied word nie.

Gloudina

>
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34579 is 'n antwoord op boodskap #34141] Wo, 20 September 2000 03:42 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sedert jy hier weg is het dit algemene gebruik geword om te se "ek het graad
gevang"
In jou dae was dit "ek het mense betaal vir pampiere, 3 jaar in 'n half uur,
maklik ne"

@home.com wrote in message ...
Elaine wrote:

> Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
> gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen.

Die frase "ek het 'n graad gevang" isbietjie agteraf, Elaine? Waar het jy
die
graad gevang, en in wat. Ek neem aan
jy sal jou Afrikaans en jou taal moet
opknap en skoonmaak. As ek 'n werk-
gewer is, sal ek nie iemand met sulke
taal 'n werk gee nie.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Swak Piketberg
Volgende onderwerp: Net - Identiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 08:38:51 MGT 2024