Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » a
a [boodskap #126896] Vr, 05 Julie 2019 06:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n A in gebaretaal.
'n A in gebaretaal.
a
Afbreking: a
Uitspraak: /ɑː/



Selfstandige naamwoord: a
Meervoud: a's
Verkleinwoord: a'tjie
Meervoud van verkleining: a'tjies

Betekenis:
• Die eerste letter van die alfabet en ook die eerste klinker.
• Aanduiding van rang of plek: eerste of beste.
• Afkorting vir jaar (Latyn: annus, "jaar").
• Afkorting vir Ampère, die eenheid van elektriese stroomsterkte (hoofletter).

Gebruik:
• Ná A kom B en C.
• Ek het 'n A in wiskunde gekry. Ons sit in ry A.
• Die tyd wat die Aarde neem om een keer om die Son te wentel is 1a.
• Die stroombaan benodig is 1A.

Spreekwoord:
• Hy sê nie a nie. [Hy praat glad nie.]
• Van A tot Z. [Van die begin tot die end.]
• Hy ken nie 'n A voor 'n B nie. [Glad nie geleerd nie.]
• Wie a sê, moet ook b sê. [As jy met iets begin het, moet jy dit voltooi / daarmee volhou.]

Sinoniem:
• Alfa (NAVO-spelalfabet)

Antoniem:
• z
• omega

Afgelei:
• A-kruis (musieknotasie)

Vertaling:
Engels: a
Nederlands: a


Tussenwerpsel: a

Betekenis:
• Uitroep van plesier of ontevredenheid.

Gebruik:
A nee a, wat het julle gedoen?

Sinoniem:
• aa
• ag
• aag
• ai
• aai
• og
• ô
• a-a

Vertaling:
Engels: a
Nederlands: a

Nota:
• A met leestekens: Áá Àà Ââ Ää Ãã Ǎǎ Āā Ăă Ąą Åå Ạạ Ææ Ǣǣ
• A is die vorm van 'n os se kop, met die horing na onder (Hebrews: aleph).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plaasvervanger
Volgende onderwerp: sterrewag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 04:52:18 MGT 2024